Toe tyd weer kom [boodskap #6108] |
So, 31 Maart 1996 00:00 |
Frank Snyckers
Boodskappe: 68 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
TOE TYD WEER KOM
Toe tyd weer kom, toe sit ons met 'n land -
Te bowe gaan die plekkie die verstand -
Waar eeue saamspan om die gek te skeer,
En kolk en maal, en maal en kolk maar weer,
Wat saamgegooi het alle soorte mens
Soos malsiekjan se goeters in sy spens,
Wat eers gewoed het met die aardbolgal;
aar nou is almal slaansaknelsonmal.
In 1652 kom Oom Jan,
Wat lank moes soek om skeurbuik te verban,
By platbergbaai se strand met skepe aan
En kom en gaan en gaan en kom en gaan,
Tot dinge reed'lik goed begin te lyk
En Britse ogies suid begin te kyk;
Dan was daar nog 'n klomp van Frankryk ook
En binnekort begin die pot te kook.
Want Xhosa was daar, Zoeloe, Matabeel
En bruin en swart en pienk en bietjie geel,
Vir een ou plekkie was dit effens veel,
En graag wil mensdom nie met ander deel,
Dis bloed en spies en bom en haelgeweer
En vlaggies hys en stryk en hys hul weer;
Daar kom toe diamant met goud daarby,
En wragtig sal die storie end nooit kry.
Hoe lyk die plekkie nou, wil almal weet,
Nou dat daar blom wat demokrasie heet?
Nee wat, dit lyk asof daai demo-ding
Vir ons nog meer soos vantevore bring;
et kierie en met krom masjiengeweer
oor almal heerlik voort soos van weleer;
Dit lyk asof die bloed nou verder spat
En taxiboef kraai koning in die stad.
Die Koningin van daardie demo-ding
Het eers vir Stompie toe haar man bespring;
Haar man probeer wel vrede te bewaar,
aar sê bra min oor skiet op Zoeloeskaar;
Daars mense wat die setlaars wil verbrand,
En ander wat wil slag vir stukke land;
Die een wat gister nog Lenin siteer
Wil als wat beef nou graag privatiseer.
Daars baie honger en daars baie haat,
Daars baie wat die demo-ding verlaat,
Daars amnestie vir my en tronk vir jou,
Daars hordes wat veel eerder breek as bou,
Daars treine bloed en treine lekker sous,
Daars boeties wat vir bandjies poste smous,
Daars tannies wat swart kindertjies verbied,
Daars oompies wat swart kindertjies snags skiet.
Nou wonder ek, as wolf mens vir mens is,
Soos Hobbes vertel, of hoop vir ons spens is.
Daai eeue met hul maljan gekgeskeer
In hierdie land verbaas ons keer op keer;
Die mens is dwaas, die demokrasie dom,
Maar die wat beter weet bly blykbaar stom;
Waar mag van andere my altyd kwaal
Laat demo-ding my vryheid asemhaal.
Baai
Frank.
|
|
|