Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Torreke - As jy tyd het
Torreke - As jy tyd het [boodskap #111106] Do, 14 September 2006 09:02 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy asb Romeine 13:1-7 vir my verduidelik.

Groete

Riaan
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111128 is 'n antwoord op boodskap #111106] So, 17 September 2006 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Riaan" Kan jy asb Romeine 13:1-7 vir my verduidelik.[/color]
>
>
> Groete
>
>
> Riaan

Romeine 13:1-7 bied gewoon 'n nader verklaring van die 5e gebod "Eer jou
vader en jou moeder..." en Jesus se opdrag "Betaal aan die Keiser wat die
Keiser toekom..."

Die eerste en belangrikste punt is dat God die owerheid ingestel het om te
regeer en die kwaaddoeners te straf. Die ou vertaling en dus die
oorspronklike Grieks praat van "swaardmag". Die "swaardmag" word
tradisioneel gebruik as "bewys" dat die doodstraf ook nog in die NT geld.

Die tweede punt is dat God onderwerping aan die owerheid eis. Dit beteken
nie net om gehoorsaam te wees nie, maar ook om die owerheid te eer.

Die derde en baie belangrike punt is om raak te sien dat onderwerping aan
die owerheid (dus gehoorsaamheid en eer) ook aan 'n goddelose owerheid bewys
moet word. Toe Paulus Romeine geskryf het was die wrede Keiser Nero alreeds
in Rome aan bewind, wat die Christene vir leeus gevoer, aan die brand
gesteek het, ens. Die "burgerlike ongehoorsaamheid" en "gewapende opstand"
van die ANC het geen regverdiging in die Skrif nie. Ook nie dié van Jopie
Fourie en die Rebelle in 1914 teen die regering van Louis Botha nie.
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111132 is 'n antwoord op boodskap #111128] Ma, 18 September 2006 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Die eerste en belangrikste punt is dat God die owerheid ingestel het om te
> regeer en die kwaaddoeners te straf.

> Die tweede punt is dat God onderwerping aan die owerheid eis. Dit beteken
> nie net om gehoorsaam te wees nie, maar ook om die owerheid te eer.
>
> Die derde en baie belangrike punt is om raak te sien dat onderwerping aan
> die owerheid (dus gehoorsaamheid en eer) ook aan 'n goddelose owerheid bewys
> moet word.

Torreke, ek verbaas my elke keer as ek sulke uitsprake
van jou hoor. Want sulke uitsprake moet as reaksionêr
beskou word. Dit wil sê, jy predik 'n stelsel wat enige
"opstand" teen immorele en korrupte regerings direk
verban. Jy predik 'n stelsel wat argumenteer dat die
status quo byvoorbeeld in Zimbabwe ondersteun moet
word, bloot omdat dit op die oomblik die "owerheid" is.
Jy stempel ook as boos sommige groepe binne die
Christelike raamwerk wat deur die eeue lojaliteit aan
die owerheid bevraagteken het. Groepe wat geweier
het om wapens te dra. Groepe wat geweier het om
belasting aan die owerheid te betaal. Ons het nogal
'n hele klompie van hulle hier in Kanada. Die
Doukhobors ( wat deur Tolstoi se seun na Kanada
vergesel was) en die Menoniete hier in Ontario. Ek
dink beide die pasifiste en die wat weier om belasting
te betaal, word hier geakkomodeer. As jy nie belasting
betaal nie, kry jy nie die dienste en sosiale voordele
wat die res van die belastingbetalers geniet nie.

Gloudina
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111141 is 'n antwoord op boodskap #111132] Di, 19 September 2006 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111142 is 'n antwoord op boodskap #111128] Di, 19 September 2006 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie

Dit is min of meer hoe ek dit ook verstaan het. En daarin dus ook saamgevat
hoekom ek vir niemand sal verskoning vra vir Apartheid nie.

"Torreke" skryf in boodskap news:eejtal$5pg$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> Romeine 13:1-7 bied gewoon 'n nader verklaring van die 5e gebod "Eer jou
> vader en jou moeder..." en Jesus se opdrag "Betaal aan die Keiser wat die
> Keiser toekom..."
>
> Die eerste en belangrikste punt is dat God die owerheid ingestel het om te
> regeer en die kwaaddoeners te straf. Die ou vertaling en dus die
> oorspronklike Grieks praat van "swaardmag". Die "swaardmag" word
> tradisioneel gebruik as "bewys" dat die doodstraf ook nog in die NT geld.
>
> Die tweede punt is dat God onderwerping aan die owerheid eis. Dit beteken
> nie net om gehoorsaam te wees nie, maar ook om die owerheid te eer.
>
> Die derde en baie belangrike punt is om raak te sien dat onderwerping aan
> die owerheid (dus gehoorsaamheid en eer) ook aan 'n goddelose owerheid
> bewys
> moet word. Toe Paulus Romeine geskryf het was die wrede Keiser Nero
> alreeds
> in Rome aan bewind, wat die Christene vir leeus gevoer, aan die brand
> gesteek het, ens. Die "burgerlike ongehoorsaamheid" en "gewapende
> opstand"
> van die ANC het geen regverdiging in die Skrif nie. Ook nie dié van Jopie
> Fourie en die Rebelle in 1914 teen die regering van Louis Botha nie.
>
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111151 is 'n antwoord op boodskap #111142] Di, 19 September 2006 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Dit is min of meer hoe ek dit ook verstaan het. En daarin dus ook saamgevat
> hoekom ek vir niemand sal verskoning vra vir Apartheid nie.

Watter onsin. Torreke probeer vir jou verduidelik waarom
die Bybel, volgens hom, "wapens opneem teen 'n owerheid"
verbied. Maar jy, tipies verkramp, vertaal dit onmiddellik as
'n Bybelse uitspraak oor hoekom jy nie "verskoning vir
Apartheid hoef te vra" nie. Dis dié soort ding wat dit moontlik
gemaak het vir SA om in die kloue van 'n gruwelike
diktatorskap vir veertig jaar te kon gesit het, terwyl meeste
van die stemgeregtigdes op die kerkbanke gesit het.
Jy hoef nie verskoning te vra vir Apartheid teenoor
nie-blankes nie. In die groter raamwerk, het die
apartheidsvaders amper 'n guns vir die nie-blankes
van die land gedoen en die val van die wit hegemonie
in SA verhaas. Dit is vir die wit kinders wat na Apartheid
gekom het, dat jy om verskoning moet vra. Want hulle
lewe nou in 'n land waar die struggle sy letsels gelaat
het. Hierdie na-apartheidse kinders moet nou lê in die
bed wat die apartheidsvarke gemaak het. Hulle maai
nou die warrelwinde wat die apartheidsvarke gesaai
het.

Gloudina
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111182 is 'n antwoord op boodskap #111151] Di, 26 September 2006 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1158679552.177749.65540@k70g2000cwa.googlegroups.com...

Watter onsin. Torreke probeer vir jou verduidelik waarom
die Bybel, volgens hom, "wapens opneem teen 'n owerheid"
verbied. Maar jy, tipies verkramp, vertaal dit onmiddellik as
'n Bybelse uitspraak oor hoekom jy nie "verskoning vir
Apartheid hoef te vra" nie.

En ek staan nog steeds by my punt oudste van dae. Ek is gebore in 1970 toe
Apartheid lankal aan die gang was. Ek het dit nie daar gestel nie, so ek sal
nie daarvoor verskoning vra nie. Ek was onderdanig aan die regering wat toe
oor my aangestel was - net soos die Bybel dit vereis.

PS - Het die Britte al die Boere om verskoning gevra vir die 20000 vrouens
en kinders wat hulle in die konsentrasie kampe om die lewe gebring het
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111183 is 'n antwoord op boodskap #111182] Di, 26 September 2006 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> PS - Het die Britte al die Boere om verskoning gevra vir die 20000 vrouens
> en kinders wat hulle in die konsentrasie kampe om die lewe gebring het

Nee. En ek hoop dat die mense wat vra dat die
Engelse om verskoning moet vra, nie moed opgee
nie, maar aangaan om aan te dring op verskoning,
en ook reparasies. Dit sal nuwe imperialiste, soos
die VSA, tweekeer laat dink voordat hulle ander
mense se lande aanval.
Nie net die Afrikaners nie, maar ook al die
nie-Afrikaners wat in die konsentrasiekampe
dood is, eis 'n verskoning.

Gloudina
Re: Torreke - As jy tyd het [boodskap #111231 is 'n antwoord op boodskap #111182] Ma, 02 Oktober 2006 07:09 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote
> En ek staan nog steeds by my punt oudste van dae. Ek is gebore in 1970 toe
> Apartheid lankal aan die gang was. Ek het dit nie daar gestel nie, so ek
> sal nie daarvoor verskoning vra nie. Ek was onderdanig aan die regering
> wat toe oor my aangestel was - net soos die Bybel dit vereis.

Jy laat 'n ander, baie belangrike Bybelse beginsel, buite rekening -
kollektiewe verantwoordelikheid! Toe Adam en Eva in sonde geval het, het
die hele menslike geslag saam met hulle in sonde geval. In Josua word gesê:
Maar die Kinders van Israel het gesondig, want Agan ... het van die bangoed
uit Jerigo geneem. Israel word verantwoordelik gehou, omdat Agan gesondig
het. Toe Koning Dawid die volk laat tel het, is die hele volk met pes
getref! Ek sal die sondes van die vaders (dus: ook die regering) besoek aan
die kinders (dus: ook die onderdane) ... Die ander kant is ewe waar: Ek
bewys barmhartigheid tot aan die duisendste geslag... Die verbond van God
strek oor geslagte heen! In Hebreërs word gesê dat Levi wat nog in die
skoot van Abraham was, tiendes aan Melgisedek gegee het. Voorbeelde is
legio!

Die feit dat jy gehoorsaam was aan 'n owerheid wat onreg gepleeg het, maak
jou voluit mede-verantwoordelik vir die onreg! - en jy het daarvoor netso
seker vergifnis nodig as vir jou persoonlike sondes!

> PS - Het die Britte al die Boere om verskoning gevra vir die 20000 vrouens
> en kinders wat hulle in die konsentrasie kampe om die lewe gebring het

Met die koningin se besoek het sy iets gesê met die strekking van dat die
konsentrasiekampe 'n groot fout was! Volgens kenners is dit die naaste wat
sy aan 'n verskoning kan kom.

Maar mens sou dié soort vrae tot in die oneindigheid kon uitbrei: Het die
Swartes uit Noord-Afrika al verskoning gevra vir die Wittes wat hulle uit
Europa ontvoer en as slawe aan die Arabiere verkoop het? Het die Arabiere
en Indiërs al verskoning gevra vir die Swartes wat hulle uit Afrika ontvoer
en as slawe verkoop het? Het die Spanjaarde verskoning gevra vir die Inkas
wat hulle uitgemoor en as sekslawe aan die Arabiere verkoop het?

Die belangrikste vraag vir ons as Wittes in SA is: Mag ons, terwyl ons weet
ons het verkeerd gedoen, weier om om vergifnis te vra, omdat ander dit nie
gedoen het of wil doen nie?
Vorige onderwerp: Vragie oor posdiens
Volgende onderwerp: Swart beeste ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:09:04 MGT 2024