Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC wen die verkiesing - en toe?
ANC wen die verkiesing - en toe? [boodskap #109485] So, 05 Maart 2006 14:25 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
So - die ANC het weereens die verkiesing gewen. En dit nogal die
"munisipale" verkiesings waar die meeste ontevredenheid heers.

Is die swart kiesers soos die blanke kiesers? Laasgenoemde het vir die
nasionale party gestem asof hul voortbestaan daarvan afgehang het. Dat
daar nie alternatiewe partye vir die swartmense bestaan nie is nogal
so.

Dat veranderinge vanuit die geledere van die ANC moet kom is bepaald
so. Maar - gaan die verandering links, regs, meer nasionalisties
verloop - dit sal mens moet sien.

Hoe sien julle die politieke-verloop van sake vorentoe?
Re: ANC wen die verkiesing - en toe? [boodskap #109504 is 'n antwoord op boodskap #109485] Ma, 06 Maart 2006 11:21 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message
news:1141568732.891410.139200@i40g2000cwc.googlegroups.com.. .
> So - die ANC het weereens die verkiesing gewen. En dit nogal die
> "munisipale" verkiesings waar die meeste ontevredenheid heers.
>
> Is die swart kiesers soos die blanke kiesers? Laasgenoemde het vir die
> nasionale party gestem asof hul voortbestaan daarvan afgehang het. Dat
> daar nie alternatiewe partye vir die swartmense bestaan nie is nogal
> so.
>
> Dat veranderinge vanuit die geledere van die ANC moet kom is bepaald
> so. Maar - gaan die verandering links, regs, meer nasionalisties
> verloop - dit sal mens moet sien.
>
> Hoe sien julle die politieke-verloop van sake vorentoe?
>

Ek dink jy het dit goed opgesom en raakgevat.

Persoonlik dink ek dat wanneer die regter- en linkervleuels van die ANC
alliansie uiteindelik skeur - Ek hoop dat dit eerder vroeër as later sal
gebeur! - die "regter"-vleuel waarskynlik in alliansie met die gematigde
blankes sal gaan. Op dié wyse mag nie blankes dalk in die toekoms weer 'n
sterker rol in die landsregering speel.

Maar dalk is dit blote wensdenkery!

Torreke
Vorige onderwerp: S kom voor T
Volgende onderwerp: Kaaskop in die Laeveld!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:11:06 MGT 2024