Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Snoektyd " deur I.D. du PLESSIS
" Snoektyd " deur I.D. du PLESSIS [boodskap #68225] Wo, 06 November 2002 00:35
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

I.D. du Plessis
Snoektyd

Die Kaap is weer dooddollie,
Die bloudam vol blinklywe,
Vanaand eet ons in Roosstraat
Snoekentjies en ywe.
Voor sonop span ons Lightning in
En ry die heuwel af.
Hy's agtien jaar, maar kan nog deur
Die Kaapse strate draf.
En Doeltjie blaas die beuel
Wat soos 'n maagsiek spook
Die mense van die Onder-Kaap
Oenang om te koop.
Die mootjies is weer volop,
Die motjie skuur die pan
En bak die vis so lekker
Soos net ons motjies kan.
Kyk hoe kom die skuite aan,
Diep met hul vrag, by Roggebaai.
Die booia praat weer van die dag
Toe syne daar was, só gelaai.
Die Kaap is weer dooddollie,
Die bloudam vol blinklywe,
Vanaand eet ons in Roosstraat
Snoekentjies en ywe.
Vorige onderwerp: " dis gevaarlik om alleen te reis " deur FANIE OLIVIER
Volgende onderwerp: " Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 02:40:57 MGT 2024