Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mustangs
Mustangs [boodskap #110639] Wo, 28 Junie 2006 12:23 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anglo-Boereoorlog duik op in Yanks se Western-minireeks
Charles Smith

Washington. - 'n Volbloed-Western-minireeks met die veteraan-akteur
Robert Duvall in die saal wat nou in die VSA op televisie wys, het 'n
verwysing na die Anglo-Boereoorlog (ABO) in.

Min Suid-Afrikaners weet dat die Britte hulle met duisende mustangs -
wilde perde wat deur cowboys ingebreek is - uit die VSA gepak het.
Én dat die Boere natuurlik van hierdie wilde perde gebuit en op die
Vrystaatse en Transvaalse vlaktes ingespan het.

Die minireeks Broken trail wat op die AMC-kanaal wys, is die verhaal
van twee cowboys wat in 1898 500 mustangs in die VSA aanjaag vir 'n
veiling waar koningin Victoria se agent hulle vir die Engelse soldate
in die ABO koop.

Die verhaal is deur Alan Geoffrion geskryf, 'n vriend en buurman van
Duvall in die The Plains-perdestreek in die deelstaat Virginië. Albei
is perdeboere. Sy storie is op die waarheid gegrond.

Die Rooibaadjies het meer as net 'n paar mustangs in VSA kom koop om
sy weermag in Suid-Afrika aan die beweeg te hou.

Mnr. Johan Wolfaardt, navorser aan die Oorlogsmuseum vir die
Boere-Republieke in Bloemfontein, sê duisende perde is uit die VSA na
Suid-Afrika ingevoer. Die Britte alleen het tussen 80 000 en 90 000
perde in die driejarige oorlog ingespan.

"Dié perde het nie so lekker geaard hier nie. Die voer is uit
Argentinië ingevoer omdat hulle nie gebyt het aan die gras in
Suid-Afrika nie. Dit is waar die plante kosmos (Cosmos pinnata) en
kakiebos (verskeie Tagetes-spesies) vandaan kom - dié saad was in
die perdevoer. En ook die klein, swart Argentynse suikermiere wat die
land ingeneem het."

Die perdevoer se invoerkoste was egter so hoog en het so lank geneem om
in Suid-Afrika te kry, dat baie perde gevrek het van die honger.

"Roland Schickerling skryf in sy boek Commando courageous hy het so
'n perd gebuit. Dit het hom baie lank geneem om die dier te leer en
te voer. Andersins was hy orraait gewees," vertel Wolfaardt.

"Ja, daar is definitief van die Amerikaanse perde se bloed in die
perde in Suid-Afrika. Daar het van die perde ná die oorlog hier
agtergebly en is hier opgeveil."

Broken trail gaan egter nie net oor perde nie. Die twee cowboys kom op
hul trek van Oos-Oregon na Sheridan, Wyoming, op 'n wa af met vyf
Chinese meisies - van die tienduisende wat in China geroof is en as
prostitute na die Wilde Weste gebring is.

Wolfaardt sê dít het ook in Suid-Afrika gebeur. Die meisies is veral
van die Oos-Europese lande gelok met beloftes van goeie werk en
betaling, maar moes veral in Johannesburg as prostitute werk.

"Dit was 'n morsige storie. Dit is veral die Engelse en die Russe
wat die meisies hierheen gebring het. Oom Paul (Kruger, president van
ZAR) het hulle huis toe gestuur."
Re: Mustangs [boodskap #110642 is 'n antwoord op boodskap #110639] Wo, 28 Junie 2006 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he...soos Kanada politieke prostitute ingevoer het uit SA? Volg net my
oë!
"Hessie" wrote in message
news:1151497430.324911.48670@y41g2000cwy.googlegroups.com...
Anglo-Boereoorlog duik op in Yanks se Western-minireeks
Charles Smith

Washington. - 'n Volbloed-Western-minireeks met die veteraan-akteur
Robert Duvall in die saal wat nou in die VSA op televisie wys, het 'n
verwysing na die Anglo-Boereoorlog (ABO) in.

Min Suid-Afrikaners weet dat die Britte hulle met duisende mustangs -
wilde perde wat deur cowboys ingebreek is - uit die VSA gepak het.
'n dat die Boere natuurlik van hierdie wilde perde gebuit en op die
Vrystaatse en Transvaalse vlaktes ingespan het.

Die minireeks Broken trail wat op die AMC-kanaal wys, is die verhaal
van twee cowboys wat in 1898 500 mustangs in die VSA aanjaag vir 'n
veiling waar koningin Victoria se agent hulle vir die Engelse soldate
in die ABO koop.

Die verhaal is deur Alan Geoffrion geskryf, 'n vriend en buurman van
Duvall in die The Plains-perdestreek in die deelstaat Virginië. Albei
is perdeboere. Sy storie is op die waarheid gegrond.

Die Rooibaadjies het meer as net 'n paar mustangs in VSA kom koop om
sy weermag in Suid-Afrika aan die beweeg te hou.

Mnr. Johan Wolfaardt, navorser aan die Oorlogsmuseum vir die
Boere-Republieke in Bloemfontein, sê duisende perde is uit die VSA na
Suid-Afrika ingevoer. Die Britte alleen het tussen 80 000 en 90 000
perde in die driejarige oorlog ingespan.

"Dié perde het nie so lekker geaard hier nie. Die voer is uit
Argentinié ingevoer omdat hulle nie gebyt het aan die gras in
Suid-Afrika nie. Dit is waar die plante kosmos (Cosmos pinnata) en
kakiebos (verskeie Tagetes-spesies) vandaan kom - dié saad was in
die perdevoer. En ook die klein, swart Argentynse suikermiere wat die
land ingeneem het."

Die perdevoer se invoerkoste was egter so hoog en het so lank geneem om
in Suid-Afrika te kry, dat baie perde gevrek het van die honger.

"Roland Schickerling skryf in sy boek Commando courageous hy het so
'n perd gebuit. Dit het hom baie lank geneem om die dier te leer en
te voer. Andersins was hy orraait gewees," vertel Wolfaardt.

"Ja, daar is definitief van die Amerikaanse perde se bloed in die
perde in Suid-Afrika. Daar het van die perde ná die oorlog hier
agtergebly en is hier opgeveil."

Broken trail gaan egter nie net oor perde nie. Die twee cowboys kom op
hul trek van Oos-Oregon na Sheridan, Wyoming, op 'n wa af met vyf
Chinese meisies - van die tienduisende wat in China geroof is en as
prostitute na die Wilde Weste gebring is.

Wolfaardt sê dít het ook in Suid-Afrika gebeur. Die meisies is veral
van die Oos-Europese lande gelok met beloftes van goeie werk en
betaling, maar moes veral in Johannesburg as prostitute werk.

"Dit was 'n morsige storie. Dit is veral die Engelse en die Russe
wat die meisies hierheen gebring het. Oom Paul (Kruger, president van
ZAR) het hulle huis toe gestuur."
Re: Mustangs [boodskap #110646 is 'n antwoord op boodskap #110642] Do, 29 Junie 2006 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Suidwester" wrote
> He-he...soos Kanada politieke prostitute ingevoer het uit SA? Volg net my
> oë!

Iemand wat iemand ander met karakter en integriteit op dié wyse probeer
afbreek, openbaar gewoonlik daarmee sy eie gebrek aan karakter en swak
selfbeeld!!! .
Re: Mustangs [boodskap #110648 is 'n antwoord op boodskap #110646] Vr, 30 Junie 2006 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:e7vpjg$3v4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" wrote
>> He-he...soos Kanada politieke prostitute ingevoer het uit SA? Volg net
> my
>> oë!
>
> Iemand wat iemand ander met karakter en integriteit op dié wyse probeer
> afbreek, openbaar gewoonlik daarmee sy eie gebrek aan karakter en swak
> selfbeeld!!! .
>
Torreke

My persepsie van 'n "Dopper" is seker gevorm deur ou dominees en ouderlinge
wat oor alles en nog wat kla en mense wat net Psalms mag sing ens. ens. ens.

Dit is dus vir my as iemand wat waarskynlik so charismaties-gesind is as wat
'n NG-kerk lidmaat kan wees sonder om onder die tug geplaas te word, 'n vars
briesie om iemand soos jy raak te loop wat actually kan dink, wat verbonde
is aan een van die "ander" susterskerke!

Soois
Re: Mustangs [boodskap #110653 is 'n antwoord op boodskap #110648] Vr, 30 Junie 2006 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" wrote
> My persepsie van 'n "Dopper" is seker gevorm deur ou dominees en
> ouderlinge wat oor alles en nog wat kla en mense wat net Psalms mag sing
> ens. ens. ens.

Ek dink ons het maar almal verkeerde persepsies van mekaar!

> Dit is dus vir my as iemand wat waarskynlik so charismaties-gesind is as
> wat 'n NG-kerk lidmaat kan wees sonder om onder die tug geplaas te word,
> 'n vars briesie om iemand soos jy raak te loop wat actually kan dink, wat
> verbonde is aan een van die "ander" susterskerke!
>
> Soois

Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
staan.
Re: Mustangs [boodskap #110656 is 'n antwoord op boodskap #110648] Vr, 30 Junie 2006 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Francois Human skryf

> My persepsie van 'n "Dopper" is seker gevorm deur ou dominees en ouderlinge
> wat oor alles en nog wat kla en mense wat net Psalms mag sing ens. ens. ens.

Snaaks genoeg, ek het weer die ander indruk van
Doppers geken. ( Seker omdat ek nie teveel met
Doppers in aanraking gekom het nie, maar net hulle
spore in akademia gesien het.) My indruk was dat
Doppers "eerliker" was as ander protestantse
persuasies, dat hulle konsekwent was in hulle
oortuigings, en dat hulle hulle standpunte deurdink
het. Dit het selfs tot in die letterkundige studie
deurgedring. As 'n professor van Potchefstroom
iets te sê gehad het, het ek altyd geluister.

Gloudina
Re: Mustangs [boodskap #110661 is 'n antwoord op boodskap #110653] Sa, 01 Julie 2006 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?
--
Groetnis
Annette
>
> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
> staan.
>
Re: Mustangs [boodskap #110667 is 'n antwoord op boodskap #110656] Ma, 03 Julie 2006 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf

Francois Human skryf

> My persepsie van 'n "Dopper" is seker gevorm deur ou dominees en
> ouderlinge
> wat oor alles en nog wat kla en mense wat net Psalms mag sing ens. ens.
> ens.

Snaaks genoeg, ek het weer die ander indruk van
Doppers geken. ( Seker omdat ek nie teveel met
Doppers in aanraking gekom het nie, maar net hulle
spore in akademia gesien het.) My indruk was dat
Doppers "eerliker" was as ander protestantse
persuasies, dat hulle konsekwent was in hulle
oortuigings, en dat hulle hulle standpunte deurdink
het. Dit het selfs tot in die letterkundige studie
deurgedring. As 'n professor van Potchefstroom
iets te sê gehad het, het ek altyd geluister.

Gloudina

Fyn waarneming. Die een ding wat Doppers hulle kinders van kleins af geleer
het, was om prinsipieel te dink. Die een ding wat Potchefstroom laat
uitstaan het, is prinsipiële denke - die "CHO" waarmee so dikwels gespot is.
(Dis wat ek oor FW probeer sê het en sy radikale koersverandering op 2 Feb.
1990.) Mens het dieselfde prinsipiële denke by wyle Prof. Johan Heyns
waargeneem; hy het dit op Potchestroom geleer waar hy sy BA gedoen het en
later sy D in filosofie onder een van die grondleggers van Christelike
Wysbegeerte, wyle Prof. Hendrik Stoker.

'n NG dominee het jare terug toe hy die NG Kerk se groete aan die Nasionale
Sinode van die Geref Kerke oorgebring het, gesê: "Julle Doppers gee één tree
vorentoe, dan kyk julle terug en vra "Waar's Dort?" verwysend na die Dortse
Sinode van 1618-19. Dit was 'n ewe raak waarneming! Hy het dit
bietjie spottend bedoel - nl. dat ons met ons gesig in die verlede leef.
Dit is ongelukkig waar dat ons krag ook ons swakheid is (soos so dikwels
gebeur); ons soeke na prinsipiële korrektheid het dikwels tot gevolg dat ons
nie aan die gang kom nie, terwyl die NG Kerk die teenoorgestelde neiging
het, d.i. inspring en doen en eers later vra of dit prinsipieel korrek was.
Re: Mustangs [boodskap #110668 is 'n antwoord op boodskap #110661] Ma, 03 Julie 2006 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons is manne wat nie na die NG kerk toe wil gaan nie omdat vrouens
ampte beklee in die kerk. Dit is egter almal mense ouer as 65+ en sekerlik
'n uitgaande fase?

"Annette" skryf in boodskap news:1-idnQiJ0aYzFDvZnZ2dnUVZ_sGdnZ2d@is.co.za...
> Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?
> --
> Groetnis
> Annette

>> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
>> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
>> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
>> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
>> staan.
>
Re: Mustangs [boodskap #110669 is 'n antwoord op boodskap #110668] Ma, 03 Julie 2006 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suidwester - daar is niks nuuts onder die son nie.
Net soos die beurs, waar dit 'n feit is dat as 'n kommoditeit styg, sal dit
daal, en andersom, net so is dit 'n feit dat 'n mode of 'n siening weer sal
herleef - miskien in 'n gewysigde en moderne vorm, maar wel daar.

Lees in gister se Rapport die artikel of kerkeenheid bereik sal word, en jy
sal sien dat waar 'n siening in een deel van die wêreld taan, dit op 'n
ander kol toeneem.
--
Groetnis
Annette
.za...
> Hier by ons is manne wat nie na die NG kerk toe wil gaan nie omdat vrouens
> ampte beklee in die kerk. Dit is egter almal mense ouer as 65+ en sekerlik
> 'n uitgaande fase?
> "Annette" wrote in message
> news:1-idnQiJ0aYzFDvZnZ2dnUVZ_sGdnZ2d@is.co.za...
>> Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>
>>> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
>>> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
>>> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
>>> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
>>> staan.
>>
>
Re: Mustangs [boodskap #110671 is 'n antwoord op boodskap #110661] Ma, 03 Julie 2006 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?

Nee, maar iets soos dat die Dopperdominees nooit togas of manelpakke gedra
het nie, nie aan wit dasse verkleef was nie, nie die kansel vir predikante
alleen gereserveer het nie, die gelykheid van die ampte en suiwer
presbiteriale kerkregeringstelsel gehandhaaf het toe die NG en NH Kerke
kollegialistiese stelsels gehad het, die standpunt oor Christelike wetenskap
gestel en gehandhaaf het toe die ander daarmee gespot het, ens.

Ek het gesê "in baie opsigte", nie "in alle opsigte" nie. Oor die vroue in
die amp is die NG en NH Kerke die Geref Kerk ver voor.

Die probleem is natuurlik dat daar geen teks in die Nuwe Testament is wat 'n
duidelike uitspraak oor die posisie van die vrou in die kerk gee nie. Aan
die een kant is daar tekste wat praat van vroue wat diakonesse was,
profetesse, ens., en aan die ander kant tekste wat sê dat vroue in die kerk
moet swyg en dat hulle nie oor die man mag heers nie.

Wanneer dit by so-iets kom, is daar 'n belangrike reël in die kerk oor
verandering, nl. festina lente, d.i. "haas jou langsaam". Want dit is
makliker om die kerk op 'n verkeerde pad te lei, as om die kerk van 'n
verkeerde pad af te laat omdraai.

Die Doppers het 'n neiging om so lank prinsipieel oor iets te besin voordat
hulle dit doen dat hulle dikwels laat of nooit aan die gang kom nie.
Daarteenoor het die NG Kerk die manier om, as iets goed klink, in te spring
en te doen sonder om dit eers prinsipieel te toets en sit dan dikwels
agterna met prinsipiële probleme om uit die weg te ruim.

'n Goeie voorbeeld is die kwessie oor die Gesange. Die Kaapse Kerk het
die Evangeliese Gesange in 1816 ingevoer sonder om dit vir regsinnigheid te
toets. Die Doppers het
beswaar gemaak teen sommige van die gesange wat na hulle mening
"onregsinnig" was (let wel, nie teen almal nie) en geweier om dit te sing.
Die kerk, op sy beurt, het geweier om
na die besware te luister, gedreig om die beswaardes onder tug te sit en
daardeur die Doppers uit die kerk
gedwing. Later het die NG en NH Kerke by implikasie erken dat die Doppers
reg was toe hulle baie van die Gesange waarteen die Doppers beswaar gemaak
het, met die vertaling uit Nederlands weggelaat
of verander het. Die Doppers, aan die ander kant, het uit hulle prinsipiële
versigtigheid bly vassit by die Psalms en 'n aantal sg. Skrifberymings en
eers in die laaste dekade of wat Gesange wat "regsinnig" is uit die
Gesangebundel begin oorneem.

> --
> Groetnis
> Annette

>> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
>> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
>> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
>> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
>> staan.
>
Re: Mustangs [boodskap #110675 is 'n antwoord op boodskap #110669] Ma, 03 Julie 2006 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die dag wat die Afrikaner eenheid vir enigiets bereik, is die dag wat die
wêreld vergaaan. As twee boere op 'n eiland gestrand raak, is die eerste
ding wat hulle doen om twee kerke en twee politieke partye te stig. Om
niks eers te sê van die rugby nie.....

"Annette" skryf in boodskap news:-u-dndYdWfgzUjXZnZ2dnUVZ_o6dnZ2d@is.co.za...
> Suidwester - daar is niks nuuts onder die son nie.
> Net soos die beurs, waar dit 'n feit is dat as 'n kommoditeit styg, sal dit
> daal, en andersom, net so is dit 'n feit dat 'n mode of 'n siening weer sal
> herleef - miskien in 'n gewysigde en moderne vorm, maar wel daar.
>
> Lees in gister se Rapport die artikel of kerkeenheid bereik sal word, en jy
> sal sien dat waar 'n siening in een deel van die wêreld taan, dit op 'n
> ander kol toeneem.
> --
> Groetnis
> Annette
> .za...
>> Hier by ons is manne wat nie na die NG kerk toe wil gaan nie omdat
>> vrouens
>> ampte beklee in die kerk. Dit is egter almal mense ouer as 65+ en sekerlik
>> 'n uitgaande fase?
>> "Annette" wrote in message
>> news:1-idnQiJ0aYzFDvZnZ2dnUVZ_sGdnZ2d@is.co.za...
>>> Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>
>>>> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
>>>> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
>>>> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
>>>> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
>>>> staan.
>>>
>>
>
Re: Mustangs [boodskap #110676 is 'n antwoord op boodskap #110675] Ma, 03 Julie 2006 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
> Die dag wat die Afrikaner eenheid vir enigiets bereik, is die dag wat die
> wêreld vergaaan. As twee boere op 'n eiland gestrand raak, is die eerste
> ding wat hulle doen om twee kerke en twee politieke partye te stig. Om
> niks eers te sê van die rugby nie.....

Ons "gemengde" afkoms. Ons het ons hardkoppigheid en eiewysheid by die
Hollanders gekry, ons trots by die Pruise en ons passie by die Franse (en
ons blas velle by die Indiërs). En toe was ons vir 'n paar eeue op die "ver
verlate vlaktes" van Afrika toegelaat om ons eie "BAAS" te wees; dit het 'n
unieke "spesies" voortgebring!

Maar ons is darem nie so erg soos ons Nederlandse "familie" nie. Die
Hollanders is so eiewys en korrelkoppig dat selfs die mees verkrampte Boere
nie met hulle kan uithou nie.
Re: Mustangs [boodskap #110680 is 'n antwoord op boodskap #110675] Ma, 03 Julie 2006 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oooooo!!! Beweer jy dus die Afrikaner is die antichris waarteen die Bybel
waarsku wat vir die val van die wêreld sal sorg?
:)))
--
Groetnis
Annette
.com.na> skryf in boodskap news:z-KdndSyFZlacTXZnZ2dnUVZ_oKdnZ2d@is.co.za...
> Die dag wat die Afrikaner eenheid vir enigiets bereik, is die dag wat die
> wêreld vergaaan. As twee boere op 'n eiland gestrand raak, is die eerste
> ding wat hulle doen om twee kerke en twee politieke partye te stig. Om
> niks eers te sê van die rugby nie.....
> "Annette" wrote in message
> news:-u-dndYdWfgzUjXZnZ2dnUVZ_o6dnZ2d@is.co.za...
>> Suidwester - daar is niks nuuts onder die son nie.
>> Net soos die beurs, waar dit 'n feit is dat as 'n kommoditeit styg, sal dit
>> daal, en andersom, net so is dit 'n feit dat 'n mode of 'n siening weer sal
>> herleef - miskien in 'n gewysigde en moderne vorm, maar wel daar.
>>
>> Lees in gister se Rapport die artikel of kerkeenheid bereik sal word, en v
>> sal sien dat waar 'n siening in een deel van die wêreld taan, dit op 'n
>> ander kol toeneem.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> .za...
>>> Hier by ons is manne wat nie na die NG kerk toe wil gaan nie omdat
>>> vrouens
>>> ampte beklee in die kerk. Dit is egter almal mense ouer as 65+ en sekerlik
>>> 'n uitgaande fase?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:1-idnQiJ0aYzFDvZnZ2dnUVZ_sGdnZ2d@is.co.za...
>>>> Iets soos dat dit 'n fout was dat vrouens ampte mag beklee?
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
>>>
>>>> > Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
>>>> > baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
>>>> > beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
>>>> > verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
>>>> > staan.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Mustangs [boodskap #110692 is 'n antwoord op boodskap #110680] Di, 04 Julie 2006 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! As jy kyk na wat op die rugbyvelde gebeur dan lyk dit beslis so!
Ek sien jou spannetjie, sonder Visbek, het darem vir die Valke kon wen met
Ollie Bollie as binnesenter..........

"Annette" skryf in boodskap news:dIudnRUIX7e7vzTZnZ2dnUVZ_qSdnZ2d@is.co.za...
> Oooooo!!! Beweer jy dus die Afrikaner is die antichris waarteen die Bybel
> waarsku wat vir die val van die wêreld sal sorg?
> :)))
> --
Re: Mustangs [boodskap #110705 is 'n antwoord op boodskap #110653] Wo, 05 Julie 2006 05:05 Na vorige boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Gaan op 'n Sondag aand na GN Moreleta by die nuwe woodlands sentrum dan sal
jy baie gou jou siening verander

"Torreke" skryf in boodskap news:e82v1r$ghp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Francois Human" wrote
>> My persepsie van 'n "Dopper" is seker gevorm deur ou dominees en
>> ouderlinge wat oor alles en nog wat kla en mense wat net Psalms mag sing
>> ens. ens. ens.
>
> Ek dink ons het maar almal verkeerde persepsies van mekaar!
>
>> Dit is dus vir my as iemand wat waarskynlik so charismaties-gesind is as
>> wat 'n NG-kerk lidmaat kan wees sonder om onder die tug geplaas te word,
>> 'n vars briesie om iemand soos jy raak te loop wat actually kan dink, wat
>> verbonde is aan een van die "ander" susterskerke!
>>
>> Soois
>
> Dankie. Maar ek dink die "Doppers" was deur al die jare in baie opsigte
> baie meer progressief as die NG of NH Kerke, maar buitenstaanders het ons
> beoordeel op "wil nie Gesange sing nie", "mag nie dans nie", "'n klomp
> verkramptes" ens. sonder om te weet waarvoor die Gereformeerde Kerke eintlik
> staan.
>
Vorige onderwerp: Vir Torreke
Volgende onderwerp: aardklop behuising
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:43:01 MGT 2024