Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Birds and the Bees
Birds and the Bees [boodskap #6183] Do, 11 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Dana Murray  is tans af-lyn  Dana Murray
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hier is nou weer 'n ander storie. Ek voel 'n bietjie simpel om so in te
tjip in die ABA-diskoers. Elk geval, hierdie onderwerp is by die voorhuis
uit, deur die kombuis en gaan properlies oor wat op die werf aangaan.

Op http://www.georgetown.edu/cball/animals/animals.html is daar dieregeluide
in verskillende tale. Die lys begin met "bees" en "birds". Ek het die
opsteller van die lys
Catherine N. Ball cb...@guvax.georgetown.edu
Asst. Prof., Linguistics, Georgetown University
http://www.georgetown.edu/cball/cball.html
gekontak en onderneem om die (geskrewe) Afrikaanse diereklanke aan haar te
besorg. Die dierelys hieronder is die Afrikaanse dierename volgens haar
Engelse diere. Die klanke is my en my vrou se gesamentelike wysheid en die
raadpleging van 'n paar woordeboeke, insluitende die Groot Tesourus.

Net 'n verduideliking. Party diere werkwoord net, soos 'n perd runnik.
Ander diere maak weer net 'n geluid, soos 'n vark maak oink-oink. Die punt
is, IMHO, 'n mens sê nie "'n perd runnik-runnik" nie, en ook nie "'n vark
maak oink" nie. Ander diere werkwoord en maak 'n geluid. 'n Hond blaf en
hy maak woef. 'n Skaap bl^er en maak m^e.

Ek sal enige kommentaar oor die lys BAIE waardeer. Sommige geluide voel
baie geforseer en ek twyfel of dit algemeen gebruik word. As
mede-besluitnemers oor hoe Afrikaans ontwikkel :-) hoef ons seker nie diere,
wat vir ons vreemd is, of klank-benamings, wat in onbruik verval het, op die
lys in te sluit nie.

Bye zoem, gons; hulle maak zoem-zoem
Voëls kwetter, fluit, tjilp; hulle maak tjiep-tjiep
'n Kat miaau
Kuikens piep; hulle maak piep-piep
Koeie loei; hulle maak moe-moe
Kraaie krys, kras; hulle maak kra-kra
'n Koekoek maak koekoek
'n Hond blaf; hy maak woef
'n Donkie balk; hy maak hie-hô
Duiwe koer
Eende kwaak; hulle maak kwak-kwak
'n Olifant trompetter
'n Padda kwaak; hy maak kwaak-kwaak
Gecko en Gibbon is ongewoon
'n Bok blêr; hy maak mê-mê
'n Gans blaas, hy snater
Henne kekkel; hulle maak kloek-kloek
'n Perd runnik
Ape kwetter
Muise piep; hulle maak piep-piep
'n Uil huil; hy maak hoe-hoe
'n Vark maak oink-oink
Maak 'n Pigeon anders as 'n duif in Afrikaans
'n Haan kraai; hy maak koekelekoe
'n Skaap blêr; hy maak mê-mê
'n Tier grom
'n Kalkoen kloek. My vrou sê (op gesag van Sus en Daan) dat Koeloe maak
koeloe-koeloe. Ek kan dit nie meer onthou nie. Hoe maak 'n kalkoen?

Is daar nie dalk iets wat ons kan toevoeg tot die lys nie. Moontlik iets
wat eie is aan Afrikaans, soos 'n slang sis, of eie is aan die
diereverskiedenheid van [Suid[er]-]Afrika, soos 'n leeu brul.

Baie dankie vir almal wat tot hier gelees het.

Groete
Dana

--
Daniel M Murray d...@stp.co.za
P O Box 7254 http://www.stp.co.za/~dmm/
Stellenbosch http://www.stp.co.za/somkonhp/somkonhp.htm
7599 South Africa Tel: +27-[0]21-8801728 Fax: +27-[0]21-8801729
Re: Birds and the Bees [boodskap #6260 is 'n antwoord op boodskap #6183] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dana Murray wrote:
> Op http://www.georgetown.edu/cball/animals/animals.html is daar dieregeluide
> in verskillende tale. Die lys begin met "bees" en "birds". Ek het die
> opsteller van die lys
> Catherine N. Ball cb...@guvax.georgetown.edu
> Asst. Prof., Linguistics, Georgetown University
> http://www.georgetown.edu/cball/cball.html
> gekontak en onderneem om die (geskrewe) Afrikaanse diereklanke aan haar te
> besorg. Die dierelys hieronder is die Afrikaanse dierename volgens haar
> Engelse diere. Die klanke is my en my vrou se gesamentelike wysheid en die
> raadpleging van 'n paar woordeboeke, insluitende die Groot Tesourus.

(stuk geskrap)

> Bye zoem, gons; hulle maak zoem-zoem
> Voëls kwetter, fluit, tjilp; hulle maak tjiep-tjiep
> 'n Kat miaau
> Kuikens piep; hulle maak piep-piep
> Koeie loei; hulle maak moe-moe

beeste bulk, ook gebruik vir koeie, bulle en kalwers, of is
dit nie algemeen nie? Van kleins af ken en gebruik ek die
woord vir beeste se geluid.

'n Moontlike ander woord :)
Toe een van my kinders so 5 jaar oud was, kuier ons by 'n
oom van my op die plaas. Ek het self op 'n plaas opgegroei
en het as kind stadsjapies se onkunde baie snaaks gevind.
Ewenwel, die middag so teen skemer loop my oom en die seuns
buite. Die beeste kom toe juis kraal toe en loop en bulk
soos gewoonlik. My seun hoor die geluid en kyk vraend rond.
"Wat toet so?" vra hy vir my oom. Die lag so dat dit hom 'n
tydjie neem om die vraag te antwoord. Nodeloos om te sê,
die storie is vir jare daarna met smaak vertel elke keer as
ek of my kinders ter sprake kom.

Om die verleentheid nog erger te maak: die aand eet ons
skaapvleis. My oom merk op dat die ou skapie toe beter was
as wat hy gedink het. Dieselfde knaap wat beeste laat toet
vra toe. "Watse vleis is die?" My oom verduidelik dat dit
die vleis is van 'n skaap wat hy die vorige dag geslag het.
Die knaap weier om verder vleis te eet. Op navraag sê hy
dat hy nie "diere vleis" eet nie. "Nou warse vleis eet jy
dan?" vra my oom. "Slaghuis vleis" kom die vinnige
antwoord. Hieroor het my oom gelag dat die trane loop en
die storie is met nog meer smaak as die toetende beeste
vertel. En om te dink dat ek as kind my wou doodlag oor die
stadsjapie wat net "dairy" meld drink.

> Kraaie krys, kras; hulle maak kra-kra
> 'n Koekoek maak koekoek
> 'n Hond blaf; hy maak woef
> 'n Donkie balk; hy maak hie-hô
> Duiwe koer
> Eende kwaak; hulle maak kwak-kwak
> 'n Olifant trompetter
> 'n Padda kwaak; hy maak kwaak-kwaak
> Gecko en Gibbon is ongewoon
> 'n Bok blêr; hy maak mê-mê
> 'n Gans blaas, hy snater
> Henne kekkel; hulle maak kloek-kloek
> 'n Perd runnik
> Ape kwetter
> Muise piep; hulle maak piep-piep
> 'n Uil huil; hy maak hoe-hoe
> 'n Vark maak oink-oink
> Maak 'n Pigeon anders as 'n duif in Afrikaans
> 'n Haan kraai; hy maak koekelekoe
> 'n Skaap blêr; hy maak mê-mê
> 'n Tier grom
> 'n Kalkoen kloek. My vrou sê (op gesag van Sus en Daan) dat Koeloe maak
> koeloe-koeloe. Ek kan dit nie meer onthou nie. Hoe maak 'n kalkoen?

> Is daar nie dalk iets wat ons kan toevoeg tot die lys nie. Moontlik iets
> wat eie is aan Afrikaans, soos 'n slang sis, of eie is aan die
> diereverskiedenheid van [Suid[er]-]Afrika, soos 'n leeu brul.

> Baie dankie vir almal wat tot hier gelees het.

> Groete
> Dana

Henry Flint
Vorige onderwerp: Bijbelse splinter
Volgende onderwerp: Re: Name in Oz
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:02:36 MGT 2024