Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrae vir BERNHARD BEZEMER
Vrae vir BERNHARD BEZEMER [boodskap #6196] Do, 11 April 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
(1) Is Algemeen Beschaafd Nederlands nie 'n neo-koloniale
komplot van 'n sekere deel van die Nederlandse bevolking
(gesetel in Haarlem en omgewing) om ander taalgebiede
onder hul kontrole te hou nie? En sien ons nie al hoe meer
en meer opstand daarteen, byvoorbeeld van die Vlaminge
wat wil skryf soos hulle praat nie? En wat van die mense
van Friesland. Een van die dae, as hulle veilig voel binne
die groter Europese Unie, verklaar hulle hulself onafhanklik.
Hoe seker is jy dus dat ABN oor vyftig jaar nog gaan
bestaan?

(2) Hoeveel is ABN nog presies soos die mense in Haarlem
praat? Of is dit die maaksel van 'n hele klomp ou mans
op 'n hele klomp komitees oor die jare. Met ander woorde,
as 'n jongman liefdeswoordjies in sy geliefde se oor wil
fluister in Haarlem, gebruik hy ABN ?

(3) Waarom moet die sprekers van Afrikaans enige lojaliteit
vertoon aan 'n taal wat gebaseer is op die Haarlemse manier
van praat, wanneer dit welbekend is dat Afrikaans se wortels
heelwaarskynlik in Suid-Holland gevind kan word? (Nogtans
is Afrikaans nie suiwer Suid-Hollands nie, volgens Kloeke.
En Afrikaans behou ook baie dinge wat alreeds in die Suid-
Hollandse dialek besig is om te verander.)


(4) Kan jy vir my verduidelik hoekom daar so vreeslik baie
Franse en Engelse woorde in die sogenaamde ABN is?
Agter in ons Nederlandse woordeboek vind ek die volgende:
"Praktische Tips." Wat het geword van die goeie Dietse
woord "wenk" wat ons in Afrikaans gebruik vir die
Engelse woord "tip"?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Bargoens (Re:)
Volgende onderwerp: Statenbijbel (Re:)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:14:55 MGT 2024