Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Prosa deur Charles Durand
Prosa deur Charles Durand [boodskap #111060] So, 03 September 2006 12:18
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Deel 1 - Ballon

Daar bo is die hemel, so sê hulle, en daaronder is die Krokodilrivier,
dit sien ek. Dis doodstil in die mandjie, net nou en dan trek die loods
die sneller en dan skiet 'n geelblou vlam die ballon se binneste in,
swoesj! en wieg ons bietjie hoë'r. Pasop, lag die loods, netnou skroei
jou hare. Dis 'n stil Sondagoggend op my planeet, is ek skielik god? Ek
is, want ek kan sien wie se tuin het 'n skoonmaak nodig, wie steek
vullis in die agterplaas weg, en wie't vergeet om gisteraand die motor
in te trek.

Opstaan! blaf 'n swart hond wat om 'n huis met geel pampoene op die dak
hol, julle gaan laat wees vir kerk!

Deel 2

Meditasie

Vandag is so stil, ek het onder my droomboom in die botaniese tuin sit
en Krishnamurti lees, die Hadida het kwaad gekwê omdat ek te naby sy
eetplek is. Die rose gooi geel en pienk blomblare soos konfetti in die
bedding, so asof hulle troue vir hulself hou. Naderhand het die stories
in Krishnamurti se joernaal saam met die omgewing begin smelt, die
motors het stil geword, ek kon sweer ek stap saam met hom deur sy woud,
en hy ervaar saam met my die blomkersies en die waterfonteine in die
middel van Johannesburg. Toe ek opstaan en die Hadida opvlieg het ek
omgekyk, ek kon myself nog onder die boom sien sit, want die keuse wat
ek gemaak het was onbelangrik, die oomblik wel.
Vorige onderwerp: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane
Volgende onderwerp: Hoe ry die trein?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:40:46 MGT 2024