Nog 'n bobbejaan rympie....... [boodskap #6568] |
So, 09 Junie 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het die volgende as kind geleer:
Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
Bo uit die berge, onder die maan.
Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !
Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?
Groete.
|
|
|
Re: Nog 'n bobbejaan rympie....... [boodskap #6570 is 'n antwoord op boodskap #6568] |
Ma, 10 Junie 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
> Ek het die volgende as kind geleer:
> Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
> Bo uit die berge, onder die maan.
> Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
> Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !
> Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
> Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?
> Groete
Dis die boustene van kultuur??
Ek dink aan Leipoldt se "Boggom en Voertsek" en Kramer se "ek verlang
soos 'n bobbejaan as die son so onder gaan..."
Die ouens is almal deur hulle ouers geleer van bobbejane oor jare se
terg, spot en verwysings.
Ons almal is, per slot (bobbejane is so 'n teenwoordigheid op die
velde van Suider-Afrika) daarom is die bobbejaan 'n werkbare beeld.
(Hei! Ek raak sommer filosofies hier! Dis seker omdat ek so baie
van Boggom en Voertsek hou! Dan moet ek my neefs van die berge mos
status gee!)
|
|
|