Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meer omtrent haatspraak
Meer omtrent haatspraak [boodskap #6133] Wo, 03 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo mense.

Ek het vandag 'n baie diepsinnige boek deur Richard Webster gelees,
getiteld A BRIEF HISTORY OF BLASPHEMY (Orwell, 1990). Die boek plaas die
Salman Rushdie-storie in 'n historiese perspektief, en bespreek veral die
geskiedenis van lasterlike aanvalle op die Jodendom en Islam deur die
Christendom in Europa. Die sentrale tesis beskuldig die intellektuele
ondersteuning vir Rushdie van huigelary, en van 'n kulturele en wel
godsdienstige protestantisme wat die opperste gebrek aan toleransie en
sensitiwiteit toon. Webster dui aan hoe die begrip van gewetensvryheid 'n
protestantse begrip is wat eers diep in protestantse dogma gewortel was -
die idee van die "innerlike Bybel en Christus" teenoor die uiterlike - en
later deur die humanisme as sekul^ere begrip geslyp is om die grondslag
vir die moderne begrip van gewetensvryheid te vorm.

Die boek bevat menige interessante idees, bv die lelike verband tussen 'n
groot gedeelte van die intellektuele steun vir die Rushdie-boek en die
tradisionele lasterlike anti-semitiese en anti-islamitiese beelde van die
Europese geskiedenis. Maar wat my die hardste laat dink het, was die
volgende gedeeltes (Reinier moet ook maar kyk):

"In this battle what the most extreme liberals are really advocating,
whether by intention or by default, is not, after all, any principle of
freedom or tolerance. What they are defending ultimately is the right -
or the duty - which has always been most sacred to our intolerantly
monotheistic religious culture. It is the right to proclaim the
superiority of their own revelation, and to abuse the gods who are
worshipped by other, supposedly inferior cultures. (59)"

"...[L]iberal intellectuals have gone on applying to the "bible within" of
the individual conscience, and to the redaction of that bible in the form
of the modern novel, exactly the same habit of mind as our Puritan
forebears applied to the Bible. Surrendering their own moral conscience
to an abstract faith in freedom, they have defended the textual integrity
of all novels with the same kind of blind zeal which Puritans once brought
to their defence of the scriptures. The proposition that certain portions
of a novel are blasphemous and should be retracted enrages these liberals
just as much as a proposal to delete certain portions of the gospels
would have enraged seventeenth century Puritans, or a request for a ban
on certain parts of the Koran would enrage the true followers of Islam." (60)

Mens mag natuurlik antwoord dat die liberaliste waarna hy verwys geen
sensuur van enige boeke, heilig of andersins, wil sien nie. Maar, soos
Webster tereg opmerk, verban van dieselfde liberaliste rassistiese
haatspraak, laster en obsene werke wat nie "letterkundige meriete" het
nie, en is die taboe van godslastering teen die Christendom
redelik sterk internaliseer, sodat erg lasterlike werke groot protes
uitlok, en meeste kunstenaars streng selfsensuur toepas.

Aan diegene wat dan, soos Reinier en ek, nog wil klou aan absolute
gewetensvryheid, wys Webster hoe sterk protestants-kultureel, en ook
"fundamentalisties", so 'n houding kan wees, veral as dit met 'n volslae
weiering om die gevolge te dra saamhang.

Daar is heelwat wat mens teen al sy idees as argumente kan opper. Maar,
meer as enige van die feministiese werke wat ek gelees het, het Webster
my met 'n kragtige illustrasie van die harde werklikheid van die pyn en
wreedheid van godslastering, en haatspraak, gekonfronteer.

Om 'n onderskeid te maak tussen 'n belediging en die uiting van 'n
onpopul^ere opinie, en dit as daar meniges is wat enige teenkanting as 'n
belediging beskou, is amper onmoontlik, veral in die gebied van die
godsdiens. Om die gereg die onderskeid te laat maak, is baie gevaarlik.
Maar dat die meeste mense op ons aardbol diep en innig seergemaak word deur
wat mense soos ek en Reinier sal beskou as die uitoefening van iemand se
reg op vryheid van spraak, kan mens nie ontken nie. En vir die moderne
staat om politieke uitinge as "groepslaster" te kan beskou, of as
onaanvaarbare "geweldopstoking" of "haat", en dan aanvalle op dit wat vir
mense allerheilig is as vryheid van spraak te aanvaar, is die opperste
huigelary. Hierdie dinge laat mens lank nadink.

Groete
Frank
Re: Meer omtrent haatspraak [boodskap #6160 is 'n antwoord op boodskap #6133] Di, 09 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 8 Apr 1996, Jeffery Zucker wrote:
> Frank skryf oor Richard Webster se boek, "A Brief History of
> Blasphemy". Hierby een uittreksel (ivm die verdediging van
> Rushdie deur Westerse "liberale"):
>
>> "In this battle what the most extreme liberals are really advocating,
>> whether by intention or by default, is not, after all, any principle of
>> freedom or tolerance. What they are defending ultimately is the right -
>> or the duty - which has always been most sacred to our intolerantly
> ^^^^^^^^^^^^^^^^
>> monotheistic religious culture. It is the right to proclaim the
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
>> superiority of their own revelation, and to abuse the gods who are
>> worshipped by other, supposedly inferior cultures. (59)"
>
>
> "Our intolerantly monotheistic religious culture"?
> "Intolerant" in vergelyking waarmee --
> met die mullahs van Tehran wat die fatwah op Rushdie
> uitgespreek het? Toon die Islamitiese lande dan nie
> 'n "intolerantly monotheistic religious culture" aan nie?
>

Nee, Jeff, een ding wat Webster beslis nie doen nie, is om vlakke van
intoleransie te vergelyk. Hy het geen illusies omtrent die intoleransie
van die Ayatolla se fatwah en die algemene militante houding van die
Islamitiese staat nie. Hy skryf byvoorbeeld dat selfs die "draai die
ander wang" instelling wat aspekte van die Christendom se houding teenoor
laster dikwels behels, nie op die Moslems afgedwing moet word nie.

Die belangrike lig wat hy egter op die Rushdie-reaksie werp, dui op die
wyse waarop 'n groot deel van die westerse reaksie op die Rushdie-storie
sterk binne 'n oer-oue tradisie in die Christendom gebly het: 'n tradisie
van ontsaglik obsene en amper histeriese laster wat teen die Jodendom en
teen Islam gebruik is (en ook teen die Katolieke sakramente). Webster is
blykbaar baie sielkundig-gesind (latere boeke oor Freud), en beskryf die
laster teen die Jode en Katolieke as 'n verplasing van lasterlike uitings
wat natuurlik mat die dood gestraf sou word as dit teen die Protestantse
dogma gebruik was. Die Moslems het die Duiwelsverse gesien as nog 'n
hoofstuk in hierdie vuil ou boek, en die anti-moslem reaksie wat op die
fatwah gevolg het (nie bloot 'n anti-fatwah reaksie nie) het dikwels
hierdie suspisies bevestig.

Ek stem nie met Webster saam dat andere se vyandige reaksies (of dit nou
uit verontwaardiging of blote haat spruit) genoegsame rede is om
publikasies te verban nie. Maar die perspektief op die Rushdie-sage wat
hy bring, is darem iets om oor na te dink.

Dat die Islamitiese state, en godsdiens self, oneindig meer intolerant is
as die Christelike state, of godsdiens, wat laster, of verskille betref,
kan mens nie ontken nie, en ek glo nie Webster sou probeer verskil nie.
Maar die geskiedenis van ketters brand en lasteraars veroordeel gloei nog
baie sterk in die Christelike kultuur.

Baai
Frank
Vorige onderwerp: Empty
Volgende onderwerp: Je hebt geen gelijk, Leendert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 20:30:35 MGT 2024