Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing
Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing [boodskap #6496] Vr, 24 Mei 1996 00:00 na volgende boodskap
Herstigte Nasionale P  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Uittreksel vanuit Die Afrikaner van 24 - 30 Mei 1996. Die Afrikaner is die
lyfblad van die Herstigte Nasionale Party (HNP).

**********************************************************

Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing

DIE jaar 1999 word al belangriker as 'n teikendatum vir die
herlewing van Afrikanernasionalisme, het mnr. Jaap Marais laat
blyk tydens die afgelope Hoofbestuursvergadering van die HNP op
Saterdag 18 Mei in Pretoria. Mnr. Marais het daarop gewys dat
die bedreiging vir die Afrikaner nie net op daardie stadium sy
hoogtepunt gaan bereik nie, maar ook dat die herdenking van die
uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 'n besliste uitwerking op
die loop van gebeure gaan hˆ.
Daar is reeds aanduidings dat die ANC-Zoeloe-botsing teen
daardie jaar sy toppunt gaan bereik, die volgende kommunistiese
verkiesing moet in daardie jaar plaasvind, en die aanduidings is
dat die vervolging deur die Tutu-kommissie ook teen daardie tyd
sy hoogtepunt gaan bereik. Die aangepaste tydskale dui daarop
dat die Tutu-kommissie nie sy werk binne die bestemde tyd van 18
maande afgehandel sal hˆ nie, dit is reeds tot twee jaar verleng,
en dit sal ook die jaar daarna voortgesit moet word. Dan is dit
die jaar 1999.
Die HNP het aangedui dat 1999 die einde van die eerste
driejaar-plan is om te ywer vir die herwinning van die Afrikaner
se vryheid. Dit is dus veral vir die Afrikaner 'n hoogtepunt-
jaar waartydens hy sal moet bewys dat dit hom erns is om dit wat
hy verloor het, weer terug te wen.
Mnr. Marais was baie stellig daaroor dat die Afrikaner sal moet
terugvat dit wat van hom geroof is die afgelope paar jaar.
1999 gaan die jaar van die groot botsing wees. Die ANC het
reeds aanduidings gegee dat dit binne hulle beplanning lˆ om
vanuit hulle perspektief die uitbreek van die Tweede
Vryheidsoorlog te herdenk, en sodoende die inisiatief uit die
hande van die Afrikaner te neem. Die Britse regering sal hierby
betrek word, en dit het net een doel: die Afrikaner sal in die
beskuldigdebank geplaas word. Dit sal 'n tweeledige uitwerking
hˆ. Eerstens sal die Afrikaner verantwoordelik gehou word vir
die uitbreek van die oorlog in 1899. Sodoende sal die Britte
verontskuldig word. Tweedens sal die Afrikaner in 1999 in die
beskuldigdebank geplaas word vir sy optrede teen Swartes "tydens
die jare van apartheid". Dit is juis in hierdie verband dat die
Tutu-kommissie so 'n deurslaggewende rol moet speel - die
Afrikaner moet met 'n skuldkompleks opgesaal word wat hom
magteloos sal laat om op te tree, terwyl die Afrikaner se naam
soos in die verlede sleg gemaak word in die buiteland as die
sogenaamde groot onderdrukker van die Swarte.
Dit is juis teen hierdie sielkundige aanslag dat die HNP die
Afrikaner sal moet waarsku, en hom trots maak op sy geskiedenis
en sy heldedom. Die Afrikaner sal teen 1999 'n nuwe besieling
uit 'n epochmakende fase van sy geskiedenis moet put wat hom moet
inspireer om die stryd voort te sit teen die magte wat
wederregtelik oor hom regeer.
Daar is geen ander party wat op hierdie stadium leiding in
Afrikaner-geledere kan neem nie. Die NP se kapitulasie voor die
ANC oor die Grondwet en die verdeeldheid in sy geledere oor sy
uittrede uit die RNE mag hom nog meer kragteloos as tevore. Die
VF is nooit bedoel as 'n permanente opposisieparty nie. Sy rol
is ook uitgespeel toe hy Mandela gehelp het om 'n vreedsame
oorgang na 'n nuwe bedeling te verseker. Sy vreemde
bondgenootskappe, soos met Idasa wys op sy verraderlike aard, en
veral die rol wat Tienie Groenewald gespeel het om die Afrikaner
uit te verkoop, vervreem hierdie party van die Afrikaner. Die
KP is in so 'n moeilike posisie na die onthullings in adv. Piet
Pretorius se boek, Volksverraad, dat dit net nog 'n fase geword
het in die totale induiestorting van hierdie party. Daar is tans
net 'n handjievol oor van sy oorspronklike ondersteuners, en na
die verskyning van die boek het hulle ook nou bedenkinge oor
hulle leiers.
Die groot probleem vandag is dat die KP sowel as die AVF gestig
is om die NP se program te laat vlot. Agter die stigting van
hierdie organisasies sit Toekomsgesprek wat ge‹nfiltreer is deur
sowel NI as die Afrikaner (Broeder)bond.
In die lig van al hierdie gebeure weet die HNP nie wie om te
vertrou nie. Die HNP sal vanuit sy beginselbasis moet hard werk
om van die R5 miljoen Stryd en Versetfonds 'n sukses te maak en
die verset teen die kommunistiese ANC-regime tot 'n hoogtepunt
op te bou.
Mnr. Marais het daarop gewys dat die doel van die Afrikaner se
vyand is om hom te vernietig. Hierteen sal die Afrikaner hom
moet verset. Die enigste middel wat hy daartoe het, is die
beginselbasis van die HNP. 1999 is die sleutel tot alle verset,
en alles wat die HNP aanpak, moet hiermee rekening hou, aldus
mnr. Marais.

********************************************************

Redaksie, Die Afrikaner

Die toespraak waarvan hierdie berig melding maak is beskikbaar op
oudio-kasset. Die prys is R25-00.

Bestel vanaf: Die Hoofsekretaris, HNP, Posbus 1888, Pretoria, 0001
Re: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing [boodskap #6502 is 'n antwoord op boodskap #6496] So, 26 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing
> Date: Sat, 25 May 1996 19:55:12 GMT

> k...@upx.net (KAZ Vorpal) wrote:


> > quote what he said /and then explain how it is wrong/, so that people
>> /understand/ how it is wrong. Or do you actually agree?>>>

Dis nie nodig om rasionele argumente te gebruik met mense wat kontak met die
werklikheid verloor het nie.
Leon Retief,
Bellville
Re: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing [boodskap #6511 is 'n antwoord op boodskap #6496] Sa, 01 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
XX  is tans af-lyn  XX
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek kry my eie mense (en myself) so bitterlik jammer. Hier sit ons,
vasgevang in die middel van hierdie gemors. Ons is nou die varke, die
rassiste, swart akademici het baie straaltjies te p_s oor ons. Die vraag
is , waarheen gaan ons nou ? Ons sit aan die suiderpunt van Afrika, in 'n
land wat ons laat uitstyg het bo die res van hierdie Godsvelate
kontinent. Terwyl ons nou sit en toekyk, word ons ekonomie stelselmatig
gesaboteur, regstellende aksie word toegepas ( ja, ek moes twee jaar van
my patetiese lewe afstaan, watter geld kan dit of gesneuwelde geliefdes
terugkoop?) en almal is pessismisties oor ons toekoms.

My gevolgtrekking as 'n leek wat probeer om te oorleef is dit:
(1) Meeste Afrikaners het geen besware om in 'n normale omgewing met sy
medemens in vrede saam te leef nie. Dus, moenie op ander trap nie MAAR
moenie hulle toelaat om op jou te trap nie.
(2) Geen politici kan vertrou word nie. Die oorgrote meerderheid is in
die arena net vir hul eie gewin.
(3) Die Afrikanerdom kort 'n leier met 'n profiel soortgelyk aan die
van Jan Smuts, Genl Christiaan De Wet ensovoorts. Die huidige akteurs is
'n poep in die storm (Eugene, dink jy ek sal saam met jou in 'n oorlog
gaan veg? Jou Mercedes het een rat vorentoe en tien ratte agteruit!)
(4) Aan 'n gebrek aan so 'n "Moses", maak soos die Jode: GELD. Maak dit
bymekaar, vorm Afrikaner-sindikate (pasop vir regstellende aksie en die
ontvanger van inkomste), stig jou eie besigheid, help mekaar, word 'n
markkrag om mee rekening te hou. As jou geld nie die regering van die
dag tot nuwe insigte kan bring nie, sit dit om in bates soos goud,
diamante en so meer. Kies dan vir jou 'n ander heenkome, smokkel jou
aardse skatte land-uit en treur oor jou dierbare Vaderland wat goed
opgefok is deur mense, wit en swart, wat verkeerde besluite geneem het
omdat hulle na die raad van Verwoerd, Blade Nzimande, Patricia Krokodil
ens. geluister het.
Vorige onderwerp: Afrikaans tapes/instruction
Volgende onderwerp: Latin-3 Web Browsers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:42:19 MGT 2024