Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Afrikaanse musiek
Afrikaanse musiek [boodskap #98840] Di, 28 September 2004 15:35
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
So hele ruk gelede het 'n vark ('n oulike vark bygesê) op 'n ander
forum begin om sommige van ons hier in die buiteland aan die nuwe
Afrikaanse musiek bekend te stel. Een van die groepe wat hy destyds
bespreek het, was 'n groep genaamd "fokofpolisiekar". Ek dink amper
Ferdi het ook al na hulle verwys op dié groep. Elkgeval, ek dink
nogal dat sommige van hulle lirieke is werklik stunning. Lees
vanoggend hierdie ene, wat nogal 'n goeie antwoord is op sommige van
die boodskappe van vandag.

http://www.fokofpolisiekar.co.za/vernietig.htm

VERNIETIG JOUSELF

Kom ons sing oor kuier op Stellenbos
met rooiwyn en sigarette sit ons in 'n minimumveiligheidstronk
kom ons sing oor presteer in 'n sisteem van gehoorsaamheid
kom ons sing oor jou verleppende persoonlikheid
vernietig jouself
daar is 'n drang in my, 'n instinktiewe haat
vir instansies van die bewussyn, konditioneer my
die bybel van pyn
ons almal pak die kole ons almal stook die vuur
ons almal bou die mure wat idees bestry
ons is die rebellie wat misluk het
ons almal kak die reels uit waaraan ons almal verstik het
vernietig jouself
dis moeilik om die kettings af
hulle maak dit aan jou binnegoed vas
dis moeilik om die kettings af te breek
Vorige onderwerp: Radio Vlaanderen international
Volgende onderwerp: Blou Bul Song
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:14:34 MGT 2024