Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Wat voel julle
Wat voel julle [boodskap #75510] Di, 08 April 2003 08:26 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?

Annette
Re: Wat voel julle [boodskap #75514 is 'n antwoord op boodskap #75510] Di, 08 April 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, godsdiens word nog steeds op skool toegelaat, maar net op 'n wyer
grondslag. MAW, elke liewe godsdiens in hierdie land moet "gecover" word in
skole wat godsdiens onderrig op hulle kurrikulum het. As jy 'n godsdiens
skool is, soos 'n katolieke skool, mag jy nog steeds jou kerk se godsdiens
toepas in die skool, maar jy moet kinders ook leer van ander godsdiens.
Daarmee het ek nie 'n probleem nie, aangesien ek voel kinders moet by die
huis onderrig word in hulle onderskeie gelowe. By die skool kan hulle leer
van die verskillende gelowe en hoe om meer verdraagsaam en "understanding"
te wees t.o.v mense wat anders glo as hulle. Ek het in elk geval nog altyd
'n probleem gehad met godsdiesnonderrig op skool. Nie almal is NG,
Gereformeerd of Hervormd nie, tog was dit meestal die enigste kerke waarop
daar gefokus is by afrikaanse skole. Wat van die Jode, die Moslems, Die
Katolieke, ens wat eenvoudig nie erken is in ons skole nie?

Ek het hierdie deur email gekry.

1. Die "nuwe" beleid oor Godsdiens in skole

Sopas is die finale weergawe van die staat se beleid vir godsdiens in
skole vir finale bespreking en kommentaar voorgelê. Hiermee gee die
minister van Onderwys kennis dat hy besig is om die beleid te finaliseer
en dat die voorlegging van hierdie dokument die finale stap in sy
konsultasieproses is. Dit is op 20 Maart 2003 (die dag toe die skole vir
vakansie gesluit het) uitgestuur met die versoek dat enige kommentaar
voor of op 7 April 2003 (die dag wanneer die skole na die vakansie weer
begin) reeds ingehandig moet wees. In 'n meegaande skrywe word die
volgende stappe bekendgemaak. "...The drafting team will go through all
the comments received and provide the Minister with a summary of their
suggestions. The Minister will apply his mind to the comments and the
summary and finalise the policy..."

2. Transformasie van die Onderwys

Hierdie finale dokument is die neerslag van 'n proses wat reeds ongeveer
10 jaar gelede in werking gestel is. Agter die skerms was daar 'n
sogenaamde National Education Policy Investigation in die 1990's wat
uiteindelik uitgeloop het op die werksaamhede van die Ministerial
Committee on Religious Education in 1999. Die sogenaamde "deursigtige
konsultasie" wat in hierdie tyd plaasgevind het was alleen maar
inligtingsgeleenthede ter wille van die bekendmaking van dit wat reeds
besluit is.

3. Godsdiens het 'n belangrike plek in die nuwe Onderwysbedeling

Die nuwe beleid het nie ten doel om godsdiens (religie) uit skole weg te
neem nie, maar om die inhoud daarvan drasties te verander. Godsdiens /
religie word beskou as 'n wesentlike deel van die nuwe Onderwysbedeling
in Suid-Afrika. Dit word uiters positief in die nuwe beleid bejeën. Die
vraag is egter na watter godsdiens of religie word verwys?

In die nuwe Onderwysbeleid het "religion education" dus 'n baie
prominente plek. Dit sal deurlopend in die kurrikulum en in al die
verskillende fases van die leerder se ontwikkeling verdiskonteer word.
Om hierdie doel te bereik sal onderwysers spesiaal opgelei word om
hierdie onderwys te behartig. Die Departement van Onderwys stel dit ook
in vooruitsig om deur middel van komitees programme en hulpmiddels te
ontwikkel. Die beleid stel dit duidelik: "...Teaching about religion,
religions, and religious diversity needs to be facilitated by trained
professional educators..." Prof JS Kruger van Unisa is een van die
medewerkers wat reeds 'n boek vir hierdie doel geskryf het. In die
voorwoord van hierdie boek staan geskrywe: "This book is intended to
serve as a very first introduction for students in religious studies and
multireligious education in tertiary institutions - that is, students
studying in departments of religious studies at university, at
teachers'training colleges and technicons, and who have had no previous
exposure to a multireligious perspective whatsoever..." (Kruger JS,
Lubbe GJA en Steyn HC, THE HUMAN SEARCH FOR MEANING. A multireligious
introduction to the religions of humankind. 2002. Via Afrika).

4. 'n "Nuwe" godsdiens tree na vore

Die transformasie-proses binne die Onderwys in Suid-Afrika is heeltemal
in pas met die ontwikkelinge in die res van die wêreld. Die beleid stel
dit duidelik: "In clarifying the role of religion in public education,
we seek to realise the benefits of a single, unified, and academically
coherent programme in the study of religion. An open, plural,
intercultural, and interdisciplinary study of religion in public schools
is consistent with international developments in Religion Education..."
Navorsing in hierdie verband het dit reeds duidelik gemaak dat daar 'n
nuwe godsdiens besig is om op te leef. Dit word die sogenaamde
Intergeloofs-godsdiens genoem. Deur die verskillende groot godsdienste
of religieë se historiese verweefdheid en gemeenskaplikheid te bestudeer
word die somtotaal van hulle grootste gemene deler 'n nuwe godsdiens.
Die transformasieproses in die Onderwys (wêreldwyd) is dus niks anders
as die formasieproses van 'n nuwe wêreldgodsdiens nie.

In hierdie hele proses is daar 'n uiters negatiewe en afbrekende aanslag
teen die Christendom. Die politieke verdeeldheid in die vorige bedeling
in Suid-Afrika word vierkantig in die skoot van Christelike Onderwys
gelê. Die feit dat Christene in verskillende denominasies opgedeel is,
word as 'n bewys vir 'n ongeloofwaardige verdeeldheid voorgehou. Enigeen
wat glo in die Bybel as die Woord van God en die Apostoliese
Geloofsbelydenis huldig, word as 'n fundamentalis uitgekryt (Kruger,
Lubbe, Steyn, 2002: 276-277).

Die nuwe godsdiens is geheel onverdraagsaam teenoor die Christendom.

5. Christelike Onderwys is uit

Die nuwe beleid stel dit duidelik: "In charting the way forward, we find
that confessional or sectarian forms of religious education in public
schools are inappropriate for a religiously diverse and democratic
society..." Hieroor het prof Kruger reeds in 1994 verklaar: "...die wyse
waarop religie in die verlede in Suid-Afrika misbruik is vir verdelende
en diskriminerende doeleindes (Christelik-Nasionale Onderwys) werp 'n
donker skaduwee. Daardie hoofstuk moet nou finaal gesluit word ..."
(Kruger, 1994: 12). Die beleid stel dit daarom duidelik: "...As public
institutions with a social contract to serve the entire society, public
schools must move away from adopting a particular religion - or a
limited set of religions - for the purposes of a religious education
that advances religious interests..."

5. Wat van onafhanklike skole?

Ook onafhanklike skole word aan hierdie beleid onderwerp. "...According
to our Constitution, citizens have the right at their own expense to
establish independent schools, including religious schools, as long as
they avoid racial discrimination, register with the state, and maintain
standards that are not inferior to the standards of comparable public
educational institutions (9(3)). In maintaining the educational
standards with respect to religion outlined in this policy, independent
schools shall include programmes in Religion Education in addition to
whatever programmes they may wish to develop in religious education or
religious instruction..."

"Annette" skryf in boodskap news:b6u1qd$8qfc6$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?
>
> Annette
>
Re: Wat voel julle [boodskap #75517 is 'n antwoord op boodskap #75510] Di, 08 April 2003 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
Goeie ding dat geen skool 'n "amptelike" godsdiens beoefen waaraan al
die kinders moet deelneem nie.
My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle moes
almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen.
So iets moet vrywillig wees.

On Tue, 8 Apr 2003 10:26:28 +0200, "Annette" wrote:

> Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?
>
> Annette
>
Re: Wat voel julle [boodskap #75602 is 'n antwoord op boodskap #75517] Wo, 09 April 2003 04:45 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - voorsien die naam van die skool - sodat almal dit kan vermy
.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e959e00.6977934@news.saix.co.za...
>
> Goeie ding dat geen skool 'n "amptelike" godsdiens beoefen waaraan al
> die kinders moet deelneem nie.
> My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle moes
> almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen.
> So iets moet vrywillig wees.
>
>
>
>
> On Tue, 8 Apr 2003 10:26:28 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Film God is African
Volgende onderwerp: 'n Paar blapse uit kerk se afkondigingslyste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:20:53 MGT 2024