Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opsoek na n enkel meisie.
Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76784] So, 27 April 2003 03:57 na volgende boodskap
Marthines  is tans af-lyn  Marthines
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40. Ek
is37.
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76787 is 'n antwoord op boodskap #76784] So, 27 April 2003 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 13:57:47 +1000, "Marthines" wrote:

> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40. Ek
> is37.
>

Nou waarom soek jy nie liewer in Australië nie, Martines?
Daar's Ausie girls, daar's Abbo's by die hope.
In Suid Afrika is die mooiste meisies te wêreld.
Los ons meisies hier.

DD
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76790 is 'n antwoord op boodskap #76787] So, 27 April 2003 05:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy soek na 'n meisie met mooi enkels:))
Annette

"DD" skryf in boodskap news:ocomav8m86k07lsgbdgk9dbampvo5v7mnm@4ax.com...
> On Sun, 27 Apr 2003 13:57:47 +1000, "Marthines"
> wrote:
>
>> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40. Ek
>> is37.
>>
>
> Nou waarom soek jy nie liewer in Australië nie, Martines?
> Daar's Ausie girls, daar's Abbo's by die hope.
> In Suid Afrika is die mooiste meisies te wêreld.
> Los ons meisies hier.
>
> DD
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76792 is 'n antwoord op boodskap #76790] So, 27 April 2003 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 07:25:44 +0200, "Annette" wrote:

> Hy soek na 'n meisie met mooi enkels:))
> Annette
>
>

'n Enkel meisie met mooi Enkels?

DD
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76876 is 'n antwoord op boodskap #76784] Di, 29 April 2003 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Marthines - wat skeel met julle merinos?

"Marthines" skryf in boodskap news:1051415867.726067@syringe.ispdr.net.au...
> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40. Ek
> is37.
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76879 is 'n antwoord op boodskap #76784] Di, 29 April 2003 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's op die verkeerde plek, hier's nie boere nooiens nie. Probeer Landbou
Weekblad se opsitkers :-)) Regtig, ek's nie 'n boere nooi nie. Ek's 'n
besigheidsvrou. Met boerenooi verstaan ek altyd 'n man se vloerlap. Iemand
wat agter hom kan aanloop, sy huis kan skoonhou en sy kos vir hom kan kook,
ens, ens

E

"Marthines" skryf in boodskap news:1051415867.726067@syringe.ispdr.net.au...
> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40. Ek
> is37.
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76883 is 'n antwoord op boodskap #76879] Di, 29 April 2003 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik! As 'n
man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep. Die plaaskinders, manlik of
vroulik, haal myns insiens die grootmenslewe veel beter voorbereid vir 'n
verantwoordelike lewe as die stadskinders wat grootword met ouers wat
omtrent nooit by die huis is nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3eae46b0.0@news1.mweb.co.za...
> Jy's op die verkeerde plek, hier's nie boere nooiens nie. Probeer Landbou
> Weekblad se opsitkers :-)) Regtig, ek's nie 'n boere nooi nie. Ek's 'n
> besigheidsvrou. Met boerenooi verstaan ek altyd 'n man se vloerlap. Iemand
> wat agter hom kan aanloop, sy huis kan skoonhou en sy kos vir hom kan kook,
> ens, ens
>
> E
>
> "Marthines" wrote in message
> news:1051415867.726067@syringe.ispdr.net.au...
>> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en 40.
> Ek
>> is37.
>>
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76886 is 'n antwoord op boodskap #76883] Di, 29 April 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ahemmmm!!! Die meeste plaaskiinders word groot in koshuise, terwyl die
meeste dorps/stadskinders by die huis grootword. Ek kan jou verseker ek is
hels dankbaar dat ek eers in 'n koshuis na skool beland het.

Ek stem nie saam met wat Elaine gesê het nie - maar jy maak dieselfde fout -
julle altwee veralgemeen verskriklik en trap op tone en beledig links en
regs met bg stellings.

Annette

> Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik! As 'n
> man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
> skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep. Die plaaskinders, manlik of
> vroulik, haal myns insiens die grootmenslewe veel beter voorbereid vir 'n
> verantwoordelike lewe as die stadskinders wat grootword met ouers wat
> omtrent nooit by die huis is nie.
> "Elaine" wrote in message
> news:3eae46b0.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy's op die verkeerde plek, hier's nie boere nooiens nie. Probeer Landbou
>> Weekblad se opsitkers :-)) Regtig, ek's nie 'n boere nooi nie. Ek's 'n
>> besigheidsvrou. Met boerenooi verstaan ek altyd 'n man se vloerlap.
> Iemand
>> wat agter hom kan aanloop, sy huis kan skoonhou en sy kos vir hom kan
> kook,
>> ens, ens
>>
>> E
>>
>> "Marthines" wrote in message
>> news:1051415867.726067@syringe.ispdr.net.au...
>>> Ek bly tans in Australia en is op soek na n boere nooi, tussen 20 en
40.
>> Ek
>>> is37.
>>>
>>
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76909 is 'n antwoord op boodskap #76886] Di, 29 April 2003 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het eintlik 'n grappie gemaak. Maar nou is dit ongelukkig so dat jou
deursnit SA man 'n 'boerenooi' soek. Iemand wat nie sy "authority"
bevraagteken nie, en wat agter hom sal aanloop. Dis jammer, maar waar. Die
nuwe generasie mans is bietjie beter, en begin aanvaar dat ons meer as net
kokke is. Toe my suster getroud is, het haar predikant vir haar gesê sy
moet die beste kok in die kombuis wees, die beste gasvrou vir haar man se
vriende, en die grootste slet in die bed! Van die man se "verpligtinge" is
daar nie eers gepraat nie. Dis sommer aanvaar sy gaan sy kok en slet wees.
Ek was nogal erg ontsteld met die ds.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b8lpnf$akeeh$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ahemmmm!!! Die meeste plaaskiinders word groot in koshuise, terwyl die
> meeste dorps/stadskinders by die huis grootword. Ek kan jou verseker ek is
> hels dankbaar dat ek eers in 'n koshuis na skool beland het.
>
> Ek stem nie saam met wat Elaine gesê het nie - maar jy maak dieselfde fout -
> julle altwee veralgemeen verskriklik en trap op tone en beledig links en
> regs met bg stellings.
>
> Annette
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76911 is 'n antwoord op boodskap #76883] Di, 29 April 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou ja, waarvoor wag jy? My ma was ALTYD by die huis, totdat ek so 18 was,
toe't sy weer begin werk. God het my nie 'n brein gegee om resepte te lees
nie. My ma sê tot vandag toe nog sy wens sy't weer begin werk nadat sy ons
gehad het. As jou kinders uit die huis begin gaan, begin die vrou voel asof
sy geen doel meer in haar lewe het nie.

BTW, stadskinders raak baie gou groot, dalk te gou. Ek kyk so na die
kinders wat in die stad rondloop en verwonder my daaraan dat hulle op 9 al
klaar dink popspeel is te "klein" vir hulle, op 11 dra hulle al grimering en
op 14 klap die kanarie, dalk al vroeër. 'n Plaasjapie, en jy kan my woord
hiervoor wat, is NIE voorbereid op die groot wêreld daarbuite nie. Ek weet,
want ek het self op 'n klein plekkie groot geword. Die stad was 'n moerse
skok vir my sisteem.

Ek was spyt dat my pa-hulle my so beskut grootgemaak het, maar bly dat ek
geleer is (deur my pa) dat 'n vrou nie noodwendig afhanklik is van 'n man
nie. Dat sy op haar eie, en nie haar man se meriete nie, gemeet kan word.
Dat sy nie 'n tree hoef terug te staan vir 'n man nie. Dat sy g'n man se
vloerlap, kok, broeimasjien, slet en bediende hoef te wees nie. Dat sy 'n
verstand van haar eie het, en daarmee kan maak wat sy wil, hoe sy wil en
wanneer sy wil. As 'n vrou haar man se slaaf wil wees is dit haar keuse, ek
sal haar nie beledig nie en ek sal nie minder van haar dink nie, daar's
sekerlik 'n plek in die wêreld vir sulkes ook. As jy 'n belediging gesien
het in wat ek gesê het, is ek jammer dit was nie die bedoeling nie.

Gaan soek jou trouvrou, maar wat soek jy nou eintlik? Sal jy haar kry? Ek
twyfel. Ek's getroud, my oudste suster is getroud, my jonger sus trou een
van die dae, omtrent al my vriendinne is getroud. Ons is almal voosgetrapte
dorpsmeisie, wat maak van ons minder goeie trou materiaal as Sannie af die
plaas?

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eae5f55.0@news1.mweb.co.za...
> Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik! As 'n
> man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
> skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep.
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76945 is 'n antwoord op boodskap #76911] Wo, 30 April 2003 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moenie so stres nie! Soos wat tong in die kies gesê het, so het ek ook
maar geantwoord. Tog, ek bly by my standpunt. Ek lees dat jy 'n
verskriklik onafhanklike mens is en nie kan verdra dat enige vrou as die man
se mindere beskou moet word nie. En reg ook, want elke mens is geregtig op
sy opinie. Kom ons kyk na die eindproduk wat skool na matriek verlaat.
Uit die stad uit kry jy 'n 18-jarige wat reeds wêreldwys is, seksueel aktief
is, die stad se stampe en stote kan oorleef, sy eie selfoon het en heel
moontlik al sy eie kar het. Kaste vol klere en 'rave's' elke naweek.
Ongelukkig weet hulle en hul ouers nie eintlik wat die ander doen nie want
almal is besig om die 'rat race' te hol? Dis nou so oor die duim
gegooi....
Plaaskinders daarenteen, leer oor die algemeen van vroeg in hul lewens
af, die verantwoordelikhede van die lewe in al sy vorme. Hulle sien hoe
klein diertjies gemaak word, dat alle diere kos moet kry en versorging nodig
het, en beleef die dood in sy ergste vorm....by tye. Om koshuis toe te
moet gaan, is nie te lekker nie, maar in die proses word die kind dissipline
en verantwoordelikhede geleer wat oor die algemeen nie bereikbaar is in 'n
eie huis nie. Op naweke wat hulle by die plaas kom, spandeer hulle en
hulle ouers veel meer kwaliteit tyd saam hoofsaaklik omdat daar op die plaas
nie veel meer anders is om te doen as juis die familie nie. Sekerlik sal
die plaaskind nie so gereed wees vir die grootmenslewe in die stad soos sy
stads-eweknie nie, maar sy ervaring en opvoeding maak dat hy vinnig kan
aanpas.
Wee'jy, ek praat baie stront, maar met hierdie een sal jy my nie buig
nie. Ons sien deur die jaar toerisme van beide die RSA-stede, Windhoek en
dan natuurlik die plaasmense van ons eie land wat kom vakansiehou.
Kommunikasie met die stadskinders is eintlik maar moeilik want hulle is sê
verveeld op 'n plek waar daar nie klubs en plekke is waar hulle kan jol nie.
Kry jy te doene met plaaskinders, sal jy uitvind hulle kommunikeer makliker
en stel ook belang in wat om hulle aangaan. Is daar 'n probleem, is daar
vir hulle van kleins af geleer dat probleme dinge is wat uitgesorteer moet
word.
Wat jou trouvrou aanbetref, is dit nie vir my 'n kwessie van vloerlap
wees nie. Miskien moet mens kyk na wat 'n goeie vrou uitmaak? Dis een
met selftrots en wat 'n tuiste skep vir haar familie. Dit beteken nie sy
kan nie 'n beroep hê nie! 'n Werkende vrou beteken ook nie noodwendig dat
haar huis 'n gemors moet wees nie. Dit gaan alles oor organisasie en
beheer en plaaskinders leer van vroeg af dat daar sekere take is wat op 'n
plaas uitgevoer moet word. Die meisies help obviously hoofsaaklik in die
huis en het daarom 'n beter agtergrond vir 'n gesinslewe vir haar eie
familie eendag. Vir my, egter, veel belangriker is dat mense van die
platteland oor die algemeen gedwing word deur die gebrek aan afleiding en
verleiding van die stad, leer om met sy medemens te kommunikeer.
Vrystories maak maar 'n kort tydjie uit van 'n paar se huwelik...vir die res
van die tyd moet hulle kan kommunikeer.....om pêlle te kan wees. Nee wat,
plasie forever!

"Elaine" skryf in boodskap news:3eaed1f8.0@news1.mweb.co.za...
> Nou ja, waarvoor wag jy? My ma was ALTYD by die huis, totdat ek so 18 was,
> toe't sy weer begin werk. God het my nie 'n brein gegee om resepte te lees
> nie. My ma sê tot vandag toe nog sy wens sy't weer begin werk nadat sy ons
> gehad het. As jou kinders uit die huis begin gaan, begin die vrou voel asof
> sy geen doel meer in haar lewe het nie.
>
> BTW, stadskinders raak baie gou groot, dalk te gou. Ek kyk so na die
> kinders wat in die stad rondloop en verwonder my daaraan dat hulle op 9 al
> klaar dink popspeel is te "klein" vir hulle, op 11 dra hulle al grimering en
> op 14 klap die kanarie, dalk al vroeër. 'n Plaasjapie, en jy kan my woord
> hiervoor wat, is NIE voorbereid op die groot wêreld daarbuite nie. Ek weet,
> want ek het self op 'n klein plekkie groot geword. Die stad was 'n moerse
> skok vir my sisteem.
>
> Ek was spyt dat my pa-hulle my so beskut grootgemaak het, maar bly dat ek
> geleer is (deur my pa) dat 'n vrou nie noodwendig afhanklik is van 'n man
> nie. Dat sy op haar eie, en nie haar man se meriete nie, gemeet kan word.
> Dat sy nie 'n tree hoef terug te staan vir 'n man nie. Dat sy g'n man se
> vloerlap, kok, broeimasjien, slet en bediende hoef te wees nie. Dat sy 'n
> verstand van haar eie het, en daarmee kan maak wat sy wil, hoe sy wil en
> wanneer sy wil. As 'n vrou haar man se slaaf wil wees is dit haar keuse, ek
> sal haar nie beledig nie en ek sal nie minder van haar dink nie, daar's
> sekerlik 'n plek in die wêreld vir sulkes ook. As jy 'n belediging gesien
> het in wat ek gesê het, is ek jammer dit was nie die bedoeling nie.
>
> Gaan soek jou trouvrou, maar wat soek jy nou eintlik? Sal jy haar kry? Ek
> twyfel. Ek's getroud, my oudste suster is getroud, my jonger sus trou een
> van die dae, omtrent al my vriendinne is getroud. Ons is almal voosgetrapte
> dorpsmeisie, wat maak van ons minder goeie trou materiaal as Sannie af die
> plaas?
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eae5f55.0@news1.mweb.co.za...
>> Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik! As
> 'n
>> man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
>> skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep.
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76947 is 'n antwoord op boodskap #76945] Wo, 30 April 2003 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy veralgemeen alweer te veel Suidwester. Dit hang van 'n persoon se
persoonlikheid af of hulle wil kommunikeer en belangstel, nie waar hulle
gebore is en grootgeword het nie;))
Ek wonder nou net vir wat is dat dit die meeste plaasseuns wat op varsity
uithaak en hul gereeld oorhoops drink, en hoekom dit al die meisies van
Suidwes in die koshuis was wat in die moeilikheid beland het en met
"geelsug" huis toe is:)))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eaf842c.0@news1.mweb.co.za...
> Jy moenie so stres nie! Soos wat tong in die kies gesê het, so het ek ook
> maar geantwoord. Tog, ek bly by my standpunt. Ek lees dat jy 'n
> verskriklik onafhanklike mens is en nie kan verdra dat enige vrou as die man
> se mindere beskou moet word nie. En reg ook, want elke mens is geregtig op
> sy opinie. Kom ons kyk na die eindproduk wat skool na matriek verlaat.
> Uit die stad uit kry jy 'n 18-jarige wat reeds wêreldwys is, seksueel aktief
> is, die stad se stampe en stote kan oorleef, sy eie selfoon het en heel
> moontlik al sy eie kar het. Kaste vol klere en 'rave's' elke naweek.
> Ongelukkig weet hulle en hul ouers nie eintlik wat die ander doen nie want
> almal is besig om die 'rat race' te hol? Dis nou so oor die duim
> gegooi....
> Plaaskinders daarenteen, leer oor die algemeen van vroeg in hul lewens
> af, die verantwoordelikhede van die lewe in al sy vorme. Hulle sien hoe
> klein diertjies gemaak word, dat alle diere kos moet kry en versorging nodig
> het, en beleef die dood in sy ergste vorm....by tye. Om koshuis toe te
> moet gaan, is nie te lekker nie, maar in die proses word die kind dissipline
> en verantwoordelikhede geleer wat oor die algemeen nie bereikbaar is in 'n
> eie huis nie. Op naweke wat hulle by die plaas kom, spandeer hulle en
> hulle ouers veel meer kwaliteit tyd saam hoofsaaklik omdat daar op die plaas
> nie veel meer anders is om te doen as juis die familie nie. Sekerlik sal
> die plaaskind nie so gereed wees vir die grootmenslewe in die stad soos sy
> stads-eweknie nie, maar sy ervaring en opvoeding maak dat hy vinnig kan
> aanpas.
> Wee'jy, ek praat baie stront, maar met hierdie een sal jy my nie buig
> nie. Ons sien deur die jaar toerisme van beide die RSA-stede, Windhoek en
> dan natuurlik die plaasmense van ons eie land wat kom vakansiehou.
> Kommunikasie met die stadskinders is eintlik maar moeilik want hulle is sê
> verveeld op 'n plek waar daar nie klubs en plekke is waar hulle kan jol nie.
> Kry jy te doene met plaaskinders, sal jy uitvind hulle kommunikeer makliker
> en stel ook belang in wat om hulle aangaan. Is daar 'n probleem, is daar
> vir hulle van kleins af geleer dat probleme dinge is wat uitgesorteer moet
> word.
> Wat jou trouvrou aanbetref, is dit nie vir my 'n kwessie van vloerlap
> wees nie. Miskien moet mens kyk na wat 'n goeie vrou uitmaak? Dis een
> met selftrots en wat 'n tuiste skep vir haar familie. Dit beteken nie sy
> kan nie 'n beroep hê nie! 'n Werkende vrou beteken ook nie noodwendig dat
> haar huis 'n gemors moet wees nie. Dit gaan alles oor organisasie en
> beheer en plaaskinders leer van vroeg af dat daar sekere take is wat op 'n
> plaas uitgevoer moet word. Die meisies help obviously hoofsaaklik in die
> huis en het daarom 'n beter agtergrond vir 'n gesinslewe vir haar eie
> familie eendag. Vir my, egter, veel belangriker is dat mense van die
> platteland oor die algemeen gedwing word deur die gebrek aan afleiding en
> verleiding van die stad, leer om met sy medemens te kommunikeer.
> Vrystories maak maar 'n kort tydjie uit van 'n paar se huwelik...vir die res
> van die tyd moet hulle kan kommunikeer.....om pêlle te kan wees. Nee wat,
> plasie forever!
> "Elaine" wrote in message
> news:3eaed1f8.0@news1.mweb.co.za...
>> Nou ja, waarvoor wag jy? My ma was ALTYD by die huis, totdat ek so 18
> was,
>> toe't sy weer begin werk. God het my nie 'n brein gegee om resepte te
> lees
>> nie. My ma sê tot vandag toe nog sy wens sy't weer begin werk nadat sy
> ons
>> gehad het. As jou kinders uit die huis begin gaan, begin die vrou voel
> asof
>> sy geen doel meer in haar lewe het nie.
>>
>> BTW, stadskinders raak baie gou groot, dalk te gou. Ek kyk so na die
>> kinders wat in die stad rondloop en verwonder my daaraan dat hulle op 9 al
>> klaar dink popspeel is te "klein" vir hulle, op 11 dra hulle al
grimering
> en
>> op 14 klap die kanarie, dalk al vroeër. 'n Plaasjapie, en jy kan my woord
>> hiervoor wat, is NIE voorbereid op die groot wêreld daarbuite nie. Ek
> weet,
>> want ek het self op 'n klein plekkie groot geword. Die stad was 'n moerse
>> skok vir my sisteem.
>>
>> Ek was spyt dat my pa-hulle my so beskut grootgemaak het, maar bly dat ek
>> geleer is (deur my pa) dat 'n vrou nie noodwendig afhanklik is van 'n man
>> nie. Dat sy op haar eie, en nie haar man se meriete nie, gemeet kan word.
>> Dat sy nie 'n tree hoef terug te staan vir 'n man nie. Dat sy g'n man se
>> vloerlap, kok, broeimasjien, slet en bediende hoef te wees nie. Dat sy 'n
>> verstand van haar eie het, en daarmee kan maak wat sy wil, hoe sy wil en
>> wanneer sy wil. As 'n vrou haar man se slaaf wil wees is dit haar
keuse,
> ek
>> sal haar nie beledig nie en ek sal nie minder van haar dink nie, daar's
>> sekerlik 'n plek in die wêreld vir sulkes ook. As jy 'n belediging gesien
>> het in wat ek gesê het, is ek jammer dit was nie die bedoeling nie.
>>
>> Gaan soek jou trouvrou, maar wat soek jy nou eintlik? Sal jy haar kry?
> Ek
>> twyfel. Ek's getroud, my oudste suster is getroud, my jonger sus trou een
>> van die dae, omtrent al my vriendinne is getroud. Ons is almal
> voosgetrapte
>> dorpsmeisie, wat maak van ons minder goeie trou materiaal as Sannie af die
>> plaas?
>>
>> Elaine
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3eae5f55.0@news1.mweb.co.za...
>>> Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik!
As
>> 'n
>>> man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
>>> skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep.
>>
>
Re: Opsoek na n enkel meisie. [boodskap #76951 is 'n antwoord op boodskap #76947] Wo, 30 April 2003 09:29 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie veralgemeen nou? Dis baie moeilik om hier 'n gemiddlede te kry, maar
uit persoonlike ondervinding kan ek jou vertel dat ek, by eerste aanslag,
veel eerder vir die plaasmeisie sal gaan eerder as die stadsdingetjie.
Hoekom? Sekerlik omdat plattelanders meer 'common ground' het, maar ek het
nog altyd gevind dat die mense af die plaas af, meer het om oor te gesels.
Die plaasmeisies se sin vir waardes is in my opinie ook net beter.
Gewoonlik kan jy hulle saamvat na enige plek toe en hulle sal kan aanpas.
Stadsmeisies oor die algemeen stel hulle behoeftes eerste en dan die mans
s'n tweede. In die hitte van die veld smelt hulle gewoonlik en as hulle
vir so drie dae nie lopende water gesien het nie, val hulle uitmekaar.
Seker elke ou se keuse, maar nie 'n stadsie vir my nie, dankie.
Jy sê die plasies begin suip op 'Varsity? Wel, die stadskinders suip
al van 14-15 af al en kom daar aan gewoond aan alkohol. Is dit
voorbereiding? Die vraag is net hoe hanteer die kind dit nadat hy deur
daai mal fase gegaan het? Die plasie sal uitjol en normaliseer, maar vir
die stadskind is suip en jol 'n leefwyse.
Ek weet nie wat julle platvelders daar in die Vrystaat gedoen het op
Kovsies met ons arme Suidwesmeisies nie, maar ek weet nie van 'n enkele
Suidwesmeisie op Potch wat in my tyd met jou geelsug huistoe is nie.
Sekerlik vry 'n plaasmeisie lekkerder as 'n dorpsdingetjie want hulle weet
mos waaroor dit gaan. Hoekom dink jy hou ons so van die plasies?

"Annette" skryf in boodskap news:b8o2a0$busbo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jy veralgemeen alweer te veel Suidwester. Dit hang van 'n persoon se
> persoonlikheid af of hulle wil kommunikeer en belangstel, nie waar hulle
> gebore is en grootgeword het nie;))
> Ek wonder nou net vir wat is dat dit die meeste plaasseuns wat op varsity
> uithaak en hul gereeld oorhoops drink, en hoekom dit al die meisies van
> Suidwes in die koshuis was wat in die moeilikheid beland het en met
> "geelsug" huis toe is:)))
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eaf842c.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy moenie so stres nie! Soos wat tong in die kies gesê het, so het ek
> ook
>> maar geantwoord. Tog, ek bly by my standpunt. Ek lees dat jy 'n
>> verskriklik onafhanklike mens is en nie kan verdra dat enige vrou as die
> man
>> se mindere beskou moet word nie. En reg ook, want elke mens is
geregtig
> op
>> sy opinie. Kom ons kyk na die eindproduk wat skool na matriek verlaat.
>> Uit die stad uit kry jy 'n 18-jarige wat reeds wêreldwys is, seksueel
> aktief
>> is, die stad se stampe en stote kan oorleef, sy eie selfoon het en heel
>> moontlik al sy eie kar het. Kaste vol klere en 'rave's' elke naweek.
>> Ongelukkig weet hulle en hul ouers nie eintlik wat die ander doen nie want
>> almal is besig om die 'rat race' te hol? Dis nou so oor die duim
>> gegooi....
>> Plaaskinders daarenteen, leer oor die algemeen van vroeg in hul
> lewens
>> af, die verantwoordelikhede van die lewe in al sy vorme. Hulle sien hoe
>> klein diertjies gemaak word, dat alle diere kos moet kry en versorging
> nodig
>> het, en beleef die dood in sy ergste vorm....by tye. Om koshuis toe te
>> moet gaan, is nie te lekker nie, maar in die proses word die kind
> dissipline
>> en verantwoordelikhede geleer wat oor die algemeen nie bereikbaar is in 'n
>> eie huis nie. Op naweke wat hulle by die plaas kom, spandeer hulle en
>> hulle ouers veel meer kwaliteit tyd saam hoofsaaklik omdat daar op die
> plaas
>> nie veel meer anders is om te doen as juis die familie nie. Sekerlik sal
>> die plaaskind nie so gereed wees vir die grootmenslewe in die stad soos sy
>> stads-eweknie nie, maar sy ervaring en opvoeding maak dat hy vinnig kan
>> aanpas.
>> Wee'jy, ek praat baie stront, maar met hierdie een sal jy my nie buig
>> nie. Ons sien deur die jaar toerisme van beide die RSA-stede, Windhoek
> en
>> dan natuurlik die plaasmense van ons eie land wat kom vakansiehou.
>> Kommunikasie met die stadskinders is eintlik maar moeilik want hulle is s�
>> verveeld op 'n plek waar daar nie klubs en plekke is waar hulle kan jol
> nie.
>> Kry jy te doene met plaaskinders, sal jy uitvind hulle kommunikeer
> makliker
>> en stel ook belang in wat om hulle aangaan. Is daar 'n probleem, is daar
>> vir hulle van kleins af geleer dat probleme dinge is wat uitgesorteer moet
>> word.
>> Wat jou trouvrou aanbetref, is dit nie vir my 'n kwessie van vloerlap
>> wees nie. Miskien moet mens kyk na wat 'n goeie vrou uitmaak? Dis een
>> met selftrots en wat 'n tuiste skep vir haar familie. Dit beteken nie sy
>> kan nie 'n beroep hê nie! 'n Werkende vrou beteken ook nie noodwendig
> dat
>> haar huis 'n gemors moet wees nie. Dit gaan alles oor organisasie en
>> beheer en plaaskinders leer van vroeg af dat daar sekere take is wat op 'n
>> plaas uitgevoer moet word. Die meisies help obviously hoofsaaklik in die
>> huis en het daarom 'n beter agtergrond vir 'n gesinslewe vir haar eie
>> familie eendag. Vir my, egter, veel belangriker is dat mense van die
>> platteland oor die algemeen gedwing word deur die gebrek aan afleiding en
>> verleiding van die stad, leer om met sy medemens te kommunikeer.
>> Vrystories maak maar 'n kort tydjie uit van 'n paar se huwelik...vir die
> res
>> van die tyd moet hulle kan kommunikeer.....om pêlle te kan wees. Nee
> wat,
>> plasie forever!
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3eaed1f8.0@news1.mweb.co.za...
>>> Nou ja, waarvoor wag jy? My ma was ALTYD by die huis, totdat ek so 18
>> was,
>>> toe't sy weer begin werk. God het my nie 'n brein gegee om resepte te
>> lees
>>> nie. My ma sê tot vandag toe nog sy wens sy't weer begin werk nadat
sy
>> ons
>>> gehad het. As jou kinders uit die huis begin gaan, begin die vrou
voel
>> asof
>>> sy geen doel meer in haar lewe het nie.
>>>
>>> BTW, stadskinders raak baie gou groot, dalk te gou. Ek kyk so na die
>>> kinders wat in die stad rondloop en verwonder my daaraan dat hulle op
9
> al
>>> klaar dink popspeel is te "klein" vir hulle, op 11 dra hulle al
> grimering
>> en
>>> op 14 klap die kanarie, dalk al vroeër. 'n Plaasjapie, en jy kan my
> woord
>>> hiervoor wat, is NIE voorbereid op die groot wêreld daarbuite nie. Ek
>> weet,
>>> want ek het self op 'n klein plekkie groot geword. Die stad was 'n
> moerse
>>> skok vir my sisteem.
>>>
>>> Ek was spyt dat my pa-hulle my so beskut grootgemaak het, maar bly dat
> ek
>>> geleer is (deur my pa) dat 'n vrou nie noodwendig afhanklik is van 'n
> man
>>> nie. Dat sy op haar eie, en nie haar man se meriete nie, gemeet kan
> word.
>>> Dat sy nie 'n tree hoef terug te staan vir 'n man nie. Dat sy g'n man se
>>> vloerlap, kok, broeimasjien, slet en bediende hoef te wees nie. Dat
sy
> 'n
>>> verstand van haar eie het, en daarmee kan maak wat sy wil, hoe sy wil en
>>> wanneer sy wil. As 'n vrou haar man se slaaf wil wees is dit haar
> keuse,
>> ek
>>> sal haar nie beledig nie en ek sal nie minder van haar dink nie, daar's
>>> sekerlik 'n plek in die wêreld vir sulkes ook. As jy 'n belediging
> gesien
>>> het in wat ek gesê het, is ek jammer dit was nie die bedoeling nie.
>>>
>>> Gaan soek jou trouvrou, maar wat soek jy nou eintlik? Sal jy haar
kry?
>> Ek
>>> twyfel. Ek's getroud, my oudste suster is getroud, my jonger sus trou
> een
>>> van die dae, omtrent al my vriendinne is getroud. Ons is almal
>> voosgetrapte
>>> dorpsmeisie, wat maak van ons minder goeie trou materiaal as Sannie af
> die
>>> plaas?
>>>
>>> Elaine
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3eae5f55.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Nou beledig jy darem die vrouens van die plaas af iets verskriklik!
> As
>>> 'n
>>>> man 'n trouvrou soek dan gaan haal hy op 'n plaas eerder as om die
>>>> skeefgetrapte dorpsmeisies tot troue te roep.
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Ag Selebi, sjarrap man!
Volgende onderwerp: Kaasfees by Bien Donne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 11:53:45 MGT 2024