Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: alweer Afrikaans
Re: alweer Afrikaans [boodskap #6164] Wo, 10 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Apr 1996, Freek Eek wrote:

>
> Al hierdie argumente dui daarop dat daar baie vinnige gorei in
> Afrikaans as skryftaal was, en dat die Afrikaanse woordeskat vinniger
> uitgebrei het as meeste van die ander tale. Vir my dui dit definitief nie
> op taaldegenerasie of taalvervlakking nie. Bernhard ondersteun ook
> die opstel van taalree"ls deur 'n liggaam. Ek kan nie verstaan hoe
> jy kan sê jy baklei nou aan Bernhard se kant nie. Jou motiverings
> is lynreg in stryd met sy standpunte.

Presies aan watter kant daar baklei word is nie eintlik ter sake nie. Een
groot verskil tussen die standardisering van Europese tale deur die
politieke en gemeenskaplike elite na die ontwikkeling van die drukpers,
aan die een kant, en die skepping van ABA, aan die ander kant, is die feit
dat in die een geval 'n proses van eeue se geleerdheid en gebruik
deur die vooraanstaande geleerdes vasgevang is, en in die ander geval die
standaardvorm en die taalre"els in 'n redelik groot mate oornag geskep is.
Daar was voor die meer formele standardiseringsprosesse in Europa reeds
sosiale en politieke elite-vorme vir alle onderwerpe op alle terreine, en
die standardiseringsproses was maar 'n tegnologiese
noodsaaklikheid soos die geskiedenis voortgeloop het. Daar was baie
minder geleentheid vir 'n klein groepie om 'n spesifieke ideologiese
beeld en politieke situasie te gebruik om 'n standaardtaal te ontwerp, 'n
proses wat in Suid-Afrika tot 'n meer of mindere mate wel gebeur het.

Ek stem oor die algemeen met Bernhard saam dat 'n standardiseringsproses
en 'n standaardvorm vir 'n taal se kultuurpeil 'n noodsaaklikheid is. Die
feit dat mens byvoorbeeld in Engels iemand se opvoedingspeil gewoonlik in
terme van sy vlak van "standaardgebruik" kan meet, is nie net 'n manifestering
van Londen-imperialisme nie; dit is 'n uiters noodsaaklike verskynsel
vir die ontwikkeling van die menslike denke. Vooruitgang benodig
konvensies, en konvensies behels standaardvorme. Die ontwikkeling van die
kultuur benodig dan terselfdertyd ook die lewende ontwikkeling van
nie-standaardvorme. Die groot onreg wat ouers hulle kinders aandoen, en
skole hulle skoliere, as hulle die onskatbare waarde van 'n ordentlike
beheer van die standaardstyl minag, werp vrugte af in die vorm van die soorte
resultate wat Amerikaanse en Engelse skole deesdae mee opgeskeep sit,
soos die artikel wat Antonie vir ons gestuur het so mooi bewys.

Baai
Frank
Vorige onderwerp: Revolutie
Volgende onderwerp: alweer Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:04:11 MGT 2024