Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VW Louw en Heisenberg
VW Louw en Heisenberg [boodskap #5962] Vr, 15 Maart 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Met apologie aan Van Wyk Louw en Heisenberg


DIE BEITELTJIE?

Ek kry 'n klein, klein beiteltjie,
ek tik hom dat hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy blink en klink.

Ek sit my klippie op 'n rots:
- mens moet jou glo vergewis:
'n beitel moet klip kan breek
as hy beitel is?

ek slaat hom met my beiteltjie
en die was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs 'n voeg:

toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur.
Maar bly ook een stuk klip:
in my kop begin 'n aarde skeur.

y seker kleine beiteltjie
wat die groter klippe so kan splyt
staan dan dom voor die kleiner klippies
wat hy so uit die grotes klink!

'n Donker naat loop deur my weet.
Dit lyk die kleiner klippes
breek net as hul wil!
Hulle wil nie vas in my wete le^!

En die grys rots wat breek,
bly ook iewers 'n klip geheel!
In die skadu van my beitel
sien ek sy' skadu heeltyd eenkant le^!
Vorige onderwerp: Dorre stranden
Volgende onderwerp: Nieuwe evolutie 2 (Re:)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:38:40 MGT 2024