Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dagsê
Dagsê [boodskap #111052] Sa, 02 September 2006 15:32 na volgende boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
So klompie jare gelede het ek redelik gereeld hier deelgeneem, nog in
die dae van Annette (nog hier), Gloudina (nog steeds hier?), Wouter
Plaasvark, Dave-met-baie-name, Tobie, Katryn, Jonas, Hennerietjie,
Ferdi (nog hier), Frikkie (ook nog hier) ens ens ens

Dis net om te sê dat ons die stof van die Oos-Kaap van ons moeë voete
afgeskud het en nou in die Suid-Kaap ('n provinsie van die Wes-Kaap!)
gesetel is. Nie dat ek nou dink eigiemand sou belangstel nie - hierdie
is eintlik maar net 'n toets :-)

Groete in elk geval, Drom

Nog net een ding: Dis lekker hier!
Re: Dagsê [boodskap #111054 is 'n antwoord op boodskap #111052] Sa, 02 September 2006 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Drom skryf


> Dis net om te sê dat ons die stof van die Oos-Kaap van ons moeë voete
> afgeskud het en nou in die Suid-Kaap ('n provinsie van die Wes-Kaap!)
> gesetel is. Nie dat ek nou dink eigiemand sou belangstel nie - hierdie
> is eintlik maar net 'n toets :-)

Jy sal my nie glo nie, maar ek het 'n dag of twee
gelede gewonder hoekom ons dan nie meer van
jou hoor nie. Welkom terug. Waar in die Kaap
woon jy nou en wat maak jy daar?

Gloudina
Re: Dagsê [boodskap #111055 is 'n antwoord op boodskap #111052] Sa, 02 September 2006 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo Drom, bly om te sien jy leef nog.

Annette

"Drom" wrote in message
news:1157211166.278927.157850@i42g2000cwa.googlegroups.com.. .
So klompie jare gelede het ek redelik gereeld hier deelgeneem, nog in
die dae van Annette (nog hier), Gloudina (nog steeds hier?), Wouter
Plaasvark, Dave-met-baie-name, Tobie, Katryn, Jonas, Hennerietjie,
Ferdi (nog hier), Frikkie (ook nog hier) ens ens ens

Dis net om te sê dat ons die stof van die Oos-Kaap van ons moeë voete
afgeskud het en nou in die Suid-Kaap ('n provinsie van die Wes-Kaap!)
gesetel is. Nie dat ek nou dink eigiemand sou belangstel nie - hierdie
is eintlik maar net 'n toets :-)

Groete in elk geval, Drom

Nog net een ding: Dis lekker hier!
Re: Dagsê [boodskap #111056 is 'n antwoord op boodskap #111054] So, 03 September 2006 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
> Jy sal my nie glo nie, maar ek het 'n dag of twee
> gelede gewonder hoekom ons dan nie meer van
> jou hoor nie. Welkom terug.

Baie dankie vir die rein gedagtes :-)

> Waar in die Kaap
> woon jy nou ...

In die Hessequa Munisipaliteit, meer spesifiek; "The Land of Sleeping
Beauty."

> ...en wat maak jy daar?

Op die oomblik nie veel nie, probeer orde skep in 'n warboel - om te
trek is trauma kwadraat, veral as dit na 'n veel kleiner huis is.

Ek neem aan dit gaan nog goed met jou.

Groete, Drom
Re: Dagsê [boodskap #111058 is 'n antwoord op boodskap #111056] So, 03 September 2006 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Drom skryf

> In die Hessequa Munisipaliteit, meer spesifiek; "The Land of Sleeping
> Beauty."

Waar op aarde is dit. Naby Kaapstad?
Wat is die storie agter die land of Sleeping
Beauty.

Gloudina
Re: Dagsê [boodskap #111061 is 'n antwoord op boodskap #111058] So, 03 September 2006 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
.>
> Waar op aarde is dit.

Riversdal. Die Hessequa Munisaipaliteit sluit die vorige
munisipaliteite van Riverdal, Albertinia, Heidelberg en Stilbaai in,
asook kleiner plekke soos Witsand, Jongensfontein en nog 'n paar ander.
Dis nou die Munisipaliteit waar daar so 'n ruk gelede volgens Naspers
se koerante en Jerome Topley in sy inbelprogram op RSG," ernstige
gevalle van rassisme" was. Nie eers 'n poep in 'n windstorm nie.

> Naby Kaapstad?

Nie baie naby nie - so 300 km

> Wat is die storie agter die land of Sleeping
> Beauty.

Ten Noorde van ons lê die Langeberg, wat strek vanaf Albertinia tot
net anderkant Swellendam waar dit Noord-Wes draai en dan aanhou tot
daar in die omgewing van Ashton. Noord van ons dorp is 'n piek wat
presies lyk soos die profiel van 'n jong meisie wat met haar kop op 'n
kussing lê; lang hare, wimpers, neus, mond en ken. Laatmiddae in die
somer kan mens ook sien dat sy met haar hande gekruis oor haar boebsies
lê.

Drom
Re: Dagsê [boodskap #111062 is 'n antwoord op boodskap #111061] Ma, 04 September 2006 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan jy ons laat weet wanneer jy op haar boepsie gaan sit het Drom?:))

Annette

"Drom" wrote in message
news:1157314575.092366.245700@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .

.>
> Waar op aarde is dit.

Riversdal. Die Hessequa Munisaipaliteit sluit die vorige
munisipaliteite van Riverdal, Albertinia, Heidelberg en Stilbaai in,
asook kleiner plekke soos Witsand, Jongensfontein en nog 'n paar ander.
Dis nou die Munisipaliteit waar daar so 'n ruk gelede volgens Naspers
se koerante en Jerome Topley in sy inbelprogram op RSG," ernstige
gevalle van rassisme" was. Nie eers 'n poep in 'n windstorm nie.

> Naby Kaapstad?

Nie baie naby nie - so 300 km

> Wat is die storie agter die land of Sleeping
> Beauty.

Ten Noorde van ons lê die Langeberg, wat strek vanaf Albertinia tot
net anderkant Swellendam waar dit Noord-Wes draai en dan aanhou tot
daar in die omgewing van Ashton. Noord van ons dorp is 'n piek wat
presies lyk soos die profiel van 'n jong meisie wat met haar kop op 'n
kussing lê; lang hare, wimpers, neus, mond en ken. Laatmiddae in die
somer kan mens ook sien dat sy met haar hande gekruis oor haar boebsies
lê.

Drom
Re: Dagsê [boodskap #111063 is 'n antwoord op boodskap #111062] Ma, 04 September 2006 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
Annette wrote:
> Gaan jy ons laat weet wanneer jy op haar boepsie gaan sit het Drom?:))
>
> Annette

Te hard! :-)

Drom
Re: Dagsê [boodskap #111081 is 'n antwoord op boodskap #111052] Sa, 09 September 2006 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hlop daar Drom - welkom terug.
Soos jy kan sien is dinge maar ietwat saai hier.
Groetes - Jonas
Drom wrote:
> So klompie jare gelede het ek redelik gereeld hier deelgeneem, nog in
> die dae van Annette (nog hier), Gloudina (nog steeds hier?), Wouter
> Plaasvark, Dave-met-baie-name, Tobie, Katryn, Jonas, Hennerietjie,
> Ferdi (nog hier), Frikkie (ook nog hier) ens ens ens
>
> Dis net om te sê dat ons die stof van die Oos-Kaap van ons moeë voete
> afgeskud het en nou in die Suid-Kaap ('n provinsie van die Wes-Kaap!)
> gesetel is. Nie dat ek nou dink eigiemand sou belangstel nie - hierdie
> is eintlik maar net 'n toets :-)
>
> Groete in elk geval, Drom
>
> Nog net een ding: Dis lekker hier!
Re: Dagsê [boodskap #111104 is 'n antwoord op boodskap #111081] Wo, 13 September 2006 18:34 Na vorige boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
Jonas wrote:
> Hlop daar Drom - welkom terug.

Dankie. Bly om te sien jy's ook nog hier.

> Soos jy kan sien is dinge maar ietwat saai hier.

Dit lyk so ja. En dan nog baie kruispos-nonsens ook.

Drom

NS Wat is hlop? ;-)
Vorige onderwerp: Vlok jou ook ....
Volgende onderwerp: Wat is aan die gebeur??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:23:49 MGT 2024