Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » O, die stylpyl!
O, die stylpyl! [boodskap #6235] Sa, 13 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Onse Heer Bernhard het op 'n kol 'n stel "e-mail-reëls" ontdek. Hy
besluit toe dat hierdie asemrowend gesaghebbende stel op die
poslysgesprekke van toepassing moet wees. Kort sinne. Kort paragrawe.
Inspring vir 'n ruspunt vir die oog.

'n Paar gedagtes hieromtrent:

1) Die gedagte dat ons wedersydse gesprekke op hierdie poslys aan 'n
stel reëls wat betrekking het op formele besigheidsbriewe moet voldoen,
is seker die mees lagwekkende voorstel wat nog op die lys geopper is.
("Dear Sirs// It has recently come to my attention that your company has
been sequestrated. I have been advised that...".) Skaakwedstryde en
besigheidsbriewe pas sleg bymekaar. Politieke gesprekke en
besigheidsbriewe pas nog slegter bymekaar. Limerieke en
besigheidsbriewe...wel, nouja.

2) Mens kry twee soorte stylbewustes. Die een soort ken die elegante
variasie van Tacitus en besef dat goeie styl 'n kwessie van beginsels en
aanvoeling eerder as goue reëls is. Die ander soort leer 'n reëls, besef
nie mooi waar die reëls vandaan kom nie, en siteer die reëls, dikwels
onder verkeerde omstandighede, so dikwels as wat hy kan. Die een soort
sal sê: Moenie lang sinne gebruik as dit onnodig is nie, of as dit tot
sintaktiese lompheid lei nie. Die ander soort sal sê: Moet nooit sinne
langer as 1.5 reëls gebruik nie. Die beste voorbeeld van die regte soort
stylbeheptheid is Fowler's Modern English Usage. Die beste voorbeeld van
die verkeerde soort stylbeheptheid is Bernhard se e-mail edikte vir ons
poslys.

3) Diegene wat dit geniet om e-mail teks te vervorm, kan gerus "inspring"
by hierdie paragrawe. Ek het ongelukkig nog nie die pret in hierdie vorm
van tydverdryf ontdek nie.

Groete
Frank

NS: Bernhard, wat jou reaksie op Dave se boodskap betref (dat dit 'n
voorbeeld van "Engelse arrogansie" is wat jou Duytsche bloed laat kook):
Elke nou en dan maak iemand op hierdie poslys heftig beswaar teen die
gebruik van 'n taal, of 'n stylvorm. Die gewone voorbeeld van sulke
beswaar is baie meer kru as Dave se onskuldige boodskap. Tog word daar
vertel dat mens sulke besware nie te ernstig moet opneem nie, en dat mens
maar rustig moet voortgaan soos vantevore.
Vorige onderwerp: Nederlands BTV
Volgende onderwerp: Mijn excuses!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:58:11 MGT 2024