Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sabbat " deur HEWITT VISSER
" Sabbat " deur HEWITT VISSER [boodskap #88874] Di, 06 Januarie 2004 20:37
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hewitt Visser

Sabbat

Om sewe-uur verwag die Jongnooi eiers
en wors vir haar vriende voordat hulle
berg toe ry vir die dag, en sorg dat hulle
mandjies volgepak is met die piekniekkos.
Maak rosyntjieskons met jam om tienuur:
die Mies moet koffie vir haar tennisspelers gee.
Ounôi, oom Dries en tant Bes kom vir ete:
skaapboud, rys, patats, pampoen, droëperskes,
kool, daarna vars vrugteslaai en roomys. Martha,
Nôi sal self die tee vanmiddag maak sodat jy
kan rus, maar sit eers die koppies reg met suiker
en met melk, klits room en smeer dit op die koek.
Die Baas bring seiljagvriende vir 'n drankie:
sorg vir versnaperings en sit dit halfsewe
op die stoep. Die mense eet by ons, sny
salami, sult en ham, en maak aartappel-
en gemengde slaai met warm broodrolletjies,
beskuitjies, kaas en vrugte; daarna koffie.
As jy opgeruim het, kan jy loop: jy het ook
'n blaaskans nodig voor die week begin.
Vorige onderwerp: " Bruilofslied " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Huil Huil deur K.Vosloo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:32:53 MGT 2024