Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die rooi hoed
Re: Die rooi hoed [boodskap #5982] Ma, 18 Maart 1996 00:00
Marius Swart  is tans af-lyn  Marius Swart
Boodskappe: 9
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gert de Beer skryf

> Wat my laat nadink het, is hoe daar vir ure geredenaar word oor gewoontes
> en praktyke wat by tye onaanvaarbaar is en hoe dieselfde groep (kan ons
> hulle die konserwatiews of behoudendes noem) altyd nuwe rigtings
> afkeur.

Hang af hoeveel jy poog om self op hoogte te bly met "konserwatiewes"
se beleid. My ondervinding is dat daar gewoonlik baie aandag gegee
word aan wat die konserwatiewes wil behou, maar geen aandag aan wat
hulle as nuut en oorspronklik wil he^.

Onlangs was hier 'n geprek op die lys oor of die sogenaamde
"regses" voor die verkiesing, die liberales van die toekoms kan wees.

> Soos dit vir my lyk, is hierdie groep se maatstaf nie wat reg of verkeerd
> is nie, maar eerder of afgewyk word van die tradisie. Is dit nie tyd dat
> die klomp konserwatiewes (en dit lyk my daar is 'n hele paar onder ons
> op hierdie poslys) 'n slag goed voorraad opneem van wat hulle teenstaan
> en wat hulle bevorder nie, en te kyk hoeveel daarvan slegs gekwalifiseer
> het toe dit met die maatstaf van tradisie gemeet is nie.

Ek aanvaar jy praat met die vooroordeel van jou eie sigpunt. Terloops
was jy nog nooit konserwatief omtrent enige iets nie?

> Is jy in die behoudende groep of die weggeegroep of net reg?

Jy val seker in die net reg groep :-)

Ons het op 'n tyd gepraad van die SAUK se "Goue lokkies" benadering.
Veral naby verkiesings. Eers was die konserwatiewes se standpunt
aangegee, daarna die liberales, ten slotte die van die NP. Die pap is
te warm, die pap is te koud, die pap is net reg. In die ouer dae
toe die PFP die oposisie was, was die liberales weer die te
warm groep.

Groete
arius Swart
Vorige onderwerp: Signature
Volgende onderwerp: Re: Fw: Posting to
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:20:26 MGT 2024