Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bokke van Engeland
Bokke van Engeland [boodskap #88630] So, 28 Desember 2003 07:18 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interessant om vanoggend op die nuus te sien van die spul wilde Boerbokke[?]
naby Devon[?] wat vir die boere in die omgewing jare se moeilikheid gee en
sommer skade aanrig aan alles, insluitend motors. Nou is daar die een kant
wat sê die bokke is te veel en moet uitgedun word en aan die anderkant,
mense wat pro-bok is en reken die diere mag nie geskiet word nie en daar
moet eerder ander planne gemaak word, soos beter heinings, ens. Die groot
vraag vir my is natuurlik of die pro-bok-mense enigsins van die direkte
lydendes onder die bokke se skade is, of staan hulle op die kantlyn?
Re: Bokke van Engeland [boodskap #88639 is 'n antwoord op boodskap #88630] Di, 30 Desember 2003 04:20 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Interessant om vanoggend op die nuus te sien van die spul wilde Boerbokke[?]
> naby Devon[?] wat vir die boere in die omgewing jare se moeilikheid gee en
> sommer skade aanrig aan alles, insluitend motors. Nou is daar die een kant
> wat sê die bokke is te veel en moet uitgedun word en aan die anderkant,
> mense wat pro-bok is en reken die diere mag nie geskiet word nie en daar
> moet eerder ander planne gemaak word, soos beter heinings, ens. Die groot
> vraag vir my is natuurlik of die pro-bok-mense enigsins van die direkte
> lydendes onder die bokke se skade is, of staan hulle op die kantlyn?

Ja maar dan ken ons ook mos bok se kjend - as die doringruigtes te
veel raak in 'n kamp jaag 'n spannetjie boerbokke daarin en sommer gou
gou vreet hulle hom plat. Dan sê hulle ook nie verniet 'n kind is nes
'n boerbok nie - gee hom net 'n kans en hy klouter bo op alles -
insluitend motor karre.

Heppie Nuwejaar.
Cheers
Lou
Vorige onderwerp: Rugby: Staaldraad
Volgende onderwerp: Olimpiese Spele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:31:05 MGT 2024