Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: TV, seks, geweld.
Re: TV, seks, geweld. [boodskap #6255] Ma, 15 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 15 Apr 1996, Leendert van Oostrum wrote:

>> Ek besef dat hierdie feite my teenkanting teen internet-sensuur
>> aantas, maar ek voel dat die internet nie dieselfde "openbare"
>> karakter besit as die TV nie.
>
> Ek volg nie hoe jy tussen die twee onderskei nie.

[knip weldeurdagte idees]

Die staat se seggenskap-argumente weens spektrumskaarsheid en openbare
gerief geld hoegenaamd nie vir die internet nie. Die internet is 'n
"common carrier", soos 'n telefoonnetwerk, of die poskantoor, wat
toevallig 'n "oop" karakter besit.

Verder besit televisie unieke eienskappe wat sy rol in die gemeenskap
betref. Dit is die invloedrykste nuusmedium. Dit dra openbare nuuskanale,
al word daar hoeveel privaat-, of kabelkanale ook uitgesaai. Dit is
deels hoekom die Amerikaners kabelkanale dwing om publieke uitsaaikanale
toegang tot die kabel te gee - die voortbestaan van openbare
televisiekanale is 'n staatsbelang dringend genoeg vir die Amerikaners om
die dwangmaatstawwe grondwetlik goed te keur: *Turner Broadcasting v FCC
[27 Junie 1994].

'n Ouer het minder regverdiging om daarop aan te dring dat die staat die
internet "skoon" hou, as dat die staat die televisie "skoon" hou. Die
feit dat meer en meer mense die internet begin gebruik, beteken nie dat
die meerderheid mag bepaal watter boodskappe andere vir enige iemand wat
belangstel mag en nie mag stuur nie. Dis veel billiker om aan die
bekommerde ouer te sê: hou jou kind dan van die internet weg - moenie
vir hom 'n modem koop nie, of hou toesig oor sy gebruik van jou modem -
as om vir die ouer te sê: moenie 'n televisie koop as jy bang is nie. Om
iets te "download" moet mens spesifiek daarna soek. Toegang tot die
internet kan maklik van ander rekenaargebruike geskei word.

Miskien is die Amerikaanse "splitsing" waarna Bernhard verwys glad nie so
'n slegte idee nie. As die splitsing sou beteken dat daar darem 'n deel
van die internet is wat totaal oopbly, dan is daar nie inmenging met
volwasse outonomie nie, en ouers kan die rekenaars aan hulle kinders
oorlaat sonder om benoud te wees. Die v-skyfie is myns insiens glad nie
'n slegte idee nie. Dit het met sensuur redelik min te make. Dit versterk
bloot die eienaar van 'n tv-stel se eiendomsmag. Moet dus entoesiasties
deur vryheidsgesindes aanvaar word :-). As dit die skeiding van totale
vryheid vir diegene wat vryheid soek, en ordentlike beheer vir diegene
wat ordentlike beheer soek, kan bewerkstellig, dan is dit 'n groot stap
in die rigting van outonomie en weg van sensuur af.

Groete
Frank
Re: TV, seks, geweld. [boodskap #6256 is 'n antwoord op boodskap #6255] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 12:56 AM 4/15/96 SAT, you wrote:
>
> Na aanleiding van Bernhard, Leendert en Hendrik se boodskappe ----------------------knip------------------------
> SEKS EN KINDERS
>
> Hoe dit ookal sy, die wêreld het nog altyd gemeen dat die
> uitbeelding van eksplisiete seks 'n kind meer ernstige psigiese skade
> aandoen as gruwelike geweld, middelmatige seks meer as middelmatige
> geweld, en seks as konsep meer as geweld as konsep. ----------------------knip--------------------------
> Groete, Frank

(vergewe die knippery - om een of ander rede wil Eudora Light my nie toelaat
om die hele inhoud van 'n artikel saam met my repliek te stuur nie)

Daar steeks iets daarin dat eksplisiete seks 'n psigiese invloed op kinders
kan he^.....ek onthou goed hoe geskok ek was toe ek die eerste maal (op
dertien) die feite van die lewe geleer het. Aan die ander kant het dit my
van 'n helse gewetenswroeging verlos, omdat ek besef het dat my eie drange
nie so onnatuurlik was as wat ek gemeen het nie. Natuurlik, as 'n redelik
volwasse persoon, as verslaggewer en deur die internet word ek aan meeste
vorme van seks blootgestel. Oor die algemeen is dit nie vir my 'n probleem
nie. Een keer het die polisie in Brittanje, Amerika en ook hier in
Suid-Afrika toegeslaan op verskeie verdagtes wat kinderpornografie op hulle
rekenaars gehad het, en dit op die internet versprei het. Die polisie het
agterna vir ons 'n beskrywing van die materiaal gegee. Ek het die storie vir
radio gedoen, en die polisie se beskrywings met van die materiaal in die
alt.sex.pedofilia nuusgroep vergelyk. Ek moet sê dat waar gewone erotika
wel soms die bedoelde erotiese effek het, die "pedofilia" 'n absolute
weersin in my gewek het - ek het eintlik naar geword. So iets het ek nog
nooit voorheen beleef nie. Ek kan glo dat sulke materiaal psigiese skade nie
net aan kinders nie, maar ook volwassenes kan aanrig. Maar wat "gewone"
sekstonele betref dink ek nie dat dit enige skade (aan kinders) kan doen
nie: mits 'n mens kan sê "ja, dit is hoe dit is, dit is waar babas vandaan
kom". In 'n gewone huishouding, waar Ma en Pa vir mekaar lief is en dit elke
dag wys, behoort seks nie 'n vreemde of traumatiese ding te wees nie.

Maar geweld is iets anders: die trauma van 'n ongeluk of 'n grusame moord
kan 'n kind (of volwassene!) se psige versteur. Kyk maar na die kinders wat
in die townships grootgeword het: ek het persoonlik, met geleentheid, die
trauma van bloedvergieting en geweld saam met hulle ervaar. Ek weet hoe lyk
iemand wat ses AK-47 skote in sy maag gekry het, en ek weet hoe voel dit as
iemand op jou skiet. Maar ek is 31 jaar oud, en ek dink ek kon dit beter
hanteer as die townshipkinders wat net 12, 13 jaar oud was. RAU het so jaar
of twee gelede 'n program van stapel gestuur om hierdie kinders sielkundig
te "debrief" (ontlont?), sodat hulle weer normaal kan funksioneer. Die
program het 'n paar goed ontleen van die Amerkaners se programme om hulle
Vietnam-veterane te ontlont. Nader aan ons eie ervaring wonder ek hoe
huislike geweld - Pa wat vir Ma slaan, of selfs net verskreeu - 'n kind se
psige aantas.

Dan is daar natuurlik die argument dat die mens 'n aggressiewe wese is, en
dat die aggressie noodsaaklik is om veral die man se voortbestaan in 'n
onvriendelike wereld te verseker. Sport, speelgoedrewolwers en jagtogte word
dan voorgehou as maniere waarop 'n seun homself vir die toekoms kan
voorberei. Die seun moet homself natuurlik ook teen die vroulike gelsag kan
handhaaf...

Hierdie soort van goed moet versigtig teen mekaar opgeweeg word.

Hendrik


**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Vorige onderwerp: Vervolg kinderbescherming op Internet
Volgende onderwerp: Erediens in Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:51:27 MGT 2024