Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plekbeskrywing: THE THOUSAND ISLANDS
Plekbeskrywing: THE THOUSAND ISLANDS [boodskap #5883] Sa, 02 Maart 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer 'n mens in 'n eetplek oral in Noord-
Amerika 'n slaai bestel, dan gee hulle vir jou
'n keuse van slaaisouse. Een van die keuses is
'n "Thousand Islands dressing." Ek wonder dan
soms of al die mense wat dit bestel, weet waar
die "Thousand Islands" is. Miskien dink hulle dis
erens in die Stille Oseaan. Die naam kom egter
van 'n area in die oostelike hoek van Lake Ontario,
wat Kanada op sy noordelike oewer het en die V.S.A.
aan sy suidelike oewer. Net waar die St. Lawrence-
rivier uitmond in Lake Ontario is daar 'n hele klomp
eilande. Nie net 'n duisend nie. Hulle reken dis omtrent
vierduisend. Sommige van hulle is baie klein, andere
taamlik groot. In die eerste deel van hierdie eeu was
die area baie gesog onder die ryk Amerikaners en het
talle van hulle eilande opgekoop en dan baie luukse
huise op die eilande gebou. Party van die geboue lyk
meer na kastele as huise. Daar is egter ook baie meer
nederige huise op kleiner eilandjies.
Om op so 'n eiland te bly vir die somer beteken egter
dat jy tenminste 'n moterboot moet besit om na die oewer
te gaan. Daar is egter huurbote wat jou kan vervoer vir
'n fooi. En daar is volop bote wat toeriste op 'n toer van
die eilande neem, beide vanaf die Kanadese en die
Amerikaanse oewer.
Ek weet nie of die "Thousand Islands"-slaaisous
buite Noord-Amerika bekend is nie. Ek hou nie te vreeslik
veel daarvan persoonlik nie. Dis dikkerig met so 'n oranje-
pienk kleur. Maar dit is een van die drie keuses wat jy gegee
word in McDonalds, dus moet dit seker as deel van die
Amerikaanse koskultuur beskou word.
Gloudina
Vorige onderwerp: Waar pas Afrikaans in die prentjie in?
Volgende onderwerp: IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 04:34:14 MGT 2024