Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vulgaatbalk
Vulgaatbalk [boodskap #6248] Ma, 15 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die boodskappe kom in snaakse volgordes aan. Dit lyk asof kortes vinniger
deurkom as langes, en party verdwyn soos spreekwoordelike mis voor die
son. Ek het 'n boodskap gestuur as repliek op Eric se vraag i.v.m. die
Latyn-aanhaling wat Bernhard by sy lys aanhalings van Middel- en
Oudnederlandse variasies van Matt 7:5 gevoeg het. Die boodskap het oor
Petronius se styl gehandel. Toe wou ek weet of iemand die
Vulgaat-weergawe van Bernhard se versie had. Nou het ek tog die moeite
gedoen om die Vulgaatteks op die internet te "download". Graag wil ek
darem maar dit met Bernhard en Eric deel:

Hypocrita eice primum trabem de oculo tuo et tunc videbis eiecere
festucam de oculo fratris tui.

Huigelaar, verwyder eers die BALK (boom!) uit jou [eie] oog en dan sal jy
sien om die STROOITJIE (riet, takkie, neteligheid) uit jou broer se oog te
verwyder.

Wat vir my ontsaglik interessant is omtrent die Petronius aanhaling (oor
luise en bosluise) is dat die sintaksis van daardie aanhaling redelik
sterk met Matt 7:3 ooreenstem (Ek het ongelukkig net 'n Engelse
Gideonsbybel hier: Why do you look at the speck of sawdust in your
brother's eye and pay no attention to the plank in your own eye?)

Die Latyn ("vides" en "non vides") stem met die Petronius-aanhaling van
Bernhard ooreen.

Petronius se datums word bietjie betwis, maar het beslis die laaste deel
van die eerste eeu NC gedek. Die Vulgaat is natuurlik middeleeus.
Petronius was geen Christen nie - op daardie stadium was die Christene 'n
groep wat die Keiser as 'n oorlas beskou het, weens vredesversteurende
moontlikhede. Hoe Petronius 'n teksie kon skryf wat so naby aan die
Vulgaat-teks van Mat 7:3 kom, weet nugter alleen. Ek sal beslis die mense
wat beter weet hieroor uitvra. Het enige iemand enige idees? Kan dit wees
dat dit 'n algemene aforisme was in Tiberius se tyd??

Groete
Frank
Vorige onderwerp: Nieuwe media met nieuwe wetten
Volgende onderwerp: Vervolg kinderbescherming op Internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:16:38 MGT 2024