Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Selfmoord
Selfmoord [boodskap #80725] So, 20 Julie 2003 18:28 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is selfmoord `n sonde of nie.
WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.

Groete
Frikkie
Re: Selfmoord [boodskap #80727 is 'n antwoord op boodskap #80725] So, 20 Julie 2003 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jul 2003 20:28:34 +0200, Frikkie Potgieter
wrote:

> Is selfmoord `n sonde of nie.
> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>
> Groete
> Frikkie

Oom Dries, hoofouderling by sy kerk, het een
oggend vir my gesê dat sy vrou daardie betrokke
oggend nie gaan werk het nie.
En hy was bekommerd oor haar, want hy weet
dat sy nie siek is nie. Ons het 'n paar minute gesels,
waarna hy na iemand anders gestap het om sake wat
hulle albei aangaan, te bespreek. Ongelukkig het hy nie
dadelik huistoe gegaan nie, want by sy huis het hy sy vrou,
vergas is haar motor, binne hul motorhuis gekry. Die pyp wat
sy gebruik het vanaf die uitlaatstelsel na haar venster, het sy
die vorige dag by 'n hardewarewinkel gekoop.

Die predikant wat die roudiens gelei het, se woorde tydens
die diens was:
"En aan diegene wat wonder wat haar eindbestemming is, omdat sy haar
eie lewe geneem het, wil ek sê: Laat die oordeel aan God."

Daar bestaan nie 'n beter verwysing as dit nie, Frikkie.

DD
Re: Selfmoord [boodskap #80728 is 'n antwoord op boodskap #80725] So, 20 Julie 2003 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter het geskryf:

> Is selfmoord `n sonde of nie.
> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>
> Groete
> Frikkie

Hallo, Frikkie.

Ek was daar...ek sal dit graag met jou wil deel as jy belangstel.

As jy wil, gebruik my epos adres.
Re: Selfmoord [boodskap #80730 is 'n antwoord op boodskap #80725] Ma, 21 Julie 2003 01:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tines Grobler  is tans af-lyn  Tines Grobler
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Dagse maat,
goed om te sien jy is nog aan die gang.
Boere groete,
Marthines.

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:1pnlhvosdqeuj26oclogfv7viedomgd4n2@4ax.com...
> Is selfmoord `n sonde of nie.
> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>
> Groete
> Frikkie
>
Re: Selfmoord [boodskap #80732 is 'n antwoord op boodskap #80728] Ma, 21 Julie 2003 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie - net dit.
Selfmoord, ongeag wat die Bybel sê, is die mees selfsugtigste daad wat jy
kan pleeg.

"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bfevkr$fth$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Frikkie Potgieter het geskryf:
>
>> Is selfmoord `n sonde of nie.
>> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>>
>> Groete
>> Frikkie
>
> Hallo, Frikkie.
>
> Ek was daar...ek sal dit graag met jou wil deel as jy belangstel.
>
> As jy wil, gebruik my epos adres.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80739 is 'n antwoord op boodskap #80727] Ma, 21 Julie 2003 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
More julle almal,
Hoekom ek hierdie vraag gestel het is omdat ons nou besig is met so `n
bespreking en toe ek sê dat wat het dan van Simpson geword toe krap die
ou omies bietjie kop.

Groete
Frikkie
Ps:
Andries, wat bedoel jy met???

Ek was daar...ek sal dit graag met jou wil deel as jy belangstel.

On Sun, 20 Jul 2003 22:46:26 +0200, DD wrote:

> On Sun, 20 Jul 2003 20:28:34 +0200, Frikkie Potgieter
> wrote:
>
>> Is selfmoord `n sonde of nie.
>> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.

>> Groete
>> Frikkie
>
>
> Oom Dries, hoofouderling by sy kerk, het een
> oggend vir my gesê dat sy vrou daardie betrokke
> oggend nie gaan werk het nie.
> En hy was bekommerd oor haar, want hy weet
> dat sy nie siek is nie. Ons het 'n paar minute gesels,
> waarna hy na iemand anders gestap het om sake wat
> hulle albei aangaan, te bespreek. Ongelukkig het hy nie
> dadelik huistoe gegaan nie, want by sy huis het hy sy vrou,
> vergas is haar motor, binne hul motorhuis gekry. Die pyp wat
> sy gebruik het vanaf die uitlaatstelsel na haar venster, het sy
> die vorige dag by 'n hardewarewinkel gekoop.
>
> Die predikant wat die roudiens gelei het, se woorde tydens
> die diens was:
> "En aan diegene wat wonder wat haar eindbestemming is, omdat sy haar
> eie lewe geneem het, wil ek sê: Laat die oordeel aan God."
>
> Daar bestaan nie 'n beter verwysing as dit nie, Frikkie.
>
> DD
>
Re: Selfmoord [boodskap #80751 is 'n antwoord op boodskap #80739] Ma, 21 Julie 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" wrote in message
> toe ek sê dat wat het dan van Simpson geword toe krap die
> ou omies bietjie kop.

Ek neem aan die omies het hulle koppe gekrap
want hulle het nie geweet waarvan jy praat nie.
Van wie praat jy? Van ou Wallace Simpson,
wat later die Duchess of Windsor geword het
toe haar eggenoot as koning van Engeland
afgetree het? Of praat jy van Simson, die
boyfriend van Delila?

Penkop van die land oorkant die Jordaan
Re: Selfmoord [boodskap #80754 is 'n antwoord op boodskap #80725] Ma, 21 Julie 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie

Ek het 'n paar jaar terug met my ds daaroor gesels. Op die oog af is
selfmoord sonde, want jy neem 'n lewe, al is dit ook eie, volgens die Bybel
is dit sonde, MAAR God weet wat in elkeen se hart en verstand aangaan. As
die persoon selfmoord gepleeg het omdat hy/sy nie by sy volle verstand was
nie, of so diep was dat hulle in hul eie siek verstand geen ander uitweg kon
sien nie, glo ek nie dis sonde nie. Hetsy dit sonde is al dan nie - enige
sonde kan vergewe word - selfs moord.

E

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:1pnlhvosdqeuj26oclogfv7viedomgd4n2@4ax.com...
> Is selfmoord `n sonde of nie.
> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>
> Groete
> Frikkie
>
Re: Selfmoord [boodskap #80755 is 'n antwoord op boodskap #80739] Ma, 21 Julie 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is nou nie by wie Simpson is nie?
Nietemin, ek dink as iemand selfmoord gepleeg het, is hulle verby die punt
om om te gee of die dominee of enige ander mens dink hulle het sonde
gepleeg.

Ek sien sommiges hier dink dit is 'n selfsugtige daad. Inteendeel - dit is
so 'n depressiewe wanhoopsdaad dat die selfmoordenaar dink hy/sy doen die
agterblewenis 'n helse guns om nie meer langer 'n meulsteen te wees nie.
En dit verg nogals besondere moed om fisies en met volle oortuiging tot die
daad oor te gaan.

Annette

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:h91nhvkqhfiieoke1kgnfsgm4cep0ner3m@4ax.com...
> More julle almal,
> Hoekom ek hierdie vraag gestel het is omdat ons nou besig is met so `n
> bespreking en toe ek sê dat wat het dan van Simpson geword toe krap die
> ou omies bietjie kop.
>
> Groete
> Frikkie
> Ps:
> Andries, wat bedoel jy met???
>
> Ek was daar...ek sal dit graag met jou wil deel as jy belangstel.
>
>
>
>
> On Sun, 20 Jul 2003 22:46:26 +0200, DD wrote:
>
>> On Sun, 20 Jul 2003 20:28:34 +0200, Frikkie Potgieter
>> wrote:
>>
>>> Is selfmoord `n sonde of nie.
>>> WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.
>
>>> Groete
>>> Frikkie
>>
>>
>> Oom Dries, hoofouderling by sy kerk, het een
>> oggend vir my gesê dat sy vrou daardie betrokke
>> oggend nie gaan werk het nie.
>> En hy was bekommerd oor haar, want hy weet
>> dat sy nie siek is nie. Ons het 'n paar minute gesels,
>> waarna hy na iemand anders gestap het om sake wat
>> hulle albei aangaan, te bespreek. Ongelukkig het hy nie
>> dadelik huistoe gegaan nie, want by sy huis het hy sy vrou,
>> vergas is haar motor, binne hul motorhuis gekry. Die pyp wat
>> sy gebruik het vanaf die uitlaatstelsel na haar venster, het sy
>> die vorige dag by 'n hardewarewinkel gekoop.
>>
>> Die predikant wat die roudiens gelei het, se woorde tydens
>> die diens was:
>> "En aan diegene wat wonder wat haar eindbestemming is, omdat sy haar
>> eie lewe geneem het, wil ek sê: Laat die oordeel aan God."
>>
>> Daar bestaan nie 'n beter verwysing as dit nie, Frikkie.
>>
>> DD
>>
>
Re: Selfmoord [boodskap #80756 is 'n antwoord op boodskap #80732] Ma, 21 Julie 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy's so seker van jouself nê? As jy gesond is sien jy dit dalk as
selfsugtig, selfs miskien lafhartig. Maar die persoon wat sy eie lewe neem
sien dit dalk as onselfsugtig. Moenie praat sonder om te dink nie Jonas,
die donker gat van depressie is baie diep, en soms sak jy so diep af dat jy
nie kan sien hoe jy daar gaan uitkom nie, jy voel niemand verstaan of gee om
nie. Jy dink jy's alleen met jou pyn. Selfmoord is 'n tere sakie, en ek
het min simpatie vir iemand wat homself probeer vernietig vir aandag - maar
daar is mense wat waarlik geen uitweg sien nie. Vir daai mense het ek diep
simpatie - help eerder as om te kritiseer.

Natuurlik vir die mense wat hul familie/kidners saam vat het ek geen
simpatie nie - neem jou eie lewe as jy so voel, maar moenie moord pleeg
terwyl jy besig is nie. DIT is selfsugtig.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bffrc0$sss$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Frikkie - net dit.
> Selfmoord, ongeag wat die Bybel sê, is die mees selfsugtigste daad wat jy
> kan pleeg.
Re: Selfmoord [boodskap #80761 is 'n antwoord op boodskap #80756] Ma, 21 Julie 2003 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - ek weet waarvan ek praat. Selfmoord los slegs een persoon se
probleem op.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f1be6b3$0$230@hades.is.co.za...
> En jy's so seker van jouself nê? As jy gesond is sien jy dit dalk as
> selfsugtig, selfs miskien lafhartig. Maar die persoon wat sy eie lewe neem
> sien dit dalk as onselfsugtig. Moenie praat sonder om te dink nie Jonas,
> die donker gat van depressie is baie diep, en soms sak jy so diep af dat jy
> nie kan sien hoe jy daar gaan uitkom nie, jy voel niemand verstaan of gee om
> nie. Jy dink jy's alleen met jou pyn. Selfmoord is 'n tere sakie, en ek
> het min simpatie vir iemand wat homself probeer vernietig vir aandag - maar
> daar is mense wat waarlik geen uitweg sien nie. Vir daai mense het ek diep
> simpatie - help eerder as om te kritiseer.
>
> Natuurlik vir die mense wat hul familie/kidners saam vat het ek geen
> simpatie nie - neem jou eie lewe as jy so voel, maar moenie moord pleeg
> terwyl jy besig is nie. DIT is selfsugtig.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bffrc0$sss$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Frikkie - net dit.
>> Selfmoord, ongeag wat die Bybel sê, is die mees selfsugtigste daad wat jy
>> kan pleeg.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80763 is 'n antwoord op boodskap #80761] Ma, 21 Julie 2003 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis ongelukkig nie wat die selfmoordenaar dink nie.

Nou kom ons natuurlik by die Oosterse Hara Kiri - wat dit selfs as 'n edele
enigste uitweg beskou word.

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bfgpn3$d9k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - ek weet waarvan ek praat. Selfmoord los slegs een persoon se
> probleem op.
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f1be6b3$0$230@hades.is.co.za...
>> En jy's so seker van jouself nê? As jy gesond is sien jy dit dalk as
>> selfsugtig, selfs miskien lafhartig. Maar die persoon wat sy eie lewe neem
>> sien dit dalk as onselfsugtig. Moenie praat sonder om te dink nie Jonas,
>> die donker gat van depressie is baie diep, en soms sak jy so diep af dat jy
>> nie kan sien hoe jy daar gaan uitkom nie, jy voel niemand verstaan of gee om
>> nie. Jy dink jy's alleen met jou pyn. Selfmoord is 'n tere sakie, en ek
>> het min simpatie vir iemand wat homself probeer vernietig vir aandag - maar
>> daar is mense wat waarlik geen uitweg sien nie. Vir daai mense het ek diep
>> simpatie - help eerder as om te kritiseer.
>>
>> Natuurlik vir die mense wat hul familie/kidners saam vat het ek geen
>> simpatie nie - neem jou eie lewe as jy so voel, maar moenie moord pleeg
>> terwyl jy besig is nie. DIT is selfsugtig.
>>
>> E
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:bffrc0$sss$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Frikkie - net dit.
>>> Selfmoord, ongeag wat die Bybel sê, is die mees selfsugtigste daad wat jy
>>> kan pleeg.
>>
>
Re: Selfmoord [boodskap #80770 is 'n antwoord op boodskap #80754] Ma, 21 Julie 2003 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote in message

> Ek het 'n paar jaar terug met my ds daaroor gesels. Op die oog af is
> selfmoord sonde, want jy neem 'n lewe, al is dit ook eie, volgens die Bybel
> is dit sonde

Frikkie wou natuurlik weet wat in die Christelike Bybel
oor selfmoord staan, en nie wat mense op hierdie nuusgroep
se opinies is nie. Waar is ons geleerde bybelpraters, soos
du plessis, om vir ons die vers en die kapittel te bewys
van wat die Bybel verklaar.

Tant Hessie, wat dink aan Eugene Marais se uiteinde.
Re: Selfmoord [boodskap #80772 is 'n antwoord op boodskap #80770] Ma, 21 Julie 2003 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Bybel sê niks oor selfmoord nie - nie so ver ek weet nie. Die bybel
praat van moord, en of jy jou eie lewe of iemand ander s'n neem - dit bly
moord. Dis waaroor ek met my predikant gepraat het, maar selfs hy kon nie
vir my 'n stuk wys wat definitief handel oor selfmoord nie. Behalwe miskien
Judas Iskariot se selfmoord - maar ek glo nie dis dieselfde ding nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Frikkie wou natuurlik weet wat in die Christelike Bybel
> oor selfmoord staan, en nie wat mense op hierdie nuusgroep
> se opinies is nie. Waar is ons geleerde bybelpraters, soos
> du plessis, om vir ons die vers en die kapittel te bewys
> van wat die Bybel verklaar.
>
> Tant Hessie, wat dink aan Eugene Marais se uiteinde.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80773 is 'n antwoord op boodskap #80761] Ma, 21 Julie 2003 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek ook. Ek het in 'n huis groot geword met 'n ma wat aan maniese
depressie ly. Dit was nie maklik vir my, my susers of my pa nie. My oupa
het suksesvol selfmoord gepleeg, nogal op 'n grusame manier en my ma het
baie gedreig om dit te doen as sy 'n "donker" stadium deurgegaan het.
Gewoonlik moes ons haar dan soos 'n valk op pas.
Jy het my punt heeltemal gemis. Ek het gesê vir jou wat gesond is lyk dit
dalk selfsugtig - vir iemand wat siek is lyk dit na 'n onselfsugtige daad.
Sê nou maar 'n man verloor sy werk en hy kry nie ander werk nie. Sy familie
is dalk besig om te kripeer van die honger, en sy vrou en kinders suffer
daaronder - maar as hy dood is sal sy polisse en pensioen en goed uitbetaal.
As dit gebeur is sy familie dalk miljoenêrs, so in sy eie depressie en siek
redenasies pleeg hy die "onselfsugtige" daad van selfmoord. So kry sy gesin
die geld, en hulle het kos om te eet en 'n huis om in te bly, dalk is hulle
selfs beter af as wat hulle was toe hy geleef het. Natuurlik is sy gesin
kwaad vir hom - magteloos omdat hulle nie met hom kan baklei oor wat hy
gedoen het nie - maar op daai stadium het dit vir hom na 'n goeie oplossing
gelyk.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bfgpn3$d9k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - ek weet waarvan ek praat. Selfmoord los slegs een persoon se
> probleem op.
Re: Selfmoord [boodskap #80790 is 'n antwoord op boodskap #80773] Di, 22 Julie 2003 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - die feit dat jou oupa se selfmoord 'n diep merk op jou, 'n
kleinkind gelaat het, bevestig my punt.
Ek het diepe simpatie met die ouens. Maar ook met die die wat daarna
dieselfde probleme die hoof moet bied as die ou wat ontsnap het.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f1c2349$0$225@hades.is.co.za...
> Ja, ek ook. Ek het in 'n huis groot geword met 'n ma wat aan maniese
> depressie ly. Dit was nie maklik vir my, my susers of my pa nie. My oupa
> het suksesvol selfmoord gepleeg, nogal op 'n grusame manier en my ma het
> baie gedreig om dit te doen as sy 'n "donker" stadium deurgegaan het.
> Gewoonlik moes ons haar dan soos 'n valk op pas.
> Jy het my punt heeltemal gemis. Ek het gesê vir jou wat gesond is lyk dit
> dalk selfsugtig - vir iemand wat siek is lyk dit na 'n onselfsugtige daad.
> Sê nou maar 'n man verloor sy werk en hy kry nie ander werk nie. Sy familie
> is dalk besig om te kripeer van die honger, en sy vrou en kinders suffer
> daaronder - maar as hy dood is sal sy polisse en pensioen en goed uitbetaal.
> As dit gebeur is sy familie dalk miljoenêrs, so in sy eie depressie en siek
> redenasies pleeg hy die "onselfsugtige" daad van selfmoord. So kry sy gesin
> die geld, en hulle het kos om te eet en 'n huis om in te bly, dalk is hulle
> selfs beter af as wat hulle was toe hy geleef het. Natuurlik is sy gesin
> kwaad vir hom - magteloos omdat hulle nie met hom kan baklei oor wat hy
> gedoen het nie - maar op daai stadium het dit vir hom na 'n goeie oplossing
> gelyk.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bfgpn3$d9k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ek weet waarvan ek praat. Selfmoord los slegs een persoon se
>> probleem op.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80791 is 'n antwoord op boodskap #80770] Di, 22 Julie 2003 02:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - laat Frikkie sy eie vrae vra.

(Die pedantiese obsessies word moeilik onderdruk - oud onderwyseres sou ek
sê.)

"@rogers.com" wrote in message
news:nFUSa.18155$2h1.4945@news02.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Elaine" wrote in message
>
>> Ek het 'n paar jaar terug met my ds daaroor gesels. Op die oog af is
>> selfmoord sonde, want jy neem 'n lewe, al is dit ook eie, volgens die Bybel
>> is dit sonde
>
> Frikkie wou natuurlik weet wat in die Christelike Bybel
> oor selfmoord staan, en nie wat mense op hierdie nuusgroep
> se opinies is nie. Waar is ons geleerde bybelpraters, soos
> du plessis, om vir ons die vers en die kapittel te bewys
> van wat die Bybel verklaar.
>
> Tant Hessie, wat dink aan Eugene Marais se uiteinde.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80834 is 'n antwoord op boodskap #80790] Di, 22 Julie 2003 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou nie sê Oupa se selfmoord het 'n diep merk gelaat nie - ek het hom
nooit geken nie. Ons was altyd 'n baie hegte familie. Die feit dat ek 'n
kleinkind is sê niks. Ek was baie na aan my Ouma (aan moederskant), gewees.
So twee jaar terug het een van my vriende, nadat ons 'n relletjie gehad het,
handevol pille gesluk en my toe gebel. Hy't aandag gesoek, en ek was bitter
kwaad vir hom. Volgende keer los ek hom... Ek moet sê die dokters en
parameds het nie veel simpatie getoon met hom nie, meer met my en my man wat
nogal bietjie geskok was. Nodeloos om te sê is hy nie meer so goeie pel
nie.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bfi7ed$611$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - die feit dat jou oupa se selfmoord 'n diep merk op jou, 'n
> kleinkind gelaat het, bevestig my punt.
> Ek het diepe simpatie met die ouens. Maar ook met die die wat daarna
> dieselfde probleme die hoof moet bied as die ou wat ontsnap het.
Re: Selfmoord [boodskap #80837 is 'n antwoord op boodskap #80834] Di, 22 Julie 2003 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - ek is bly jy noem die geval. Baie mense pleeg emosionele afpersing
deur dreigemente in die verband.
Ek verstaan jou punt. My invalshoek in die verband bly dieselfde - as jy dit
verkondig dat dit 'n baie selfsugtige daad is besef mense dat hulle andere
ook in ag moet neem.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f1d5b6d$0$235@hades.is.co.za...
> Ek sou nie sê Oupa se selfmoord het 'n diep merk gelaat nie - ek het hom
> nooit geken nie. Ons was altyd 'n baie hegte familie. Die feit dat ek 'n
> kleinkind is sê niks. Ek was baie na aan my Ouma (aan moederskant), gewees.
> So twee jaar terug het een van my vriende, nadat ons 'n relletjie gehad het,
> handevol pille gesluk en my toe gebel. Hy't aandag gesoek, en ek was bitter
> kwaad vir hom. Volgende keer los ek hom... Ek moet sê die dokters en
> parameds het nie veel simpatie getoon met hom nie, meer met my en my man wat
> nogal bietjie geskok was. Nodeloos om te sê is hy nie meer so goeie pel
> nie.
>
> E
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bfi7ed$611$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - die feit dat jou oupa se selfmoord 'n diep merk op jou, 'n
>> kleinkind gelaat het, bevestig my punt.
>> Ek het diepe simpatie met die ouens. Maar ook met die die wat daarna
>> dieselfde probleme die hoof moet bied as die ou wat ontsnap het.
>
Re: Selfmoord [boodskap #80844 is 'n antwoord op boodskap #80770] Di, 22 Julie 2003 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Jul 2003 16:37:39 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Frikkie wou natuurlik weet wat in die Christelike Bybel
> oor selfmoord staan, en nie wat mense op hierdie nuusgroep
> se opinies is nie. Waar is ons geleerde bybelpraters, soos
> du plessis, om vir ons die vers en die kapittel te bewys
> van wat die Bybel verklaar.
>
> Tant Hessie, wat dink aan Eugene Marais se uiteinde.
>

As jy nie te lui is om te lees nie, bouwer, sou jy gesien het dat
Dave Du Plessis die eerste was om te antwoord. Lees in
opvolg Elaine se antwoord aan jou.

Oge oopmaak, bouwer, oge oopmaak, en rondkyk
Re: Selfmoord [boodskap #80885 is 'n antwoord op boodskap #80837] Wo, 23 Julie 2003 12:52 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan jou punt ook Jonas, en ek het, soos ek voorheen gesê het, nie
veel tyd vir mense wat dit doen om aandag te soek nie. Maar jy kan sit en
vertel dis selfsugtig, en ek kan dit vir hulle sê, maar as die mens sielsiek
is gaan hy luister, maar nie hoor nie. Ek glo nie dit sal insink nie.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bfjnjv$id$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - ek is bly jy noem die geval. Baie mense pleeg emosionele afpersing
> deur dreigemente in die verband.
> Ek verstaan jou punt. My invalshoek in die verband bly dieselfde - as jy dit
> verkondig dat dit 'n baie selfsugtige daad is besef mense dat hulle andere
> ook in ag moet neem.
Vorige onderwerp: 'n Paar blapse uit kerk se afkondigingslyste
Volgende onderwerp: Kerke loop leeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:23:53 MGT 2024