Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaner-stereotipes
afrikaner-stereotipes [boodskap #6319] So, 21 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Joan van Zyl  is tans af-lyn  Joan van Zyl
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as
witmense gedink het. Hier is die resultate. Is ons almal regtig so?

"Afrikaners is baie konserwatief, selfs die wat sogenaamd liberaal is."
"Eerlik en spontaan."
"Rigied, onverdraagsaam, hardkoppig en bang vir verandering."
"Laat my dink aan Bloemfontein en rugby"
"Innerlike krag en oortuigings."
"Eers het ek gedink hulle is brutaal en wreed, nou dink ek hulle is plat-op-die-aarde."
"Straight en oop."
"Sterk vroue; eerlik oor hul politieke oortuigings."
"Normaal."
"Gasvry en trots; streng morele kode en Christelike waardes. Aardse sin vir humor."
"Plaasmense op klein dorpies. Crimplene-rokkies."
"Nie so sleg nie. Bedreig en bang. Trots."
"Die mans hou almal van dieselfde motor: Ford. En rugby en rooivleis. Die ouer tannies het pers gekrulde hare, die ooms baie kort hare. Die jong mense lyk maar soos enige volksgroep. Rigied, sin vir humor, godsdienstig en baie vriendelik."
"Mans hou 'n macho-beeld voor; maar is gaaf as jy hulle beter leer ken."
"Sin vir humor wat buitestaanders nie altyd verstaan nie."
"Opreg, konvensioneel, tradisioneel, gasvry, godsdienstig."
"Vroue verkies mans wat vir hulle voorsien bo loopbaan. Mans verkies tuisteskeppers."
"Mans drink baie; macho"
"Meisies in leersandale met green grimering en los gewade; en Boere wat gaaf, vriendelik en gemoedelik is."
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6320 is 'n antwoord op boodskap #6319] So, 21 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Joan van Zyl wrote:
> "Mans drink baie; macho"
> "Meisies in leersandale met green grimering en los gewade"

As die twee 'n huwelik sou maak, kom daar serious probleme...
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6331 is 'n antwoord op boodskap #6319] Wo, 24 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Oosthuizen  is tans af-lyn  Pieter Oosthuizen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Joan van Zyl wrote:
> Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
> telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
> een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
> liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as ...

Snaaks dat hierdie nie "modern, kreatief, ondernemend" tipe mense van
die grootste maatskappye in Afrika besit en wie se elektroniese en
rekenaar innovasies wêreldwyd opslae maak...

Hoe kan jy veralgemeen deur te vra "is ons almal so?"

In elk geval is daar 'n paar kenmerke genoem wat ek graag sou wou sien
in my mede nuusgroepers, soos bv "Normaal".
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6336 is 'n antwoord op boodskap #6319] Do, 25 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AntMan  is tans af-lyn  AntMan
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Joan van Zyl wrote:
> Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
> telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
> een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
> liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as
> witmense gedink het.

As Afrikaners nie wit (of blank) is nie, wat is hulle dan?

Antonie
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6347 is 'n antwoord op boodskap #6319] Sa, 27 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Pieter Oosthuizen wrote:
> Joan van Zyl wrote:
>>
>> Date: Sun, 21 Apr 96 11:18:02 PDT
>> From: Joan van Zyl
>> Subject: afrikaner-stereotipes
>>
>> Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
>> telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
>> een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
>> liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as

Die "negatiewe" van die Afrikaner is kenmerke wat 'n dekades lange
aanslag deur oa die ANC wat 'n "Character Assasination" op die
Afrikaner uitgevoer het om hom in 'n swak beeld te stel vir politieke
gewin. Soos in enige volk is daar baie meer goed in die algemene
Afrikaner as wat mense sal sê hulle waarneem. Die stryd om die
Afrikaner se beeld opnuut regtestel gaan voort, gelukkig nou op fronte
vêr buite SA!
Groete uit Perth.
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6363 is 'n antwoord op boodskap #6319] Ma, 29 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AntMan wrote:
>As Afrikaners nie wit (of blank) is nie, wat is hulle dan?

Mense wat Afrikaans praat.

Blank is 'n regsdefinisie uit apartheid wat (soos bewys is) weinig,
indien enige, verband hou met biologiese of DNA-dinge. Dit het in
effek 'n sekere bevoorregte klas in terme van mag gedefinieer.
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6374 is 'n antwoord op boodskap #6319] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AntMan wrote:
> As Afrikaners nie wit (of blank) is nie, wat is hulle dan?

Ag.....
My neef en vriende was op skool een dag vasgevang in die argument
wat van tyd tot tyd soos griep onder Afrikaners uitslaan: Wat is 'n
Afrikaner.
Hulle het 'n goeie onderwyser gehad wat in hulle die gewoonte laat
neerslaan het dat 'n mens na 'n verklarende woordeboek toe moet gaan
in sulke argumente.
Hulle doen dit toe.
Daar sien hulle toe dat 'n Afrikaner 'n "bees met wegle^-horings" is.

Ou Antie, seker as 'n mens Afrikaans as huistaal praat, in
Suid-Afrika woon en 'n Afrikaners wil wees? Die goed in nogal vaag
hoewel dit baie werklik is.
Ek dink 'n Fransman wat Frans as huistaal het, in Frankryk woon en 'n
Fransman wil wees, is seker 'n Fransman....?
Die punt wat ek eintlik wil maak, is dat daar baie mense in Kaapland
en in Gauteng is wat onder apartheid "Kleurlinge" was wat
waarskynlik Afrikaners is (en was) - as hulle dit verkies - want 'n
mens het seggenskap daaroor, die reg om af te stig as't ware.

(Of kultuur nie meer tel nie: As jy Bles Bridges bedoel, dan, ja dit
tel nie meer nie.
Dit tel in elk geval nie in die samestelling van 'n goeie los gemaal
en 'n bevredigende dryfbeweging nie, so, what the hell...)
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6375 is 'n antwoord op boodskap #6319] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AntMan  is tans af-lyn  AntMan
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> AntMan wrote:
>
> >
>
> Mense wat Afrikaans praat.

So, alle mense wat Frans praat is Franse (soos die Franse in
Frankryk)? Of alle Duitsprekendes is nou Duitsers? Of alle
Engelssprekendes is nou Britte? Ek wonder wat gaan 'n
Oostenryker (of Duitsprekende in Switzerland) aan jou doen as jy
hom probeer oortuig hy is eintlik 'n Duitser?

> Blank is 'n regsdefinisie uit apartheid wat (soos bewys is) weinig,
> indien enige, verband hou met biologiese of DNA-dinge. Dit het in
> effek 'n sekere bevoorregte klas in terme van mag gedefinieer.

Ek sien kultuur maak nou ewe skielik nie meer saak nie?

Antonie
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6383 is 'n antwoord op boodskap #6319] Wo, 01 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry Joubert  is tans af-lyn  Henry Joubert
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Aan die ou in Perth. Gaan skop 'n paar Abo's.
That will keep you on practice and happy.

Hoe gaan dit met die AWB tak in Perth?

Henry
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6407 is 'n antwoord op boodskap #6319] Vr, 03 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AntMan  is tans af-lyn  AntMan
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:

>
> Ou Antie, seker as 'n mens Afrikaans as huistaal praat, in
> Suid-Afrika woon en 'n Afrikaners wil wees? Die goed in nogal vaag
> hoewel dit baie werklik is.
> Ek dink 'n Fransman wat Frans as huistaal het, in Frankryk woon en 'n
> Fransman wil wees, is seker 'n Fransman....?

My punt is dat die persoon wat in Nigeri"e woon en ook Frans as huistaal het nie 'n
Fransman is nie. Hy is 'n Nigeri"er. Dieselfde, die persoon wat in Oostenryk woon met
Duits as huistaal is 'n Oostenryker en nie 'n Duitser nie.

> Die punt wat ek eintlik wil maak, is dat daar baie mense in Kaapland
> en in Gauteng is wat onder apartheid "Kleurlinge" was wat
> waarskynlik Afrikaners is (en was) - as hulle dit verkies - want 'n
> mens het seggenskap daaroor, die reg om af te stig as't ware.

Jy is reg, 'n mens het seggenskap daaroor. Maar die volk het ook seggenskap of hy die
persoon, wat deel van die volk wil wees, wil toelaat al dan nie. Dit is hoogs
diskremenerend maar dit werk oor die hele wêreld so; nie net in SA nie.
Vriende van my bly nou al vir 5 jaar in Glasgow. Hulle sê dat die gemeenskap hulle
nog steeds nie wil aanvaar en dat die lewe daar bietjie eensaam is.
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6430 is 'n antwoord op boodskap #6319] Wo, 08 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AntMan wrote:

>> Die punt wat ek eintlik wil maak, is dat daar baie mense in Kaapland
>> en in Gauteng is wat onder apartheid "Kleurlinge" was wat
>> waarskynlik Afrikaners is (en was) - as hulle dit verkies - want 'n
>> mens het seggenskap daaoror, die reg om af te stig as't ware.

Kleurlinge kan nie Afrikaners genoem word nie, of hulle nou wil of
nie. Dit is nie 'n kwessie van wat hulle verkies nie. 'n Afrikaner
word bepaal deur jou afkoms. Die afkoms van die Kleurlinge is eintlik
basters. Bismark het gesê "Think with your blood" Die Kleurlinge se
bloed maak hulle nie Afrikaners nie.
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6438 is 'n antwoord op boodskap #6319] Sa, 11 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
l...@alpha.terranet.co.za (Louis Siebrits) wrote:

> Dit is nie 'n kwessie van wat hulle verkies nie. 'n Afrikaner
> word bepaal deur jou afkoms. Die afkoms van die Kleurlinge is eintlik
> basters.

Al ooit van 'n navorser van Wes-Kaapland met die van Heese gehoor?
Probeer sy boek Groep Sonder Grense in die hande kry dan praat ons
weer.
Jou stelling en sy navorsing saam lei tot die konklusie dat daar geen
Afrikaners nêrens is nie.
Re: afrikaner-stereotipes [boodskap #6449 is 'n antwoord op boodskap #6319] Ma, 13 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AntMan wrote:
> Maar die volk het ook seggenskap of hy die persoon, wat deel van die volk wil wees, wil toelaat al dan nie.

Met die voorwaarde dat 'n mens deur geboorte en afkoms tot 'n sekere
vlak onvervreembare regte van die aard kry.
Vorige onderwerp: Brolloks
Volgende onderwerp: Waarschuwing "bons"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:02:04 MGT 2024