Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lui wurms en die geskiedenis
Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107381] Wo, 23 November 2005 13:35 na volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Vir die eerste keer vandag het ek op massa media hier in SA die volle berug
gehoor van dei Namibie massa grafte soos Suidwester dit vertel het. Dit is
nou te sê sonder die implisering van afmaai van SWAPO gevangenis of ander
mense regte vergrype.

Dit was tydens die "Chris Gibbons Midday report" op 702. Die gas was Peter
Stiff die outeur van 'The Covet War' en ander boeke oor die grensoorlog.
(dit behoort binnekort op
http://www.702.co.za/onair/heardonair/heardonair.asp te kry wees)

(Hierdie is aanvulend tot Suidwester se verhaling, wat ek ongelukkig nie
meer het nie.)

Die VN (UNTAG) het die SA Regering net mooi niks vertrou nie en het alles
dop gehou wat PW se maatjies aanvang. Hulle het egter die "vryheidsvegters"
glad nie dop gehou nie en SWAPO het daar op die grens gaan sit en wag vir
Sam se opdrag IPV om bo die 16e breedte graad te wees.

Toe die SWAPO die fên tref, het die VN die SA regerings magte terug geroep -
onder die VN vaendel. Dit was die VN wat versoek het dat al daardie dooie
vegters terug na basis gebring word, en het op elke lyk 'n post mortem
gedoen en gefotografeer om seker te maak dat hulle wel vegters was en wel in
konflik dood is. Die NY Times het wel gepubliseer dat die vegters "execution
style" gedood is, maar niemand anders het tot dieselfde slotsom gekom nie.

Alles is goed gedokumenteer en SWAPO en Sam was beslis die vark in die
verhaal.

Stiff se antwoord oor hoekom dit nou so verdraai word is dat geskiedenis
deur die oorwinnaar herskryf word. Hoekom die Vn nou so stil is oor die
aangellenheid is nog duister.

Danie van Pretoria
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107387 is 'n antwoord op boodskap #107381] Wo, 23 November 2005 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

. Die gas was Peter
> Stiff die outeur van 'The Covet War' en ander boeke oor die grensoorlog.

Ek neem aan jy bedoel "The Covert War." Is dit nou die Peter
Stiff wat onlangs hoofstukke van sy "boek" op die Afrikaanse
nuusgroep probeer plaas het, waar hy die storie vertel van die
ou wat dan gehuur was om vir Mugabe in London te vermoor.
Ek kan alleen aanneem dat hierdie Peter Stiff een van die oud-
Rhodesiërs is wat nog probeer hulle regse gekekkel op die
internet versprei. Hy moet maar liewer gaan kyk watter soort
geheul die wittes daar in Rhodesië aangevang het. Dis mense
soos Peter Stiff en hulle voorouers wat dit moontlik gemaak
het vir mense soos Mugabe om aan bewind te kom. Dis mense
soos Peter Stiff wat die "struggle" veroorsaak het, en toe op
die einde tog die stryd verloor het.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107399 is 'n antwoord op boodskap #107387] Do, 24 November 2005 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anti, anti.....moet jy altyd so gal braak? Ek het so 'n idee Peter Stiff
het meer boeke geskryf en gepubliseer as wat jy nog ooit oor gedroom het.
Sy boeke word versprei deur al die groot boekwinkels en dit alleen is 'n
aanduiding dat die mense dit koop. Ekself het al twee daarvan gelees en
ook met 'n verskuilde agenda want ek wou lees wat onthul hy oor sekere goed
veral omdat hy amptelike toegang toegelaat is tot dinge wat as hoogs geheim
gereken is. Dat hy egter lekker aan die neus rondgelei was met 'n
'amptelike benadering' was duidelik uit die boek, maar dan moet jy die ander
kant van die storie ook weet.
Wat ek eintlik wil sê, is dat ek nie sy boeke as 'regs' ervaar het nie.
Eerder 'n poging om vir die mense te vertel wat in daardie jare gebeur het
en ek het die idee gekry dat as hy nie eintlik pro-regering is nie. Wat ek
walglik vind van mense soos jy, egter, is die feit dat julle die geskiedenis
wil wegpraat.....

"@rogers.com" skryf in boodskap news:LZadndwJX_yCFxneRVn-sw@rogers.com...
> Ek neem aan jy bedoel "The Covert War." Is dit nou die Peter
> Stiff wat onlangs hoofstukke van sy "boek" op die Afrikaanse
> nuusgroep probeer plaas het, waar hy die storie vertel van die
> ou wat dan gehuur was om vir Mugabe in London te vermoor.
> Ek kan alleen aanneem dat hierdie Peter Stiff een van die oud-
> Rhodesiërs is wat nog probeer hulle regse gekekkel op die
> internet versprei. Hy moet maar liewer gaan kyk watter soort
> geheul die wittes daar in Rhodesië aangevang het. Dis mense
> soos Peter Stiff en hulle voorouers wat dit moontlik gemaak
> het vir mense soos Mugabe om aan bewind te kom. Dis mense
> soos Peter Stiff wat die "struggle" veroorsaak het, en toe op
> die einde tog die stryd verloor het.
>
> Gloudina
>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107404 is 'n antwoord op boodskap #107387] Do, 24 November 2005 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die naam "Covet War" is geknip en geplak van die 702 werbwerf af, maar jy
mag dalk reg wees. En ja, jy was wel 'n polisieman in Rhodesie, vertel hy
self. Die eintlike punt was alles omtrend daardie massagrafte deursigtig
gedoen is en dat die regering van die dag vir eenkeer in hulle elendige
bestaan iets ordentlik gedoen het, al was dit onder die oog van die VN.

Was Mugabe nie die verlosser nie van mense van Zim nie? Hoe kan jy nou die
ouens van toeka verantwoordelik hou omdat die verlosser dekades later die
satan geword het (die ommekeer sonder enige hulp van die regses). Die regses
het hom nie gekies nie, 'n verkiesing het. Blameer eerder die mense wat hom
telke male weer verkies het op 'n demokratiese manier. Die les hier is
bleikbaar dat dit altyd die wit man se skuld is, maak nie saak wat. Hoekom
kan Mugabe en Zim nie Mugabe en sy ondersteuners se skuld wees soos PW en
die blankes gelooi word met apartheid nie? Met jou logika is apartheid die
swartes se skuld, want as hulle nie hier was nie, so daar nooit daardie
lastige wette gewees het nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:LZadndwJX_yCFxneRVn-sw@rogers.com...
>
> "Danie" skryf
>
> . Die gas was Peter
>> Stiff die outeur van 'The Covet War' en ander boeke oor die grensoorlog.
>
> Ek neem aan jy bedoel "The Covert War." Is dit nou die Peter
> Stiff wat onlangs hoofstukke van sy "boek" op die Afrikaanse
> nuusgroep probeer plaas het, waar hy die storie vertel van die
> ou wat dan gehuur was om vir Mugabe in London te vermoor.
> Ek kan alleen aanneem dat hierdie Peter Stiff een van die oud-
> Rhodesiërs is wat nog probeer hulle regse gekekkel op die
> internet versprei. Hy moet maar liewer gaan kyk watter soort
> geheul die wittes daar in Rhodesië aangevang het. Dis mense
> soos Peter Stiff en hulle voorouers wat dit moontlik gemaak
> het vir mense soos Mugabe om aan bewind te kom. Dis mense
> soos Peter Stiff wat die "struggle" veroorsaak het, en toe op
> die einde tog die stryd verloor het.
>
> Gloudina
>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107408 is 'n antwoord op boodskap #107387] Do, 24 November 2005 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina / Ferdi kan julle dalk vir my meer inligting gee?

Wanneer kan 'n land besluit dat 'n leier van 'n ander land voor die
Wêreldhof moet verskyn.

Wat is die kans dat George W op sy oudag voor so hof gedaag kan word.

"@rogers.com" wrote in message
news:LZadndwJX_yCFxneRVn-sw@rogers.com...?
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107415 is 'n antwoord op boodskap #107404] Do, 24 November 2005 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

> Was Mugabe nie die verlosser nie van mense van Zim nie?

Nee. Daar moes nooit 'n "struggle" gewees het nie. As die
wit koloniste en Smith nie hulle stupid "onafhanklikheid"
verklaar het nie, en die res van die bevolking van die
toentertydse Rhodesië 'n werklike demokrasie ontwikkel
het, dan was 'n bosoorloog nie nodig nie, en het die leiers
van so 'n bosoorlog nie die leisels oorgeneem nie. Dieselfde
geld vir SA. As die Nasionaliste nie hulle stupid apartheid
ingevoer het nie, en SA ontwikkel het as 'n regte demokrasie,
dan was daar nie vandag die situasie dat 'n vryheidsvegters-
party die oorwegende mag in die hande het nie. Dis alleen
'n fluke in SA dat die leiers van die vryheidsbeweging so
gematig is, en nie op groot skaal wraak gepleeg het om die
wit oorheersers nie.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107416 is 'n antwoord op boodskap #107408] Do, 24 November 2005 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

>> Wanneer kan 'n land besluit dat 'n leier van 'n ander land voor die
> Wêreldhof moet verskyn.
>
> Wat is die kans dat George W op sy oudag voor so hof gedaag kan word.

Ek weet nie presies nie. Dit moet iets te doen hê met
die VVO. En aanklagte moet ingedien word. Ek dink
daar is alreeds klagtes teen George Bush deur sekere
instansies. Of dit ondersoek word, weet ek nie. Ek
sal meer probeer uitvind.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107428 is 'n antwoord op boodskap #107415] Vr, 25 November 2005 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...

> Daar moes nooit 'n "struggle" gewees het nie

Ek dink jy is 'n bietjie te streng in jou oordeel oor die vorige regerings
en leiers. Almal van hulle het dinge gedoen omdat hulle oortuig was dat dit
die regte vurk in die pad is. Ok, baie van daardie vurke in die pad het
uitgedraai as slegte keuses as 'n mens terug kyk, maar was daardie
voorsienbare uitkomste? Het die inheemse volk en die buite wereld nie jare
lang gegil vir daardie onafhanklikheid wat nou 'n slegte idee is nie? Moes
Smith eerder aanhou veg het totdat die probleem verdwyn het? Om te se dat
die choas na dekades se onafhanklikheid, waar alles goed geloop het (soos in
die geval van Zimbabwe) steeds Smith en sy voorsate se skuld is kan ek net
nie sien nie. Hoe ver kan 'n mens dit terug voer? Was dit die "Industrieele
era" ontmoet "yster tydperk" se gaping wat blankes (Portugees, Hollander,
Engelse, Spanjaard) laat dink het dit is hulle reg as meer gevordere stam om
die ander te onderdruk? Was dit die idees en wette van kolonialisme wat
geheers het onder die engelse en grotendeels geerf is deur die NP en
afrikaners in SA? Was dit Dingaan se skuld dat die Voorstrekkers nie meer
die swartes vertrou het nie omdat hy hulle probeer uitwis het? Was dit dalk
die talle oorloe in die Oos Kaap voor dit wat wantroue ingeboesem het aan
alby kante? Of slawerny wat net voor die Groot Trek afgeskaf is en daardie
mentaliteid wat steeds moes geheers het onder die Trekkers? Die instelling
van slawerny eeue voor dit dan? Wanneer word dit dit "volgende ou" se
verantwoordelikheid dat dinge skeef loop, soos hulle telke male doen?

Hoe gaan ONS ge-(ver)oordeel word oor 100 jaar? Moes ons terug geveg het en
nie alles weg gegee het nie? Ja of Nee in die referendum? Moes ons meer
gedoen het om te integreer oor die laaste 11 jare en vir die volgende 89?
Moet ek saam't die Boermag of nie SAKP staan of iewers in die middel (nou)?
Kan jy my dit nou se? Moet die NAC regering meer doen ek die blankes te
integreer en hulle as 'n hulpbron gebruik, of net hulle geld vat en hulle
net uitskop of hulle net agrerwee los dat hulle self opsnork? Moet ek vir of
teen regstellende aksie staan, wat ek glo sleg is vir almal op die lange
duur; moet ek dit met ope arms verwelkom? Leen my 'n kristal bal, toe man.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...
>
> "Danie" skryf
>
>> Was Mugabe nie die verlosser nie van mense van Zim nie?
>
> Nee. Dieselfde
> geld vir SA. As die Nasionaliste nie hulle stupid apartheid
> ingevoer het nie, en SA ontwikkel het as 'n regte demokrasie,
> dan was daar nie vandag die situasie dat 'n vryheidsvegters-
> party die oorwegende mag in die hande het nie. Dis alleen
> 'n fluke in SA dat die leiers van die vryheidsbeweging so
> gematig is, en nie op groot skaal wraak gepleeg het om die
> wit oorheersers nie.
>
> Gloudina
>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107433 is 'n antwoord op boodskap #107428] Vr, 25 November 2005 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

Was dit die "Industrieele
> era" ontmoet "yster tydperk" se gaping wat blankes (Portugees, Hollander,
> Engelse, Spanjaard) laat dink het dit is hulle reg as meer gevordere stam om
> die ander te onderdruk?

Luister. Dis maklik om in jou leuenstoel te sit en nou
dinge te ooreenvoudig. Maklik om te sê hoe "gevorderd"
die kolonialiste uit Europa was, en hoe agteraf die nie-
blankes in SA. Maar die struggle het juis begin toe daar
prokureurs soos Mandela en sosiale werkers soos
sy vrou moes staan en kyk hoe hulle en hulle mede-
landgenote mishandel word deur bullebakke met minder
skool agter die rug as hulle. Dieselfde wat gebeur het
met Ghandi, 'n prokureur uit Indië wat in SA van die
trein af gegooi is. Ek kan onthou wat Miss Makhanya
vir my gesê het. Sy was 'n Zoeloe wat sosiale werk in
die VSA studeer het, en in die sestigerjare 'n
maatskaplike sentrum by Umbumbulu opgerig het
en waar ek aandklasse in Afrikaans vir sommige
van haar volwasse leerlinge wat aandklasse wou
loop, gegee het. Sy het vir my gesê. "Ek verstaan
dat die wit mense nie in die busse langs Zoeloes
met skilde wil sit en die ruik verduur van die vet
wat hulle in hulle velle ingesmeer het nie. Maar
hoekom verban hulle vir my wanneer ek die
Italiaanse opera in die stadsaal wil gaan sien. "

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107434 is 'n antwoord op boodskap #107428] Vr, 25 November 2005 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie skryf

Moes ons terug geveg het en
> nie alles weg gegee het nie

En wat laat jou dink dat "julle" enigiets gehad het
om "weg te gee." Dis waar die wortel van die
kwaad was. Hierdie arrogante koloniste oor die
jare uit Europa, wat in 'n ander groep se land
inbeweeg en stelselmatig die inheemse bevolking
uitmoor of onderdruk. Geen verskoning dat dit
ook in ander dele van die wêreld en deur ander
groepe gedoen was nie. Geen verskoning as
ander swart groepe dit aan ander swart groepe
gedoen het nie.
Daar word altyd gesê dat Smuts die
verkiesing in 1948 verloor het juis omdat sy
minister van Onderwys, Jannie Hofmeyer,
van gedagte was om diskriminasie in skole
af te skaf en beide blank en nie-blank in die
skole saam te laat leer. Dit was AFRIKANERS
wat verandering wou gehad het. Dis 'n mite
dat alle Afrikaners apartheid wou gehad het.
Dit was 'n slegte idee reg van die begin af.
En wat het dit nou bereik. Dit was stupid
Afrikaners wat SA uit die Commonwealth
uitgeskop gekry het. Dit was wyse swart
mense wat SA reg in die Commonwealth in-
geneem het as een van die eerste dade van
die nuwe regering.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107435 is 'n antwoord op boodskap #107428] Vr, 25 November 2005 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

> Moet ek saam't die Boermag of nie SAKP staan of iewers in die middel (nou)?
> Kan jy my dit nou se?

Ek sou dink dat jy as SA burger die wette moet
gehoorsaam en jou skaar by watter party jy die
beste inpas. Daar is 'n taamlike verskeidenheid
soos dit vir my lyk. Jy leef nou in 'n land waar
jy en almal om jou hulle demokratiese regte kan
uitoefen sonder om bang te wees dat jy in die
tronk gegooi sal word en dan daar voosgeslaan
word en van trappe afgegooi word en dan later
sê die polisie dit was selfmoord. Niemand vra
jou om by die SA Kommunistiese Party aan te
sluit nie. Maar sê dankie dat jy in 'n land bly
waar daar 'n SAKP is, wat nogal gereeld die
huidige regering kritiseer as hulle dink dat die
ANC nie genoeg vir die werker in die straat
doen nie.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107436 is 'n antwoord op boodskap #107428] Vr, 25 November 2005 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

Moet die NAC regering meer doen ek die blankes te
> integreer en hulle as 'n hulpbron gebruik, of net hulle geld vat en hulle
> net uitskop of hulle net agrerwee los dat hulle self opsnork?

Jy praat onsin. Die polisiewoordvoerder in SA ( of
is dit miskien net Gauteng) is Sally de Beer. Sover ek
kan uitmaak, moet sy 'n Afrikaner wees. Die ANC
minister wat belas is met die herdistribusie van land
is sover ek kan onthou 'n Afrikaanse naam. Hierdie
storie dat "blankes nie geintegreer" word nie, is 'n
verregse mite. Julle kla maar net omdat daar nie meer
maklike baantjies vir wit boeties is nie. Julle kla dat
daar nie meer werkreservering is nie. Sover ek kan
uitmaak het alle witmense wat enigsins opgelei is in
SA volop werk. Dis alleen daardie mense wat nie
ambagte ken nie, wat sonder werk sit en dan probeer
na Europa of Noord-Amerika uitwyk om daar
nagwagte of handearbeiders te gaan wees.
Jy wil hê dat 'n handjievol wit mense spesiale
bevoordeling kry in 'n land wat oor die tagtig persent
nie-blank is. Daardie dae is verby.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107479 is 'n antwoord op boodskap #107434] Di, 29 November 2005 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:POGdnfJf-8d5kBreRVn-og@rogers.com...

> En wat laat jou dink dat "julle" enigiets gehad het
> om "weg te gee." Dis waar die wortel van die
> kwaad was. Hierdie arrogante koloniste oor die
> jare uit Europa, wat in 'n ander groep se land
> inbeweeg en stelselmatig die inheemse bevolking
> uitmoor of onderdruk.

ROTFL!! Jy sal weereens beskaamd staan hoe oningelig jou stelling hierbo
is. As mens jou logika volg, moet Zulus en Xhosas noord uitwyk uit SA,
blankes terug na Europa, en SA aan die San-volk en versplinterde Nguni
groepe terug gegee word. Ons is almal "visitors", party "visit" net al
langer as ander. En waar, o wyse, trek mens die streep?

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107480 is 'n antwoord op boodskap #107436] Di, 29 November 2005 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:p9GdncoJ2J4UjBreRVn-sA@rogers.com...

> Jy praat onsin. Die polisiewoordvoerder in SA ( of
> is dit miskien net Gauteng) is Sally de Beer. Sover ek
> kan uitmaak, moet sy 'n Afrikaner wees. Die ANC
> minister wat belas is met die herdistribusie van land
> is sover ek kan onthou 'n Afrikaanse naam. Hierdie
> storie dat "blankes nie geintegreer" word nie, is 'n
> verregse mite.

Die stelling dat blankes wel geintegreer word is dalk 'n ver-linkse leuen
wat naiewe mense glo?

Hoogs gekwalifiseerde (blanke) ingenieurs moet terugstaan as tender-aanvrae
SPESIFIEK stel dat "blankes nie aansoek hoef te doen nie". Meeste van die
oorsese Afrikaners is ver geskool, maar kan of nie werk kry nie, of hulle
het geen bevorderingsmoontlikhede nie. My skoonma moan en groan so oor hoe
sy as vrou moes toekyk tydens haar jare in finansies by Rembrandt hoe wit
mans wat minder bekwaam as sy was bo haar bevorder word; dit terwyl sy hulle
touwys moes maak.

Die sad waarheid is dat die wiel gedraai het, wit mans moet nou toekyk hoe
nie-blankes wat minder bekwaam is bo hulle bevorder word; dit terwyl groep 1
vir groep 2 moet touwys maak. Dit is regtig feite, Gloudina, of dit
regverdig is of nie, is 'n gesprek vir 'n lang vervelige dag.

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107481 is 'n antwoord op boodskap #107428] Di, 29 November 2005 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ok, kan weereens nie al die opvolg posts sien nie, net Basjan s'n. Is daar
'n ander manier om hier NG te besigtig? Op die oomblik beloer ek dit van
news.mweb.co.za af met Outlook Express.

Gloudina, kan jy asb. jou antwoord direk aan my stuur asb? Stel baie belang
in die antwoord. (haal net S P A M uit my adres.

"Danie" skryf in boodskap news:dm6ih7$mgp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "@rogers.com" wrote in message
> news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...
>
>> Daar moes nooit 'n "struggle" gewees het nie
>
> Ek dink jy is 'n bietjie te streng in jou oordeel oor die vorige regerings
> en leiers. Almal van hulle het dinge gedoen omdat hulle oortuig was dat
> dit die regte vurk in die pad is. Ok, baie van daardie vurke in die pad
> het uitgedraai as slegte keuses as 'n mens terug kyk, maar was daardie
> voorsienbare uitkomste? Het die inheemse volk en die buite wereld nie jare
> lang gegil vir daardie onafhanklikheid wat nou 'n slegte idee is nie? Moes
> Smith eerder aanhou veg het totdat die probleem verdwyn het? Om te se dat
> die choas na dekades se onafhanklikheid, waar alles goed geloop het (soos
> in die geval van Zimbabwe) steeds Smith en sy voorsate se skuld is kan ek
> net nie sien nie. Hoe ver kan 'n mens dit terug voer? Was dit die
> "Industrieele era" ontmoet "yster tydperk" se gaping wat blankes
> (Portugees, Hollander, Engelse, Spanjaard) laat dink het dit is hulle reg
> as meer gevordere stam om die ander te onderdruk? Was dit die idees en
> wette van kolonialisme wat geheers het onder die engelse en grotendeels
> geerf is deur die NP en afrikaners in SA? Was dit Dingaan se skuld dat die
> Voorstrekkers nie meer die swartes vertrou het nie omdat hy hulle probeer
> uitwis het? Was dit dalk die talle oorloe in die Oos Kaap voor dit wat
> wantroue ingeboesem het aan alby kante? Of slawerny wat net voor die Groot
> Trek afgeskaf is en daardie mentaliteid wat steeds moes geheers het onder
> die Trekkers? Die instelling van slawerny eeue voor dit dan? Wanneer word
> dit dit "volgende ou" se verantwoordelikheid dat dinge skeef loop, soos
> hulle telke male doen?
>
> Hoe gaan ONS ge-(ver)oordeel word oor 100 jaar? Moes ons terug geveg het
> en nie alles weg gegee het nie? Ja of Nee in die referendum? Moes ons meer
> gedoen het om te integreer oor die laaste 11 jare en vir die volgende 89?
> Moet ek saam't die Boermag of nie SAKP staan of iewers in die middel
> (nou)? Kan jy my dit nou se? Moet die NAC regering meer doen ek die
> blankes te integreer en hulle as 'n hulpbron gebruik, of net hulle geld
> vat en hulle net uitskop of hulle net agrerwee los dat hulle self opsnork?
> Moet ek vir of teen regstellende aksie staan, wat ek glo sleg is vir almal
> op die lange duur; moet ek dit met ope arms verwelkom? Leen my 'n kristal
> bal, toe man.
>
>
>
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...

>> "Danie" skryf

>>> Was Mugabe nie die verlosser nie van mense van Zim nie?

>> Nee. Dieselfde
>> geld vir SA. As die Nasionaliste nie hulle stupid apartheid
>> ingevoer het nie, en SA ontwikkel het as 'n regte demokrasie,
>> dan was daar nie vandag die situasie dat 'n vryheidsvegters-
>> party die oorwegende mag in die hande het nie. Dis alleen
>> 'n fluke in SA dat die leiers van die vryheidsbeweging so
>> gematig is, en nie op groot skaal wraak gepleeg het om die
>> wit oorheersers nie.

>> Gloudina


>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107488 is 'n antwoord op boodskap #107479] Di, 29 November 2005 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Ons is almal "visitors", party "visit" net al
> langer as ander. En waar, o wyse, trek mens die streep?

In die middel van die twintigste eeu, o skoorsoeker, begin
jy as wit kolonis nie om wette te maak wat tagtig persent
van die bevolking van die land wil indruk in tuisland-ghettos
of wat hulle bewegings en hulle werksmoontlikhede ernstig
belemmer nie. Kan jy die res van die wêreld blameer wat
dink dat dit baie soos die Nazis klink wat minder as tien
jaar vantevore dieselfde ding aan die Jode in Duitsland
gedoen het? In die middel van die twintigste eeu, Basjan,
behoort daar geen vraag meer te gewees het oor wie
regte het in SA het en wie nie. Daar moes reg en
geregtigheid geskied het. As daar nie voor 1948 volle
integrasie was nie, moes dit in die tweede deel van die
twintigste eeu ingevoer gewees het, wie ook al aan
bewind is. Jannie Hofmeyer, 'n Afrikaner, wou dit
doen. Verwoerd, 'n eerste generasie Hollander, het
gekeer dat dit gedoen word.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107489 is 'n antwoord op boodskap #107480] Di, 29 November 2005 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan skryf

> Die sad waarheid is dat die wiel gedraai het, wit mans moet nou toekyk hoe
> nie-blankes wat minder bekwaam is bo hulle bevorder word; dit terwyl groep 1
> vir groep 2 moet touwys maak. Dit is regtig feite, Gloudina, of dit
> regverdig is of nie, is 'n gesprek vir 'n lang vervelige dag.

In 'n land wat meer as tagtig persent nie-blank is, is dit nou
eenvoudig nodig dat daar regstellende aksie plaasvind, anders
gaan daar 'n bloedige rewolusie plaasvind.
Ek glo egter persoonlik dat die gekla van die wit mans
in SA grootliks 'n regse politieke kreet is. As jy in ag neem
dat die paar miljoen blankes in SA statisties 'n baie klein
persentasie van die poste behoort te vul, en dat van daardie
paar miljoen blankes die wit vroue nou vir die eerste keer
voorkeur kry oor die mans as hulle soortgelyke opleiding
het, is dit waaroor gekla word, miniskuul.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107490 is 'n antwoord op boodskap #107481] Di, 29 November 2005 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

> Gloudina, kan jy asb. jou antwoord direk aan my stuur asb? Stel baie belang
> in die antwoord. (haal net S P A M uit my adres.

Ek hoop jy sal my vergewe, maar ek wil liewers nie
persoonlike eposte na mense op die nuusgroep stuur
nie. Probeer om jou nuusgroepleser so te kry dat
dit wel al die poste kan lees.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107491 is 'n antwoord op boodskap #107489] Di, 29 November 2005 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:moWdna9e5pWexxHeRVn-qA@rogers.com...

> Ek glo egter persoonlik dat die gekla van die wit mans
> in SA grootliks 'n regse politieke kreet is.

Kan ek die geklaag oor wit vrouens 20 jaar terug ook as 'n "politieke kreet"
bestempel? Nee, omdat ek bereid is om, anders as jy, realisties daarna te
kyk. Net so is die huidige "konundrum vir wit mans" veel meer daadwerklik
as wat linkse aktiviste wil toegee. Ek praat nie van onbekwame persone nie,
maar juis van die groep wat afgedank of nie-bervorderd bly "omdat hulle wit
is". Die ou gesegde "fighting evil with evil" kom by my op...

> As jy in ag neem
> dat die paar miljoen blankes in SA statisties 'n baie klein
> persentasie van die poste behoort te vul,

Jou statistiese bullebak! Statisties behoort basketbalspanne slegs ongeveer
15% swart spelers te bevat. Maar ons lewe nie in Statistirama nie, maar die
werklikheid. Realisties gesproke behoort poste gevul te word met die
bekwaamste persoon om so 'n pos ekonomies en produktief te behou. En ek
dink dat ons regering juis op hierdie aspek die pot missit - nou "werk"
dinge nog ooglopend, maar onbekwaamheid kom gewoonlik op die lange duur 'n
groep duur te staan. "Ooglopendheid" sit maar vlak.

> en dat van daardie
> paar miljoen blankes die wit vroue nou vir die eerste keer
> voorkeur kry oor die mans as hulle soortgelyke opleiding
> het, is dit waaroor gekla word, miniskuul.

Oor 'n groep van 40 miljoen, miskien, maar vir 'n gesin, ou Gloudina, is dit
geweldig.

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107492 is 'n antwoord op boodskap #107488] Di, 29 November 2005 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:H5udnWmlA4VByhHenZ2dnUVZ_sydnZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ons is almal "visitors", party "visit" net al
>> langer as ander. En waar, o wyse, trek mens die streep?
>
> In die middel van die twintigste eeu, o skoorsoeker, begin
> jy as wit kolonis nie om wette te maak wat tagtig persent
> van die bevolking van die land wil indruk in tuisland-ghettos
> of wat hulle bewegings en hulle werksmoontlikhede ernstig
> belemmer nie. Kan jy die res van die wêreld blameer wat
> dink dat dit baie soos die Nazis klink wat minder as tien
> jaar vantevore dieselfde ding aan die Jode in Duitsland
> gedoen het? In die middel van die twintigste eeu, Basjan,
> behoort daar geen vraag meer te gewees het oor wie
> regte het in SA het en wie nie. Daar moes reg en
> geregtigheid geskied het. As daar nie voor 1948 volle
> integrasie was nie, moes dit in die tweede deel van die
> twintigste eeu ingevoer gewees het, wie ook al aan
> bewind is. Jannie Hofmeyer, 'n Afrikaner, wou dit
> doen. Verwoerd, 'n eerste generasie Hollander, het
> gekeer dat dit gedoen word.

O groot ontwyker-van-reguit-vrae, die gesprek gaan nie oor die rights en
wrongs van apartheid nie, maar oor die seggenskap van enige groep op 'n
gebied/land. En jou antwoord wys op jou bitterheid en volslae onvermoë om
saam te praat. Ek sê weer, ons is almal besoekers, party is net 'n bietjie
langer by die partytjie. Wie moet waai? Jou situasie in Kanada kom by my
op, as verskriklike onlangse besoeker, vanuit 'n ander land, wat nooit sal
hoort.

Wees welkom!

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107495 is 'n antwoord op boodskap #107492] Di, 29 November 2005 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

die gesprek gaan nie oor die rights en
> wrongs van apartheid nie, maar oor die seggenskap van enige groep op 'n
> gebied/land.

Ek weier om oor "seggenskap" te praat. Die mense wat in
1948 in SA was, wie of wat hulle kleur, was almal Suid-
Afrikaanse burgers. Hulle het almal seggenskap gehad.
Hulle het almal nou seggenskap. En in 'n land waar tagtig
persent of meer van die inwoners diskriminasie moes
ondergaan vir veertig jaar weens hulle "kleur," is dit nou
nodig om daardie onbalans reg te stel.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107496 is 'n antwoord op boodskap #107492] Di, 29 November 2005 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Ek sê weer, ons is almal besoekers, party is net 'n bietjie
> langer by die partytjie. Wie moet waai? Jou situasie in Kanada kom by my
> op, as verskriklike onlangse besoeker, vanuit 'n ander land, wat nooit sal
> hoort.

Jy probeer alweer politiek praat van "wie het regte" en wie
het nie regte nie. Sodra ek aangeneem is as Kanadese burger
het ek regte gehad, alhoewel daar in Kanada baie whiteys
is wie se argumente is dat as hulle voorvaders 'n honderd
jaar vantevore uit Engeland of Ierland gekom het, hulle nou
skielik meer in Kanada "behoort" as ek. Dan kan mens vir
hulle dadelik sê dan het die Franse Akadiërs van die
Kanadese Maritimes baie meer regte as hulle in Kanada.
Die situasie in Kanada is baie kompleks. Daar is
die situasie dat die Eerste Nasies wat "status" het, daarop
staan dat hulle vry moet wees van belasting in hulle gebiede
en ook op dinge soos vrye behuising geregtig is. In die
afgelope paar dae was daar weer 'n groot konferensie
van premiers en die federale regering en die leiers van
die Eerste Nasies, en daar word ook nou gevra dat
lede van Eerste Nasies "status" moet kry, selfs al bly
hulle buite die "tuislande."

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107497 is 'n antwoord op boodskap #107491] Di, 29 November 2005 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Kan ek die geklaag oor wit vrouens 20 jaar terug ook as 'n "politieke kreet"
> bestempel? Nee, omdat ek bereid is om, anders as jy, realisties daarna te
> kyk.

Hoekom juig jy nie nou oor die wit vroue wat in posisies
van mag in die nuwe bedeling is nie. Hoekom bly jy so
stil daaroor? Weet jy, toe ek in Bantoe-Onderwys
begin skoolhou het, het ek 'n kleiner salaris gekry net
omdat ek 'n vrou was. Maar my salaris was groter
as die van 'n swart man, wat op 'n ander salarisskaal
betaal was as die wit personeel. Ek was altyd so
kwaad dat die wit oujongkerel ( heelwaarskynlik
gay) wat saam met my skoolgehou het, en wat net
soos ek 'n volkswagen gekoop het, meer geld in
sy sak gehad het om die kar af te betaal. Natuurlik
het ek ook meer geld gehad as die swart onderwyser,
wat ook graag 'n kar wou koop, maar dit nie kon
bekostig nie.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107498 is 'n antwoord op boodskap #107489] Di, 29 November 2005 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:moWdna9e5pWexxHeRVn-qA@rogers.com...
>
> In 'n land wat meer as tagtig persent nie-blank is, is dit nou
> eenvoudig nodig dat daar regstellende aksie plaasvind, anders
> gaan daar 'n bloedige rewolusie plaasvind.
> Ek glo egter persoonlik dat die gekla van die wit mans
> in SA grootliks 'n regse politieke kreet is.
------Ek het 'n proffie gehad in ouditkunde wat vir ons aan die begin van
die jaar die eerste taak gegee het. Iets soos: Wat is jou opinie van die
noodsaaklikheid van die ouditeur vir die besigheidswêreld. Ek het rugby
gaan oefen en skoon van die taak vergeet. toe ek by die klas kom, toe
herinner die manne my van die taak en ek skryf vinnig so 'n kwart bladsy
[gorrel eerder]. Die volgende klas, toe deel hy die take uit en toe hy
myne vir my wil gee, toe vra hy vir my wat dink ek is my taak werd? 5%,
10%, 20%? Ek sê toe vir hom heelwat meer. Hy vra toe hoekom? Ek sê toe
vir hom dat hy het my opinie gevra en wat hy daar het is my opinie. dis
toe dat die ou so effe bleek word van moerigheid en vir my sê dat elke mens
'n opinie het, maar dat die meer opgevoede mens die wysheid het om te besef
dat jy nie 'n opinie kan vorm van iets waarvan jy nie werklike kennis het
nie. Dis jou plig om ander mense se opinies te bestudeer en dan eers jou
eie opinie op grond van die inligting te vorm. Hy't my 'n ronde nul gegee
en dit het my die res van die jaar gekos om die negatiewe effek af te werk.
Nou my antie, jy spoel bek uit op hoorsê. Laat ek vir jou vertel van
ons dorp waar uit die afgelope klompie jare se blanke matriekseuns, nog net
'n enkele op die dorp en in die land is en ook hy was op 'n kol vir langer
as 'n jaar in Engeland. Dis maklik om te sê dat daar wel werk is, maar
daarmee saam moet jy weet dat weens regstellende aksie is daar 'n plafon op
die vlak toe waartoe die blanke kind kan vorder want net swart mense word op
bestuursvlak toegelaat.
Jy sal nou vir my sê dat die situasie nou net omgedraai is ivm die ou
apartheidsjare en dat die situasie nou net die swart mense bevoordeel. Die
meerderheid seevier? Jy's reg, wat dit aanbetref, maar wen julle werklik?
Ek sien amper weekliks mense wat werk soek en as ek jou vertel dat ek swart
jong mense met matriek sien wat nie eers behoorlik kan skryf en spel nie,
sal jy my glo? Dis die waarheid. Dit het absoluut niks met ras te doene
nie en ook nie met die individu se verstandelike vermoëns nie. Onbevoegde
mense is in beheer van die land en dit syfer deur die nate tot op die
laagste vlak. Dis die realiteit!

As jy in ag neem
> dat die paar miljoen blankes in SA statisties 'n baie klein
> persentasie van die poste behoort te vul, en dat van daardie
> paar miljoen blankes die wit vroue nou vir die eerste keer
> voorkeur kry oor die mans as hulle soortgelyke opleiding
> het, is dit waaroor gekla word, miniskuul.

-----Tipies van jou tipe van redenasie! Dis nie 'n syfer-kompetisie nie.
As jy verantwoordelik is en jy het 'n pos wat gevul moet word, dan moet jy
dit met die beste persoon moontlik doen, of dit nou manlik, vroulik, swart
of wit is. In die privaatsektor is dit nog moeiliker, want die vrou het
gewoonlike huislike omstandighede wat haar minder geskik vir veral
bestuursposte maak, selfs al is sy beter gekwalifiseer.
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107499 is 'n antwoord op boodskap #107481] Di, 29 November 2005 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is op dieselfde trein as jy en ek kan alles sien,maar ek het ook die tipe
van probleem gehad. Uiteindelik het ek met my isp gesels [mweb] en hulle
het die probleem probeer vasstel en uiteindelik besluit dat hulle nie genoeg
bandwydte op die server het vir nuusgroepe nie. Hulle het dit reggemaak en
alles is nou reg. Hoop dit help!

"Danie" skryf in boodskap news:dmh4vf$qb9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ok, kan weereens nie al die opvolg posts sien nie, net Basjan s'n. Is daar
> 'n ander manier om hier NG te besigtig? Op die oomblik beloer ek dit van
> news.mweb.co.za af met Outlook Express.
>
> Gloudina, kan jy asb. jou antwoord direk aan my stuur asb? Stel baie
> belang in die antwoord. (haal net S P A M uit my adres.
>
>
> "Danie" wrote in message
> news:dm6ih7$mgp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...

>>> Daar moes nooit 'n "struggle" gewees het nie

>> Ek dink jy is 'n bietjie te streng in jou oordeel oor die vorige
>> regerings en leiers. Almal van hulle het dinge gedoen omdat hulle oortuig
>> was dat dit die regte vurk in die pad is. Ok, baie van daardie vurke in
>> die pad het uitgedraai as slegte keuses as 'n mens terug kyk, maar was
>> daardie voorsienbare uitkomste? Het die inheemse volk en die buite wereld
>> nie jare lang gegil vir daardie onafhanklikheid wat nou 'n slegte idee is
>> nie? Moes Smith eerder aanhou veg het totdat die probleem verdwyn het? Om
>> te se dat die choas na dekades se onafhanklikheid, waar alles goed geloop
>> het (soos in die geval van Zimbabwe) steeds Smith en sy voorsate se skuld
>> is kan ek net nie sien nie. Hoe ver kan 'n mens dit terug voer? Was dit
>> die "Industrieele era" ontmoet "yster tydperk" se gaping wat blankes
>> (Portugees, Hollander, Engelse, Spanjaard) laat dink het dit is hulle reg
>> as meer gevordere stam om die ander te onderdruk? Was dit die idees en
>> wette van kolonialisme wat geheers het onder die engelse en grotendeels
>> geerf is deur die NP en afrikaners in SA? Was dit Dingaan se skuld dat
>> die Voorstrekkers nie meer die swartes vertrou het nie omdat hy hulle
>> probeer uitwis het? Was dit dalk die talle oorloe in die Oos Kaap voor
>> dit wat wantroue ingeboesem het aan alby kante? Of slawerny wat net voor
>> die Groot Trek afgeskaf is en daardie mentaliteid wat steeds moes geheers
>> het onder die Trekkers? Die instelling van slawerny eeue voor dit dan?
>> Wanneer word dit dit "volgende ou" se verantwoordelikheid dat dinge skeef
>> loop, soos hulle telke male doen?

>> Hoe gaan ONS ge-(ver)oordeel word oor 100 jaar? Moes ons terug geveg het
>> en nie alles weg gegee het nie? Ja of Nee in die referendum? Moes ons
>> meer gedoen het om te integreer oor die laaste 11 jare en vir die
>> volgende 89? Moet ek saam't die Boermag of nie SAKP staan of iewers in
>> die middel (nou)? Kan jy my dit nou se? Moet die NAC regering meer doen
>> ek die blankes te integreer en hulle as 'n hulpbron gebruik, of net hulle
>> geld vat en hulle net uitskop of hulle net agrerwee los dat hulle self
>> opsnork? Moet ek vir of teen regstellende aksie staan, wat ek glo sleg is
>> vir almal op die lange duur; moet ek dit met ope arms verwelkom? Leen my
>> 'n kristal bal, toe man.





>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:kJmdnQQOh8VHIxjenZ2dnUVZ_vmdnZ2d@rogers.com...
>
>>> "Danie" skryf
>
>>>> Was Mugabe nie die verlosser nie van mense van Zim nie?
>
>>> Nee. Dieselfde
>>> geld vir SA. As die Nasionaliste nie hulle stupid apartheid
>>> ingevoer het nie, en SA ontwikkel het as 'n regte demokrasie,
>>> dan was daar nie vandag die situasie dat 'n vryheidsvegters-
>>> party die oorwegende mag in die hande het nie. Dis alleen
>>> 'n fluke in SA dat die leiers van die vryheidsbeweging so
>>> gematig is, en nie op groot skaal wraak gepleeg het om die
>>> wit oorheersers nie.
>
>>> Gloudina
>
>


>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107502 is 'n antwoord op boodskap #107488] Wo, 30 November 2005 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
As jy in ag neem dat meer as 50% van ons bevolking onder die ouderdom van 16
was met 1994 verkiesing, en dat die blanke bevolking van die jare sestig af
aant kwyn is , trek jou syfers 'n bietjie skeef. Ek weet nie wat die
statistiek in 48 was nie, maar dit was nie naby 80% nie.

Dit is egter skaars die punt.

My oorspronklike vraag was gewees:
"Wanneer word dit dit "volgende ou" se verantwoordelikheid dat dinge skeef
loop?" MAW Waarom is Zim nie Mugabe se verantwoordelikheid of skuld nie?

Danie

"@rogers.com" skryf in boodskap news:H5udnWmlA4VByhHenZ2dnUVZ_sydnZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ons is almal "visitors", party "visit" net al
>> langer as ander. En waar, o wyse, trek mens die streep?
>
> In die middel van die twintigste eeu, o skoorsoeker, begin
> jy as wit kolonis nie om wette te maak wat tagtig persent
> van die bevolking van die land wil indruk in tuisland-ghettos
> of wat hulle bewegings en hulle werksmoontlikhede ernstig
> belemmer nie. Kan jy die res van die wêreld blameer wat
> dink dat dit baie soos die Nazis klink wat minder as tien
> jaar vantevore dieselfde ding aan die Jode in Duitsland
> gedoen het? In die middel van die twintigste eeu, Basjan,
> behoort daar geen vraag meer te gewees het oor wie
> regte het in SA het en wie nie. Daar moes reg en
> geregtigheid geskied het. As daar nie voor 1948 volle
> integrasie was nie, moes dit in die tweede deel van die
> twintigste eeu ingevoer gewees het, wie ook al aan
> bewind is. Jannie Hofmeyer, 'n Afrikaner, wou dit
> doen. Verwoerd, 'n eerste generasie Hollander, het
> gekeer dat dit gedoen word.
>
> Gloudina
>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107504 is 'n antwoord op boodskap #107490] Wo, 30 November 2005 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek verstaan. Sou ook nie wou. Kan jy dalk weer post as antwoord hierop?
Danie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:T-OdnYoq3-p4xxHenZ2dnUVZ_vudnZ2d@rogers.com...
>
> "Danie" skryf
>
>> Gloudina, kan jy asb. jou antwoord direk aan my stuur asb? Stel baie
> belang
>> in die antwoord. (haal net S P A M uit my adres.
>
> Ek hoop jy sal my vergewe, maar ek wil liewers nie
> persoonlike eposte na mense op die nuusgroep stuur
> nie. Probeer om jou nuusgroepleser so te kry dat
> dit wel al die poste kan lees.
>
> Gloudina
>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107507 is 'n antwoord op boodskap #107502] Wo, 30 November 2005 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Fantastiese vraag.

So jammer dat jy nie sommer 'n antwoord daarop sal kry nie. Dit is heeltemal
te lekker om die kak wat jy aanvang te blameer op apartheid, veral as die
massa ondersteuners se logika van so aard is om jou nog boonop te glo ook.

"Danie" skryf in boodskap news:dmjhej$jul$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> "Wanneer word dit dit "volgende ou" se verantwoordelikheid dat dinge skeef >loop?" MAW Waarom is Zim nie Mugabe se verantwoordelikheid of skuld nie?
>
> Danie
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107508 is 'n antwoord op boodskap #107502] Wo, 30 November 2005 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek weet iemand gaan vra:
"South Africa's population grew from 40.5 to 44.8-million people between
1996 and 2001"
http://www.southafrica.info/ess_info/sa_glance/demographics/ census-main.htm
(Dis nou 4.3mil of 10% groei in 5 jaar)

en
Stats SA
http://www.statssa.gov.za/publications/publicationsearch.asp ?PN=j427f0f4h064i4n&PM=&PY=&PS=1
(Die PDF daaronder is die 1996 sensus)

"Danie" skryf in boodskap news:dmjhej$jul$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> As jy in ag neem dat meer as 50% van ons bevolking onder die ouderdom van
> 16 was met 1994 verkiesing, en dat die blanke bevolking van die jare
> sestig af aant kwyn is , trek jou syfers 'n bietjie skeef. Ek weet nie wat
> die statistiek in 48 was nie, maar dit was nie naby 80% nie.
>
> Dit is egter skaars die punt.
>
> My oorspronklike vraag was gewees:
> "Wanneer word dit dit "volgende ou" se verantwoordelikheid dat dinge skeef
> loop?" MAW Waarom is Zim nie Mugabe se verantwoordelikheid of skuld nie?
>
> Danie
>
>
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:H5udnWmlA4VByhHenZ2dnUVZ_sydnZ2d@rogers.com...

>> "Basjan" skryf

>> Ons is almal "visitors", party "visit" net al
>>> langer as ander. En waar, o wyse, trek mens die streep?

>> In die middel van die twintigste eeu, o skoorsoeker, begin
>> jy as wit kolonis nie om wette te maak wat tagtig persent
>> van die bevolking van die land wil indruk in tuisland-ghettos
>> of wat hulle bewegings en hulle werksmoontlikhede ernstig
>> belemmer nie. Kan jy die res van die wêreld blameer wat
>> dink dat dit baie soos die Nazis klink wat minder as tien
>> jaar vantevore dieselfde ding aan die Jode in Duitsland
>> gedoen het? In die middel van die twintigste eeu, Basjan,
>> behoort daar geen vraag meer te gewees het oor wie
>> regte het in SA het en wie nie. Daar moes reg en
>> geregtigheid geskied het. As daar nie voor 1948 volle
>> integrasie was nie, moes dit in die tweede deel van die
>> twintigste eeu ingevoer gewees het, wie ook al aan
>> bewind is. Jannie Hofmeyer, 'n Afrikaner, wou dit
>> doen. Verwoerd, 'n eerste generasie Hollander, het
>> gekeer dat dit gedoen word.

>> Gloudina


>
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107509 is 'n antwoord op boodskap #107495] Wo, 30 November 2005 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LNudnR4wxKbD5xHenZ2dnUVZ_t2dnZ2d@rogers.com...

> Ek weier om oor "seggenskap" te praat. Die mense wat in
> 1948 in SA was, wie of wat hulle kleur, was almal Suid-
> Afrikaanse burgers. Hulle het almal seggenskap gehad.
> Hulle het almal nou seggenskap. En in 'n land waar tagtig
> persent of meer van die inwoners diskriminasie moes
> ondergaan vir veertig jaar weens hulle "kleur," is dit nou
> nodig om daardie onbalans reg te stel.

Al wat ek dan van jou vra, is dat jy konsekwent bly en dus nie belaglike
stellinge soos (ek haal jou aan): "Hierdie arrogante koloniste oor die
jare uit Europa, wat in 'n ander groep se land inbeweeg" vermeng met jou
stelling hierbo nie. Jy maak intellegente gesprekke moeilik op die manier.

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107510 is 'n antwoord op boodskap #107496] Wo, 30 November 2005 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:pJ-dnY90zpdP4RHeRVn-tw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek sê weer, ons is almal besoekers, party is net 'n bietjie
>> langer by die partytjie. Wie moet waai? Jou situasie in Kanada kom by
>> my
>> op, as verskriklike onlangse besoeker, vanuit 'n ander land, wat nooit
>> sal
>> hoort.
>
> Jy probeer alweer politiek praat van "wie het regte" en wie
> het nie regte nie. Sodra ek aangeneem is as Kanadese burger
> het ek regte gehad, alhoewel daar in Kanada baie whiteys
> is wie se argumente is dat as hulle voorvaders 'n honderd
> jaar vantevore uit Engeland of Ierland gekom het, hulle nou
> skielik meer in Kanada "behoort" as ek. Dan kan mens vir
> hulle dadelik sê dan het die Franse Akadiërs van die
> Kanadese Maritimes baie meer regte as hulle in Kanada.

My punt PRESIES. Ek word nou as Afrikaner as 'n "uit"-boorling beskou omdat
ek na (nadat) van die SA groepe in SA aangekom het. Maar ek het presies die
regte van enige ander SA-kaner, en moet dus 'n gelyke reg op ALLE
moontlikhede in SA kan geniet. Dit is ongelukkig nie so nie. Ek dink party
jongmense kan selfs sover gaan deur te voel dat al het hulle van apartheid
se voorregte geniet, het hulle nie apartheid as minderjariges onderhou nie.
Hoekom moet hulle nou skade ly oor "wie hulle is en waar hulle vandaan kom"?
Net sodat boos met boos beveg kan word?

Jou situasie kan dien as voorbeeld: Jy is en wil geregtig wees op alles
Kanadese regte/voorregte, maar jy word as non-native beskou. Het hulle
(Kanada) dus reg om jou of jou man se aanstelling te belemmer ten bate van
'n "traditionele" Kanadees. I don't belive so...

(En terloops, dit is juis hier waar Amerika nogal goed doen - ons is in 6
jaar nooit in die area waar ons gebly het gevoel soos buitestaanders nie:
dieselfde mediese sorg, dieselfde regte/voorregte en dieselfde salarisse.
Ons het wel eers na 5 jaar "normale" belasting terugbetalings begin kry, wat
natuurlik logies is as jy deel van 'n transient populasie is).

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107511 is 'n antwoord op boodskap #107497] Wo, 30 November 2005 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Fq-dnTqbMPo_4xHenZ2dnUVZ_tmdnZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Kan ek die geklaag oor wit vrouens 20 jaar terug ook as 'n "politieke
> kreet"
>> bestempel? Nee, omdat ek bereid is om, anders as jy, realisties daarna
>> te
>> kyk.
>
> Hoekom juig jy nie nou oor die wit vroue wat in posisies
> van mag in die nuwe bedeling is nie. Hoekom bly jy so
> stil daaroor?

Wat doen hierbo en in 'n vorige pos- ek is bly daaroor! Kom by. Ek stel
juis dat dit verkeerd was en nou goed was, maar ek is jammer dat die
onlogiese (weereens) seevier, m.a.w. dat mense nie aangestel word op vermoë
en meriete nie, maar op velkleur en status. Genuine sad.

> Ek was altyd so
> kwaad dat die wit oujongkerel ( heelwaarskynlik
> gay) wat saam met my skoolgehou het, en wat net
> soos ek 'n volkswagen gekoop het, meer geld in
> sy sak gehad het om die kar af te betaal. Natuurlik
> het ek ook meer geld gehad as die swart onderwyser,
> wat ook graag 'n kar wou koop, maar dit nie kon
> bekostig nie.

Ek kan maar net glo dat jy iets daaraan gedoen het? Miskien gekla het by
die owerhede? Miskien van jou salaris aan die swartman afgestaan het om die
verskil op te maak? Of het jy maar net altyd "kwaad gebly", terwyl ander
oor die die vingers tik oor hul apatiese houding t.o.v. apartheid?

Sadness abounds...

Basjan
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107514 is 'n antwoord op boodskap #107510] Wo, 30 November 2005 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Jou situasie kan dien as voorbeeld: Jy is en wil geregtig wees op alles
> Kanadese regte/voorregte, maar jy word as non-native beskou. Het hulle
> (Kanada) dus reg om jou of jou man se aanstelling te belemmer ten bate van
> 'n "traditionele" Kanadees. I don't belive so...

Jy praat bog. Sodra ons Kanadese burgers geword het,
(wat mens nou na drie jaar domisiel kan kry) kompeteer
jy vir enige pos op dieselfde voetstuk met alle ander
Kanadese burgers. Daar is nie soiets soos 'n tradisionele
Kanadees nie.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107515 is 'n antwoord op boodskap #107502] Wo, 30 November 2005 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

MAW Waarom is Zim nie Mugabe se verantwoordelikheid of skuld nie?

Natuurlik is Zimbabwe Mugabe se verantwoordelikheid.
Net soos die situasie in SA gedurende die apartheidsdae
die verantwoordelikheid was van die Nasionale Party
en die mense wat vir hulle gestem het, en in 'n sekere
opsig ook die verantwoordelikheid van die swartes
wat moes objekteer het oor hierdie behandeling.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107516 is 'n antwoord op boodskap #107511] Wo, 30 November 2005 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek kan maar net glo dat jy iets daaraan gedoen het? Miskien gekla het by
> die owerhede? Miskien van jou salaris aan die swartman afgestaan het om die
> verskil op te maak? Of het jy maar net altyd "kwaad gebly", terwyl ander
> oor die die vingers tik oor hul apatiese houding t.o.v. apartheid?

So nou sit jy, wit mannetjie, vir my en sê wat ek moes gedoen
het gedurende apartheid. Sulke arrogantheid. Hoekom vertel jy
nie vir my wat jou pa en ma en ooms en tannies gedoen het
aan die situasie gedurende die apartheidsdae nie. Jy kan verseker
wees dat ek, wat geweier het om in wit skole skool te hou onder
die duiwelsregime, en wat later met my voete gestem en die land
verlaat het, alles in my vermoë gedoen het as private persoon
om mense om my te help. Ek het net vir die NG dominee wat by my
kom kollekteer het, gesê dat ek nie vir hom en sy kerkboufonds
enige geld het nie. Hy sal moet bewys dat hy dit vir sendingwerk
gebruik.

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107517 is 'n antwoord op boodskap #107504] Wo, 30 November 2005 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danie" skryf

> Ek verstaan. Sou ook nie wou. Kan jy dalk weer post as antwoord hierop?

OK. Het jy hierdie een gekry?

Gloudina
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107519 is 'n antwoord op boodskap #107511] Wo, 30 November 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:dmjva8$jci$1@solaris.cc.vt.edu...
> Ek kan maar net glo dat jy iets daaraan gedoen het? Miskien gekla het by
> die owerhede? Miskien van jou salaris aan die swartman afgestaan het om
> die verskil op te maak? Of het jy maar net altyd "kwaad gebly", terwyl
> ander oor die die vingers tik oor hul apatiese houding t.o.v. apartheid?
------Basjan, jy moet darem nou nie vir die anti toedeel met regverdigheid
nie! Haar tipe het die bek vol teen alles wat volgens haar rassis is en
dan is sy self een van die mees uitgeproke rassiste! Ons ken hierdie
storie darem mos al jare. Vra jy hierdie tipe mens om iets van sy
persoonlike self prys te gee vir sy gesproke doel, dan verdwyn hulle soos 'n
stink poep!
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107520 is 'n antwoord op boodskap #107479] Wo, 30 November 2005 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Nee Basjan met haar gatkant stellings sou die europeane europa moet
terug gee aan die Neanderthals - hulle was immers daar voor die homo
sapiens...
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107521 is 'n antwoord op boodskap #107489] Wo, 30 November 2005 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Dis seker hoekom hulle nou mense van indie gaan invoer? Regstellende
aksie... sure drink maar nog a dop.
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107522 is 'n antwoord op boodskap #107495] Wo, 30 November 2005 16:15 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink mense ouer as 40 moet maar liewer stil bly oor politiek. Julle
het ons (jong mense) se toekoms al genoeg opgefok deur julle onkunde.

Dit is nou tyd vir die nuwe generasie om julle kak reg te maak. Ons
sal dit liewer sonder jou geneul oor die verlede (waarin jy 'n hand
gehad het). Dit die ding van jongwees - ons kyk liewer na die toekoms.
Vorige onderwerp: Skaars Petrol
Volgende onderwerp: Re: School tries to keep Afrikaans-only status
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:40:56 MGT 2024