Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Error Condition Re:
Re: Error Condition Re: [boodskap #5903] Di, 12 Maart 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Reinier kla:

> Ekself ondervind probleme met die poslys. Ek het al vyf of ses keer probeer
> om dieselfde boodskap te plaas, maar dit verskyn net eenvoudig nooit
> op die poslys nie.

En vra of dit met andere ook gebeur.

Ja, met andere ook. Partymaal is dit 'n goeie ding, as mens byvoorbeeld
in 'n patalogiese toestand iets gestuur het, en dit dan Goddank die
volgende dag verdwyn. Maar meesal is dit baie irriterend. Ek het al
antwoorde gekry betreffende boodskappe wat ek gestuur het maar self nooit
ontvang het nie.

Ek was nie bewus van die kruisbestuiwing oor menige nuus- en poslyste
heen nie. Die beste is seker maar om die sielsbinneste mooi te beskerm en
nie aan openbare kennisgewingsborde vas te spyker nie.

Ek dink dis 'n komplot wat die Volkstaters gekook het om te bewys dat die
internet met Afrikaners gons en krioel. Dis dan beter as 'n petisie of
referendum, sien.

Dit is dan [jammer vir die Edwil-speak: "dirrisdannnnnn die derde
boulbeurt"]
ook hoekom mens nie te veel materiaal mag herhaal nie. Dit moet alles
vars, nuwe, pienk-sappige boerepasgeborenheid wees om die ding te doen.
Vandaar ook al die interpol taakmagte om die taalgebruik suiwer te hou.
Ek wag hier in spanning vir die klop aan die deur en die manne met die
groot baarde en die harde blikke (nie bierblikke nie, maar oogkykblikke).

En eendag sal hulle my ook teen 'n muur loop staan val sit en moer.

Frank
Re: Error Condition Re: [boodskap #5904 is 'n antwoord op boodskap #5903] Di, 12 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ester skryf:

> Ten spyte van almal se hulp/raad/what ever, bly ek nog op die lys.
> Renier, kan jy HELP asb.????
> Dankie!

Jy plaas die boodskap wat jy vanaf die bediener ontvang het:

>> We are sorry, but this system sensed the following request which may have bee
>> n
>> inadvertedly sent to this list:
>>
>> UNSUBSCRIBE
>>
>> If your posting was intentional, please accept our apologies and resend your
>> mail message, making sure you do not include anything that may look like a
>> request in the first line of the body of the actual message. If this was
>> indeed a request please resend it to lists...@unseen.aztec.co.za
>> Your entire message
>> is copied below.
>>
>> ------------------------------------------------------------ -----------------
>> --
>> unsubscribe

Dit lyk asof jy nie gespesifiseer het van watter lys jy wil "unsubscribe"
nie. Jou boodskap moet lees:

unsubscribe afrikaans

Ekself ondervind probleme met die poslys. Ek het al vyf of ses keer probeer
om dieselfde boodskap te plaas, maar dit verskyn net eenvoudig nooit
op die poslys nie. Het andere al dieselfde probleem ondervind?

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: Gerard Reve
Volgende onderwerp: Re: Leven en Bewustzijn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 00:21:58 MGT 2024