Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Fw: Posting to
Re: Fw: Posting to [boodskap #5983] Ma, 18 Maart 1996 00:00
Dana Murray  is tans af-lyn  Dana Murray
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoepel Scheepers vra kommentaar oor poslys -> nuusgroep skakeling na
aanleiding van Pieter Immelman se versoek:

> Bespreek dit gerus met die res van die poslys... ek kan nie en gaan nie
> so 'n "outokratiese" besluit neem nie...

My gevoel is dat die poslys na nuusgroep skakeling vir 'n redelike tyd
gehandhaaf moet word totdat 'n duideliker beeld van die voor- en nadele
daarvan uitgekristalliseer het.

Hiermee twee voordele, sonder om hulle te motiveer of te beredeneer:

Daar is die praktiese oorweging van mense wat verkies om die poslys-berigte
op die nuusgroep te lees. Hoeveel sulkes daar is, weet ek natuurlik nie.

'n Ander oorweging is dat Afrikaans met die poslys -> nuusgroep skakeling 'n
groter sigbaarheid op Internet kry.

Ek besef dat daar die gevoel kan wees dat die poslys 'n meer intieme
geselskap-kring is as die nuusgroep.

Vir my is enigiets op Internet soos 'n poskaart -- almal kan (of sou kon)
dit lees, of dit nou 'n liefdesverklaring of 'n magtiging vir 'n
kredietkaart aankoop is. Dus voel ek minder sterk daaroor dat party goed op
Internet meer privaat is as ander.

Ek sou die beeld van kroeg- en seepkisgesprek ietwat anders stel: Vir my is
'n nuusgroep soos 'n konferensie waar 'n persoon oor 'n onderwerp praat.
Die formaliteit daarvan word (grootliks) deur die konvensies van die
nuusgroep bepaal. Die poslys daarenteen is vir my die "panel discussion" by
die konferensie, waar 'n paar ouens op die verhoog sit en met mekaar praat.
Al is die styl van die paneel se gesprek meer ontspanne as die voordrag, is
daar nie 'n groter vertroulikheid nie.

Groete

Dana
Vorige onderwerp: Re: Die rooi hoed
Volgende onderwerp: 'n schnapsie saam (Re:)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:48:27 MGT 2024