Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner:Boerehater Mokaba in voorste gestoeltes
Die Afrikaner:Boerehater Mokaba in voorste gestoeltes [boodskap #6925] Vr, 02 Augustus 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van die Afrikaner is nou beskikbaar hy

http://www.hnp.org.za

************************************************************ *

Boerehater Mokaba in voorste gestoeltes

DIE ontslag van Bantu Holomisa as adjunk-minister van
Omgewingsake en Toerisme, en sy vervanging deur Peter ("Kill a
farmer, kill a Boer") Mokaba, is nie net 'n fyn slenter van die
kant van Nelson Mandela nie, maar ook 'n direkte hou na die
populiste om hulle te verdeel. Beide Holomisa as Mokaba is lede
van die populiste-groep, en Mandela hoop om sodoende 'n wig
tussen hulle in te dryf. Daarbenewens wys die aanstelling van
nog 'n radikale daarop dat ten spyte van Mandela se sogenaamde
gematigheid, hy die regime al meer volprop van haters van die
Blankes.
Die ontslag van Holomisa sonder om redes vir sy stap aan te
voer, het egter vurige kole op Mandela se hoof gehaal. Daar word
algemeen aanvaar dat hy ontslaan is omdat hy Stella Sigcau voor
die Tutu-kommissie daarvan beskuldig het dat sy korrupsiegeld
ontvang het vir die reg om dobbelhuise in die Transkei op te rig.
Daarom het dr. Alex Boraine, die ondervoorsitter van die Tutu-
kommissie, die regime erg verkwalik dat hulle die kommissie nou
gediskrediteer het deur iemand wat voor hulle getuig het, uit sy
pos te ontslaan. Hulle vrees dat dit mense sal inhibeer om voor
die kommissie te getuig. Inderdaad is dit 'n verskriklike
sensitiewe element, aangesien die Tutu-kommissie met sy boodskap
van vrede en versoening 'n direkte doelstelling van die ANC-
regime is.
Andersyds word die ontslag van Holomisa daaraan toegeskryf dat
hy hom nie wou neerlˆ by die dissiplinˆre struktuur van die ANC
nie.
Intussen is Holomisa reeds voor 'n ANC-dissiplinˆre komitee
onder voorsitterskap van Kadar Asmal gedaag om sy getuienis voor
die Tutu-kommissie te verduidelik, asook sy uitdagende houding
teenor die leiers van die party, waaronder Nelson Mandela en
Thabo Mbeki.
Een van die insiggewendste gebeure in die sage is die feit dat,
nadat dit ter sprake gekom het dat Mokaba bevorder sou word ten
koste van Holomisa, Winnie Mandela hom gebel het en hom afgeraai
het om die pos te aanvaar, aangesien dit die doel van die regime
was om die populiste te verdeel. Die populiste bestaan uit
Winnie, Mokaba, Holomisa en Tony Yengeni. Dit is opmerklik dat
hierdie mense tydens die verkiesing van die ANC se Nasionale
Uitvoerende Komitee die meeste stemme van die afgevaardigdes
getrek het. Holomisa het heel bo-aan die lys ge‰indig, met
Mokaba derde en Winnie vyfde. Yengeni was ook onder die eerste
tien.
Winnie is 'n ruk gelede ontslaan as adjunk-minister, en nou
volg Holomisa in haar spore. Inderdaad beteken dit dat hulle 'n
magsblok kan vorm buite die amptelike strukture. Die feit dat
Mokaba egter bereid was om 'n pos binne die struktuur te aanvaar,
beteken noodwendig dat daar 'n mate van verwydering intree.
Peter Mokaba het in die aanloop tot die 1994-verkiesing as 'n
erg omstrede leier van die ANC se jeugvleuel na vore getree met
sy slagspreuk "Kill a farmer, kill a Boer!" Hy was by talle
omstrede sake betrokke, soos die geval waar hy en twee Blankes
op die Jan Smuts Lughawepad op mekaar geskiet en teen mekaar sake
aanhangig gemaak het. By die Polisiestasie het hy by verdere
ongure insidente betrokke geraak. Op die ou end het Mokaba
skotvry anderkant uitgestap, en is die polisieman skuldig bevind.
Daarna was hy as voorsitter van die Toeristeburo sterk in die
gedrang omdat hy vir nie minder as drie salarisse gelyktydig
gekwalifiseer het nie. In die geval van die toeristeraad het hy
aan homself 'n salaris toegeken wat groter was as sy parlementˆre
salaris. Hierdie soustreinryery van hom word tans ondersoek.
Daar is ook ander feite wat al meer vir Mokaba in 'n ander lig
stel. Gavin Edwards beweer in die tydskrif, Leadership dat
Mokaba terwyl hy nog leier van die ANC-Jeugliga was, erken het
dat hy vir die veiligheidspolisie werk!
Sedert Winnie afgedank is, is daar nog bittermin van haar
gehoor. Holomisa kan nou meer aktief by haar en haar planne
inskakel. Hy het reeds te kenne gegee at hy nie gaan stilsit
nie. Daar is ook sprake daarvan dat Yengeni kan inskuif in die
vakante leierskap van die Wes-Kaap.
Mandela se plan kan dus wees om die radikale aktiviste en
populiste te verdeel, maar hulle kan hergroepeer, selfs sonder
Mokaba, en met die meer radikale uitsprake van Sam Shilowa en
Cosatu, 'n selfs nog skerper verdelende rol in die ANC speel as
vantevore.
Vorige onderwerp: Afrikaners is te suurgat
Volgende onderwerp: Re: B-B-Q
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:29:57 MGT 2024