Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Sowell
Re: Sowell [boodskap #6117] Di, 02 April 1996 00:00
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Frank vra:
> Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
> boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
> nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
> die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
> boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
> Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
> Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
> nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
> behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
> die 1975 boek nie op die program gewees het nie).

Jeff Zucker het die artikel vir my gestuur (dankie, Jeff). Hy het dit
in die 1989 uitgawe van Commentary gevind. Die titel is "'Affirmative
Action': A Worldwide Disaster". In die artikel verskyn die volgende
inligting:

"Thomas Sowell, senior fellow at the Hoover Institution, Stanford, is
the author of many books, including "A Conflict of Visions", "The
Economics and Politics of Race", "Ethnic America", and most recently,
"Choosing a College". The present essay (whose appearance here is made
possible by the Harry Elson Commentary Fund) is adapted from his new book,
"Preferential Policies: An International Perspective", to be published
next year by Morrow."

Don Caldwell haal ook vir Sowell se "Preferential Policies" aan in sy
hoofstuk oor regstellende aksie (Affirmative Action: Look Who's Racist
Now) in "No More Martyrs Now: Capitalism, Democracy and Ordinary
People" (Conrad Business Books, Johannesburg).

Ek het ook 'n rukkie gelede Laissez Faire Books se katalogus van Jeff
ontvang. Daarin verskyn enkele resensies van Sowell se boeke.
Jy kan dit ook op die World Wide Web besigtig by:

http://www.xmission.com/~legalize/lf

Dankie vir die inligting oor die ander boeke. My vryheidgesinde
navorsing is slegs 'n stokperdjie, dus moet ek jou versugting
deel oor soveel boeke, so min tyd.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Sowell [boodskap #6118 is 'n antwoord op boodskap #6117] Di, 02 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die inligting omtrent Sowell, Reinier. Jammer dat ek nie mooi
opgelet het toe jy die eerste keer na die artikel verwys het nie. Die
boek self kan ek hier in die Bodleian biblioteek lees. Dankie ook vir die
internet verwysings.

Groete
Frank
Vorige onderwerp: Mandela se rykdom
Volgende onderwerp: Sowell
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:36:32 MGT 2024