Twee gedigte van OPPERMAN [boodskap #6439] |
So, 12 Mei 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
D.J. Opperman het ongetwyfeld van die beste gedigte
in Afrikaans geskryf. In "Kroniek van Kristien" vind
'n mens myns insiens Opperman op sy heel beste. Ek
haal twee gedigte van hom aan:
Papajabos
Tussen die papajabome onder 'n geel maan
het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
met oe toe en arms sywaarts uitgestrek....
In die vroee dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug,
is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
dat ons ons kan losdans sonder om te roer"...
Sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan 'n vrou geboorte gee...
Sy dink, met die bykom, sy is bedrieg,
maar uit haar hare het 'n duif gevlieg.
Kristien as gekruisigde, bevrugte, vrugdraende en
geboortegewende is tegelyk ook die een wat ons wil
leer dat ons ons kan losdans sonder om te roer. Meer
intens nog is haar gevoel van geroepenheid in die vol-
gende gedig:
Waatlemoen
In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.
Groot godsdienstige digkuns, met as inspirasie die
kontemplasie van die werklikheid van vrouwees, en
die boodskap van verlossing wat ook deur die vrou
en haar liggaam gepredik kan word.
Gloudina Bouwer
|
|
|