Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Detroit en Windsor en die Superbowl
Detroit en Windsor en die Superbowl [boodskap #108544] Sa, 04 Februarie 2006 02:00
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stel baie min belang in sport. Ek weet byvoorbeeld nie
eintlik
watter sport dit is wat hulle hierdie naweek gaan speel as
die
"Superbowl" in Detroit plaasvind nie. ( As dit Amerikaanse
football
is, dan verag ek dit nog meer as meeste ander sport. Want
in
American Football is daar al die groot mans, in
gesigsmaskers
en opgepof soos hulle beskerm word deur allerhande soort
insetsels in hulle klere - en al wat hulle doen is om in
sulke
klein groepies te staan met hulle agterente in die lug, en
met mekaar te praat, dan sulke klein entjies te hardloop,
en dan op 'n bondel te val. )
Maar wat hierdie naweek in Detroit plaasvind, word
interessant vir ons Kanadese in een belangrike opsig. Die
stad Windsor is net oorkant die rivier van Detroit, en dis
nie
eintlik 'n baie wye rivier nie. ( Detroit is die Franse
woord
vir 'n waterdeurgang van een meer na 'n ander, en die
rivier is dan ook die verbinding tussen Lake Erie en nog
'n ander kleinerige meertjie wat ek nou nie die naam van
kan onthou nie, wat deel is van die roete waarmee skepe
van die Atlantiese See, deur die St. Lawrence Seaway, en
deur verskillende kanale en mere tot by Lake Superior in
die Groot Mere-stelsel kan vaar.)
Een van die mooiste gesigte wat jy kan kry van
'n stad, is om in Windsor op die rand van die rivier te
staan
en na Detroit oorkant die rivier te kyk. Die middestad het
'n paar mooi blink skyscrapers, en so van ver af lyk dit na
'n glinsterende stad. Mens weet natuurlik dat Detroit
eintlik 'n baie gevaarlike kriminele ondergrond het, en
mense wat oor die brug van Windsor na Detroit ry, is baie
versigtig om hulle vensters toe te hou en op te let wat
by stopstrate aangaan.
Sondag word die Superbowl gespeel. Daar is dus
duisende Amerikaners wat van ander plekke na Detroit
stroom. Baie van hulle gaan oor die brug na Windsor, wat
vol casino's is, maar aansienlik veiliger is as Detroit om
in
rond te beweeg. Die Kanadese dollar is ook laer as die
Amerikaanse en dit is seker die aantrekkingskrag vir baie
om in Windsor te gaan slaap liewer as Detroit. Daarbenewens
is die drinkouderdom laer in Ontario as in Michigan, en kan
die vroumense al hulle klere in die nude bars uittrek, iets
wat nie in Michigan toegelaat word nie.
Wat my egter die meeste verbaas, is die
veiligheids-
maatreëls wat daar getref word vir die naweek. Daar is glo
'n ban op enige lugverkeer oor die area, nie alleen van
Detroit nie, maar ook van Windsor, toegepas deur beide die
Amerikaanse en Kanadese lugmagte. Daarbenewens hoor
ek vanaand op die nuus dat Norad die lug bokant Detroit en
Windsor gaan monitor. So die terroriste sal moet oppas.
Die Amerikaners is reg vir hulle. As hulle maar sulke
voorbereidings getref het na Katrina.

Gloudina
Vorige onderwerp: Help my asb
Volgende onderwerp: Waar is die pyn?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:53:48 MGT 2024