Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onnies soek gewere
Onnies soek gewere [boodskap #82813] So, 24 Augustus 2003 13:58 na volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
In watter soort land bly ons dan nou ?

Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?

Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
nie tred hou nie ?

Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82816 is 'n antwoord op boodskap #82813] So, 24 Augustus 2003 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar ongelukkig lees ons ook van kinders wat onderwysers aanval en
kinders wat wapens saambring skool toe. In my skooldae het sulke goed nie
gebeur nie. Jy het jou ongeskikte kinders gekry, en kinders wat daarop
aangedring het om chaos te veroorsaak, maar ek het nooit vir my lewe gevrees
by die skool nie. Ek dink dis deesdae amper net so scary om skool toe te
gaan as wat dit is om in die middel van die nag buite rond te dwaal.

E

"jcw" skryf in boodskap news:3f48c4c9.0@news1.mweb.co.za...
> In watter soort land bly ons dan nou ?
>
> Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
> aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
> in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?
>
> Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
> nie tred hou nie ?
>
> Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
> beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
> onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82828 is 'n antwoord op boodskap #82816] So, 24 Augustus 2003 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek hoor, ek hoor, maar hel dit is seker beter om die oorsaak van die
probleem te probeer oplos, ek meen onnies kan seker die polisie skakel, of
die polisie kan seker die misdaad element identifiseer, hel ek dink daar is
'n miljoen goed wat gepoog kan word voor ons wapens aan onderwysers uitrek
om skool toe te gaan mee, nie waar nie ?

Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen goed wat
gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na 'n skool
toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste reaksies
of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van opsies
soos wapenverklikkers, kring televisie ens.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f48ea7b$0$64728@hades.is.co.za...
> Ja, maar ongelukkig lees ons ook van kinders wat onderwysers aanval en
> kinders wat wapens saambring skool toe. In my skooldae het sulke goed nie
> gebeur nie. Jy het jou ongeskikte kinders gekry, en kinders wat daarop
> aangedring het om chaos te veroorsaak, maar ek het nooit vir my lewe gevrees
> by die skool nie. Ek dink dis deesdae amper net so scary om skool toe te
> gaan as wat dit is om in die middel van die nag buite rond te dwaal.
>
> E
>
> "jcw" skryf in boodskap news:3f48c4c9.0@news1.mweb.co.za...
>> In watter soort land bly ons dan nou ?
>>
>> Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
>> aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
>> in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?
>>
>> Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
>> nie tred hou nie ?
>>
>> Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
>> beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
>> onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !
>>
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82831 is 'n antwoord op boodskap #82828] So, 24 Augustus 2003 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou. Hou maar metaal verklikker by die hekke en laat die
kinders daar deurloop elke dag. Ek sien in Amerika moet kinders ook nou, in
sommige skole, met deursigtige boeksakke skool toe gaan, sodat moontlike
wapens raakgesien kan word. Maar jy wil ook nie voel asof jy in 'n tronk in
loop as jy skool toe gaan nie. Miskien moet hulle iets soos 'n "skool
polisie" begin. Mens weet nooit, kinders en onderwyser kan dalk almal
veiliger voel as daar so 10 of 20 fris manne op die skoolgrond ronddwaal.
Nou moet ons natuurlik in ag neem dat dit alles baie geld kos, en hoe gaan
die skole en regering al daai kostes verhaal?

E

"jcw" skryf in boodskap news:3f490d7d.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoor, ek hoor, maar hel dit is seker beter om die oorsaak van die
> probleem te probeer oplos, ek meen onnies kan seker die polisie skakel, of
> die polisie kan seker die misdaad element identifiseer, hel ek dink daar is
> 'n miljoen goed wat gepoog kan word voor ons wapens aan onderwysers uitrek
> om skool toe te gaan mee, nie waar nie ?
>
> Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen goed wat
> gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
> oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na 'n skool
> toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste reaksies
> of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van opsies
> soos wapenverklikkers, kring televisie ens.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82849 is 'n antwoord op boodskap #82831] Ma, 25 Augustus 2003 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die groot vraag is net of van 'n onderwyser verwag kan word om dié klas
risiko te loop? 'n Vuurwapen is, anders as die aktiviste graag wil glo,
nie noodwendig 'n teken van aggressie nie, maar wel 'n teken dat die
moontlike slagoffer nie sommer net gaan staan en die moeilikheid vat
nie......toevallig ook myns insiens hoekom daar so 'n misdaadprobleem in SA
is deesdae. Die publiek vat net alles.....in hoop dat die polisie sal
sorg. As die publiek begin weerstand bied sal die speelveld meer gelyk
raak.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f4918cd$0$64728@hades.is.co.za...
> Ek stem saam met jou. Hou maar metaal verklikker by die hekke en laat die
> kinders daar deurloop elke dag. Ek sien in Amerika moet kinders ook nou, in
> sommige skole, met deursigtige boeksakke skool toe gaan, sodat moontlike
> wapens raakgesien kan word. Maar jy wil ook nie voel asof jy in 'n tronk in
> loop as jy skool toe gaan nie. Miskien moet hulle iets soos 'n "skool
> polisie" begin. Mens weet nooit, kinders en onderwyser kan dalk almal
> veiliger voel as daar so 10 of 20 fris manne op die skoolgrond ronddwaal.
> Nou moet ons natuurlik in ag neem dat dit alles baie geld kos, en hoe gaan
> die skole en regering al daai kostes verhaal?
>
> E
>
> "jcw" skryf in boodskap news:3f490d7d.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek hoor, ek hoor, maar hel dit is seker beter om die oorsaak van die
>> probleem te probeer oplos, ek meen onnies kan seker die polisie skakel, of
>> die polisie kan seker die misdaad element identifiseer, hel ek dink daar
> is
>> 'n miljoen goed wat gepoog kan word voor ons wapens aan onderwysers uitrek
>> om skool toe te gaan mee, nie waar nie ?
>>
>> Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen goed wat
>> gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
>> oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na 'n
> skool
>> toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste
> reaksies
>> of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van opsies
>> soos wapenverklikkers, kring televisie ens.
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82851 is 'n antwoord op boodskap #82849] Ma, 25 Augustus 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek hoor jou oor die wapens, ek was self voorheen lid van die SAP, ek beskik
ook oor 'n handapen van my eie, en is nie van plan om kak te vat net omdat
iemand anders reken dit is tyd vir affirmative shopping nie, maar, ek het
ook telke male gesien dat wapens in die hande van half-opgeleide persone, of
mense met 'n swak selfbeeld ensomeer, in baiegevalle die oorsaak van
agressie is, dit is asof mense se persoonlikhede 'n metamorfose ondergaan as
hy/sy 'n wapen dra, asof hulle hulle nekke uitsteek en se: "Toe kom soek nou
kak met my, dan kyk ons wie wen", en dit het gewoonlik tragiese gevolge.

Ek is jou egter eens dat ons as nasie, die houding moet ontwikkel dat ons
eerste na onsself sal omsien, en die polisie gebruik as back-up vir
potensiele probleme, maar 'n cool approach is nodig, anders kan ons 'n
kruitvat aansteek. So 'n paar weke gelede was hier hewige debat oor rasse en
kleurgrense en persepsies op hierdie group, en ek sal baie bekommerd wees as
sommige van daai individue (beide kante) met wapens sit en rammetjie uitnek
trek op die res van die gemeenskap.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f49aad0.0@news1.mweb.co.za...
> Die groot vraag is net of van 'n onderwyser verwag kan word om dié klas
> risiko te loop? 'n Vuurwapen is, anders as die aktiviste graag wil glo,
> nie noodwendig 'n teken van aggressie nie, maar wel 'n teken dat die
> moontlike slagoffer nie sommer net gaan staan en die moeilikheid vat
> nie......toevallig ook myns insiens hoekom daar so 'n misdaadprobleem in SA
> is deesdae. Die publiek vat net alles.....in hoop dat die polisie sal
> sorg. As die publiek begin weerstand bied sal die speelveld meer gelyk
> raak.
> "Elaine" wrote in message
> news:3f4918cd$0$64728@hades.is.co.za...
>> Ek stem saam met jou. Hou maar metaal verklikker by die hekke en laat die
>> kinders daar deurloop elke dag. Ek sien in Amerika moet kinders ook
nou,
> in
>> sommige skole, met deursigtige boeksakke skool toe gaan, sodat moontlike
>> wapens raakgesien kan word. Maar jy wil ook nie voel asof jy in 'n
tronk
> in
>> loop as jy skool toe gaan nie. Miskien moet hulle iets soos 'n "skool
>> polisie" begin. Mens weet nooit, kinders en onderwyser kan dalk almal
>> veiliger voel as daar so 10 of 20 fris manne op die skoolgrond ronddwaal.
>> Nou moet ons natuurlik in ag neem dat dit alles baie geld kos, en hoe gaan
>> die skole en regering al daai kostes verhaal?
>>
>> E
>>
>> "jcw" skryf in boodskap news:3f490d7d.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek hoor, ek hoor, maar hel dit is seker beter om die oorsaak van die
>>> probleem te probeer oplos, ek meen onnies kan seker die polisie
skakel,
> of
>>> die polisie kan seker die misdaad element identifiseer, hel ek dink
daar
>> is
>>> 'n miljoen goed wat gepoog kan word voor ons wapens aan onderwysers
> uitrek
>>> om skool toe te gaan mee, nie waar nie ?
>>>
>>> Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen goed
> wat
>>> gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
>>> oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na 'n
>> skool
>>> toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste
>> reaksies
>>> of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van
> opsies
>>> soos wapenverklikkers, kring televisie ens.
>>
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82853 is 'n antwoord op boodskap #82851] Ma, 25 Augustus 2003 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is natuurlik 'n baie gevoelige saak vir baie mense aangesien jy aan
die een kant 'n emosionele standpunt het van 'vat weg al die wapens want dan
sal misdaad mos stop'. Ek wil egter nog die wapen sien wat self 'n mens
kan doodmaak. Ook dat 'n moordenaar hom sal laat stop deur 'n soort wapen.
Het hy nie 'n geweer nie, vat hy 'n mes en kry hy nie 'n mes nie, dan gooi
hy hom met 'n klip vrek. So die wapen maak nie vir my saak nie, die
misdaad is.
'n Vuurwapen het myns insiens 'n groter afskrikwaarde as wat baie mense
graag dit krediet voor wil gee. Net as agtergrond, ons het 'n klompie jare
gelede 'n steekproef gedoen agv een van ons mense wat beroof is en ons nie
geweet het of ons vir die manne in die veld 'n vuurwapen moet gee of nie.
Die uiteinde was dat van oor 'n 800 gevalle waar 'n wapen in die publiek
'casual' vertoon is, oor die 90% van die gevalle die mense weggedeins het.
Die groot vraag is egter of die misdadiger wat aggresief is, gaan wegdeins?
Die kans is nie eintlik nie, maar jy gee die slagoffer 'n kans, maar dan
moet hy ordentlik vaardig wees met die vuurwapen.
Persoonlik dink ek die publiek moet die vinger uit hulle gatte trek en
sê genoeg is genoeg. Van nou af skiet ons die kak uit enige donner wat
ons probeer roof of vermoor. 'n Mens is net so kwesbaar soos jy jouself
toelaat om te wees. As die misdadiger met 'n wapen rondloop, dan loop ek
met 'n groter kaliber rond. Skiet hy op my, gaan ek terugskiet en dan sal
ons maar moet sien wie is die beste, maar ek gaan wragtag my nie laat
vrekslaat in my eie huis of kar nie!
......die probleem is egter, skiet ek 'n misdadiger in my eie huis
dood, dan sit ek by 'Gloudina se regeringspolisie' vir moord!
"jcw" skryf in boodskap news:3f49ce9b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoor jou oor die wapens, ek was self voorheen lid van die SAP, ek beskik
> ook oor 'n handapen van my eie, en is nie van plan om kak te vat net omdat
> iemand anders reken dit is tyd vir affirmative shopping nie, maar, ek het
> ook telke male gesien dat wapens in die hande van half-opgeleide persone, of
> mense met 'n swak selfbeeld ensomeer, in baiegevalle die oorsaak van
> agressie is, dit is asof mense se persoonlikhede 'n metamorfose ondergaan as
> hy/sy 'n wapen dra, asof hulle hulle nekke uitsteek en se: "Toe kom soek nou
> kak met my, dan kyk ons wie wen", en dit het gewoonlik tragiese gevolge.
>
> Ek is jou egter eens dat ons as nasie, die houding moet ontwikkel dat ons
> eerste na onsself sal omsien, en die polisie gebruik as back-up vir
> potensiele probleme, maar 'n cool approach is nodig, anders kan ons 'n
> kruitvat aansteek. So 'n paar weke gelede was hier hewige debat oor rasse en
> kleurgrense en persepsies op hierdie group, en ek sal baie bekommerd wees as
> sommige van daai individue (beide kante) met wapens sit en rammetjie uitnek
> trek op die res van die gemeenskap.
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f49aad0.0@news1.mweb.co.za...
>> Die groot vraag is net of van 'n onderwyser verwag kan word om dié klas
>> risiko te loop? 'n Vuurwapen is, anders as die aktiviste graag wil glo,
>> nie noodwendig 'n teken van aggressie nie, maar wel 'n teken dat die
>> moontlike slagoffer nie sommer net gaan staan en die moeilikheid vat
>> nie......toevallig ook myns insiens hoekom daar so 'n misdaadprobleem in
> SA
>> is deesdae. Die publiek vat net alles.....in hoop dat die polisie sal
>> sorg. As die publiek begin weerstand bied sal die speelveld meer gelyk
>> raak.
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f4918cd$0$64728@hades.is.co.za...
>>> Ek stem saam met jou. Hou maar metaal verklikker by die hekke en laat
> die
>>> kinders daar deurloop elke dag. Ek sien in Amerika moet kinders ook
> nou,
>> in
>>> sommige skole, met deursigtige boeksakke skool toe gaan, sodat moontlike
>>> wapens raakgesien kan word. Maar jy wil ook nie voel asof jy in 'n
> tronk
>> in
>>> loop as jy skool toe gaan nie. Miskien moet hulle iets soos 'n "skool
>>> polisie" begin. Mens weet nooit, kinders en onderwyser kan dalk almal
>>> veiliger voel as daar so 10 of 20 fris manne op die skoolgrond
> ronddwaal.
>>> Nou moet ons natuurlik in ag neem dat dit alles baie geld kos, en hoe
> gaan
>>> die skole en regering al daai kostes verhaal?
>>>
>>> E
>>>
>>> "jcw" skryf in boodskap news:3f490d7d.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek hoor, ek hoor, maar hel dit is seker beter om die oorsaak van die
>>>> probleem te probeer oplos, ek meen onnies kan seker die polisie
> skakel,
>> of
>>>> die polisie kan seker die misdaad element identifiseer, hel ek dink
> daar
>>> is
>>>> 'n miljoen goed wat gepoog kan word voor ons wapens aan onderwysers
>> uitrek
>>>> om skool toe te gaan mee, nie waar nie ?
>>>>
>>>> Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen
goed
>> wat
>>>> gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
>>>> oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na
'n
>>> skool
>>>> toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste
>>> reaksies
>>>> of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van
>> opsies
>>>> soos wapenverklikkers, kring televisie ens.
>>>
>>
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82854 is 'n antwoord op boodskap #82831] Ma, 25 Augustus 2003 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is ook 'n paar ander feite wat noemenswaardig is van die amerikaanse
skool stelsel. Soos dan publieke skole gratis is, behalwe vir die paar
skryfbehoeftes wat jy moet voorsien. Die amerikaase skool kampusse is baie
modern (in die meeste gebiede) maar nog steeds oorvol(ten minste waar ek
woon). Hulle doen ook nie niks daaromtrent nie, daar het vandag op die
eerste dag van die nuwe skooljaar 7 nuwe skole oorgemaak in ons omgewing
alleen. Dis massiewe kampusse en baie modern. Daar was nog altyd polisie
offisiere by al die skole waar ek al betrokke was en hulle is nie net daar
om kinders te deursoek nie hulle bied ook anti-dwelm klasse aan.

En te midde van al hierdie onkostes by die publieke skole bataal ek die
helfte minder inkomste belasting as wat ek in SA betaal het. Ek glo jy moet
eerder vra waarheen gaan die geld wat die SA regering alreeds invorder want
ek is oortuig jy het reeds betaal vir daardie fasaliteite by die SA skole.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f4918cd$0$64728@hades.is.co.za...
> Ek stem saam met jou. Hou maar metaal verklikker by die hekke en laat die
> kinders daar deurloop elke dag. Ek sien in Amerika moet kinders ook nou, in
> sommige skole, met deursigtige boeksakke skool toe gaan, sodat moontlike
> wapens raakgesien kan word. Maar jy wil ook nie voel asof jy in 'n tronk in
> loop as jy skool toe gaan nie. Miskien moet hulle iets soos 'n "skool
> polisie" begin. Mens weet nooit, kinders en onderwyser kan dalk almal
> veiliger voel as daar so 10 of 20 fris manne op die skoolgrond ronddwaal.
> Nou moet ons natuurlik in ag neem dat dit alles baie geld kos, en hoe gaan
> die skole en regering al daai kostes verhaal?
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82855 is 'n antwoord op boodskap #82853] Ma, 25 Augustus 2003 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - jy mag blykbaar nie terugskiet nie. Ek het nou die dag gehoor van 'n
man hier in Gauteng wat 'n kaper doodgeskiet het. Al het die kapers hulle
vuurwapens op die slagoffer en sy familie gehad, is die man nog steeds daai
aand in die tronk gegooi vir moord - omdat hy homself en sy familie beskerm
het. Daar is nie meer 'n ding soos selfverdediging nie. Die misdadigers
het meer regte as die slagoffers. Ek kan nie glo die regering neem dit weg
van my af nie - want wat hulle eintlik sê deur 'n "selfverdediger" in die
tronk te gooi is - hy mag jou skiet, jy mag hom net nie skiet nie.

E

"Suidwester" wrote:
> ......die probleem is egter, skiet ek 'n misdadiger in my eie huis
> dood, dan sit ek by 'Gloudina se regeringspolisie' vir moord!
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82856 is 'n antwoord op boodskap #82854] Ma, 25 Augustus 2003 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het niks sleg by Amerika bedoel nie - neem in ag dat daar baie meer mense
in Amerika is as hier. 'n Mens kan sulke goed verwag in groot skole met
baie verskillende kulture en agtergronde. Maar 'n mens sal dit nie verwag
in 'n skool waar daar net 800 leerlinge is nie. So ver ek weet is skole,
selfs publieke skole, nog steeds nie gratis in SA nie, en moet die kinders
ook hulle eie boeke koop - van handboeke tot werkboeke.

Ek was in Sasolburg Hoër - op sy tyd een van die beste skole in die land.
Mnr. Pellisier wat toe hoof was, het in Amerika gaan leer hoe lyk skole, en
hy't Sasol Hoër op die model gebou. Vandag is Sasol Hoër nie meer wat dit
was nie.

Ons het ook darem 'n paar baie goeie privaat skole. Ek hoor Waterkloof (in
Pretoria) is nie sleg nie - so lank jy mooi, slim en goed in sport is
behoort jy goed daar te vaar.

E

"Glücklich" skryf in boodskap news:NOm2b.431$oN2.153@fe03.atl2.webusenet.com...
> Daar is ook 'n paar ander feite wat noemenswaardig is van die amerikaanse
> skool stelsel. Soos dan publieke skole gratis is, behalwe vir die paar
> skryfbehoeftes wat jy moet voorsien. Die amerikaase skool kampusse is baie
> modern (in die meeste gebiede) maar nog steeds oorvol(ten minste waar ek
> woon). Hulle doen ook nie niks daaromtrent nie, daar het vandag op die
> eerste dag van die nuwe skooljaar 7 nuwe skole oorgemaak in ons omgewing
> alleen. Dis massiewe kampusse en baie modern. Daar was nog altyd polisie
> offisiere by al die skole waar ek al betrokke was en hulle is nie net daar
> om kinders te deursoek nie hulle bied ook anti-dwelm klasse aan.
>
> En te midde van al hierdie onkostes by die publieke skole bataal ek die
> helfte minder inkomste belasting as wat ek in SA betaal het. Ek glo jy moet
> eerder vra waarheen gaan die geld wat die SA regering alreeds invorder want
> ek is oortuig jy het reeds betaal vir daardie fasaliteite by die SA skole.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82859 is 'n antwoord op boodskap #82853] Ma, 25 Augustus 2003 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote

Skiet hy op my, gaan ek terugskiet en dan sal
> ons maar moet sien wie is die beste, maar ek gaan wragtag my nie laat
> vrekslaat in my eie huis of kar nie!
> ......die probleem is egter, skiet ek 'n misdadiger in my eie huis
> dood, dan sit ek by 'Gloudina se regeringspolisie' vir moord!

Ja, natuurlik sal jy in enige beskaafde westerse nasie,
waarvan SA nou ook een is, ten minste in sy wetgewing
en sy wetpersepsies. Ons in Kanada sit maar ook met
die probleem. Ottawa rou op die oomblik vir 'n jong
student wat met haar fiets gaan ry het, en toe wreed
vermoor is. As hulle die moordenaar vang, sal hy seker
sy lewe lank in die tronk gaan sit. Maar ons gaan hom
nie vermoor in die elektriese stoel, soos hulle suid van
ons doen nie. Maar Kanada is SA ver agter wat die
registrasie van gewere betref. Ons bring dit nou eens
in, en met tipiese north american efficiency gaan dit nog
maar wankelrig.

Gloudina

Gloudina
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82860 is 'n antwoord op boodskap #82855] Ma, 25 Augustus 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Daar is nie meer 'n ding soos selfverdediging nie. Die misdadigers
> het meer regte as die slagoffers. Ek kan nie glo die regering neem dit weg
> van my af nie - want wat hulle eintlik sê deur 'n "selfverdediger" in die
> tronk te gooi is - hy mag jou skiet, jy mag hom net nie skiet nie.

Hierdie soort redenering is louter snert. Wat wel
bedoel word, is dat niemand op ander mag skiet
nie. Die een wat skiet, sal in die tronk gestop word.
Maar in die hof, as dit kan bewys word dat jy dit
uit selfverdediging gedoen het, dan sal dit in ag
geneem word in die uitspraak van die hof.

Gloudina
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82862 is 'n antwoord op boodskap #82854] Ma, 25 Augustus 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Glücklich wrote

> En te midde van al hierdie onkostes by die publieke skole bataal ek die
> helfte minder inkomste belasting as wat ek in SA betaal het

Is jy bewus van die feit dat die huidige SA sentrale regering,
met sy baie konserwatiewe fiskale beleid, die inkomstebelasting
in SA verminder het in die afgelope jare. Dis die ou apartheids-
regime wat julle so laat belasting betaal het, vir al hulle nasionaal-
sosialistiese eksperimente. Ek het al vantevore daarop gewys hoe
van my familielede in SA wat in besigheid was, gekla het oor die
inkomstebelasting wat so hoog was in die tagtigerjare, toe die
prys van goud oor die $800 Amerikaanse dollars was, en die
besigheidsmense in SA geen baat gekry het nie. Hulle was te
besig om hulle bantustans te regverdig en " op te bou." Talk
of water down the drain.

Gloudina
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82863 is 'n antwoord op boodskap #82854] Ma, 25 Augustus 2003 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Glücklich wrote

Ek glo jy moet
> eerder vra waarheen gaan die geld wat die SA regering alreeds invorder want
> ek is oortuig jy het reeds betaal vir daardie fasaliteite by die SA skole

Vir die hoeveelheid belasting wat daar in die VSA betaal
word, kry julle maar droewig min. Julle het 'n baie slegte
gesondheidsstelsel, wat nog steeds in private hande is. 'n
Amerikaanse groep bereken dat die VSA omtrent driemaal
soveel betaal vir dieselfde hoeveelheid diens as in Kanada,
hoofsaaklik omdat daar so baie papierwerk aan verbonde
is. En daar is miljoene der miljoene mense in die VSA wat
geen gesondheids-assuransie het nie, en dus vir niks gedek
is nie. As 'n boemelaar deur 'n dokter of 'n hospitaal se
deur stap, is hy onmiddellik verseker van alle dienste gratis
hier in Kanada. En as die provinsies hier en daar vir mense
wil laat betaal vir iets, dan waarsku die sentrale regering hulle
daarteen, met die dreigement dat hulle deel van die sentrale
regering se belastings-inkomste teruggehou sal word.
Julle moet omtrent al julle paaie instand hou met tolgelde.
Dierbaarheid, sodra mens oor die grens gaan van Kanada na
die VSA, word jy gemelk vir al wat dit werd is. Is dit nie ook
belasting nie?

Gloudina
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82864 is 'n antwoord op boodskap #82860] Ma, 25 Augustus 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O okay - so as 'n man my met 'n geweer dreig, en ek trek myne uit en skiet
hom, dan is ek verkeerd gewees? In hierdie land is dit baie eenvoudige -
die een wat eerste skiet oorleef.
Die man moes in die eerste plek nie die aand in die tronk deurgebring het
nie. Die kapers het gewere op sy vrou en kinders gerig. As dit ek was sou
ek ook geskiet het.

E

"@rogers.com" wrote:

> Hierdie soort redenering is louter snert. Wat wel
> bedoel word, is dat niemand op ander mag skiet
> nie. Die een wat skiet, sal in die tronk gestop word.
> Maar in die hof, as dit kan bewys word dat jy dit
> uit selfverdediging gedoen het, dan sal dit in ag
> geneem word in die uitspraak van die hof.
>
> Gloudina
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82868 is 'n antwoord op boodskap #82856] Ma, 25 Augustus 2003 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
In nuus:3f4a01e0$0$64...@hades.is.co.za,
tik Elaine :
> Ons het ook darem 'n paar baie goeie privaat skole. Ek hoor
> Waterkloof (in Pretoria) is nie sleg nie - so lank jy mooi, slim en
> goed in sport is behoort jy goed daar te vaar.

Waterkloof is (nog) nie 'n privaatskool nie, maar ek dink hy is vinnig oppad
soontoe!

En ek weet nie so mooi van die mooi slim en goed in sport nie, ek was in
daai skool en was nie een van die drie nie! :)

Dis net 'n bummer dat die hoof se seun nou in hegtenis geneem is vir
moord... Maar ek se: As hy dit gedoen het, moet hy boet daarvoor!

Cheers!

Samuel
--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Be nice to your kids.... They will pick out your nursing home.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82870 is 'n antwoord op boodskap #82868] Ma, 25 Augustus 2003 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Met alles wat Waterkloof aanbied sou 'n mens dink hulle is privaat. Dankie
vir die inligting.

E

"skok" wrote:
>
> Waterkloof is (nog) nie 'n privaatskool nie, maar ek dink hy is vinnig oppad
> soontoe!
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82873 is 'n antwoord op boodskap #82863] Ma, 25 Augustus 2003 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Vir die hoeveelheid belasting wat daar in die VSA betaal
> word, kry julle maar droewig min.

Ek dink jy moet versigtig wees met hierdie tipe van stelling. Mense
wat hierdie tipe van ding kwytraak verstaan gewoonlik nie die basiese
aspekte van 'n Kapitalistiese stelsel nie. Julle het 'n hoofsaaklik
Sosialistiese regering, met alles wat daarmee gepaard gaan. Die goed
en die sleg. Dit verskil hemelsbreed met ons wat weer hoofsaaklik
Kapitalisties. is.
Die Demokratiese party hier in die VSA het natuurlik 'n baie meer
gesonde/gebalanseerde uitkyk/implementering op dinge soos belasting en
die toepassing daarvan. Dit getuig ook uit die Clinton-era se
ekonomiese sukses. Maar kan ook gesien word dwarsdeur Amerika se
geskiedenis. Elke keer wat 'n Demokratiese president in beheer was,
het ons ekonomies gebloei en gegroei.
Nogsteeds kan mens NOOIT ons stelsel met julle meer Sosialistiese
regeringstelsel verwar nie. So moenie eers probeer vergelykings tref
en vinger wys nie!
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82875 is 'n antwoord op boodskap #82859] Ma, 25 Augustus 2003 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
> . Maar ons gaan hom nie vermoor in die elektriese stoel, soos hulle suid van
> ons doen nie.

Weereens wil ek jou vra om asseblief versigtig te wees met hierdie
sweeping statements van jou.
Nie alle state hier in die VSA implementeer die doodstraf nie, en nie
alle Amerikaners is so barbaars as wat jy probeer voorgee nie.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82877 is 'n antwoord op boodskap #82813] Ma, 25 Augustus 2003 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MBP  is tans af-lyn  MBP
Boodskappe: 10
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"jcw" skryf in boodskap news:3f48c4c9.0@news1.mweb.co.za...
> In watter soort land bly ons dan nou ?
>
> Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
> aangerand, gemolesteer en self verkrag word, Bla bla bla ...

Daar is ook meer kort kort nuus van kinders wat deur hulle ouers en ooms en
tantes aangerand, gemolesteer en verkrag word.

Kyk bietjie wyer as jou koekon waarin jy leef.

Jy het duidelik geen idee wat deesdae in skole aangaan nie.

Of onderwysers gewere moet dra om hulle te beskerm? Seker nie nodig nie,
maar iets moet wel gedoen word.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82883 is 'n antwoord op boodskap #82860] Ma, 25 Augustus 2003 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Uit my ervaring die volgende op die punt van self verdediging:
By elke geval, ongeag of daar iemand dood is of slegs gewond is, of selfs
heeltemal misgeskiet is, word 'n kriminele (straf) saak aanhangig gemaak.

Indien die persoon misgeskiet het, word 'n saak van "van vuur van wapen in
munisipale gebied/roekelose afvuur van wapen" aanhangig gemaak.

Indien die persoon gewond is kan enige van bogeneoemde aanhangig gemaak
word, asook "poging tot moord"

Sou die persoon dood wees, sal 'n moordsaak aanhangig gemaak word.

Selfverdediging is een van sewe "noodweer" reels, waaronder jy nie skuldig
bevind kan word aan 'n misdaad nie, en derhalwe behoort enige van die
klagtes wat teen jou gestel word dan terug getrek te word, en dit behoort
ook nie nodig te wees om deur 'n lang en duur hofsaak te ploeter om dit te
vermag nie.

Die ondersoekbeampte in die saak, gewoonlik 'n speurder van SAPD, sy
bevelvoerder (gewoonlik 'n offissier, en die SSA (Senior Staatsaanklaer)
behoort na die saak te kyk en dan sal die SSA 'n beslissing maak waarin die
staat 'n nole prosequi sertifikaat uiterik,in terme waarvan die staat dan
kennis gee dat die saak nie verder verhoor of vervolg sal word nie.

Ek is van die opinie dat dit die normale gebruik is, en ek vermoed dat die
voorbeeld wat jy aangeraak het op dieselfde manier hanteer sal word, as van
die veronderstelling uitegegaan word dat dit wel selfverdediging was, dit is
egter onstellend dat die persoon in die selle aangehou was vir 'n tydperk,
in elk geval oornag, dit is ongehoord, en dit is heelwaaskynlik toe te skryf
aan die ondersoek beampte en/of sy offissier, tensy die persoon natuurlik 'n
bekende misdadiger is of vir iets anders gesoek was, en dus daarvoor
aangehou was.

Die redes vir die klagtes is om seker te maak dat daar wel noodweer
teenwoordig was, en dat noodweer nie as skyn gebruik word ter verbloeming
van 'n werklikke misdaad nie. Alhoewel die klagtes ongerieflik is, is dit
nodig, ten einde reg-en-geregtigheid te laat seevier.

Sorry vir die lesing.

Dir bring my egter terug by die oorspronklikke punt, daar is tog seker ander
maatreels wat getref kan word alvoresn onnies nodig het om met vuurwapens
toe gerus te word in ons skole - of hoe ?
"@rogers.com" wrote in message
news:6lo2b.22311$_V.11665@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Elaine wrote
>
> Daar is nie meer 'n ding soos selfverdediging nie. Die misdadigers
>> het meer regte as die slagoffers. Ek kan nie glo die regering neem dit
> weg
>> van my af nie - want wat hulle eintlik sê deur 'n "selfverdediger" in die
>> tronk te gooi is - hy mag jou skiet, jy mag hom net nie skiet nie.
>
> Hierdie soort redenering is louter snert. Wat wel
> bedoel word, is dat niemand op ander mag skiet
> nie. Die een wat skiet, sal in die tronk gestop word.
> Maar in die hof, as dit kan bewys word dat jy dit
> uit selfverdediging gedoen het, dan sal dit in ag
> geneem word in die uitspraak van die hof.
>
> Gloudina
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82885 is 'n antwoord op boodskap #82877] Ma, 25 Augustus 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Nou wie het nou jou ketting gaan trek ?

Is dit jou ervaring dat mense met wie jy in gesprek tree slegs op een ding
op 'n slag kan konsentreer, of waarom sou jy nou my wou aanval oor ander
aangeleenthede en kriminele gedrag wat ek nie melding van gemaak het nie ?
Die aanvalle op kinders, plase, bejaardes, honde, katte, die moor van
hoenders, beeste, skape, ongebore kuikens, die patagonies tandvis, dolfyne,
makriel, en fok, vir daai prys, snoek, is alles onderwerpe waaroor ons
maklik kan gesels, maar neem die inisiatief en post iets daaroor in hierdie
groep, en laat almal dan toe om daaroor te praat, maar onthou asb dat jy nie
net melding kan maak van die patagoniese tandvis nie, jy sal ook melding
moet maak van die onnies en hulle guns, anders stuur ek vir jou dieselfde
kak antwoord op jou post.

Ag nee fok, kom reg man.

"MBP" skryf in boodskap news:3f4a4808$0$64725@hades.is.co.za...
>
> "jcw" skryf in boodskap news:3f48c4c9.0@news1.mweb.co.za...
>> In watter soort land bly ons dan nou ?
>>
>> Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
>> aangerand, gemolesteer en self verkrag word, Bla bla bla ...
>
> Daar is ook meer kort kort nuus van kinders wat deur hulle ouers en ooms en
> tantes aangerand, gemolesteer en verkrag word.
>
> Kyk bietjie wyer as jou koekon waarin jy leef.
>
> Jy het duidelik geen idee wat deesdae in skole aangaan nie.
>
> Of onderwysers gewere moet dra om hulle te beskerm? Seker nie nodig nie,
> maar iets moet wel gedoen word.
>
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82887 is 'n antwoord op boodskap #82875] Ma, 25 Augustus 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn

> Weereens wil ek jou vra om asseblief versigtig te wees met hierdie
> sweeping statements van jou.
> Nie alle state hier in die VSA implementeer die doodstraf nie, en nie
> alle Amerikaners is so barbaars as wat jy probeer voorgee nie.

Daar is niks verkeerd met my stelling nie. In die VSA word die
doodstraf toegelaat en baie kere uitgevoer. En jou eie keuse van
woorde " nie alle Amerikaners is so barbaars" dui duidelik daarop
dat jy dink die doodstraf is 'n barbaarse gewoonte.

Tant Hessie van Piraeus
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82888 is 'n antwoord op boodskap #82887] Ma, 25 Augustus 2003 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Daar is niks verkeerd met my stelling nie.

Daar is. Jy veralgemeen, en jou stelling berus nie op feite nie.

> In die VSA word die
> doodstraf toegelaat en baie kere uitgevoer.

Nie in al die state nie.

> En jou eie keuse van
> woorde " nie alle Amerikaners is so barbaars" dui duidelik daarop
> dat jy dink die doodstraf is 'n barbaarse gewoonte.

Natuurlik dink ek dit is 'n barbaarse gewoonte!!
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82889 is 'n antwoord op boodskap #82873] Ma, 25 Augustus 2003 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote

> Ek dink jy moet versigtig wees met hierdie tipe van stelling. Mense
> wat hierdie tipe van ding kwytraak verstaan gewoonlik nie die basiese
> aspekte van 'n Kapitalistiese stelsel nie. Julle het 'n hoofsaaklik
> Sosialistiese regering, met alles wat daarmee gepaard gaan. Die goed
> en die sleg. Dit verskil hemelsbreed met ons wat weer hoofsaaklik
> Kapitalisties. is.
> Nogsteeds kan mens NOOIT ons stelsel met julle meer Sosialistiese
> regeringstelsel verwar nie. So moenie eers probeer vergelykings tref
> en vinger wys nie!

Ag asseblief tog. Hierdie mite van kapitalisme versus sosialisme
wat Amerikaners mee speel om hulle eie maatskappy se slegte
ondervindinge te regverdig, is bogus. Kanada is nie 'n
" sosialistiese " staat nie, net so min as die VSA 'n kapitalistiese
staat is. Die VSA, veral nou onder Bush, word meer en meer
'n plek waar daar 'n ontsaglike hoeveelheid staatskontrole ingevoer
word, onder die dekmantel van " veiligheid" na 9/11. In Kanada
is meeste van die rykdom nog, net soos in SA, veilig in die hande
van 'n klomp ryk Joodse families. En dit sluit die Oppenheimers
in. Kanada hoop om een van die dae een van die nuwe Kimberleys
voort te bring, en wie is daar rondom die potte? De Beers. Ons
treine en vlieguigmaatskappye is in private hande - tog jammer, want
hulle, net soos in die VSA, speel so kort kort bankrot.
Maar net omdat ons nou hier in Kanada, soos in meeste
Europese lande, 'n gesondheidstelsel ingevoer het wat basiese gesond-
heidsdienste vir almal het, nou is ons skielik 'n sosialistiese staat.
Die enigste keer wat hulle dit in die VSA probeer doen het, in
Clinton se eerste termyn, het die Republikeine dit afgeskiet, meestal
omdat die Republikeine in die sakke was van 'n klomp maatskappye
wat daardeur sou verloor. Myns insiens was Hilary Clinton se plan
ook te ambisieus. Dit wou teveel dek. Hier in Kanada, waar elke
provinsie sy eie plan het en dus besluit wat om te dek, moet jy vir
jou eie medisyne betaal ( in Ontario betaal die provinsie dit vir
seniors), jy moet private dekking uitneem vir dinge soos dubbel-
of enkelkamers in hospitale, brille en dies meer. Mens betaal selfs
as jy die ambulans roep.

Tant Hessie Plato
Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82890 is 'n antwoord op boodskap #82885] Ma, 25 Augustus 2003 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jcw wrote

> kak antwoord op jou post.
>
> Ag nee fok, kom reg man.

My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
(na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
gekoop het met 'n hele klomp meer spasie) wonder
vanoggend of daar enige ander groep is wat so baie
vloekwoorde en vuilwoorde in hulle liedere het as
in Afrikaans. Ek vra hom toe uit waarna hy verwys.
En hy vertel vir my dat in die Afrikaanse liedere wat
hy aflaai, daar vreeslik baie vloekwoorde en vuilpraat
voorkom. Ek probeer toe verklaar dat dit miskien is
omdat daar so 'n klein mark is en daar so min mense
in Afrikaans sing, dat mens makliker elke Jan Rap en
sy maat se goed op die Internet kan kry. Dat die
Engelse of Franse mark heelwaarskynlik te groot is,
en dat slegs die beter goed soos room na die opper-
vlakte styg. Maar my man wou nie eintlik aan my
verklaring byt nie. Hy is nie preuts nie, maar selfs vir
hom val hierdie vloek en vuilpraat op. Ek merk hierdie
soort ding ook soms op hierdie nuusgroep. Is dit werklik
deel van die Afrikaner-kultuur?

Gloudina
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82891 is 'n antwoord op boodskap #82889] Ma, 25 Augustus 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

>> Katryn wrote
>> Julle het 'n hoofsaaklik Sosialistiese regering,

> Ag asseblief tog. Hierdie mite van kapitalisme versus sosialisme
> wat Amerikaners mee speel om hulle eie maatskappy se slegte
> ondervindinge te regverdig, is bogus. Kanada is nie 'n
> " sosialistiese " staat nie, net so min as die VSA 'n kapitalistiese
> staat is.

Daarom het ek die woord "hoofsaaklik" gebruik, en as ek reg onthou het
ek 'n soortgelyke woord of begrip probeer gebruik toe ek ons stelsel
probeer beskryf het. Julle het 'n grootter persentasie sosialisme in
verhouding tot kapitalisme in julle mengsel, en die omgekeerde by ons.
Ek en duisende ander stemgeregtigde Amerikaners stem ook saam oor wat
jy sê oor Bush en sy regime. Maar onthou dat ons het hom nie gekies
nie! Hopelik sal hy nie nog 'n termyn dien nie.
Elkgeval Gloudina, ek glo nie jy stel werklik belang in 'n ernstige
gesprekvoering oor my sieninge nie. Ek laat dus die saak daar.
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82894 is 'n antwoord op boodskap #82890] Ma, 25 Augustus 2003 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Baie het verander in die afrikaner kultuur, miskien is dit nie so maklik om
dit te beleef daar waar jy is nie.

Die taalgebruik loop dieselfde pad, maar ons vind partykeer dat die gebruik
van die taal hom daartoe leen, daar is byvoorbeeld baie meer engelse woorde
in die afrikaanse voertaal in gebruik deesdae as vroeer, selfs in die
afrikaanse musiek wat jou man blykbaar na luister, niemand vind dit vreemd
nie, en dit ontsel blykbaar ook nie jou of jou man nie, dit sou
heelwaarskynlik baie meeropvallend gewees het as daar toenemende franse
woorde in die amerikaanse gebruikstaal voorgekom het.

Die grootste verskil in die afrikaner kultuur is sigbaar in ons voltydse
struggle om ons eie grense te verskuif, ons moet skielik probeer sin maak
waarom jong mense blameer word vir apartheid, en derhalwe uitgesluit word
uit die gemeenskap van die land, maar ons moet ook maniere vind omdaarmee te
cope, en dit te oorbrug, dit doen ons met doelbewuste grensverskuiwings,
baie soos 'n kind wat die sirkel van dissipline binne sy ouerhuis toets
deurentyd, and alhoewel die proses nie vir almal moerse lekker is nie (en
soos hieruitblyk, party daardeur ontstel kan word) is die proses nodig en
natuurlik, soos hulle se, "Afrika is ie 'n plek vir sussies nie" en ons taal
ook nie.

As 'n gebruker van gekruide taal, welke jou response ontlok het, is ek, en
miljoene ander, besig om ons identiteite te vorm binne die nuwe SA, en ek
probeer nie se dat almal my taal gebruik goedkeur of self moet nie, want van
die miljoene waarna ek verwys, het seker elek derde een 'n eie en unieke
manier hoe hy/sy hom/haarself plaas en eien binne ons nuwe omgewing, en dit
is juis die punt, vir die eerste keer is dit toegelaat dat ons vir onsself
dink, en vir onsself besluit, en ons doen dit, elkeen op sy eie manier.

En voel gerus dat my ma jou opinie deel,
QED
"@rogers.com" wrote in message
news:S6t2b.281669$hOa.117465@news02.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> jcw wrote
>
>> kak antwoord op jou post.
>>
>> Ag nee fok, kom reg man.
>
> My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
> (na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
> gekoop het met 'n hele klomp meer spasie) wonder
> vanoggend of daar enige ander groep is wat so baie
> vloekwoorde en vuilwoorde in hulle liedere het as
> in Afrikaans. Ek vra hom toe uit waarna hy verwys.
> En hy vertel vir my dat in die Afrikaanse liedere wat
> hy aflaai, daar vreeslik baie vloekwoorde en vuilpraat
> voorkom. Ek probeer toe verklaar dat dit miskien is
> omdat daar so 'n klein mark is en daar so min mense
> in Afrikaans sing, dat mens makliker elke Jan Rap en
> sy maat se goed op die Internet kan kry. Dat die
> Engelse of Franse mark heelwaarskynlik te groot is,
> en dat slegs die beter goed soos room na die opper-
> vlakte styg. Maar my man wou nie eintlik aan my
> verklaring byt nie. Hy is nie preuts nie, maar selfs vir
> hom val hierdie vloek en vuilpraat op. Ek merk hierdie
> soort ding ook soms op hierdie nuusgroep. Is dit werklik
> deel van die Afrikaner-kultuur?
>
> Gloudina
>
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82895 is 'n antwoord op boodskap #82894] Ma, 25 Augustus 2003 22:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jcw wrote

> Baie het verander in die afrikaner kultuur > Die grootste verskil in die afrikaner kultuur is sigbaar in ons voltydse
> struggle om ons eie grense te verskuif, ons moet skielik probeer sin maak
> waarom jong mense blameer word vir apartheid, en derhalwe uitgesluit word
> uit die gemeenskap van die land, maar ons moet ook maniere vind omdaarmee te
> cope, en dit te oorbrug, dit doen ons met doelbewuste grensverskuiwings

Ek kan deel van jou argument verstaan. Daar was onder
apartheid soveel reels en regulasies en morele kodes en
dit en dat wat gevolg moes word, dat daar, toe apartheid
iets van die verlede geword het, mense vry gevoel het om
" die grense te verskuif." Dit het byvoorbeeld in die
Afrikaanse literatuur gebeur, waar skrywers en digters
skielik baie vryer was om gedigte te skryf oor homoseksualiteit
en oor liefde tussen rasse, ensovoorts. Maar dit maak vir my
nog nie sin dat dit gelei het na nog 'n klomp meer vloek en
vuilpraat nie. En dis vir my ook eienaardig dat op hierdie
nuusgroep die vloek en die vuilpraat ook gewoonlik kom
uit die penne van die regse en anti-swart faksies. So is dit
nie moontlik dat daar 'n verharding, 'n onsensitiwiteit gebore
is in die apartheidsjare nie, en dat dit dit is wat nou lei tot
hierdie harde siellose soort praat onder die Afrikaners?

Gloudina
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82897 is 'n antwoord op boodskap #82894] Ma, 25 Augustus 2003 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jcw wrote

vir die eerste keer is dit toegelaat dat ons vir onsself
> dink, en vir onsself besluit, en ons doen dit, elkeen op sy eie manier

Nouja, dit is nogal 'n pluimpie vir " die Nuwe SA" as jy nou
" toegelaat" word om vir jouself te "dink." (Besef jy hoe
ironies dit is dat jy skryf jy word " toegelaat" om vir jouself te dink.)
Maar is dit nou nodig om in die proses van vir jouself te dink
en vir jouself te kies, jy nou kies om sulke gekruide taal te
gebruik? En watter soort respek sal die ander groepe in SA vir
jou ontwikkel, as hulle jou taalgebruik hoor. Gedurende die
apartheidsjare, as ons op die televisie gesien het hoe soldate
in SA praat , veral in Soweto, dan het ons altyd hierdie
gekruide en ruwe taal uit die monde van die soldate gehoor.
Moenie dat daardie soort taal uit jou mond kom vandag nie.
Want jy versterk net die idee in die wereld se kop dat
Afrikaners 'n klomp ruwe skobbejakke is, en nie respek
werd is nie.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82901 is 'n antwoord op boodskap #82897] Di, 26 Augustus 2003 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Dit wil voorkom asof daar baie persepsies en opinies is van Afrikaners in
die wereld, ons is of skobbejakke, of agterlik, of neo-nazis, of "in-bred"
of konserwatief, of gierig en vele meer.

Ek dink nie ons gebruik noodwendig meer gekruide taal nie, ek dink net ons
gebruik ander woorde, ons aanslag op gekruide taal is nou net meer
"internasionaal", ons volg nou die aanslag van die media, die "verligte"
westerse wereld, wie se standpunte en waardes tot vervelens toe in ons kele
afgedruk word.

En dit is die hele punt - ons vra nie meer om verskoning vir wie ons is nie,
of soos ek dit sou stel -we don't give a fuck.

Ons moes buig vir almal, nou selfs vir onsself, en alhoewel die "voorreg" om
nou vir onsself te dink deels sy oorspong het uit die nuwe demokrasie in SA,
het dit egter veel meer te doen met die Afrikaner se eie inhirente kultuur
en geskiedenis. Ons is besig om ons eie pad te skraap. Iets wat ons as groep
verskeie kere in die verlede ook moes doen, en ons het nog elke keer dit
gemaak, of dit nou Europese, Anglikaanse, of Nuwe wereldse druk is waaronder
ons moes perform.

Dit is ook belangrik om te onthou dat die gebruik van gekruide taal, gedrag
ensomeer nie net van toepassing is op Afrikaners nie, die res van die
kultuur groepe in SA gerbuik netsoveel van dieselfde in alledaagse
gesprekke. Om een of ander rede, is die gedrag van die Afrikaner weereens
onder die loep, en die van ander groepe word weereens of geignoreer, of
geregverdig, ek sal nie weet watter een nie, want ek kan nie oordeel aan die
dekking wat in die buiteland verleen word nie.

Ek persoonlik dink dat die veranderinge in SA en sy mense te danke is aan 'n
"rebellie", en die Afrikaner is maar net die nuutste toetreders tot die
groep, die res rebeleer al vir jare.

Mens moet versigitg wees dat jy nie alle Afrikaners onder die kam skeer van
een of twee individue soos myself nie. Alhoewel ek beslis nie die deursnee
Afrikaner is nie, is ek tog een, ek is besig om my pad te skraap op my tyd
en op my manier, maar ek pas in binne die politieke en sosiale sfeer in my
land, ek is redelik gemaklik met waarheen die land en sy mense oppad is,
maar ek is moerse tevrede met waarheen ek oppad is, en hoe ek daar kom, en
as dit sommige mense teen die bors stuit, dan is dit dalk beter om my gang
te ignoreer, want ek is verby die punt waar ek deelneem aan die proses om 'n
positiewe beeld te probeer skep van ons Afrikaners of SA, na my mening moet
die wereld daar buite maar dink wat hulle wil, oordeel wie hulle wil, ek
doen dieselfde, en ek voel dit is my beurt.
Re: Onnies soek gewere [boodskap #82904 is 'n antwoord op boodskap #82883] Di, 26 Augustus 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken die prosedures maar dis nie eintlik wat my gepla het aan die saak
nie. Wat my gepla het is dat die man (wit) die aand in aanhouding moes
deurbring. Ek bly dink dis 'n rasse ding - 'n wit man skiet 'n swart man
dood. Die wit ou is 'n rassis - reguit tronk toe, sonder om ordentelik
ondersoek in te stel. Hulle is ook besig om 'n nuwe wet te probeer deursit,
'n "match aggression with aggression" wet, waarby jy die ou net mag aanvat
met dieselfde aggressie as waarmee hy jou aanvat - wat reg is, maar die
krisis is dit (en hierdie het ek by 'n polisieman gehoor), as jy in jou huis
sit, en iemand breek in en hy's nie 'n gevaar nie kan jy NET die polisie bel
om hom te keer of jy kan hom probeer ompraat om nie jou goed weg te dra nie.
Omdat hy nie aan jou raak nie, mag jy nie aan hom raak nie en het hy die
volste reg om jou huis leeg te dra - en ons almal weet hoe effektief die
polisiemag in hierdie land is.
In 'n ander geval is 'n ou van ontvoering aangekla omdat hy twee diewe in sy
badkamer toegesluit het, en geweier het om die deur oop te maak totdat die
polisie daar opgedaag het.

Die onnies is 'n natuurlik 'n heel ander saak. Al waaraan ek kan dink is
dat ons meer en meer sal moet oorneig na 'n "tronk" stelsel toe.
Metaalverklikkers by die deure/hekke, 'n skoolpolisie, strenger strawwe by
die skole vir oortredings, deursoek van tasse, strenger strawwe vir
oortredings, ens. Kinders kan deesdae met te veel weg kom vir ligte
strawwe, en ek vermoed dis 'n groot rede hoekom kinders respek vir Onnies
verloor het. As jy bv. nie op 'n Vrydag middag detensie wil sit nie, hoef
jy nie, want die wet sê die skool kan jou nie dwing om iets na-ure te doen
nie. So die kinders verloor respek vir die onderwysers en die hele
skoolsisteem, en neem eenvoudig oor. Dissipline is eintlik die wagwoord
hier. As daar op 'n manier dissipline gehandhaaf kan word, sal die geweld
ook heel moontlik afneem.

E

"jcw" skryf in boodskap news:3f4a4cc7.0@news1.mweb.co.za...
> Uit my ervaring die volgende op die punt van self verdediging:
> By elke geval, ongeag of daar iemand dood is of slegs gewond is, of selfs
> heeltemal misgeskiet is, word 'n kriminele (straf) saak aanhangig gemaak.
>
> Indien die persoon misgeskiet het, word 'n saak van "van vuur van wapen in
> munisipale gebied/roekelose afvuur van wapen" aanhangig gemaak.
>
> Indien die persoon gewond is kan enige van bogeneoemde aanhangig gemaak
> word, asook "poging tot moord"
>
> Sou die persoon dood wees, sal 'n moordsaak aanhangig gemaak word.
>
> Selfverdediging is een van sewe "noodweer" reels, waaronder jy nie skuldig
> bevind kan word aan 'n misdaad nie, en derhalwe behoort enige van die
> klagtes wat teen jou gestel word dan terug getrek te word, en dit behoort
> ook nie nodig te wees om deur 'n lang en duur hofsaak te ploeter om dit te
> vermag nie.
>
> Die ondersoekbeampte in die saak, gewoonlik 'n speurder van SAPD, sy
> bevelvoerder (gewoonlik 'n offissier, en die SSA (Senior Staatsaanklaer)
> behoort na die saak te kyk en dan sal die SSA 'n beslissing maak waarin die
> staat 'n nole prosequi sertifikaat uiterik,in terme waarvan die staat dan
> kennis gee dat die saak nie verder verhoor of vervolg sal word nie.
>
> Ek is van die opinie dat dit die normale gebruik is, en ek vermoed dat die
> voorbeeld wat jy aangeraak het op dieselfde manier hanteer sal word, as van
> die veronderstelling uitegegaan word dat dit wel selfverdediging was, dit is
> egter onstellend dat die persoon in die selle aangehou was vir 'n tydperk,
> in elk geval oornag, dit is ongehoord, en dit is heelwaaskynlik toe te skryf
> aan die ondersoek beampte en/of sy offissier, tensy die persoon natuurlik 'n
> bekende misdadiger is of vir iets anders gesoek was, en dus daarvoor
> aangehou was.
>
> Die redes vir die klagtes is om seker te maak dat daar wel noodweer
> teenwoordig was, en dat noodweer nie as skyn gebruik word ter verbloeming
> van 'n werklikke misdaad nie. Alhoewel die klagtes ongerieflik is, is dit
> nodig, ten einde reg-en-geregtigheid te laat seevier.
>
> Sorry vir die lesing.
>
> Dir bring my egter terug by die oorspronklikke punt, daar is tog seker ander
> maatreels wat getref kan word alvoresn onnies nodig het om met vuurwapens
> toe gerus te word in ons skole - of hoe ?
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82905 is 'n antwoord op boodskap #82901] Di, 26 Augustus 2003 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jcw wrote

> Ek dink nie ons gebruik noodwendig meer gekruide taal nie, ek dink net ons
> gebruik ander woorde, ons aanslag op gekruide taal is nou net meer
> "internasionaal

Maar dit was juis die punt van my man se opmerking
oor die songs, dat dit vir hom voel dat dit net die
Afrikaanse songs is wat so 'n oormatigheid van vloek en
vuilpraat het. Vloek en praat die Engelssprekende
Afrikaners en die Zoeloes en die Sothos om jou ook
so baie vuil?

Gloudina
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82907 is 'n antwoord op boodskap #82890] Di, 26 Augustus 2003 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie

Jy sien ek's nou die dag uitgevreet oor my taalgebruik op hierdie groep en
die lelikste wat ek gebruik het was gat. Die ding is net, behalwe vir JCW
se baie mooi in-diepte verduideliking, dis so lekker en kragtig om in
Afrikaans te vloek. Dis so kragtig dat die Engelse al ons vloekwoorde
gebruik. Ja ons vloek meer, want ek dink ons wil onsself bietjie laat geld
en deurdring tot mense - daar's niks wat iemand vinniger reggop laat sit en
luister soos 'n vloekwoord nie.

Daar is baie Amerikaanse en Europese kunstenaars wat net so kan vloek,
vuilpraat en sommer net gross en weird is, maar ek dink omdat daar so baie
is, is hulle dalk minder opsigtelik as ons sangers. Ek dink hier aan bands
soos "Bloodhound Gang", Rammstein (Duitsers) met songs soos Tier (dier), wat
gaan oor 'n man wie se verloofde dood is en 'n jaar later gaan grawe hy haar
lyk op en... dit hoort seker nie in ordentlike geselskap nie. Die Rock en
Metal sangers kan net so vloek en skel, dis dalk nie in hulle musiek nie,
maar ek sien en hoor die mooi woorde gereeld in onderhoude en op live shows.

Om te vloek is 'n teken van rebellie, want ons is geleer dit hoort nie in
"opgevoede" geselskap nie en ordentlike mense vloek nie. As jy vloek
rebelleer jy. Dis so maklik soos dit.

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
> (na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
> gekoop het met 'n hele klomp meer spasie) wonder
> vanoggend of daar enige ander groep is wat so baie
> vloekwoorde en vuilwoorde in hulle liedere het as
> in Afrikaans. Ek vra hom toe uit waarna hy verwys.
> En hy vertel vir my dat in die Afrikaanse liedere wat
> hy aflaai, daar vreeslik baie vloekwoorde en vuilpraat
> voorkom. Ek probeer toe verklaar dat dit miskien is
> omdat daar so 'n klein mark is en daar so min mense
> in Afrikaans sing, dat mens makliker elke Jan Rap en
> sy maat se goed op die Internet kan kry. Dat die
> Engelse of Franse mark heelwaarskynlik te groot is,
> en dat slegs die beter goed soos room na die opper-
> vlakte styg. Maar my man wou nie eintlik aan my
> verklaring byt nie. Hy is nie preuts nie, maar selfs vir
> hom val hierdie vloek en vuilpraat op. Ek merk hierdie
> soort ding ook soms op hierdie nuusgroep. Is dit werklik
> deel van die Afrikaner-kultuur?
>
> Gloudina
>
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82908 is 'n antwoord op boodskap #82905] Di, 26 Augustus 2003 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Vloek en praat die Engelssprekende
> Afrikaners en die Zoeloes en die Sothos om jou ook
> so baie vuil?

Weetie antie maar my ek vermoed my vermoë om vlot
in Sotho te kan vloek is getuienis van my kinder
jare tussen die Suid Sothos.
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82909 is 'n antwoord op boodskap #82907] Di, 26 Augustus 2003 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

> Daar is baie Amerikaanse en Europese kunstenaars wat net so kan vloek,
> vuilpraat en sommer net gross en weird is, maar ek dink omdat daar so baie
> is, is hulle dalk minder opsigtelik as ons sangers

Ja, ek dink jy het 'n punt beet. Ek onthou dat Tipper
Gore, die vrou van die man wat eintlik vandag die
president van die VSA moes gewees het, voordat
die Republikeine 'n coup d'etat in die VSA uitgevoer
het, 'n ruk gelede voor die kongres van die VSA
verskyn het en gevra het dat die VSA regering iets
doen om die liederlike inhoud en die vloekwoorde
in liedere te bekamp. Daar is toe voorgestel dat
daar 'n soort van 'n graderings-sisteem gebruik word,
soos by films, om ouers te waarsku waarna hulle
kinders luister.

Gloudina
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82910 is 'n antwoord op boodskap #82907] Di, 26 Augustus 2003 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

> Om te vloek is 'n teken van rebellie, want ons is geleer dit hoort nie in
> "opgevoede" geselskap nie en ordentlike mense vloek nie. As jy vloek
> rebelleer jy. Dis so maklik soos dit.

Ek was ook 'n rebel op my dae. Ek het gerebelleer
teen die apartheidsvarke. Ek het gerebelleer teen
die diktatoriale NG Kerk. Ek het tot 'n sekere
mate gerebelleer teen my ouers. Maar ek het nie
begin vloek en vuilpraat nie.

Gloudina
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82911 is 'n antwoord op boodskap #82905] Di, 26 Augustus 2003 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Inderdaad, en wat meer is hulle doen dit al vir dekades, baie erger as ons,
baie meer blatant en banaal, en dit bring my weer by die vraag waarom dink
jy word die fokus altyd op die gedrag avn die Afrikaner geplaas, waarom is
dit dat die Afrikaner altyd moet pa-staan en reg wees met 'n antwoord en 'n
verduideliking ?

Dit is waarom ons besig is om op groot skaal ons gatte in 'n krul te trek,
en moet asb geen regse of rassistiese gedrag hierin lees nie, ons is besig
om ons gatte af te vee ann kritici binne en buite ons land, binne en buite
ons vriende en familie kringe, en ons is besig om vir die eerste keer te
begin kritisseer, reguit en sonder om doekies om te draai, ons kritiseer ons
politiek, ons politkuste, ons kerke, ons kerkleiers, ons ouers, ons
onderwysers, en self swart mense en hulle dinge, want alhowel apartheid
gestink het, is alles wat swart is ook nie nice nie - en ons is eenvoudig
net op die punt wat ons 'n nool gooi vir enige persoon of groep wat ons
gatte krap, ons is self besig om houding te ruk oor diens in winkels en
restaurante - iets wat nooit voorheen in SA gebeur het nie - ek persoonlik
dink die "nice"en "ordentlikke" wit-afrikaner is besig om uit te sterf in
die generasie waarin my ouers en groot ouers behoort - hier is 'n hele nuwe
volk aan die ontwikkel, en wat nie meer verskoning gaan vra nie, en wat nie
kak sal duld nie - SA gaan 'n baie nice plek wees om te bly in die volgende
15 jaar !
"@rogers.com" wrote in message
news:WSG2b.269595$4UE.265193@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> jcw wrote
>
>> Ek dink nie ons gebruik noodwendig meer gekruide taal nie, ek dink net ons
>> gebruik ander woorde, ons aanslag op gekruide taal is nou net meer
>> "internasionaal
>
> Maar dit was juis die punt van my man se opmerking
> oor die songs, dat dit vir hom voel dat dit net die
> Afrikaanse songs is wat so 'n oormatigheid van vloek en
> vuilpraat het. Vloek en praat die Engelssprekende
> Afrikaners en die Zoeloes en die Sothos om jou ook
> so baie vuil?
>
> Gloudina
>
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82912 is 'n antwoord op boodskap #82890] Di, 26 Augustus 2003 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Antie, sê vir die Oom hy moet "Is daar iemand op die kakhuis" van Koos
Kombuis download. Normaal kry ek sommer skitterykoors oor al die
covers en vertaalde snert in die Afrikaanse taal.

Hierdie enetjie vind ek egter tops. Dis maar selde dat iemand 'n Pink
Floyd liedjie probeer cover, dan nog in Afrikaans ook!!!

Luister dit eenkeer, dan delete jy dit weer.

Ek stem saam met jou, maar ek dink dis miskien omdat mens se keuse met
download bietjie beperk is. Nie alle Afrikaanse musiek is so deurspek
met vloekwoorde nie... As mens op WinMX na Afrikaanse musiek soek, kry
jy meestel dinge soos stoutgat treffers en sulke snert. Die
musiekwinkels in SA is vol behoorlike musiek.

Wat is dit met die SA volk, kry hulle nie genoeg van medleys nie? Ek´s
al so gatvol vir die FAK, disguised as iets nuuts...

Max_____________________________________________________

"@rogers.com"
> My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
> (na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
> gekoop het met 'n hele klomp meer spasie) wonder
> vanoggend of daar enige ander groep is wat so baie
> vloekwoorde en vuilwoorde in hulle liedere het as
> in Afrikaans. Ek vra hom toe uit waarna hy verwys.
> En hy vertel vir my dat in die Afrikaanse liedere wat
> hy aflaai, daar vreeslik baie vloekwoorde en vuilpraat
> voorkom. Ek probeer toe verklaar dat dit miskien is
> omdat daar so 'n klein mark is en daar so min mense
> in Afrikaans sing, dat mens makliker elke Jan Rap en
> sy maat se goed op die Internet kan kry. Dat die
> Engelse of Franse mark heelwaarskynlik te groot is,
> en dat slegs die beter goed soos room na die opper-
> vlakte styg. Maar my man wou nie eintlik aan my
> verklaring byt nie. Hy is nie preuts nie, maar selfs vir
> hom val hierdie vloek en vuilpraat op. Ek merk hierdie
> soort ding ook soms op hierdie nuusgroep. Is dit werklik
> deel van die Afrikaner-kultuur?
>
> Gloudina
Re: Is vloek en vuilpraat deel van die afrikaner-kultuur? [boodskap #82914 is 'n antwoord op boodskap #82911] Di, 26 Augustus 2003 12:50 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jcw wrote

ek persoonlik
> dink die "nice"en "ordentlikke" wit-afrikaner is besig om uit te sterf in
> die generasie waarin my ouers en groot ouers behoort - hier is 'n hele nuwe
> volk aan die ontwikkel, en wat nie meer verskoning gaan vra nie, en wat nie
> kak sal duld nie - SA gaan 'n baie nice plek wees om te bly in die volgende
> 15 jaar !

SA is alreeds 'n baie nice plek om in te bly. Daarom dat
my susters weier om te emigreer. Daarom dat my swaer
vir my kinders onlangs vertel het dat hy nooit sal emigreer
nie.
Maar jy praat so van die " nice en ordentlike wit-afrikaner"
wat jy dink gaan uitsterf. Dis egter duisende van daardie nice
en " ordentlike" Afrikaners wat die afgryslike sisteem van
apartheid tot stand gebring het en vir dekades in stand gehou
het. Ek hoop die " nuwe volk" wat volgens jou besig is om
te ontwikkel, sal keer dat dinge nie weer terugkeer na daardie
dae nie. Ek het nie juis dawerende kritiek vir die dade van
Derby-Lewis en Walusz (?) gehoor na die moord op Chris
Hani nie. En word Rita Harmse (?) nou nog onder die
Afrikaanse jeug gehuldig as 'n heldin wat SA van 'n bloedbad
gered het? Hoekom sing die Afrikaanse sangers in SA nie oor
haar nie?

Penkop se girlfriend
Vorige onderwerp: 7de Laan skaak
Volgende onderwerp: "Only 1 torture"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:36:39 MGT 2024