Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 27/3
Nuus 27/3 [boodskap #75040] Do, 27 Maart 2003 08:07 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1)Sedert Desember 2002 het die Skerpioene al 70 mense in die Oos-Kaap in
hegtenis geneem t.o.v. diefstal en korrupsie.
Die meeste mense wat vasgekeer was, was in die dept van welsyn.
Hulle het na hulle eie welsyn omgesien.

2) Die Protea span het onttrek aan die kompetisie tussen SA, Sri-Lanka en
Indië in September - die "rede" is die oorlog. Nou is Kenia en Zimbabwe
uitgenooi, en as beide spanne die uitnodiging aanvaar, dan sal die reeks
vergroot word om 4 spanne te akkommodeer.

3) Daar is nog 26 SA menslike skilde in Baghdad - blykbaar is dit nou 'n
probleem om uit te kom.
Sjeim.

4) Patricia de Lille het haar eie party gestig - Onafhanklike Demokrate of
so iets. Ek dink ek gaan vir haar stem - net sodat sy in die parlement kan
bly om die klomp op hul tone te hou.

Annette
Re: Nuus 27/3 [boodskap #75041 is 'n antwoord op boodskap #75040] Do, 27 Maart 2003 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
OD = oordosis - onafhanklik, demokraties of te not.

:-)

TJ
Re: Nuus 27/3 [boodskap #75044 is 'n antwoord op boodskap #75041] Do, 27 Maart 2003 09:54 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)) Dit gaan 'n effe van 'n oordosis wees as Dene Smuts, Sheila Camerer,
Frene Ginwala en Mama Winnie hulle by haar gaan skaar:))
Nietemin - Dit is eintlik in Engels - soos ID - Independent Democratic -
Almal wat 'n ID het, is al klaar vir Patricia:))

Nou dat ek daaraan dink, mag 'n party weier om 'n oorloper te aanvaar?
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3e82bb4c$0$229@hades.is.co.za...
> OD = oordosis - onafhanklik, demokraties of te not.
>
> :-)
>
> TJ
>
Vorige onderwerp: Nuus 24/3
Volgende onderwerp: Nuus 1 April
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:46:46 MGT 2024