Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Booner: Gebed en Oorlog
Booner: Gebed en Oorlog [boodskap #100758] Wo, 22 Desember 2004 07:28 na volgende boodskap
Jack[2]  is tans af-lyn  Jack[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Sorry dat ek 'n nuwe draad begin, Ek moet google gebruik om te pos en
hy wil nie nou dat ek direk reply nie.

Booner
Ek kan nie anders as om in die groot lyne saam met jou te stem nie,
want jy redeneer nou op 'n goeie en vriendelike manier.

Ek stem aan die een kant saam met jou dat ons ook as agressors beskou
kan word, aangesien ons in hulle grondgebied was. Dit is eintlik 'n
punt waarop nog lank gedebateer kan word en ek dink nie dat ek genoeg
tyd daarvoor gaan hê nie. As ons dan terug gaan in die geskiedenis,
kan ons net sowel nog verder teruggaan. Wie se grond was dit nou
eintlik? Waar kom die stam/volk/mense vandaan? En wie was dalk nog
voor hulle daar? Deur die eeue heen is die plek deur verskillende
volke bewoon en het mekaar deur oorlog (of ander maniere) weggedryf.
En dit is nie beperk tot Suid-Afrika nie, maar die hele wereld. Dus as
ons daarmee begin kan ons maklik (hoef nie, maar kan wel) sê die hele
wereld, christen, moslem, hindu of wat ook al, het verkeerd gedoen en
is dus skuldig aan mense verdryf, of hulle nou gebid het of nie. Dit
het in Europa gebeur, in Asie, in Amerika (noord en suid) en in
Afrika, om nie te praat van alle eilande regoor die wereld nie.

Ek trek alles nou nogal ver en wil dit dan as volg saamvat (volgens my
sieninge):
Ja, die boere was in zoeloe grondgebeid. (Dus was hulle verkeerd).
Maar die munt het twee kante:
- Hulle was onderdruk in die kaap deur die engelse
- Hulle wou vrede sluit met die zoeloes en ander stamme (dink aan Piet
Retief)
Enigste opsie wat oorgebly het was om hulleself te verdedig en omdat
hulle Christene was het hulle daaroor gebid. En as jy dink dat hulle
nogal in die minderheid was, het hulle hulself goed verdedig.

Kom ons probeer iets anders: Sê nou die voortrekkers was Hindus(of
msolems of buddiste, maak nie saak nie) en hulle het vir hulle hindu
god gebid op daardie dag, dan het ons nou gedebateer oor diehindu
geloof of dalk nie?

Ek is oop vir nog voorstelle as jy dit goed kan ondersteun. Ek sien jy
sê nie net klomp goed sonder om daaragter te staan nie.
En ek stem ook heeltemal saam met wat jy sê oor dat "almal nie ewe
geliewe kinders is" nie. Maar ek moet daar by sê dat hulle dan nie
ware kinders van my Here is nie. En ek dink die meeste voortrekkers
was wel.

Soos die hollanders sê: Prettige feestdagen (Ek dink jy sal dit seker
meer waardeer as gesêende kersfees?)
Re: Booner: Gebed en Oorlog [boodskap #100761 is 'n antwoord op boodskap #100758] Wo, 22 Desember 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"PorkChop" skryf

. Maar ek moet daar by sê dat hulle dan nie
> ware kinders van my Here is nie.

En dis net hier waar jy jou kolle wys. Dis "jou Here," nê?
Onthou net, "jou Bybel" sê dat Christus gesê het dat nie
almal wat hom Here, Here noem, skape van sy weiding
is nie.

Tant Hessie van Elim
Re: Booner: Gebed en Oorlog [boodskap #100762 is 'n antwoord op boodskap #100761] Wo, 22 Desember 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag tante, miskien moet jy net die boodskap reg lees vir 'n slag? Hy sê sy
Here want elke mens het sy eie persepsie van God en as hy voel iemand anders
is nie deel van 'sy' Here nie, dan is dit sy reg om so te maak...en so te
sê. Wat word van vryheid van spraak die oomblik as 'n ding jou nie pas
nie?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:3L6dnd20SpLC5VTcRVn-1Q@rogers.com...
>
> "PorkChop" skryf
>
> . Maar ek moet daar by sê dat hulle dan nie
>> ware kinders van my Here is nie.
>
> En dis net hier waar jy jou kolle wys. Dis "jou Here," nê?
> Onthou net, "jou Bybel" sê dat Christus gesê het dat nie
> almal wat hom Here, Here noem, skape van sy weiding
> is nie.
>
> Tant Hessie van Elim
>
Re: Booner: Gebed en Oorlog [boodskap #100766 is 'n antwoord op boodskap #100761] Wo, 22 Desember 2004 22:48 Na vorige boodskap
Jack[2]  is tans af-lyn  Jack[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
@rogers.com wrote:
> "PorkChop" skryf
>
> . Maar ek moet daar by sê dat hulle dan nie
>> ware kinders van my Here is nie.
>
> En dis net hier waar jy jou kolle wys. Dis "jou Here," nè?
> Onthou net, "jou Bybel" sê dat Christus gesê het dat nie
> almal wat hom Here, Here noem, skape van sy weiding
> is nie.
>
> Tant Hessie van Elim

Ai Ai,
Tant Hessie, As jy alles uit konteks gaan ruk, gaan jy altyd in konflik
wees met mense wat anders as jy dink. Gaan kyk bietjie na die pos van
Booner waarop ek ge-antwoord het, dan sal jy sien hy praat daar van
"jou Here" en omdat ek op dieselfde vlak as hy praat het ek in my
anwoord gepraat van "my Here".

En as jy my gedeelte goed verstaan, sal jy sien dat dit ook verwys na
die gedeelte uit die Bybel wat jy voorhou, en dat ek daarmee ook be-aam
wat Booner sê "dat almal blykbaar nie ewe geliewe kinders is vir jou
Here nie", d.w.s. sommige mense sê te maklik hulle is Christene
voordat hulle weet wat dit alles inhou om dit te sê en dat dit ook dan
beteken dat hulle alles glo wat in die Bybel staan.

Die nadeel is dat alle Christene dan oor die selfde kam geskeer word en
as een groep behandel word. Dis dieselfde om te sê 'n ou van Brazilie
is 'n moffie en het 'n fiets gesteel in Amsterdam en dan beweer dat
alle mans van Brazilie moffies is en fietse steel wat glad nie waar is
nie, al is sommige moffies en al steel sommige fietse.

Ek hoop hierdie plaas alles vir jou in konteks en hopelik sal ek dit
nie weer so uitgebrei vir jou hoef te verduidelik nie.

Groete,
Jack.
Vorige onderwerp: Die Nuwe Suid Afrika om te verhoog ? vorentoe groei advies
Volgende onderwerp: Bloedskenkings - nuwe wending ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:50:27 MGT 2024