N. P. van Wyk Louw as digter [boodskap #6506] |
Vr, 31 Mei 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As iemand my vra wie die twee grootste digters in Afrikaans
is, sou ek sonder om te skroom se dis Eugene Marais en D.J.
Opperman. Miskien sal ek vir N.P. van Wyk Louw die derde
plek gee, maar dan alleen na ek ook 'n hele paar ander kandidate
oorweeg het. Van Wyk Louw het teveel gedigte geskryf wat
na resepwerk klink. Ongelukkig is die Van Wyk Louw- resep
ook vir te lank in Afrikaans deur jonger digters gebruik om
digterlik te klink terwyl hulle eintlik nie iets nuuts het om te se
nie. Dit gese, dink ek tog dat N.P. van Wyk Louw 'n goeie
digter is, wat verskeie werklik groot gedigte geskryf het. Een
van die beste is "Beeld van 'n Jeug : Duif en Perd," 'n lang
gedig waarin hy meesterlik die gang van die westerse beskawing
invleg met wat op 'n middag op 'n plaaswerf gebeur.
Van Wyk Louw skryf ook op sy beste wanneer hy sonnette
skryf. Ek haal hier een aan uit "Vier gebede by Jaargetye in die
Boland Mei- Julie 1937."
VROEGHERFS
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte more witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Nog 'n gedig wat my baie laat wonder wat Van Wyk
Louw in gedagte gehad het, is " O Wye en Droewe
Land." Dit klink vir my asof hy aan die begin van die
gedig pessimisties is oor roeping en die funksie van
die Afrikaner. Hy vra in die middel van die gedig:
Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
....
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde...
'n grootsheid van so suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroee vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?
As hy nog lewendig was in die middel van die
laaste dekade van die twintigste eeu, sou hy tevrede
gewees het dat die Afrikaner wel oorgegaan het
tot daardie helder daad?
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: N. P. van Wyk Louw as digter [boodskap #6519 is 'n antwoord op boodskap #6506] |
So, 02 Junie 1996 00:00 |
Marius P Jooste
Boodskappe: 9 Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> As iemand my vra wie die twee grootste digters in Afrikaans
> is, sou ek sonder om te skroom se dis Eugene Marais en D.J.
> Opperman. Miskien sal ek vir N.P. van Wyk Louw die derde
> plek gee, maar dan alleen na ek ook 'n hele paar ander kandidate
> oorweeg het. Van Wyk Louw het teveel gedigte geskryf wat
> na resepwerk klink. Ongelukkig is die Van Wyk Louw- resep
> ook vir te lank in Afrikaans deur jonger digters gebruik om
> digterlik te klink terwyl hulle eintlik nie iets nuuts het om te se
> nie. Dit gese, dink ek tog dat N.P. van Wyk Louw 'n goeie
> digter is, wat verskeie werklik groot gedigte geskryf het. Een
> van die beste is "Beeld van 'n Jeug : Duif en Perd," 'n lang
> gedig waarin hy meesterlik die gang van die westerse beskawing
> invleg met wat op 'n middag op 'n plaaswerf gebeur.
> Van Wyk Louw skryf ook op sy beste wanneer hy sonnette
> skryf. Ek haal hier een aan uit "Vier gebede by Jaargetye in die
> Boland Mei- Julie 1937."
>
> VROEGHERFS
>
> Die jaar word ryp in goue akkerblare,
> in wingerd wat verbruin, en witter lug
> wat daglank van die nuwe wind en klare
> son deurspoel word; elke blom word vrug,
> tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
> so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
> dat die takke van die lang populiere al
> teen elke ligte more witter staan.
> O Heer, laat hierdie dae heilig word:
> laat alles val wat pronk en sieraad was
> of enkel jeug, en ver was van die pyn;
> laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
> my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
> en nakend uit my teerder jeug verskyn.
>
> Nog 'n gedig wat my baie laat wonder wat Van Wyk
> Louw in gedagte gehad het, is " O Wye en Droewe
> Land." Dit klink vir my asof hy aan die begin van die
> gedig pessimisties is oor roeping en die funksie van
> die Afrikaner. Hy vra in die middel van die gedig:
>
> Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
> ....
> en nooit in jou 'n daad geskied
> wat opklink oor die aarde...
>
> 'n grootsheid van so suiwer glans,
> dat mense in 'n verre land
> wat van jou naam die melding hoor,
> met wilde en helder oog sal staar
> soos vroee vaarders in die nag
> verslae gesien het kim bo kim
> die nuwe, blom-groot sterre styg
> op uit jou see se wit gevaar?
>
> As hy nog lewendig was in die middel van die
> laaste dekade van die twintigste eeu, sou hy tevrede
> gewees het dat die Afrikaner wel oorgegaan het
> tot daardie helder daad?
>
> Gloudina Bouwer
>
Verwoerd het natuurlik meer as net gewonder oor "daardie helder daad".
Ek verdink natuurlik enige iemand wat nie vir Breyten oorweeg as een van
die voorste digters nie van erge vooroordeel.
|
|
|