LOUIS LEIPOLDT (1880 - 1947) [boodskap #6611] |
Wo, 19 Junie 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Louis Leipoldt is ongetwyfeld een van die grootste digters
in Afrikaans. Ons glimlag as ons aan Leipoldt dink: hy is die
digter wat praat oor “somer en son en saffier,” wat ons ver-
tel van die Hantam deur te praat van “waboom-blare, ghnarra-
bosblare.” Hy is die digter wat vir ons “Op My Ou Ramkietjie”
gegee het, en verklaar:
As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
In my skik.
Maar as ‘n mens sy langer gedigte weer deurlees, kom jy onder die
indruk van hoe ‘n donker ondertoon daar in ‘n hele klomp van sy
gedigte is. Hy kan vertel van iemand in ‘n “wêreld orals grys”
Soos ‘n man wat moeg gebuk loop, sy hart deur haat versteen,
Met sy liefde lank verwaarloos, alleen, alleen, alleen!
Hy was ‘n man van diep persoonlike passie, wat kan praat van
‘n geliefde wat dood is in “Die Aakligste”:
Dit is die bitterste dat ek geen hand
Kan uitstrek, hulpvol, meelyend in my smart;
Geen steun kan gee, hoe hard en swaar die stryd;
En dat daar swerwe in die Dodeland,
Verlate, wat ek liefhet in my hart!
Leipoldt was ook kroniekskrywer van die Afrikaner. Hy laat
vir “Martha van die Markplein-hoek” die storie vertel van Van
Noodt, ‘n greep geskiedenis van die westelike Kaap. In “Oom
Gert vertel” beskryf hy die periode van die Boere-oorlog van
die standpunt van die Kaaplanders wat by die Boere-kommandos
aangesluit het en hoe van hulle aan die galg moes sterf weens
hulle hoogverraad. Hy skryf “In die Konsentrasiekamp” en ‘n
vreeslik bitter “Vrede-aand.” Hier volg twee van sy korter
gedigte, met dieselfde donker ondertoon. Stilisties kan hierdie
gedigte vergelyk met die beste van Opperman se gedigte.
Sekretarisvoel
Sekretarisvoel met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?
Sekretarisvoel met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oe, wat maak jy hier?
Die Koperkapel
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
“Dit het gereen, die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark se : “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis gladnie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.
Leipoldt (1880-1947) is gebore op Worcester. Was oorlogs-
korrespondent vir die “Manchester Guardian” gedurende die
Anglo-Boereoorlog. Was die mediese dokter vir Generaal Botha
in die Eerste Wereld-oorlog.
Gloudina Bouwer
|
|
|