Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nieuwe media met nieuwe wetten
Re: Nieuwe media met nieuwe wetten [boodskap #6243] So, 14 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Heelwat van die opmerkings wat Bernhard kwytraak, i.v.m. verkoopstegnieke en
die web, kan mens net mee saamstem. Maar, Bernhard, die fout wat jy myns
insiens maak, is eenvoudig: e-mail is nie 'n enkelvoudige "medium" nie.

Wat ons hier het, op hierdie poslys, is 'n veelparty-gesprek. Dit is
soos 'n gesprek tussen 'n klomp blinde, stom mense in 'n kroeg, wat
elk 'n braille-tikmasjien en papier besit, en baie goed braille kan lees.
Die verskil is dat meer as een deelnemer op 'n slag 'n bydrae kan lees,
en dat die tikwerk amper so maklik is as gesels. Om hierdie situasie met
verkoopsbriewe, copy-writing, reklame, of selfs vriendelike briefskrywery
te vergelyk, is half eienaardig. Om die "styl" van die mark as
verbondswet vir die gesprek te beskou, en dogmaties daarop aan te dring,
is half waansinnig.

Terloops, ek merk Bernhard kan my "stylpyl" boodskap as "bombasties" beskryf
terwyl hy net die eerste paar re"els kon ontrafel. Miskien het dieselfde
leestegniek hom tot die slotsom gedryf dat my apologetiese gedagtes oor
haatspraak in my "Rushdie" thread 'n vorm van arrogansie was.

Ek moet sê, ek stem saam wat die frustrerende, vervelige aard van die
web betref. As iemand voorstelle het vir opwindende "sites" sal ek dit
nogal waardeer. Bernhard?

Groete
Frank
Vorige onderwerp: Verbiede, bespotten, huichelarijen
Volgende onderwerp: Oud-Nederlandse splinter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:51:58 MGT 2024