Protea - 'n ruiker vir die meisies [boodskap #6418] |
So, 05 Mei 1996 00:00 |
Andre van Tonder
Boodskappe: 6 Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Vir die van ons wat in die buiteland woon en werk en bitter min
met enigiets Suid-Afrikaans in aanraking kom, is dit altyd baie aangenaam
om proteas raak te loop. Ek het al vars proteas gesien in straatstalletjies
in Toulouse en in San Fransisco. Weet enigiemand of sulke proteas plaaslik
gekweek word of vanuit Suid-Afrika ingevoer word?
Nog 'n opmerking: in Europa, na die val van sanksies, het lemoene oornag in
Outspans verander? Laat 'n mens wonder...
|
|
|