Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Oor rekenaars en SMS en blackberries
Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84514] Do, 25 September 2003 19:16 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek

is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook

aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal

computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,

'n Amerikaanse publikasie.

Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende

pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973

'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes

van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die

skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings

juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie

het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele

persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat

mense kan bekostig.

Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die

feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om

SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen

word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat

die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin

het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol

per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in

Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek

saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf

op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as

een van die lede van ons familie vir ons vertel waar

hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik

na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die

SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie

so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld

nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"

met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog

meer gesien het as iets waarop mens net praat.

Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik

word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in

Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir

elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.

Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang

boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die

nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,

maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter

taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en

dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van

instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.

Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee

jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.

Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan

hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per

rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon

wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs

onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort

hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik

word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al

daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black

out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84517 is 'n antwoord op boodskap #84514] Vr, 26 September 2003 01:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Onder jongmense plaaslik is dit verskriklik gewild - ek ervaar die
rekeninge.... (Dit kos +/- 75sent/oproep)
Baie handig en heelwat goedkoper as die oproepe - amper soos die ou
"telegramme" - bondig en tersaaklik.
Andersins is daar natuurlik 'n stroom sms'e daagliks met grappies en grappe.
Dis moontlik om dit na die rekenaar (epos posbus) te herlei - maar dit is
nie 'n gewilde kanaal nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:%9Hcb.123446$DZ.27456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
>
> is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
>
> aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
>
> computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
>
> 'n Amerikaanse publikasie.
>
> Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
>
> pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
>
> 'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes
>
> van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die
>
> skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings
>
> juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie
>
> het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele
>
> persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat
>
> mense kan bekostig.
>
> Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die
>
> feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om
>
> SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen
>
> word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat
>
> die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin
>
> het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol
>
> per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in
>
> Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek
>
> saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf
>
> op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as
>
> een van die lede van ons familie vir ons vertel waar
>
> hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik
>
> na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die
>
> SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie
>
> so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld
>
> nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"
>
> met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog
>
> meer gesien het as iets waarop mens net praat.
>
> Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik
>
> word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in
>
> Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir
>
> elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.
>
> Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang
>
> boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die
>
> nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,
>
> maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter
>
> taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en
>
> dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van
>
> instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.
>
> Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee
>
> jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.
>
> Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan
>
> hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per
>
> rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon
>
> wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs
>
> onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort
>
> hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik
>
> word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al
>
> daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black
>
> out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84536 is 'n antwoord op boodskap #84517] Vr, 26 September 2003 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek regtig met my hele hart en siel verpes is die mense wat nie geld wil
spandeer op 'n oproep nie, en dan stuur hulle vir jou een van daai "Please
call me" sms'e. As die persoon nie geld het nie, en hy doen dit net so nou
en dan sal ek hulle vergewe. Maar dan kry jy mense soos my kleinsus wat
omtrent 3 keer 'n week my een van daai stukke gemors stuur. Ek wonder of
hulle dink ek betaal nie vir my oproepe nie.

'n SMS kan enigiets van 75c (vir 'n standaard sms na 'n ander foon toe) en
meer kos. Daar is nou sisteme in plek waar jy bv. met 'n selfoon 'n sms kan
stuur om in te teken op privaat web sites en dan "bill" hulle jou sê maar
R50 aan die einde van die maand. Vodacom of MTN vat 'n persentasie, die
ISP wat die SMS sisteem opgestel het kry 'n stukkie en die persoon aan wie
die SMS lyn behoort kry die res. Al die sms'e gaan na 'n databasis toe, en
van daar af kan die eienaars dan die hele spulletjie beheer. Wees maar
versigtig wanneer maatskappye julle aanmoedig om te sms, jy kan dalk 'n baie
groot rekening aan die einde van die maand kry.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bl06jr$5pv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Onder jongmense plaaslik is dit verskriklik gewild - ek ervaar die
> rekeninge.... (Dit kos +/- 75sent/oproep)
> Baie handig en heelwat goedkoper as die oproepe - amper soos die ou
> "telegramme" - bondig en tersaaklik.
> Andersins is daar natuurlik 'n stroom sms'e daagliks met grappies en grappe.
> Dis moontlik om dit na die rekenaar (epos posbus) te herlei - maar dit is
> nie 'n gewilde kanaal nie.
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84542 is 'n antwoord op boodskap #84536] Vr, 26 September 2003 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het onlangs 'n paar sms'e gehad wat vra dat 'n bepaalde selnommer
geskakel moet word - wanneer jy dit doen is dit ouens in 'n ellange
humoristiese relaas. Iemand maak seker geld uit die oproep uit ....

"Elaine" skryf in boodskap news:3f7409f8$0$64726@hades.is.co.za...
> Wat ek regtig met my hele hart en siel verpes is die mense wat nie geld wil
> spandeer op 'n oproep nie, en dan stuur hulle vir jou een van daai "Please
> call me" sms'e. As die persoon nie geld het nie, en hy doen dit net so nou
> en dan sal ek hulle vergewe. Maar dan kry jy mense soos my kleinsus wat
> omtrent 3 keer 'n week my een van daai stukke gemors stuur. Ek wonder of
> hulle dink ek betaal nie vir my oproepe nie.
>
> 'n SMS kan enigiets van 75c (vir 'n standaard sms na 'n ander foon toe) en
> meer kos. Daar is nou sisteme in plek waar jy bv. met 'n selfoon 'n sms kan
> stuur om in te teken op privaat web sites en dan "bill" hulle jou sê maar
> R50 aan die einde van die maand. Vodacom of MTN vat 'n persentasie, die
> ISP wat die SMS sisteem opgestel het kry 'n stukkie en die persoon aan wie
> die SMS lyn behoort kry die res. Al die sms'e gaan na 'n databasis toe, en
> van daar af kan die eienaars dan die hele spulletjie beheer. Wees maar
> versigtig wanneer maatskappye julle aanmoedig om te sms, jy kan dalk 'n baie
> groot rekening aan die einde van die maand kry.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bl06jr$5pv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Onder jongmense plaaslik is dit verskriklik gewild - ek ervaar die
>> rekeninge.... (Dit kos +/- 75sent/oproep)
>> Baie handig en heelwat goedkoper as die oproepe - amper soos die ou
>> "telegramme" - bondig en tersaaklik.
>> Andersins is daar natuurlik 'n stroom sms'e daagliks met grappies en
> grappe.
>> Dis moontlik om dit na die rekenaar (epos posbus) te herlei - maar dit is
>> nie 'n gewilde kanaal nie.
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84558 is 'n antwoord op boodskap #84514] Vr, 26 September 2003 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons senior mense het almal BlackBerries, het juis vandag vir die hoof van
Human Resources n email geskryf, kry toe n outomatiese antwoord om te se hy
is in Pennsylvania tot Maandag, en toe kry ek n antwoord email van sy
BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen $399 is
dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer vir
een nie :-)

"@rogers.com" wrote in message
news:%9Hcb.123446$DZ.27456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek
>
> is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook
>
> aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal
>
> computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,
>
> 'n Amerikaanse publikasie.
>
> Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende
>
> pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973
>
> 'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes
>
> van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die
>
> skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings
>
> juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie
>
> het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele
>
> persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat
>
> mense kan bekostig.
>
> Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die
>
> feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om
>
> SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen
>
> word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat
>
> die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin
>
> het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol
>
> per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in
>
> Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek
>
> saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf
>
> op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as
>
> een van die lede van ons familie vir ons vertel waar
>
> hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik
>
> na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die
>
> SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie
>
> so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld
>
> nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"
>
> met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog
>
> meer gesien het as iets waarop mens net praat.
>
> Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik
>
> word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in
>
> Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir
>
> elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.
>
> Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang
>
> boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die
>
> nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,
>
> maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter
>
> taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en
>
> dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van
>
> instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.
>
> Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee
>
> jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.
>
> Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan
>
> hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per
>
> rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon
>
> wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs
>
> onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort
>
> hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik
>
> word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al
>
> daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black
>
> out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84560 is 'n antwoord op boodskap #84542] Sa, 27 September 2003 00:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja - wees maar versigtig, die oproepkostes is dalk meer as normale
oproepe.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bl1bq4$rd7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het onlangs 'n paar sms'e gehad wat vra dat 'n bepaalde selnommer
> geskakel moet word - wanneer jy dit doen is dit ouens in 'n ellange
> humoristiese relaas. Iemand maak seker geld uit die oproep uit ....
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84561 is 'n antwoord op boodskap #84558] Sa, 27 September 2003 01:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

> BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen $399
is
> dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer vir
> een nie :-)

Wel, dis nie net die aanvanklike prys van die hardeware nie,
maar ook die maandelikse koste wat taamlik hoog is. Ek dink
mens moet ook eers wonder of jy genoeg nut van die ding gaan
kry voordat jy so 'n aankope maak. Ons het byvoorbeeld
aangebied om 'n blackberry vir ons ander seun, wat 'n prokureur
is, te koop vir sy verjaarsdag. Maar hy het nie gedink dat dit
baie nut vir hom sou wees nie, want hy werk nie met genoeg
mense wat ook blackberries dra nie. En die mense met wie
hy saamwerk, is ook nie so gedurig in kontak met mekaar nie.
Dit lyk vir my dis alleen nuttig in 'n omgewing waar senior
personeel hulle werkers op die punte van hulle vingers wil hê.
Dus in staatsdepartemente waar daar baie tussen mekaar
gekontak word, of groepe mense wat nou saamwerk op 'n
politieke vlak, byvoorbeeld. Hulle sê Karl Rove praat op sy
seltelefoon en tik op sy blackberry tegelyk.

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84565 is 'n antwoord op boodskap #84561] Sa, 27 September 2003 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
"blackberry" - is dit 'n selfoon?
Klink nie so nie.
(Ons het nog die ou met die mik wat ook soms verby kom - hier in donker
Afrika...)
"@rogers.com" wrote in message
news:kS5db.92109$Lnr1.5481@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Ellie" wrote
>
>> BlackBerry - baie koel. Ek is baie lus en kry vir my een, maar teen
$399
> is
>> dit n bietjie duur vir my smaak, en ek reis nie genoeg om te kwalifiseer
> vir
>> een nie :-)
>
> Wel, dis nie net die aanvanklike prys van die hardeware nie,
> maar ook die maandelikse koste wat taamlik hoog is. Ek dink
> mens moet ook eers wonder of jy genoeg nut van die ding gaan
> kry voordat jy so 'n aankope maak. Ons het byvoorbeeld
> aangebied om 'n blackberry vir ons ander seun, wat 'n prokureur
> is, te koop vir sy verjaarsdag. Maar hy het nie gedink dat dit
> baie nut vir hom sou wees nie, want hy werk nie met genoeg
> mense wat ook blackberries dra nie. En die mense met wie
> hy saamwerk, is ook nie so gedurig in kontak met mekaar nie.
> Dit lyk vir my dis alleen nuttig in 'n omgewing waar senior
> personeel hulle werkers op die punte van hulle vingers wil hê.
> Dus in staatsdepartemente waar daar baie tussen mekaar
> gekontak word, of groepe mense wat nou saamwerk op 'n
> politieke vlak, byvoorbeeld. Hulle sê Karl Rove praat op sy
> seltelefoon en tik op sy blackberry tegelyk.
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84582 is 'n antwoord op boodskap #84565] Sa, 27 September 2003 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
> Klink nie so nie.

Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84584 is 'n antwoord op boodskap #84582] Sa, 27 September 2003 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, dis n hand held device, iets soos n opgejazzde Palm Pilot, sien
hier:
http://www.blackberry.com/products/handhelds/index.shtml

Ons ouens het die 6750 een. Gloudina, ek dink nie dit is staatsamptenare
wat dit gebruik nie, meer privaatmaatskappy wat dit kan bekostig. Ek sou
vies wees as ek weet ons staatsouens gebruik dit, dit is nogal duur. So
ongeveer $399 vir die apparaat, en dan is dit $49 per maand, maar ons ouens
kry verseker n corporate rate wat dit goedkoper maak.
Die hoofvoordeel is dat jy dit vir SMS, email, surf of telefoon kan gebruik,
maar die mense met wie ek gepraat het se hulle gebruik dit nie as foon nie,
dis te lomp, hulle verkies hulle selfone. Die hoofdoel is dat hulle almal
die hele tyd gekonnekteer is, en al hulle email kan aflaai enige tyd, sonder
om gekoppel te wees.

"@rogers.com" wrote in message
news:klgdb.100189$Lnr1.38232@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
>> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
>> Klink nie so nie.
>
> Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84585 is 'n antwoord op boodskap #84582] Sa, 27 September 2003 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, ek wou ook nog net se, dis net jy wat n storie kan begin oor n
elektroniese apparaat, en kan eindig met die Mennoniete se swart
kapkarretjies :-))) Praat van afdwaal, ek dog ek is die ergste, maar jy
kom n close tweede!

"@rogers.com" Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die
nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84588 is 'n antwoord op boodskap #84584] Sa, 27 September 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote
,
Die hoofdoel is dat hulle almal
> die hele tyd gekonnekteer is, en al hulle email kan aflaai enige tyd, sonder
> om gekoppel te wees.

Ja, ek dink dit het dieselfde sagter aanspraakmaking op
mense se aandag as die selfoon, waaraan mense onmiddellik
aandag aan móét gee. Maar dit maak van die draer bietjie van
'n slaaf. Byvoorbeeld, terwyl my seun nog in die Privy
Council gewerk het, het hy 'n vroue-hoof gehad wat vir hom
geblackberry het selfs al weet sy hy is uit met sy ouers vir
'n maaltyd. Of sy blackberry vir hom saans nege-uur met
'n vraag. So die ding het sy voordele en nadele. Dit egter
baie populer, en ek is seker daar is baie baie van hulle
in die VSA in die hande van staats- en federale amptenare.

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84589 is 'n antwoord op boodskap #84585] Sa, 27 September 2003 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote
>
> Gloudina, ek wou ook nog net se, dis net jy wat n storie kan begin oor n
> elektroniese apparaat, en kan eindig met die Mennoniete se swart
> kapkarretjies :-))) Praat van afdwaal, ek dog ek is die ergste, maar jy
> kom n close tweede!

Wel, ek het gehoop dat iemand soos jy wat skerp is, die
verband kon sien. In die plek waar die blackberry gebore
is, een van die voorste tegnologieë, daar is groot dele van
die bevolking in die omliggende plase nog lewende in 'n
pre-tegnologiese maatskappy.

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84591 is 'n antwoord op boodskap #84565] Sa, 27 September 2003 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
> "blackberry" - is dit 'n selfoon?

Ek sien in vanoggend se Globe and Mail se besigheids-
seksie dat hulle dit 'n " wire-less e-mail pager" noem.
Ek neem aan daar is 'n pager-funksie, maar dit kan seker
afgeskakel word, want ek het dit nognie hoor beep nie.
Of anders het dit 'n vibreer-funksie.
Volgens die besigheids-nuus het die aandele van
Research in Motion ( R.I.M.) 144.5 % gestyg hierdie
jaar. "New pagers with colour displays are boosting
sales" volgens die finansiële offisier. "The company
is expanding in Europe and Asia. ... We have been
primarily in North America up until the last several
quarters. Europe is now ramping quite substantially
for us. Asia is starting to ramp."
Wat my amuseer, is dat die woord "blackberry"
nou as 'n werkwoord gebruik word. Will you blackberry
me? He blackberried me.

Gloudina
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84594 is 'n antwoord op boodskap #84591] Sa, 27 September 2003 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - 'n paar jaar terug sou hulle enige ou wat jou blackberry onder
ontugwet aangekla het ....
Nee - die apparatuur is nog nie hier nie - en ek hoop dit bly weg. Die
kinders sal my bankrot maak want hulle sal dit bepaald wil hê...
Nou sal ek na Ellie se saait gaan kyk ....
"@rogers.com" wrote in message
news:O7jdb.101465$Lnr1.84130@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
>> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
>
> Ek sien in vanoggend se Globe and Mail se besigheids-
> seksie dat hulle dit 'n " wire-less e-mail pager" noem.
> Ek neem aan daar is 'n pager-funksie, maar dit kan seker
> afgeskakel word, want ek het dit nognie hoor beep nie.
> Of anders het dit 'n vibreer-funksie.
> Volgens die besigheids-nuus het die aandele van
> Research in Motion ( R.I.M.) 144.5 % gestyg hierdie
> jaar. "New pagers with colour displays are boosting
> sales" volgens die finansiële offisier. "The company
> is expanding in Europe and Asia. ... We have been
> primarily in North America up until the last several
> quarters. Europe is now ramping quite substantially
> for us. Asia is starting to ramp."
> Wat my amuseer, is dat die woord "blackberry"
> nou as 'n werkwoord gebruik word. Will you blackberry
> me? He blackberried me.
>
> Gloudina
>
Re: Oor rekenaars en SMS en blackberries [boodskap #84595 is 'n antwoord op boodskap #84582] Sa, 27 September 2003 17:48 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbt die die verduistering van NY het ek 'n inset op CNN gesien waarvolgens
'n man met 'n RF-sender/ontvanger die lig is sy onmiddelike donker wêreld
was. 'n Goeie produk in die verband is die ICOM - dit kan jy ook dmv jou
rekenaar manipuleer....

"@rogers.com" wrote in message
news:klgdb.100189$Lnr1.38232@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - net om 'n moontlik misverstand te vermy - wat bedoel julle met die
>> "blackberry" - is dit 'n selfoon?
>> Klink nie so nie.
>
> Nee, dis nie 'n selfoon nie, alhoewel hulle glo die nuwere modelle
> ook selfoon-kapabiliteit wil gee. Dis eintlik 'n klein rekenaar, waarop
> jy taamlike lang stukke kan tik, en waarmee jy die internet kan surf.
> Maar dis klein genoeg dat jy dit op jou belt kan dra.
> Maar dit moet met dieselfde ruggraat as selfone werk, want my seun
> wat dit gebruik, het gesê dat hy dwarsdeur die blackout sy blackberry
> kon gebruik. Die aansluitingskostes per maand is egter duur genoeg
> dat mens dit nie in die hande van gewone mense hier in Noord-
> Amerika sien nie. Dis dan ook meestal in gebruik onder staatsdiens-
> amptenare en sulke snare, en ook seker net daardie staatsdiensamptenare
> wat in groepe is wat baie met mekaar in aanraking moet kom. Dit word
> vervaardig deur Research in Motion van Waterloo. ( Die Universiteit van
> Waterloo is een van die beste vir Rekenaarswetenskappe in die wêreld,
> en daar is baie spin offs van hulle navorsing daar gesetel.) ( Waterloo
> is omtrent 'n honderd kilometers of so noordwes van Toronto, in 'n
> area wat dig bevolk is met Mennoniete. Die konserwatiewe Mennoniete
> glo nie in nuwerwetse tegnologie nie, en ry in klein swart kapkarretjies
> selfs in die middel van die winter. As hulle vir hulle karre aanskaf, is dit
> gewoonlik swart. Een van die toeriste-aktiwiteite wat jy in Waterloo
> kry, is om op 'n Sondagmôre na een van hulle kerkies in die omgewing
> te gaan en dan te sien hoe al die swart kapkarretjies aan die een kant
> geparkeer is, en al die swart taamlike duur motors aan die anderkant.)
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Microsoft spesialis raad gesoek
Volgende onderwerp: Sug, alweer n virus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:49:06 MGT 2024