Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 1 April
Nuus 1 April [boodskap #75146] Di, 01 April 2003 06:27 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
moet wees.
Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
atletiek en swemunies.

Annette
Re: Nuus 1 April [boodskap #75147 is 'n antwoord op boodskap #75146] Di, 01 April 2003 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en dis mos juis op 1 April wat mense so graag slim wil wees?
Gisteraand vertel Naas-hulle vir die volkie dat skrums uit rugby gaan verban
word.....

"Annette" skryf in boodskap news:b6bbn4$3h7d4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
> toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
> moet wees.
> Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
> atletiek en swemunies.
>
> Annette
>
Re: Nuus 1 April [boodskap #75154 is 'n antwoord op boodskap #75147] Di, 01 April 2003 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend se "Star" berig dat:
Mark Shuttleworth met Britney Spears trou - hy noem haar glo sy "pocket
rocket"...
Ook, dat lisensies vir fietse in Gauteng ingestel word. (Ek hoop egter dat
hierdie ene niks met die 1ste April te doen het nie, en dat dit wel ingestel
sal word.)

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e89455f.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, en dis mos juis op 1 April wat mense so graag slim wil wees?
> Gisteraand vertel Naas-hulle vir die volkie dat skrums uit rugby gaan verban
> word.....
> "Annette" wrote in message
> news:b6bbn4$3h7d4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
>> toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
>> moet wees.
>> Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
>> atletiek en swemunies.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Nuus 1 April [boodskap #75171 is 'n antwoord op boodskap #75154] Di, 01 April 2003 23:09 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kulula.com het ook afgekondig dat hulle 'n spesiale tarief het vir staande
passasiers alleenlik!

Die lisensie vir baaisiekels is nie 'n nuwe ding nie hoor? Toe ons kinders
was het hulle jou by die skool kom touwys maak en getoets en dan moes jy jou
lisensie vir R1 koop en dit moes vasgeskroef word op die fiets (so metaal
plaatjie met 'n nommertjie op). Nadat jy jou eerste "toets" geslaag het,
kon jy net elke jaar jou lisensie hernu, maar vir jou eerste een moes jy
eers die dag by die skool "getoets" word. Almal het natuurlik die moerse
"toets" geslaag, maar dit het kinders geleer en dalk net 'n bietjie meer
verantwoordelik gemaak op hulle baaisiekels. Hulle het dit later afgestel,
maar ek bly hoop hulle bring die stelsel terug.

Elaine

"Jonas" wrote:

> Ook, dat lisensies vir fietse in Gauteng ingestel word. (Ek hoop egter dat
> hierdie ene niks met die 1ste April te doen het nie, en dat dit wel ingestel
> sal word.)
Vorige onderwerp: Nuus 27/3
Volgende onderwerp: Nuus 11/4
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:14:06 MGT 2024