Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Jeroen Bosch " deur D.J. OPPERMAN
" Jeroen Bosch " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #95937] Ma, 02 Augustus 2004 15:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jeroen Bosch
D. J. Opperman

Ydel is die wêreld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voëls en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe listiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuum en mombakkies.

Dit trek in stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue; maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjien en dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul - en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van 'n towenaar befluit ..
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot;

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van 'n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur 'n tregter poep.
Vorige onderwerp: " Scriba van Egipte " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:57:59 MGT 2024