Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Hawermputplaatkoekies
Hawermputplaatkoekies [boodskap #14] So, 20 Mei 2018 08:47
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
HAWEMOUTPLAATKOEKIES

240 g hawermout (3 k)
240 g bruismeel (3 k)
7 ml sout (1 ½ t)
2 eiers
875 ml melk (3 ½ k)
sonneblomolie vir vlak braai

Meng die hawermout, bruismeel en sout. Klits die eiers en voeg die melk by. Maak die hawermoutmengsel daarmee aan en meng dit goed. Laat die beslag n rukkie staan. Verhit oor matige hitte in n dikboom-braaipan net genoeg sonneblomolie om die boom van die pan kwistig te smeer. Skep eetlepels vol beslag n entjie uitmekaar in die pan. Bak die plaatkoekies totdat borreltjies bo-op vorm en dit aan die onderkant goudbruin is. Keer dit om en bak die ander kant ook tot goudbruin. Sit die plaatkoekies warm voor met botter en kaas, goue stroop of heuning.

Lewer ongeveer 50 plaatkoekies.
Vorige onderwerp: Groente Tert
Volgende onderwerp: Hoendergereg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:27:52 MGT 2024