Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Enige vinnige raaiskoot
Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110177] Ma, 08 Mei 2006 06:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
vir vandag se regsuitspraak?
--
Groetnis
Annette
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110179 is 'n antwoord op boodskap #110177] Ma, 08 Mei 2006 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Onskuldig. Te veel twyfel. Die beskuldigde moet dei voordeel van die twyfe
kry.

"Annette" skryf in boodskap news:2Padnd2UBJ3cQsPZ4p2dnA@is.co.za...
> vir vandag se regsuitspraak?
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110181 is 'n antwoord op boodskap #110177] Ma, 08 Mei 2006 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe kan dit anders? Daar's nie 'n manier wat hy skuldig sal wees nie.
Afrika-sirkus....

"Annette" skryf in boodskap news:2Padnd2UBJ3cQsPZ4p2dnA@is.co.za...
> vir vandag se regsuitspraak?
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110182 is 'n antwoord op boodskap #110181] Ma, 08 Mei 2006 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Beslis nie Afrika sirkus nie. Ek het na dele van die uitspraak geluister,
veral die dele wat handel oor die bewyslas en die evaluering van die
getuienis. Die uitspraak is onaantasbaar.

Maar enigiemand met bietjie kennis van die reg en wat objektief geluister
het na die getuienis kon lankal voorspel het die uitspraak sal "onskuldig"
wees.

'n Mens moet bo redelike twyfel skuldig bewys word - bo redelike twyfel! En
die twyfel het met dik strome van die 1ste dag af dat die klaagster onder
kruisondervraging beland het, geloop.

Onthou jy die Eshel Rhoodie saak. Hy is in die appèlhof onskuldig bevind
omdat dié hof bevind het sy weergawe "is redelik moontlik waar". Die
beskuldigde hoef nie te bewys sy weergawe is waar nie - net dat dit 'n
redelik moontlik waar is.

Groete

Torreke

"Suidwester" skryf in boodskap news:sO6dnVc_DYL2_8LZRVn-hA@is.co.za...
> Hoe kan dit anders? Daar's nie 'n manier wat hy skuldig sal wees nie.
> Afrika-sirkus....
> "Annette" wrote in message
> news:2Padnd2UBJ3cQsPZ4p2dnA@is.co.za...
>> vir vandag se regsuitspraak?
>> --
>> Groetnis
>> Annette



>
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110185 is 'n antwoord op boodskap #110177] Wo, 10 Mei 2006 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110186 is 'n antwoord op boodskap #110185] Do, 11 Mei 2006 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?

Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
waarheid praat en die spyker op die kop
slaan nie.

Gloudina
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110187 is 'n antwoord op boodskap #110186] Do, 11 Mei 2006 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Hessie,

Jy het seker die bietjie spot en lekkerkry in my vraag gehoor.

Torreke

> "Hessie" wrote
>
> Torreke skryf
>
>> Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?
>
> Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
> waarheid praat en die spyker op die kop
> slaan nie.
>
> Gloudina
>
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110188 is 'n antwoord op boodskap #110187] Do, 11 Mei 2006 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:
Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
waarheid praat en die spyker op die kop
slaan nie.

"Torreke" skryf:
Jy het seker die bietjie spot en lekkerkry in my vraag gehoor.

Katryn:
Hmmm....
ja, dit is seker redelik moontlik waar....
Dan weer....

:)
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110217 is 'n antwoord op boodskap #110187] Ma, 15 Mei 2006 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoekom is jy bly hy is vry? Dink daaraan as hy dalk prez word
hoeveel geld gaan wegraak

"Torreke" skryf in boodskap news:e3vrvn$llo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie, Hessie,
>
> Jy het seker die bietjie spot en lekkerkry in my vraag gehoor.
>
> Torreke
>
>
>> "Hessie" wrote

>> Torreke skryf

>>> Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?

>> Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
>> waarheid praat en die spyker op die kop
>> slaan nie.

>> Gloudina

>
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110219 is 'n antwoord op boodskap #110217] Ma, 15 Mei 2006 05:50 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Agge nee, Otterkop, nou't jy gepraat sonder om mooi die hele storie te lees.

Daar kan uit niks wat ek gesê het die afleiding gemaak word dat ek bly is
dat Jackob Zuma onskuldig bevind is nie.

Maar kom ek som vir jou op:
1. Weke terug het Annette die stelling gemaak dat ons moet dankbaar wees
vir Adv.Charin de Beer wat Zuma dan sou vasgetrek het.
2. Ek het geantwoord dat ek gladnie so seker as sy is dat Charin de Beer
hom vasgetrek het nie.
3. Annette het laat weet dat ons eers sal weet wanneer uitspraak gegee
word.
4. En ek het daarop geantwoord: Presies. Dis waarom sy nie kon sê Charin
de Beer het hom vasgetrek nie.
5. Die oggend voor die uitspraak het Annette hierdie draad begin met die
vraag oor 'n vinnige raaiskoot. Dis opvallend dat sy self nie 'n raaiskoot
wou waag nie.
6. Ek het geantwoord "Onskuldig. Daar's te veel twyfel"
7. Suidwester het gepos dat die uitspraak 'n tipiese Afrika sirkus
verteenwoordig.
8. Ek het hom geantwoord dat die uitspraak onaantasbaar is en dat
enigiemand wat so klein bietjie van die reg weet die uitspraak sou gesien
kom het.
9. Toe bly almal stil.
10. En toe koggel ek hulle so bietjie met die vraag waarom hulle almal stil
is.
11. Hessie het geantwoord dat hulle almal maar stil raak as iemand die
spyker op die kop slaan.
12. En ek het daarop bloot gereageer met dat sy seker die spot en lekkerkry
in my vraag kon hoor.

So my opmerking het niks te doen met blydskap omdat Zuma vrygespreek is nie.
Ek verheug my beslis nie daaroor nie. Ek het maar net so bietjie onheilige
plesier daaruit geput dat ek Annette en Suidwester se monde toegestop het.

Persoonlik dink ek wat gebeur het is 'n ramp vir die land. As die
vervolgingsgesag hulle werk behoorlik gedoen het, moes Zuma nooit aangekla
gewees het nie. Nou het hulle van hom 'n martelaar en 'n held gemaak. En
hy buit die situasie uit.

Kom ons hoop en bid dat daar genoeg verstand binne die ANC is om te keer dat
hy prez word.

Torreke

"Otterkop" skryf in boodskap news:9cCdndel9rp4l_XZnZ2dnUVZ_u-dnZ2d@is.co.za...
> Nou hoekom is jy bly hy is vry? Dink daaraan as hy dalk prez word
> hoeveel geld gaan wegraak
>
>
>
>
> "Torreke" wrote in message
> news:e3vrvn$llo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dankie, Hessie,

>> Jy het seker die bietjie spot en lekkerkry in my vraag gehoor.

>> Torreke


>>> "Hessie" wrote
>
>>> Torreke skryf
>
>>>> Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?
>
>>> Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
>>> waarheid praat en die spyker op die kop
>>> slaan nie.
>
>>> Gloudina
>




>
Vorige onderwerp: Re: The Radio Laer - A Boer Folk Radio Forum
Volgende onderwerp: Angelina Jolie - waar in Namibië is sy?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:32:12 MGT 2024