Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ENERGIEBEHOUD
Re: ENERGIEBEHOUD [boodskap #5900] Ma, 11 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 11 Mar 1996, Dr. J.A Brink wrote:
> Robert Sandilands skryf:
>
>> Die definiese van lewe hier gebruik kan ek nie mee saamstem nie. Soos ek
>> dit verstaan is dit die volgende:
>> ... knip ...
>> [5] Die instandhouding van die wette van behoud van energie.
>
> Ek verstaan dit nie. Die energiebehoudwet(te) hoef mos nie _instand_ gehou
> te word nie? Dit is mos fundamentele wette wat _daar_ is. In die buitenste
> ruimte waar geen lewe is nie, daar geld die wette van die termodinamika nog
> net so deeglik.
>

Jammer, seker verkeerd gestel. Die ou storie van energie wat nie geskep
of vernietig kan word nie is wat ek bedoel. Hier gaan dit eintlik verder.
'n Rekenaar gebruik al sy energie vir twee doelwitte - om die wereld
warmer te maak en om data te verwerk. Niks word gebruik vir selfbehoud en
groei nie. Mmmm. Volgende poging :) Elke lewende organisme moet energie
"inkry" op 'n manier en die energie word gebruik om [1] Nog energie te
verkry en [2] die nodige stappe te doen om te oorleef. Sonder dit sal
geen organisme kan oorleef nie. Dit sal meer energie gebruik as wat dit
kan versamel en sal dus sterf. 'n Rekenaar is 'n voorbeeld hiervan - dit
gebruik net energie. Dit gee 'n mens nou en dan wel 'n bietjie plesier
of nuttige inligting maar beslis nie in verhouding met wat dit gebruik
nie. D.w.s. 'n baie lae effektiwiteit.

PS. Ek dink nie die maak meer sin as my vorige poging nie ;-(

____________________________________________________________ _____________
Ek twyfel of enige iemand dit sal waag om te erken ek praat namens hulle.
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - Virus kundige en rekenaar goe"laar.
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------
Re: ENERGIEBEHOUD [boodskap #5958 is 'n antwoord op boodskap #5900] Vr, 15 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Robert Sandilands skryf:
[sny]
> Jammer, seker verkeerd gestel. Die ou storie van energie wat nie geskep
> of vernietig kan word nie is wat ek bedoel. Hier gaan dit eintlik verder.
> 'n Rekenaar gebruik al sy energie vir twee doelwitte - om die wereld
> warmer te maak en om data te verwerk. Niks word gebruik vir selfbehoud en
> groei nie. Mmmm. Volgende poging :) Elke lewende organisme moet energie
> "inkry" op 'n manier en die energie word gebruik om [1] Nog energie te
> verkry en [2] die nodige stappe te doen om te oorleef. Sonder dit sal
> geen organisme kan oorleef nie. Dit sal meer energie gebruik as wat dit
> kan versamel en sal dus sterf. 'n Rekenaar is 'n voorbeeld hiervan - dit
> gebruik net energie. Dit gee 'n mens nou en dan wel 'n bietjie plesier
> of nuttige inligting maar beslis nie in verhouding met wat dit gebruik
> nie. D.w.s. 'n baie lae effektiwiteit.

> PS. Ek dink nie die maak meer sin as my vorige poging nie ;

Beste Robert
Daar is twee groothede in die saak betrokke: energie en entropie. Energie
kan nie geskep of vernietig word nie, maar slegs omvorm word. Tydens die
omvorming word entropie geskep. Slegs by ewewig word entropie nie geskep
nie. Entropie is tradisioneel ge"interpreteer as chaos.

Entropieskepping kan lei tot groter organisasie en wel as volg. Die eerste
manifestasie van entropie is altyd en outomaties as chaos van funksie (soos
beweging). As die produksietempo hoog genoeg is, kan die tweede manifestasie
ook plaasvind, naamlik orde van struktuur. Dit gebeur nie outomaties nie.
Soos jy skryf "nodige stappe" moet gedoen word. Hierdie stappe word kan ook
die sewe essensies van organisasie/kreatiwiteit/intelligensie genoem word.
Die rekenaar voor 'n mens is 'n pragtige voorbeeld van die twee
manifestasies. Die waaier hanteer die eerste manifestasie. Mens hanteer die
tweede manifestasie met die sleutelbord en muis. Sonder die mens gaan die
sewe essensies verlore soos rekenaars tans werk. Daarom kan die rekenaar nog
nie self-organiseer nie.

Beste groete
At de Lange
Universiteit van Pretoria
Vorige onderwerp: hondelatyn
Volgende onderwerp: Re: Door wie wordt Afrikaans gesproken?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 23:43:03 MGT 2024