Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Suidwester
Vir Suidwester [boodskap #93283] Wo, 26 Mei 2004 13:53 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Uit Beeld 26 Mein 2004
----------------------------

'Regering wil nie plase onteien, eerder onderhandel'
Gert Coetzee

Kaapstad. - Die regering wil eerder met boere oor die koopprys van
plase vir grondhervorming onderhandel as om hom as 'n laaste uitweg
tot grondonteiening te wend.

Só het me. Thoko Didiza, minister van landbou, Dinsdag hier in 'n
voorligtingsessie gesê. Sy het daarop gewys dat die regering die Wet
op Grondonteiening nog nooit ingespan het nie.

Didiza het die verkryging van genoeg grond, styging in die koopprys
van plase en verblyfreg vir woonarbeiders as van die groot uitdagings
vir grondhervorming in die komende vyf jaar uitgesonder.

Alle grondeise sal teen 2005, pres. Thabo Mbeki se spertyd daarvoor,
afgehandel wees.

Teen Maart was 48 000 eise (van die altesame 79 649 volgens vorige
berigte) reeds afgehandel.

Volgens Didiza het die regering in 2003 altesame 377 plase vir
grondhervorming aangekoop. In 2004-2005 is R200 miljoen as
bystandshulp vir die vestiging van beginnerboere beskikbaar.

Die geld gaan aan heinings, vestiging van markte, huise, besproeiing
en vee bestee word.

Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.

Sy is bekommerd oor die styging in die koopprys van plase in
Mpumalanga, wat dit vir die regering "onmoontlik" maak om grond teen
markverwante pryse te koop. Oplossings moet met die hulp van
kommersiële landbou én ander sektors gekry word.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93290 is 'n antwoord op boodskap #93283] Wo, 26 Mei 2004 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Uit Beeld 26 Mei 2004
> ----------------------------

>
> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.

"Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.

Gloudina
Re: Vir Suidwester [boodskap #93291 is 'n antwoord op boodskap #93290] Wo, 26 Mei 2004 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 May 2004 14:08:05 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Uit Beeld 26 Mei 2004
>> ----------------------------
>

>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>
> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>
> Gloudina

Actually not aangesien die beweging van grondloses n baie, baie klein
splintergroepie is.
Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
stede. Dis waar die "crunch" is.

Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93300 is 'n antwoord op boodskap #93291] Wo, 26 Mei 2004 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie goed vir die boere,hulle het nie kopseer nie van die plakkers

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:b5a9b0p7rg6n95dq5msq3a04mafpapfg96@4ax.com...
> On Wed, 26 May 2004 14:08:05 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
> >> ----------------------------
>>
>
>>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>>
>> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
>> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
>> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
>> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
>> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
>> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>>
>> Gloudina
>
> Actually not aangesien die beweging van grondloses n baie, baie klein
> splintergroepie is.
> Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
> mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
> stede. Dis waar die "crunch" is.
>
> Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
> gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93305 is 'n antwoord op boodskap #93291] Wo, 26 Mei 2004 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
> mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
> stede. Dis waar die "crunch" is.
>
> Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
> gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.

Ek wonder egter of die stede al hierdie toestroming
sal kan absorbeer. As hulle nie teenmaatreëls skep nie,
sal die huidige regering met dieselfde probleem sit as
die vorige, en sal dan sy eie tipe toestromingsbeheer
moet toepas.
Een oplossing wat verstedeliking sal teenwerk, is
die soort ding wat die destydse regering van die
Kaapland gedoen het om mense te help wat deur
die Boere-oorlog en 'n baie slegte paar droogtes
nie meer die mas kon opkom nie. Hulle het daar
in die Noordkaap besproeiingsskemas geskep.
(Ongelukkig was hierdie oplossing alleen vir
witmense beskikbaar.) Elke boer het net 'n sekere
stuk grond gekry, en is nie toegelaat om meer as
een erf te besit nie. Die grond was onder die
beheer van die NG Kerk se sinode, wat dan ook
eintlik die besitters van die grond was. Daar was
ko-operasies wat die mense se produkte opgekoop
het. Niemand het skatryk geword nie, maar almal
het genoeg van 'n bestaan gemaak dat hulle nie
krepeer het nie. Dit sou baie jammer wees as daardie
stelsel nou nie meer in bestaan is nie, want dit is
'n baie goeie manier om talle mense op die land te
hou.

Gloudina
Re: Vir Suidwester [boodskap #93312 is 'n antwoord op boodskap #93290] Do, 27 Mei 2004 04:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die regering moet sommer terselfdertyd die motorvoertuie, huise en geld aan
die swart ouens gee - waarom net 'n stuk droë grond? Waar begin julle
menslikheid? Skande Anti - julle Kanadese is hardvogtige mense.....
"@rogers.com" wrote in message
news:9x1tc.13457$YbX1.11233@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
>> Uit Beeld 26 Mei 2004
>> ----------------------------
>
>>
>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>
> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>
> Gloudina
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93314 is 'n antwoord op boodskap #93283] Do, 27 Mei 2004 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie en ek hoop van harte dit werk so uit en dat redelikheid sal
seevier daar by julle. Die algemene begrip is een van redelikheid, maar
tog hoor mens ook van gevalle waar redelikheid nié so sigbaar is nie.
Dieslefde idee word hier in Namibië toegepas van 'willing seller/willing
buyer', maar dit is die proses van indentifisering van geskikte grond
waarmee die huidige grondeienaars 'n probleem het. Ek weet nie hoe goed jy
Suidwes ken nie, maar daar is massiewe stukke grond beskikbaar vir boerdery.
Grond waarop blanke boere in die verlede so goed gedoen het dat hulle
naderhand grond nader aan die beskawing kon koop en weggetrek het van dié
grond. Jy het ongelukkig hare op die tande nodig om daar te slaag en
snaaks genoeg, die regering of die swart 'grondloses' stel geensins belang
vir hervestiging nie. Wat ek probeer sê, is dat daar oorgenoeg vry grond
in die land beskikbaar is vir hervestiging sonder om enige van die
kommersiële plase te vat nie....MAAR dit is nie waaroor die spel gaan nie.
Die grondloses is ook werkloos en hulle soek iets waarop hulle kan teer om
te leef, maw bewerkte grond met infrastruktuur wat afgetakel kan word vir
oorlewing. Daar is nie 'n enkele geval bekend waar 'n opgewerkte,
suksesvolle plaas by 'n blanke boer gekoop is en dit oorgedra is na swart
bewoners wat dit suksesvol kon bedryf nie. Dit sê net een ding. Hierdie
mense wil nie boer nie. Punt. Hoekom produktiewe grond aan mense wat nie
wil boer afstaan nie?
Terug by julle wonderlike, matige proses. Solank as wat werkloosheid
toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly voortbestaan want
om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:n289b05ppm5n9h5333hvm7lsvhe9pl2rol@4ax.com...
>
> Uit Beeld 26 Mein 2004
> ----------------------------
>
>
> 'Regering wil nie plase onteien, eerder onderhandel'
> Gert Coetzee
>
> Kaapstad. - Die regering wil eerder met boere oor die koopprys van
> plase vir grondhervorming onderhandel as om hom as 'n laaste uitweg
> tot grondonteiening te wend.
>
> Sê het me. Thoko Didiza, minister van landbou, Dinsdag hier in 'n
> voorligtingsessie gesê. Sy het daarop gewys dat die regering die Wet
> op Grondonteiening nog nooit ingespan het nie.
>
> Didiza het die verkryging van genoeg grond, styging in die koopprys
> van plase en verblyfreg vir woonarbeiders as van die groot uitdagings
> vir grondhervorming in die komende vyf jaar uitgesonder.
>
> Alle grondeise sal teen 2005, pres. Thabo Mbeki se spertyd daarvoor,
> afgehandel wees.
>
> Teen Maart was 48 000 eise (van die altesame 79 649 volgens vorige
> berigte) reeds afgehandel.
>
> Volgens Didiza het die regering in 2003 altesame 377 plase vir
> grondhervorming aangekoop. In 2004-2005 is R200 miljoen as
> bystandshulp vir die vestiging van beginnerboere beskikbaar.
>
> Die geld gaan aan heinings, vestiging van markte, huise, besproeiing
> en vee bestee word.
>
> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>
> Sy is bekommerd oor die styging in die koopprys van plase in
> Mpumalanga, wat dit vir die regering "onmoontlik" maak om grond teen
> markverwante pryse te koop. Oplossings moet met die hulp van
> kommersiële landbou 'n ander sektors gekry word.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93317 is 'n antwoord op boodskap #93290] Do, 27 Mei 2004 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja my antie, so repeteer jy jou slagspreke, jaar na jaar. Jy gee self die
oplossing. Die beste hoop wat jy enige mens kan gee, is om vir hom werk te
verskaf. Dan verdien hy sy eie geld, is nie ledig nie en het nie tyd om
stront uit te dink nie. Hy koop sy eie grond, bou sy eie huis en koop sy
eie kar. Dis hoog tyd dat die swart regerings van Afrika iets daadwerkliks
doen om hierdie bedelkultuur van swart Afrikane op 'n einde te kry. Dit
kan jy net doen deur die mense hulle trots terug te gee......WERK!
Jou geeikte stelling van die 80%'e van onreg, hou ook nie water nie.
Sekerlik was daar onregte in die verlede wat 'n wanbalans veroorsaak het,
maar die belangrikste punt wat jy mis, is dat die witmense nooit grond
verniet gekry het nie. Dis grotendeels gekoop en betaal, bewerk en
ontwikkel tot produktiewe plase. Nog 'n ding wat jy mis, is dat nie enige
wit mens kon in die verlede of die hede na die staat toe gaan en eis om 'n
stuk grond te koop nie. Jy moes 'n bona fide boer wees en hulle het alke
applikant se sake ondersoek om te sien of hy in staat sou wees om te kon
boer. Jy moet onthou dat, anders as wat stedelinge geneig is om net aan te
neem dat water uit krane kom en melk in bottels by kafees gekoop word, moet
'n plaas op rou grond uit die grond uit opgebou word.
Ek het geen probleem daarmee dat 'n swart man besluit hy wil 'n boer
word nie en hy wil grond koop om daarop sy eerste tree na finansiële
onafhankliheid te gee nie. Ek het wel 'n probleem met julle veralgemening
van die probleem. Ek is nie seker van die syfers nie, maar ek sou skat dat
die totale plaasgrond in Suider-Afrika word besit deur seker nie 10% van die
bevolking nie....wit of swart. Wat van die ander 90% stedelinge wat niks
te doen het met plaasgrond nie? Hoekom mag enigiemand 'n huis besit....of
2 of 5 of 50 huise! Niemand sal 'n woord daaroor sê dat iemand 'n huis op
die Rand het en 'n vakansiehuis op Hermanus nie. Hoekom mag 'n
suksesvolle boer nie plaasgrond aankoop vir 'n belegging nie. Dis mos sy
geld, is dit nie?
Laat ek weereens vir jou die rede verskaf: Die staat kan nie
genoegsame werk voorsien aan sy gewone mense nie!

> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>
> Gloudina
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93318 is 'n antwoord op boodskap #93305] Do, 27 Mei 2004 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weereens kan ek vir jou die antwoord verskaf met praktiese, huidige
voorbeelde. Die geheim van so 'n saamwerkskema is dat die mense moet
s��mwerk vir 'n toekoms. Hier by ons is verskeie plase aangekoop vir
hervestiging en swart 'boere' is daarop gevestig. So 'n plaas van 5000ha
sal bv. 5 kampe van 1000ha hê met waterinstallasies en krale[vee] in elke
kamp. Elke boer kry so 'n 1000ha 'kamp' waarop hy kan boer. Na 5 of 6
jaar wys dit egter dat dit nie gewerk het nie. In plaas dat elke ou sy eie
stuk grond betrek, het hulle almal saam op die een veepos gaan bly en daar
die grond totaal oorbewei tot die waterinstallasie 'inkonk'. Dan trek
hulle almal saam na die volgende pos en so gaan hulle aan tot die hele plaas
nie meer water het nie. Dan verhuur hulle die grond terug aan die blanke
boere in die omgewing wat hulle sal toelaat om daar te bly en verder te
plak. Aangesien hulle veel minder betaal op die grond as wat 'n lening aan
'n blanke boer sou wees, huur die blanke boer nou grond terug teen 'n appel
en 'n ei.....en lag al die pad bank toe want hy hoef nie die grond te
beskerm nie en spekuleer daarop met vee en so donner hy die veld op sonder
'n sweempie van 'n gewete.
Die 'moral' van my storie is antie, jy kan nie enige mens, wit of
swart, teen sy wil dwing om iets te word wat hy nie wil wees nie. 'n Feit
soos 'n koei is dat die gewone swart man op die platteland het geen begeerte
om 'n groot suksesvolle boer te word nie wat dis te veel moeite en harde
werk. Hulle verkies in die algemeen 'n rustige lewensstyl van geen stres
en baie drank.....met die vrou wat die werk vir hom doen. Nie jy of ek sal
dit ooit kan verander nie. Die vraag wat jy vir jouself moet uitklaar, is
of jy rêrig reken 'n mens wat nie die grond kan aanwend nie, regtig so 'n
kans verdien?
"@rogers.com" wrote in message
news:Fh7tc.172286$0qd.21063@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Verder is die sentrale dinamiek in SA vandag verstedeliking. Swart
>> mense soek hul heil in die stede en in werk in die nywerhede in die
>> stede. Dis waar die "crunch" is.
>>
>> Daar is steeds 'n reuse ontvolking van die platteland in SA aan die
>> gang, ook onder swartmense. Moontlik veral onder swartmense.
>
> Ek wonder egter of die stede al hierdie toestroming
> sal kan absorbeer. As hulle nie teenmaatreëls skep nie,
> sal die huidige regering met dieselfde probleem sit as
> die vorige, en sal dan sy eie tipe toestromingsbeheer
> moet toepas.
> Een oplossing wat verstedeliking sal teenwerk, is
> die soort ding wat die destydse regering van die
> Kaapland gedoen het om mense te help wat deur
> die Boere-oorlog en 'n baie slegte paar droogtes
> nie meer die mas kon opkom nie. Hulle het daar
> in die Noordkaap besproeiingsskemas geskep.
> (Ongelukkig was hierdie oplossing alleen vir
> witmense beskikbaar.) Elke boer het net 'n sekere
> stuk grond gekry, en is nie toegelaat om meer as
> een erf te besit nie. Die grond was onder die
> beheer van die NG Kerk se sinode, wat dan ook
> eintlik die besitters van die grond was. Daar was
> ko-operasies wat die mense se produkte opgekoop
> het. Niemand het skatryk geword nie, maar almal
> het genoeg van 'n bestaan gemaak dat hulle nie
> krepeer het nie. Dit sou baie jammer wees as daardie
> stelsel nou nie meer in bestaan is nie, want dit is
> 'n baie goeie manier om talle mense op die land te
> hou.
>
> Gloudina
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93319 is 'n antwoord op boodskap #93312] Do, 27 Mei 2004 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Ek sê mos lankal almal kak en kou oor plaasgrond, maar niemand sê
'n ding oor dorpserwe, huise, strandhuise, en besighede nie. Met die
karre het hulle egter alreeds ver gevorder. Ons koop hulle en verassureer
dit en hulle steel dit en die assuransie koop weer vir jou 'n nuwe een.
Die ANC score lekker BTW op elke kar.......en so gaan ons aan!

"Jonas" skryf in boodskap news:c93rkv$cio$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die regering moet sommer terselfdertyd die motorvoertuie, huise en geld aan
> die swart ouens gee - waarom net 'n stuk droë grond? Waar begin julle
> menslikheid? Skande Anti - julle Kanadese is hardvogtige mense.....
> "@rogers.com" wrote in message
> news:9x1tc.13457$YbX1.11233@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>>> Uit Beeld 26 Mei 2004
>>> ----------------------------
>>
>>>
>>> Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
>>> in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
>>> sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.
>>
>> "Die Beweging vir Grondlose Mense" is waar dit om gaan draai.
>> As die ANC nie jaar na jaar, verby hulle sperdatum, nog aktief
>> hoop vir hierdie mense verskaf nie, dan sal hulle die wet in eie
>> hande neem. Want in 'n land wat tagtig persent nie-wit is, is dit
>> 'n skreiende skande dat wittes op nog so 'n groot persentasie van
>> die grond sit, en in sommige gevalle meer as een plaas besit.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93326 is 'n antwoord op boodskap #93305] Do, 27 Mei 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 May 2004 20:41:09 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ek wonder egter of die stede al hierdie toestroming
> sal kan absorbeer.

Dit is die wortel van baie kwaad in die stede. Dit is die uitdaging -
om werk te skep vir die migrerendes na die stede toe.

Maar ons ekonomiese groeikoers is tans hoe"r as die bevolkingsaanwas.
As dit so kan bly, kan goed verander se die analiste.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93327 is 'n antwoord op boodskap #93318] Do, 27 Mei 2004 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 10:33:22 +0300, "Suidwester" wrote:

'n Feit
> soos 'n koei is dat die gewone swart man op die platteland het geen begeerte
> om 'n groot suksesvolle boer te word nie wat dis te veel moeite en harde
> werk. Hulle verkies in die algemeen 'n rustige lewensstyl van geen stres
> en baie drank.....met die vrou wat die werk vir hom doen.

Dit klink soos jou average wit Afrikaner.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93330 is 'n antwoord op boodskap #93319] Do, 27 Mei 2004 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 10:36:37 +0300, "Suidwester" wrote:

> He-he! Ek sê mos lankal almal kak en kou oor plaasgrond, maar niemand sê
> 'n ding oor dorpserwe, huise, strandhuise, en besighede nie. Met die
> karre het hulle egter alreeds ver gevorder. Ons koop hulle en verassureer
> dit en hulle steel dit en die assuransie koop weer vir jou 'n nuwe een.
> Die ANC score lekker BTW op elke kar.......en so gaan ons aan!

En - om jou soort argument te voer - agter alles sit gulsige witmense
wat hul karre laat steel sodat hulle n nuwe een kry en die paar
duisend van die ou wat dit steel.

Daar was al n hele paar hofsake daaroor. So die rede vir
motordiefstalle is gulsige wittes.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93331 is 'n antwoord op boodskap #93314] Do, 27 Mei 2004 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 10:01:49 +0300, "Suidwester" wrote:

> Terug by julle wonderlike, matige proses. Solank as wat werkloosheid
> toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly voortbestaan want
> om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.

Nie in die stede nie - waar loshande die meeste mense is.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93337 is 'n antwoord op boodskap #93331] Do, 27 Mei 2004 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het jy die prentjie van die sokkerveld gekry?

--
Annette
Re: Vir Suidwester [boodskap #93340 is 'n antwoord op boodskap #93327] Do, 27 Mei 2004 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
100% maar die wit Afrikaners dring nie aan op 'n stukkie pasella grond nie!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:vaebb0dbk6v2u2qrnbnmtfk8v93esohgc0@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 10:33:22 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> 'n Feit
> > werk. Hulle verkies in die algemeen 'n rustige lewensstyl van geen
stres
>> en baie drank.....met die vrou wat die werk vir hom doen.
>
> Dit klink soos jou average wit Afrikaner.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93341 is 'n antwoord op boodskap #93330] Do, 27 Mei 2004 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan dit seker so sien ook? Hang af van waar staan jy, is dit nie?
Feit is egter dat die steel nog moet plaasvind....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ceebb0dnih9a5srcuac3enacg1imqg46ih@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 10:36:37 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> niemand sê
>> 'n ding oor dorpserwe, huise, strandhuise, en besighede nie. Met die
>> karre het hulle egter alreeds ver gevorder. Ons koop hulle en verassureer
>> dit en hulle steel dit en die assuransie koop weer vir jou 'n nuwe een.
>> Die ANC score lekker BTW op elke kar.......en so gaan ons aan!
>
> En - om jou soort argument te voer - agter alles sit gulsige witmense
> wat hul karre laat steel sodat hulle n nuwe een kry en die paar
> duisend van die ou wat dit steel.
>
> Daar was al n hele paar hofsake daaroor. So die rede vir
> motordiefstalle is gulsige wittes.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93342 is 'n antwoord op boodskap #93331] Do, 27 Mei 2004 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Niemand probeer grond afvat by stedelinge nie!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:tiebb057fl10kns6qn1kk37466tr92773s@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 10:01:49 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> werkloosheid
>> toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly voortbestaan want
>> om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.
>
> Nie in die stede nie - waar loshande die meeste mense is.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93343 is 'n antwoord op boodskap #93337] Do, 27 Mei 2004 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja! Baie dankie, ek het dit geniet. Jammer, maar ek het baie goete aan
die gang. Hier's 'n antie wat nie haar mind kan opmaak oor hoe haar nuwe
huis moet lyk nie......

"Annette" skryf in boodskap news:c94f2o$m89$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het jy die prentjie van die sokkerveld gekry?
>
>
> --
> Annette
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93344 is 'n antwoord op boodskap #93317] Do, 27 Mei 2004 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dis hoog tyd dat die swart regerings van Afrika iets daadwerkliks
> doen om hierdie bedelkultuur van swart Afrikane op 'n einde te kry. Dit
> kan jy net doen deur die mense hulle trots terug te gee......WERK!

Jy ken natuurlik nie die geskiedenis van die Afrikaner
nie, of wil dit nie ken nie. In die twintig- en dertigerjare
van die vorige eeu, met die verstedeliking van die wit
Afrikaners, was daar die sogenaamde "armblanke-
probleem." Hulle bestaan en wat om met hulle te
doen was een van die dryfvere agter die groeiende
"nasionalisme" van 'n sekere deel van die Afrikaner-
dom. Toe daardie kliek nou die mag in hulle hande
kry in 1948, was een van die eerste dinge wat hulle
gedoen het om werkreservasie toe te pas, sodat
al hierdie mense in verskuilde werk "na bo kan klim."
Siedaar, affirmative action. So jy praat nou so reg
in die ANC se hande in.

Gloudina
Re: Vir Suidwester [boodskap #93346 is 'n antwoord op boodskap #93340] Do, 27 Mei 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 14:28:38 +0300, "Suidwester" wrote:

100% maar die wit Afrikaners dring nie aan op 'n stukkie pasella
grond nie!

Uhuh??!!

Al van Jan van Riebeeck gehoor?
En van Piet Retief? En al die Potgieters en so aan?
Re: Vir Suidwester [boodskap #93347 is 'n antwoord op boodskap #93344] Do, 27 Mei 2004 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 11:49:07 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Jy ken natuurlik nie die geskiedenis van die Afrikaner
> nie, of wil dit nie ken nie. In die twintig- en dertigerjare
> van die vorige eeu, met die verstedeliking van die wit
> Afrikaners, was daar die sogenaamde "armblanke-
> probleem."

Sien anderdag in een van Gert Vlok Nel se boeke n ou foto van
Afrikaners in Beaufort Wes na die een of ander vloederige reenbui
geneem.

Dit lyk net soos n township behalwe dat die mense op die foto wit is!
Re: Vir Suidwester [boodskap #93348 is 'n antwoord op boodskap #93341] Do, 27 Mei 2004 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 14:30:12 +0300, "Suidwester" wrote:

> Jy kan dit seker so sien ook? Hang af van waar staan jy, is dit nie?
> Feit is egter dat die steel nog moet plaasvind....

Daar le die kern, ne? IN die "jy kan dit seker so sien" . Maar is dit
dit n siening van sake wat al die fasette insluit? Dit is die
belangrike vraag.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93349 is 'n antwoord op boodskap #93342] Do, 27 Mei 2004 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 14:30:53 +0300, "Suidwester" wrote:

Die punt is dat die meeste swartmense in SA in die stede bly en dat
dit nie moontlik is om stukke grond vir oorlewings-boerderye in die
stede te gee of the vat nie.

Dis stede, sien....

> Niemand probeer grond afvat by stedelinge nie!
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:tiebb057fl10kns6qn1kk37466tr92773s@4ax.com...
>> On Thu, 27 May 2004 10:01:49 +0300, "Suidwester"
>> wrote:


>> > werkloosheid
>>> toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly voortbestaan
> want
>>> om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.

>> Nie in die stede nie - waar loshande die meeste mense is.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93356 is 'n antwoord op boodskap #93346] Do, 27 Mei 2004 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, kry die ding in perspektief. Die rou Afrika was nie van hoek tot
kant bedek met swart mense nie. Hulle het gebly rondom beskikbare oop
waters. Dit was die blanke boere wat met die tegnologie gekom het om
onbewoonbare lappe grond woonbaar te maak deur vir water te boor. Dit is
een van die kerns van die probleme met hierdie saak. julle reken mense
grond toe wat hulle nooit gehad het nie en ook die fiet dat die wit boere
wat grond gevat het, het produktief daarop geraak. Ek weet nie by julle
nie, maar bring vir my 'n enkele suiwer swart boerderyinisiatief [van die
baar grond af op] in Nam en ek oorweeg wragtag om die Beeld weer te lees!!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:hpnbb0h0f24jqgjqphjh2t8stlc3mo5vbk@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 14:28:38 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93357 is 'n antwoord op boodskap #93348] Do, 27 Mei 2004 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink jy sien die teorie van die saak en ek belef die werklikheid op die
grond in die platteland. Kom staan by en kyk in die swart mense se oë wat
jou daagliks kom soebat vir werk. Dan kyk jy na die stede toe waar
kontrakte vir vreemdes uitgegee word en jou eie mense misken word. En kom
kyk hoe maak die mense van die stad met hierdie soebattendes. Hulle klim
uit hul blink karre met hulle klein selfoontjies en hulle weerkaatsende
sonbrilletjies wat hulle soos marsmanne laat lyk en dan gee hulle vir die
mense aalmoese. Dis presies hoekom julle so kan teoretieseer. Wat van
jy klim uit jou blink stad en gaan na 'n arm woonbuurt toe en gaan kyk hoe
lyk dit daar en jy sal verstom wees om te sien dat die mense wondere kan
verrig met net R30 per dag. Geld wat julle uitgee in 'n oomblik op 'n
blink tydskrif of stukkie ander plesier. Kyk na hierdie mense en vra
jouself weer af of die regering se storie lekker werk.....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:1unbb0hb32brbiftotk6g0usl8vtqek1dq@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 14:30:12 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> nie?
>> Feit is egter dat die steel nog moet plaasvind....
>
> Daar le die kern, ne? IN die "jy kan dit seker so sien" . Maar is dit
> dit n siening van sake wat al die fasette insluit? Dit is die
> belangrike vraag.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93358 is 'n antwoord op boodskap #93344] Do, 27 Mei 2004 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Of jy vervorm die storie om jou storie te pas! Op jou ouderdom behoort jy
te weet van die depressie en sekerlik was daar armblankes. mense wat vrek
swaar gekry het. Die regering van daardie dae het werk geskep om hierdie
mense uitkoms te gee. Hier by ons is in Windhoek die Avisdam gebou juis
vir daardie doel. Die beginsel van die storie is egter dat WERK verskaf is
deur die regering van die dag. Sekerlik sal enige regering werkreservering
toepas op sy eie, dis net normaal. Maar wat van as die regering van die
dag net vir sy direkte partygenote kanse gee soos nou wat in Afrika aan die
gang is en die massas swart mense krepeer van ellende. Hoekom gee die Anc
en Swapo nie vir hulle werk nie? Volgens jou eie storie nou, was die
blanke regering mos dan myle beter as die regerings van vandag. Ten minste
het hulle vir hul eie mense gesorg!
"@rogers.com" wrote in message
news:TAktc.15938$GYd.3162@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Dis hoog tyd dat die swart regerings van Afrika iets daadwerkliks
>> doen om hierdie bedelkultuur van swart Afrikane op 'n einde te kry. Dit
>> kan jy net doen deur die mense hulle trots terug te gee......WERK!
>
> Jy ken natuurlik nie die geskiedenis van die Afrikaner
> nie, of wil dit nie ken nie. In die twintig- en dertigerjare
> van die vorige eeu, met die verstedeliking van die wit
> Afrikaners, was daar die sogenaamde "armblanke-
> probleem." Hulle bestaan en wat om met hulle te
> doen was een van die dryfvere agter die groeiende
> "nasionalisme" van 'n sekere deel van die Afrikaner-
> dom. Toe daardie kliek nou die mag in hulle hande
> kry in 1948, was een van die eerste dinge wat hulle
> gedoen het om werkreservasie toe te pas, sodat
> al hierdie mense in verskuilde werk "na bo kan klim."
> Siedaar, affirmative action. So jy praat nou so reg
> in die ANC se hande in.
>
> Gloudina
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93359 is 'n antwoord op boodskap #93349] Do, 27 Mei 2004 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar hoekom nie? As jy 'n mens se plaas [ook sy besigheid! En veel
moeiliker om te bedryf as om 'n salaristrekker in 'n kantoor te wees] kan
vat vir jouself en jou mense, wat's verkeerd met die blankes se huise? Jy
sê mos juis die swart mense stroom stad toe. Hoekom moet hulle in krotte
gaan plak as hulle kan deel in die blankes se huise. Hoekom mag 'n blanke
paar sonder kinders 4 slaapkamers en twee badkamers hê? Hoekom kan hulle
nie deel met die arm swart behoeftiges nie? Die beginsel bly dieselfde!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:h0obb051krvdgl7mhft3sbcnuap5p4lkcc@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 14:30:53 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> Die punt is dat die meeste swartmense in SA in die stede bly en dat
> dit nie moontlik is om stukke grond vir oorlewings-boerderye in die
> stede te gee of the vat nie.
>
> Dis stede, sien....
>
>
> > "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:tiebb057fl10kns6qn1kk37466tr92773s@4ax.com...
>>> On Thu, 27 May 2004 10:01:49 +0300, "Suidwester"
>>> wrote:
>
>
>>> >> werkloosheid
>>>> toeneem onder die gewone mense, gaan die grondprobleem bly
voortbestaan
>> want
>>>> om grond te kry, is 'n manier van oorlewing.
>
>>> Nie in die stede nie - waar loshande die meeste mense is.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93360 is 'n antwoord op boodskap #93346] Do, 27 Mei 2004 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Was Piet Retief nie die een wat vermoor is toe hy grond WETTIG by die
zoeloe's wou koop nie? En toe storm die zoeloe's die boere laer en slaan
babatjies se koppe teen waewiele plat nie? Was dit daai Piet Retief? Ek
dink nie hy verdien dan om onder 'n grondrower te val nie - hy sou mos die
grond koop teen die "prys" wat Dingaan hom gegee het?

E

"Ferdi Greyling" wrote:
> Uhuh??!!
>
> Al van Jan van Riebeeck gehoor?
> En van Piet Retief? En al die Potgieters en so aan?
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93361 is 'n antwoord op boodskap #93359] Do, 27 Mei 2004 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Hoekom moet hulle in krotte
> gaan plak as hulle kan deel in die blankes se huise. Hoekom mag 'n blanke
> paar sonder kinders 4 slaapkamers en twee badkamers hê? Hoekom kan hulle
> nie deel met die arm swart behoeftiges nie?

Ja-nee, jong. Vir eens stem ek nou met jou saam.
Net soos ek saamgestem het met daardie plakkers
in Amsterdam 'n ruk gelede wat in ou ongebruike
geboue ingetrek het en nie wou uitgaan toe die
regering hulle vertel om uit te gaan nie. Erens moet
die sluis bars.

Tant Hessie van die Heerengracht.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93362 is 'n antwoord op boodskap #93356] Do, 27 Mei 2004 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 16:30:49 +0300, "Suidwester" wrote:

erdi, kry die ding in perspektief. Die rou Afrika was nie van hoek
tot
> kant bedek met swart mense nie. Hulle het gebly rondom beskikbare oop
> waters. Dit was die blanke boere wat met die tegnologie gekom het om
> onbewoonbare lappe grond woonbaar te maak deur vir water te boor. Dit is
> een van die kerns van die probleme met hierdie saak. julle reken mense
> grond toe wat hulle nooit gehad het nie en ook die fiet dat die wit boere
> wat grond gevat het, het produktief daarop geraak. Ek weet nie by julle
> nie, maar bring vir my 'n enkele suiwer swart boerderyinisiatief [van die
> baar grond af op] in Nam en ek oorweeg wragtag om die Beeld weer te lees!!

Wat jy hier gepos het is eintlik maar net die motivering vir
beslaglegging. Met ander woorde waarom dit "goed" is dat die wit boer
die grond vat. Beter vir almal en so aan.

Nou soos wie klink jy NOU, dude?!!

Sy edele Bad Bob Mugabe, sou ek se!!!!
Re: Vir Suidwester [boodskap #93363 is 'n antwoord op boodskap #93360] Do, 27 Mei 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 16:04:41 +0200, "Elaine" wrote:

> Was Piet Retief nie die een wat vermoor is toe hy grond WETTIG by die
> zoeloe's wou koop nie? En toe storm die zoeloe's die boere laer en slaan
> babatjies se koppe teen waewiele plat nie? Was dit daai Piet Retief? Ek
> dink nie hy verdien dan om onder 'n grondrower te val nie - hy sou mos die
> grond koop teen die "prys" wat Dingaan hom gegee het?

Einste. Maar laat kom met die details van daai kooptransaksie voor ons
se hy het grond wettig gekoop of so iets.

En was daar nie gesteelde beeste ook betrokke nie?

En wie het in Natal gewoon - vir die sowat 200 voorafgaande jare?

Dit complicate goed nogal.

Maar terug tot die punt: Wat wou Piet Retief daar he?
Grond.
Dalk so bietjie pasella grond?

Ek stel werklik belang in die kooptransaksie wat jy van praat. Watter
grond is gevra en wat is aangebied daarvoor?
Re: Vir Suidwester [boodskap #93364 is 'n antwoord op boodskap #93357] Do, 27 Mei 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 16:41:13 +0300, "Suidwester" wrote:

> Ek dink jy sien die teorie van die saak en ek belef die werklikheid op die
> grond in die platteland.

Nie in Suid-Afrika nie.
Re: Vir Suidwester [boodskap #93365 is 'n antwoord op boodskap #93359] Do, 27 Mei 2004 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 16:50:51 +0300, "Suidwester" wrote:

Nee. Die een is boer die ander is woon in die stad.

> Maar hoekom nie? As jy 'n mens se plaas [ook sy besigheid! En veel
> moeiliker om te bedryf as om 'n salaristrekker in 'n kantoor te wees] kan
> vat vir jouself en jou mense, wat's verkeerd met die blankes se huise? Jy
> sê mos juis die swart mense stroom stad toe. Hoekom moet hulle in krotte
> gaan plak as hulle kan deel in die blankes se huise. Hoekom mag 'n blanke
> paar sonder kinders 4 slaapkamers en twee badkamers hê? Hoekom kan hulle
> nie deel met die arm swart behoeftiges nie? Die beginsel bly dieselfde!
Re: Vir Suidwester [boodskap #93366 is 'n antwoord op boodskap #93363] Do, 27 Mei 2004 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
So ver ek kan onthou - my geskiedenis is bietjie vaag, het van die boere die
sotho's gehelp om hulle beeste terug te steel by die zoeloe's of xhosa's.
Baie keer het van die swart stamme die boere se grond gestorm en hulle
beeste gesteel, maar die wittes se beeste was gemerk, so hulle het elke keer
hulle gemerkte beeste gaan terug onderhandel of "steel". Ek het altyd die
idee gekry dat die oorspronklike trekkers nie wou "oorlog" of steel by die
swart stamme nie, maar eerder in vrede saam met hulle wou lewe, maar wat
gemaak as hulle elke nag jou beeste kom steel of sommer vir die pret keel-af
sny? Die grootste probleem was met die Zoeloe's en Xhosa's, en die boere
het saam met baie ander swart stamme (soos die Basotho's) gestaan teen
veediefstal. Die bg. twee stamme het by almal gesteel, nie net die wittes
nie. Dis wat ek geleer is in elk geval.

Piet Retief wou, volgens my vae kennis, 'n lappie aarde daar êrens in Natal
koop, volgens die boeke het die boere wat die aanslag oorleef het die
Retiefs se liggame en die stukkie papier met Dingaan se kruisie op gekry,
wat bewys het Retief het die stuk grond gekoop. So ver ek kan onthou wou
Dingaan 'n paar honderd bees vir die grond gehad het. Geld het mos in daai
jare geen of min waarde vir die stamme gehad nie. 'n Bees was meer werd as
'n paar pond.

Hoe dit ookal sy, moet jy onthou dat grond in daai jare maar 'n redelike
"free-for-all" besigheid was. Meeste stamme was nomadies, en het eenvoudig
gestop daar waar die weivelde die beste was. As dit uitgewei is, het hulle
opgepak en getrek na die volgende beste weiveld toe. Om so ver terug te
gaan om vir mense grond te gee, wat niemand kan bewys gekoop of gesteel is
nie, is 'n bietjie absurd. Nie eers die zoeloe's kan met sekerheid sê of
daai grond gekoop of probeer steel is nie. Retief is eenvoudig in 'n lokval
gelei en vermoor, dit nadat hy en Dingaan op 'n prys vir die grond
ooreengekom het.

Dit word algemeen aanvaar dat Retief wel die grond wettig gekoop het, so
iemand beter die Retiefs gaan loop soek en hulle grond vir hulle teruggee.

E

"Ferdi Greyling" wrote:

> En was daar nie gesteelde beeste ook betrokke nie?
>
> En wie het in Natal gewoon - vir die sowat 200 voorafgaande jare?
>
> Dit complicate goed nogal.
>
> Maar terug tot die punt: Wat wou Piet Retief daar he?
> Grond.
> Dalk so bietjie pasella grond?
>
> Ek stel werklik belang in die kooptransaksie wat jy van praat. Watter
> grond is gevra en wat is aangebied daarvoor?
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93367 is 'n antwoord op boodskap #93362] Do, 27 Mei 2004 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, anders as jy skei ek nie eintlik wit en swart nie. Ek sê: Moenie
produktiewe grond wegvat en gee vir mense wat dit nie ten volle kan benut
nie. Ek het nie 'n probleem met 'n bona fide swart boer nie. Dis egter
hoofsaaklik nie waarvoor plase onteien word nie. Die hordes gaan plak
daarop. In my opinie is dit agteruit boer.....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:nutbb0l5k07qdseolfbkqcajj5mo92l9e8@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 16:30:49 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> > kant bedek met swart mense nie. Hulle het gebly rondom beskikbare oop
>> waters. Dit was die blanke boere wat met die tegnologie gekom het om
>> onbewoonbare lappe grond woonbaar te maak deur vir water te boor. Dit is
>> een van die kerns van die probleme met hierdie saak. julle reken mense
>> grond toe wat hulle nooit gehad het nie en ook die fiet dat die wit boere
>> wat grond gevat het, het produktief daarop geraak. Ek weet nie by julle
>> nie, maar bring vir my 'n enkele suiwer swart boerderyinisiatief [van die
>> baar grond af op] in Nam en ek oorweeg wragtag om die Beeld weer te
lees!!
>
> Wat jy hier gepos het is eintlik maar net die motivering vir
> beslaglegging. Met ander woorde waarom dit "goed" is dat die wit boer
> die grond vat. Beter vir almal en so aan.
>
> Nou soos wie klink jy NOU, dude?!!
>
> Sy edele Bad Bob Mugabe, sou ek se!!!!
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93368 is 'n antwoord op boodskap #93363] Do, 27 Mei 2004 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weg van Retief af, weereens moet jy souself projekteer in die verlede in en
hoe dit daardie jare gegaan het. Hier by ons is die Reheboth Basters die
enkele bevolkingsgroep wat self sy grondgebied by Rehoboth gekoop het, maar
dis nie wat ek wil sê nie. Dis die koopkontrak en die bedrag of
ruilgoedere waarvoor ooreengekom is. So uit die hand kan ek nie presies sê
nie, maar ek weet dat 'n ordentlike geweer in daardie jare waar 'n man maar
moes keer vir jou gat vir wilde diere en die rowers, was baie werd. Nog
meer was 'n gesoute perd. Vandag klink dit belaglik om te sê dat byv.
hulle het ooreengekom op sê 100 gewere en 50 gesoute perde. As jy dit in
vandag se geld sou omsit, dan is dit seker saam so rondom R250 000 werd,
maar werk dit nou terug in KOOPKRAG-waarde na die 1896's toe en jy sal vind
hulle het baie, baie geld betaal. Heel billik, eintlik. Net so het die
Duitsers by die draai van die vorige eeu verlate plaasgrond aan oud-stryders
verkoop en tipies Duitser, is daai koopkontrakte beskikbaar in die argiewe.
Bou die bedrae per hektaar om in vandag se waarde en jy sal vind dat hulle
gerieflik meer as vandag se markprys betaal het.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:13ubb0hj49q65s5m2g3l7e6tcbp0ft3c60@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 16:04:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> die
>> zoeloe's wou koop nie? En toe storm die zoeloe's die boere laer en slaan
>> babatjies se koppe teen waewiele plat nie? Was dit daai Piet Retief? Ek
>> dink nie hy verdien dan om onder 'n grondrower te val nie - hy sou mos die
>> grond koop teen die "prys" wat Dingaan hom gegee het?
>
> Einste. Maar laat kom met die details van daai kooptransaksie voor ons
> se hy het grond wettig gekoop of so iets.
>
> En was daar nie gesteelde beeste ook betrokke nie?
>
> En wie het in Natal gewoon - vir die sowat 200 voorafgaande jare?
>
> Dit complicate goed nogal.
>
> Maar terug tot die punt: Wat wou Piet Retief daar he?
> Grond.
> Dalk so bietjie pasella grond?
>
> Ek stel werklik belang in die kooptransaksie wat jy van praat. Watter
> grond is gevra en wat is aangebied daarvoor?
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93369 is 'n antwoord op boodskap #93364] Do, 27 Mei 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sekerlik nie, maar ek sien honderde indien nie duisende boere per jaar wat
in ons waters kom visvang omdat julle vis alles eintlik maar op is en julle
nie meer met 4x4'e op die strande mag ry nie, en ek het nog nie 'n enkele
persoon gevind wat vir my vertel dat dit eintlik anders gaan daar by julle
nie. Maar, julle 'Bojaansbergers weet mos alles......................

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:v8ubb0llqm6mcv2c8mod75ek8qg58d1f4c@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 16:41:13 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> op die
>> grond in die platteland.
>
> Nie in Suid-Afrika nie.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93370 is 'n antwoord op boodskap #93361] Do, 27 Mei 2004 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik was ek net sarkasties maar ek is bly jy begryp iets vir 'n
verandering.
"@rogers.com" wrote in message
news:DCmtc.2246$lZz1.1155@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Hoekom moet hulle in krotte
>> gaan plak as hulle kan deel in die blankes se huise. Hoekom mag 'n
> blanke
>> paar sonder kinders 4 slaapkamers en twee badkamers hê? Hoekom kan hulle
>> nie deel met die arm swart behoeftiges nie?
>
> Ja-nee, jong. Vir eens stem ek nou met jou saam.
> Net soos ek saamgestem het met daardie plakkers
> in Amsterdam 'n ruk gelede wat in ou ongebruike
> geboue ingetrek het en nie wou uitgaan toe die
> regering hulle vertel om uit te gaan nie. Erens moet
> die sluis bars.
>
> Tant Hessie van die Heerengracht.
>
Re: Vir Suidwester [boodskap #93371 is 'n antwoord op boodskap #93365] Do, 27 Mei 2004 15:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sorry ou vriend, bloot net omdat 'n ou in 'n dorp of 'n stad bly is hy
beskerm teen onregverdigheid? Wat ís die verskil? Moet nie skynheilig
wees nie! Die swart mense kon vir 'n lang tyd nie erwe of eiendom in die
stede koop nie. Is hulle dan nie onregverdig benadeel nie? Sekerlik as
hulle 'n stukkie plaas op die platteland kan eis, waarom mag die mense in
die stad nie ook hulle stukkie regstelling eis nie?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:iaubb05gjri81savdoo6n463209h2o27ol@4ax.com...
> On Thu, 27 May 2004 16:50:51 +0300, "Suidwester"
> wrote:
>
> Nee. Die een is boer die ander is woon in die stad.
>
>
> > sê mos juis die swart mense stroom stad toe. Hoekom moet hulle in
krotte
>> gaan plak as hulle kan deel in die blankes se huise. Hoekom mag 'n blanke
>> paar sonder kinders 4 slaapkamers en twee badkamers hê? Hoekom kan hulle
>> nie deel met die arm swart behoeftiges nie? Die beginsel bly
dieselfde!
>
Vorige onderwerp: Alles Bevok
Volgende onderwerp: Italiaanse mans kom reg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:10:16 MGT 2024