Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Censuur op Internet
Re: Censuur op Internet [boodskap #6225] Sa, 13 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Bernhard skryf oor sensuur-pogings op die internet en die v-skyfie. Hy
hou nie van sensuur nie. Mooi. Ek ook nie. Ek het so pas 'n halwe
biblioteek leeg gelees met hofuitsprake wat die belaglike pogings van
Engelse, Amerikaanse, en Kanadese regters bevat om die begrip "obseen" te
definieer en aan juries gretig om enige iets in die tronk te stop te
verduidelik. Lord Denning meen die doeane-beamptes ken pornografie as
hulle dit sien, en het die volgende "toets" wat nooit misluk nie: "Is
this decent?" Regter Brennan voel weer dat ure en ure se kyk na alle
denkbare uitbeeeldings van seks in alle denkbare media miskien nie die
beste ding vir die lede van die hooggeregshof se kunswaardering is nie.

Wat internet-sensuur betref het ek 'n oulike een: Oxford Universiteit
moet natuurlik groot munte hoes om internet-toegang vir alle studente te
verseker, en my deelname aan hierdie poslys is aan die sisteem te danke.
Die probleem was dat "pornografiese", of dan "erotiese", sites die tweede
popul^erste terminus vir die universiteitsgemeenskap was (ek het nie 'n
benul wat die popul^erste was nie), en toe besluit die senaat om al die
X-deure toe te klap. Die universiteitsowerhede was gretig om te
verduidelik dat die besluit niks met sensuur te doen gehad het nie, maar
bloot 'n noodsaaklikheid was weens die mors van tyd en geld, omdat
studente (en dons) heeldag die X-sites wou besoek. Hoe presies dit aan
die finansi"ele las van die universiteit 'n verskil sou maak, weet ek nie
mooi nie. Maar nouja. Ek neem aan die "deurwagter" beleid was
prakties moontlik omdat al die universiteitstoegang tot die internet deur
die Bodleian bib gaan, of so iets. Internetverbruik op Oxford het skerp
gedaal. Die lug is weer suiwer. Die vo"eltjies sing weer.

Totsiens
Frank
Re: Censuur op Internet [boodskap #6237 is 'n antwoord op boodskap #6225] So, 14 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
James Andrews[2]  is tans af-lyn  James Andrews[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 14 Apr 1996 14:45:33 +0200, Hendrik Martin wrote:
> [edit]
> Dit is interessant dat sensuur en seksuele pornografie vir baie mense byna
> sinoniem is - ten minste hier in Suid-Afrika. Ek dink erotiese pornografie
> in die algemeen is minder van 'n euwel as byvoorbeeld foto's van bloederige
> lyke na 'n bomontploffing. Op televisie is dit steeds taboe om vroulike
> borste te wys (en dit is glad nie pornografie nie), maar geweldstonele is
> algemeen te sien. Ek kon nog nooit hierdie soort moraliteit verstaan nie.
> Hendrik
Hoor! Hoor!
Steek , maar moenie doodsteek nie!
Re: Censuur op Internet [boodskap #6238 is 'n antwoord op boodskap #6225] So, 14 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> As ek met my daaglikse berywighede besig is, soos om op straat te
> wees, is daar natuurlik dinge wat ek noodwendig moet waarneem, of ek
> wil of nie. Ek sou egter nie daarvan hou as, byvoorbeeld,
> uitbeeldings van sadistiese gruwelmoorde die mode word vir die
> versiering van winkelvensters nie. Ek sou dan optree om my reg te
> beskerm om te kies wat ek waarneem op plekke waar ek noodwendig moet
> wees.

> In die geval van kinders, het hulle die reg om in hierdie keuse (van wat
> hulle waarneem) deur hul ouers gerig en gelei te word (Handves van
> kinderregte). Dit beteken dat ouers ook in die vermoe" gestel moet
> word om die pligte uit te voer wat volg uit die betrokke reg van
> kinders. Interessant genoeg, bevat die Handeves van Kinderregte, wat
> deur Nederland onderteken is, en nie deur die VSA nie, juis 'n
> bepaling wat 'n plig op die staat le^ om ree"lings te tref dat ouers
> in staat gestel word om hierdie verpligting uit te voer.

> Hoewel ek dus vrede het met wat die studente en Dons van Oxford, of
> die deursnee TV-gehoor in Nederland kies om waar te neem, is dit so
> dat die aangangers van fundamentalistiese godsdienste in die VSA,
> Saudi-Arabie" en elders eweseer die reg het om te kies wat hulle
> waarneem - op straat, op TV, internet, of enige ander publieke
> medium. Insgelyks het die kinders van sulke gesinne die reg om _deur
> hulle ouers_ (en nie deur studente aan Oxford, Yale of Leiden nie) gerig en
> gelei te word oor wat hulle waarneem.

> Ek dink dit is dus te verwelkom, en nie te bespot nie, dat
> tegnologie ingespan word om 'n situasie te skep waar Frank en
> Bernhard, sowel as Jesse Helms en Ayatolla X en hul kinders hul reg
> kan uitoefen om te kan kies wat hulle in die openbare media waarneem.

> 'n Voorbeeld. Die departement van gesondheid het 'n reisende
> uitstalling geskep, wat VIGS-inligting verskaf - 'n uitgeberide
> (duur) uitstalling met eksplisite twee- en driedimensionele
> uitbeeldings van elke moontlike hetero- en homeseksuele posisie,
> kombinasie en orifikasie insluitende "tegnieke" wat vir een na
> twintig jaar as matroos nuut was!

(KNIP)

> Die spesifieke geval illustreer bloot die algemene neiging van die
> staat om die reg van kinders te ignoreer om deur hul ouers gerig en
> gelei te word waar dit kom by wat hulle waarneem en leer - in skole
> en elders.

Reg genoeg. Maar wanneer seks, geweld ens. uitgebeeld word is dit dikwels van
die minder aangename aspekte van die samelewing wat aan kinders voorgehou
word, baie keer asof dit die norm sou wees. Mens kan nie juis dink dat 'n
uitgebreide kennis hiervan 'n kind sou baat nie. Maar jy het onlangs 'n wet
voorgestaan wat die onderrig van evolusie op skool sou verbied, waarskynlik
omdat jy nie 'n aanhanger van evolusie is nie. Dit is geheel en al 'n perd van
'n ander kleur - as jy die biologie bestudeer, _moet_ jy 'n goeie kennis van
evolusie hê. Waar trek jy dus die streep? Moet die kinders van fundamenta-
listiese ouers nou 'n gebrekkige opvoeding in die biologie kry om hul ouers se
vooroordele tegemoet te kom? Indien wel, sal sulke kinders dan hul eie skole
moet hê? Ek weet die situasie is tansgrotendeels denkbeeldig, want danksy die
invloed van die NG kerk is daar op die oomblik geen onderrig van evolusie op
skool nie, maar moontlik sal sake in die toekoms verander. Sou dit dan
regverdig wees om kinders die reg te ontneem om oor evolusie te leer bloot
omdat sommige fundamentalisme daarteen beswaar maak?
Leon Retief, Bellville
Re: Censuur op Internet [boodskap #6239 is 'n antwoord op boodskap #6225] So, 14 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 11:06 AM 4/13/96 SAT, you wrote:
> On 13 Apr 96 at 2:03, Frank Snyckers wrote:
>
>>
>> Bernhard skryf oor sensuur-pogings op die internet en die v-skyfie.
>> Hy hou nie van sensuur nie. Mooi. Ek ook nie.

Ek ook nie.

Dit is interessant dat sensuur en seksuele pornografie vir baie mense byna
sinoniem is - ten minste hier in Suid-Afrika. Ek dink erotiese pornografie
in die algemeen is minder van 'n euwel as byvoorbeeld foto's van bloederige
lyke na 'n bomontploffing. Op televisie is dit steeds taboe om vroulike
borste te wys (en dit is glad nie pornografie nie), maar geweldstonele is
algemeen te sien. Ek kon nog nooit hierdie soort moraliteit verstaan nie.

Hendrik

======================================================
"Mel's Space Program"
Enq.: mar...@sabc.co.za
Re: Censuur op Internet [boodskap #6240 is 'n antwoord op boodskap #6225] So, 14 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

.
tegnologie ingespan word om 'n situasie te skep waar Frank en[/color]
> Bernhard, sowel as Jesse Helms en Ayatolla X en hul kinders hul reg
> kan uitoefen om te kan kies wat hulle in die openbare media waarneem.>>>

Stem 100 persent saam. En op die net is dit moontlik.
Re: Censuur op Internet [boodskap #6259 is 'n antwoord op boodskap #6225] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article cand...@aztec.co.za (James Andrews) writes:
> From: cand...@aztec.co.za (James Andrews)
> Subject: Re: Censuur op Internet
> Date: Sun, 14 Apr 1996 19:27:55 GMT

> On 14 Apr 1996 14:45:33 +0200, Hendrik Martin
> wrote:
>> [edit]
>> Dit is interessant dat sensuur en seksuele pornografie vir baie mense byna
>> sinoniem is - ten minste hier in Suid-Afrika. Ek dink erotiese pornografie
>> in die algemeen is minder van 'n euwel as byvoorbeeld foto's van bloederige
>> lyke na 'n bomontploffing. Op televisie is dit steeds taboe om vroulike
>> borste te wys (en dit is glad nie pornografie nie), maar geweldstonele is
>> algemeen te sien. Ek kon nog nooit hierdie soort moraliteit verstaan nie.
>> Hendrik
> Hoor! Hoor!


> Steek , maar moenie doodsteek nie!

Wat jy bedoel is: Steek, maar nie met 'n mes nie.

Leon Retief, Bellville
Vorige onderwerp: Re: Name in Oz
Volgende onderwerp: Not amused
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:22:31 MGT 2024