Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Aardklop Accommodation
Re: Aardklop Accommodation [boodskap #110861] So, 30 Julie 2006 04:34 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Aardklop is meesal 'n Afrikaanse fees - selfs die webwerf is in Afrikaans.

Hierdie is 'n Afrikaanse nuusgroep, maar die advertensies stroom in in
Engels.

Miskien is dit vir Tlokwe toerisme?

:-)

TJ

"Jan" wrote in message
news:1154179749.711280.48310@m73g2000cwd.googlegroups.com...
> Aardklop - Arts Festival
> 26 September - 30 September
> One double room available ( R360) and two single rooms available (
> R190) per night with bathroom facilities.
> In beautiful area of Potchefstroom.
> Tel: Wilma (018) 290 5912
>
Re: Aardklop Accommodation [boodskap #110867 is 'n antwoord op boodskap #110861] Ma, 31 Julie 2006 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien is dit 'n kommunistiese sameswering om Aardklop te skaak en van dit
'n Engelse fees te maak:))
--
Groetnis
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:yZadnc4PWe9oq1HZnZ2dnUVZ_oKdnZ2d@is.co.za...
> Aardklop is meesal 'n Afrikaanse fees - selfs die webwerf is in Afrikaans.
>
> Hierdie is 'n Afrikaanse nuusgroep, maar die advertensies stroom in in
> Engels.
>
> Miskien is dit vir Tlokwe toerisme?
>
> :-)
>
> TJ
>
>
>
> "Jan" wrote in message
> news:1154179749.711280.48310@m73g2000cwd.googlegroups.com...
>> Aardklop - Arts Festival
>> 26 September - 30 September
>> One double room available ( R360) and two single rooms available (
>> R190) per night with bathroom facilities.
>> In beautiful area of Potchefstroom.
>> Tel: Wilma (018) 290 5912
>>
>
Re: Aardklop Accommodation [boodskap #110881 is 'n antwoord op boodskap #110867] Ma, 31 Julie 2006 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf

> Miskien is dit 'n kommunistiese sameswering om Aardklop te skaak en van dit
> 'n Engelse fees te maak:))

Soos ek dit beskou, is dit die Afrikaners self
wat al hoe meer verengels in SA en die stadig
maar sekere ondergang van Afrikaans gaan
bewerkstellig. Een van my man se broers
skryf nou al glad Engels wanneer hy aan ons
skryf. Sy vrou is wel van die Oostelike Provinsie
se Duitsers (wat 'n argaiese Engels as omgangs-
taal praat} en sy twee dogters is nou wel albei
getroud met Engelse mans, maar om darem so
in sy eie geslag te verengels, is eienaardig.

Gloudina
Re: Aardklop Accommodation [boodskap #110887 is 'n antwoord op boodskap #110881] Ma, 31 Julie 2006 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, jy kort 'n ernstige skoot humorsin! Blitsvinnig is jou familie
weer besig met die gevolge van en met alle kwaad. Afrikaans vorder orals
as gebruikstaal....op straat, op TV. Mense is gemakliker met Afrikaans oor
die algemeen. Sekerlik sal jou familie nou weer dwars wees want watter
voorbeeld stel jy ook vir hulle, anders dan dwars wees?
"Hessie" wrote in message
news:1154345869.932693.109400@m79g2000cwm.googlegroups.com.. .
>
> Annette skryf
>
>> Miskien is dit 'n kommunistiese sameswering om Aardklop te skaak en van
>> dit
>> 'n Engelse fees te maak:))
>
> Soos ek dit beskou, is dit die Afrikaners self
> wat al hoe meer verengels in SA en die stadig
> maar sekere ondergang van Afrikaans gaan
> bewerkstellig. Een van my man se broers
> skryf nou al glad Engels wanneer hy aan ons
> skryf. Sy vrou is wel van die Oostelike Provinsie
> se Duitsers (wat 'n argaiese Engels as omgangs-
> taal praat} en sy twee dogters is nou wel albei
> getroud met Engelse mans, maar om darem so
> in sy eie geslag te verengels, is eienaardig.
>
> Gloudina
>
Re: Aardklop Accommodation [boodskap #110888 is 'n antwoord op boodskap #110881] Di, 01 Augustus 2006 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:

> Soos ek dit beskou, is dit die Afrikaners self
> wat al hoe meer verengels in SA en die stadig
> maar sekere ondergang van Afrikaans gaan
> bewerkstellig.

Dit is nogal opmerklik hoe gewild Afrikaanse musiek onder die kinders
en veral die studente geword het. Ek kan nie aan een vriend of vriendin
van my dink wat toe ons in matriek of op universiteit was Afrikaanse
musiek geluister het nie. Die naaste wat ons daaraan gekom het was met
Leon Schuster, en dit was maar net vir die grap gewees.

Afrikaans word tans onderdruk, en soos met baie goed wat onderdruk
word, word dit deur die jeug dan as "cool" gesien. Dit is so lekker dat
diegene wat so graag Afrikaans wil sien verdwyn se optrede juis gaan
veroorsaak dat die taal net sterker word.

> maar om darem so
> in sy eie geslag te verengels, is eienaardig.

Sekerlik nie meer einaardiger as die ou sening wat jy vir 30+ jaar jou
man noem presies dieselfde doen nie is dit.
Re: Aardklop verblyf [boodskap #110889 is 'n antwoord op boodskap #110888] Di, 01 Augustus 2006 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar's 'n DSTV kanaal vir Afrikaans (#35 - KykNet) en daar's selfs 'n tweede
een nou vir Afrikaanse musiek (#89 MK).

Waar is die ander amptelike tale? Hoe meer iets onderdruk word hoe beter
doen dit?

:-)

TJ

"Riaan" wrote in message
news:1154422766.091976.22660@m73g2000cwd.googlegroups.com...
>
> Hessie wrote:
>
>> Soos ek dit beskou, is dit die Afrikaners self
>> wat al hoe meer verengels in SA en die stadig
>> maar sekere ondergang van Afrikaans gaan
>> bewerkstellig.
>
> Dit is nogal opmerklik hoe gewild Afrikaanse musiek onder die kinders
> en veral die studente geword het. Ek kan nie aan een vriend of vriendin
> van my dink wat toe ons in matriek of op universiteit was Afrikaanse
> musiek geluister het nie. Die naaste wat ons daaraan gekom het was met
> Leon Schuster, en dit was maar net vir die grap gewees.
>
> Afrikaans word tans onderdruk, en soos met baie goed wat onderdruk
> word, word dit deur die jeug dan as "cool" gesien. Dit is so lekker dat
> diegene wat so graag Afrikaans wil sien verdwyn se optrede juis gaan
> veroorsaak dat die taal net sterker word.
>
>
>> maar om darem so
>> in sy eie geslag te verengels, is eienaardig.
>
> Sekerlik nie meer einaardiger as die ou sening wat jy vir 30+ jaar jou
> man noem presies dieselfde doen nie is dit.
>
Re: Aardklop verblyf [boodskap #110890 is 'n antwoord op boodskap #110889] Di, 01 Augustus 2006 12:56 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Daar's 'n DSTV kanaal vir Afrikaans (#35 - KykNet) en daar's selfs 'n tweede
> een nou vir Afrikaanse musiek (#89 MK).

Ek hoor wat jy se, maar jy moet gewone besigheids beginsels nie uit die
oog verloor nie. Om 'n kanaal / kanale op DSTV te kry moet dit
finansieel haalbaar wees.

> Waar is die ander amptelike tale?

Ek kan nie uispraak lewer oor die ander amptelike tale nie, aangesien
ek geen idee het hoe groot hulle kykers getalle is nie. En let op ek
praat van kykers getalle.

Persoonlik dink ek dat dit 11 amptelike tale net op papier is. Ek glo
nie die regering het enigsins die bedoeling of vermoe gehad om in die
praktyd vir al die tale dieselfde behandeling te gee nie.

> Hoe meer iets onderdruk word hoe beter doen dit

Gaan lees oor. Ek het gese die kinders dink dit is - cool - En die
taal word sterker.

Dit is soos skelm rook op skool. As die excitement om gevang te word
weggeneem word, is dit nie so lekker meer nie. Die sogenaamde
alternatiewe musiek was die beginpunt van 'n die hele "rebelse
beweging"

Daar is op die oomblik meer Afrikaanse kunstenaars as ooit in die
geskiedenis. En baie van hulle se openlik hulle veg vir die
voortbestaan van Afrikaans.
Vorige onderwerp: Re: Suidwes - Namibia - n wonderlike foto.
Volgende onderwerp: Sjoe, dis warm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:45:41 MGT 2024