Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » bonsgons
bonsgons [boodskap #6283] Wo, 17 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Aan ons liewe lede, en veral Leendert en Bernhard:

Jammer vir die deurmekaarspul in my boodskappe die afgelope ruk, en die
verwysings na boodskappe wat verdwyn. Dit het mettertyd al hoe duideliker
geword dat daar baie boodskappe was wat ek nie gekry het nie, en van my
eies het net verdwyn. Toe stuur ek die "wat gaan aan" boodskap, waarna ek
'n "BOUNCE" boodskap ontvang het: "You have been removed from the list
'Afrikaans'. Thanks for being with us." Frankie registreer toe weer. Toe
peul daar hordes ou boodskappe orals uit. Jammer Leendert en Bernhard dat ons
so bietjie by mekaar verby gepraat het (Leendert omtrent kinders, tv, en
"captive audiences", en Bernhard oor Petronius).

Ek het natuurlik nog geen benul hoe dit alles gebeur het nie, en hou maar
duim vas dat dinge verder vlot verloop.

Groete
Frank
Re: bonsgons [boodskap #6284 is 'n antwoord op boodskap #6283] Wo, 17 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Frank Snyckers writes:
> Aan ons liewe lede, en veral Leendert en Bernhard:

> Jammer vir die deurmekaarspul in my boodskappe die afgelope ruk...
hou op om daai snaakse goed te rook, man...

> 'n "BOUNCE" boodskap ontvang het: "You have been removed from the list
> 'Afrikaans'. Thanks for being with us."
Daar's 'n lekker teenstelling in daai boodskap!

> Ek het natuurlik nog geen benul hoe dit alles gebeur het nie, en hou maar
> duim vas dat dinge verder vlot verloop.

> Groete
> Frank

Moet sê, die Net laat my ook soms sonder benul, maar dis deel van die pret?

Welkom terug,
Andre
Vorige onderwerp: Onze geest is dood
Volgende onderwerp: ttt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:48:41 MGT 2024